{"id":1725,"date":"2019-07-03T08:00:00","date_gmt":"2019-07-03T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/"},"modified":"2021-07-20T20:59:58","modified_gmt":"2021-07-20T18:59:58","slug":"artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: GOED FUNKSIONERENDE MUNISIPALITEITE &#8211; DEEL VAN PRESIDENT RAMAPHOSA SE DROOM OF \u2018N VOORTGAANDE NAGMERRIE?"},"content":{"rendered":"<p>Die tweede saak is die jaarlikse verslag van die Ouditeur-Generaal Kimi Makwetu, oor die finansi\u00eble welstand van Suid-Afrika se 257 munisipaliteite &#8211; waarvan net 18 \u2018n \u201cskoon oudit\u201d ontvang het &#8211; selfs minder as die powere 33 laasjaar. Hierdie jaarlikse verslag is \u2018n herhalende verskynsel, maar dit word erger. Die Ouditeur-Generaal (OG) skryf dat die meeste munisipaliteite hulle bevindings ignoreer, en selfs ouditpersoneel intimideer en probeer druk uitoefen om bevindinge te verander of uit verslae te laat. Twaalf van 18 skoon oudits was in die Wes-Kaap en in die hele Limpopo, Noordwes en Vrystaat was daar nie \u2018n enkele skoon oudit nie.<\/p>\n<p>Die Grondwet is duidelik: daar is drie sfere van regering wat \u201conderskeidend, onderling afhanklik en onderling verbonde is\u201d. Dit word ook \u201csamewerkende regering\u201d genoem (artikel 40(1)). In artikel 41(1) word bepaal dat alle regeringsfere \u201cdoeltreffende, deursigtige, verantwoordingspligtige en samehangende regering vir die Republiek as geheel voorsien\u201d &#8211; dit sluit plaaslike regering in. Daarby stel artikel 152(1) dat die doelwitte van plaaslike regering onder andere is die voorsiening van \u201cdemokratiese en verantwoordingspligtige regering\u201d en volhoubare dienste, en die bevordering van maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling en \u0149 veilige en gesonde omgewing. \u2018n Munisipaliteit moet volgens artikel 153(a) sy administrasie en sy begrotings- en beplanningsprosesse so struktureer en bestuur dat voorrang verleen word aan die basiese behoeftes van die gemeenskap, en dat die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van die gemeenskap bevorder word. Dit kan nie duideliker wees nie. En tog gebeur dit nie. Volgens die OG se verslag en Astral se ervaring is dit grootliks afwesig. Die meerderheid munisipaliteite in Suid-Afrika kom dus nie hulle grondwetlike pligte na nie.<\/p>\n<p>In Astral se geval, was daar ook \u2018n groot mate van moedswilligheid, territoriale beheptheid en persoonlike belange wat \u2018n rol gespeel het. Sedert die waterprobleem in Maart begin het, was die Munisipaliteit (beide amptenare en politici) grootliks onbeskikbaar. Ten spyte van \u2018n krisis, is telefone nie beantwoord nie en daar was niemand op kantoor nie. Ten spyte van die feit dat MISA (die Municipal Infrastructure Support Agency, wat deur die regering ondersteun word en uit oud-ingenieurs bestaan) reeds laasjaar op die probleme met waterinfrastruktuur gewys het, is niks daaraan gedoen nie. Toe Astral aan die begin van die krisis die Adjunk-Minister van die Departement van Handel en Nywerheid gevra het om \u2018n gesprek met die Munisipaliteit te kom fasiliteer, is hy uiters sleg deur die plaaslike amptenare en politici behandel &#8211; omdat hulle van mening was dat hy niks te s\u00ea het oor plaaslike sake nie! Dit is reeds bekend dat n\u00e1 Sasol se R35 miljoen skenking aan die Munisipaliteit, daar \u2018n vuisgeveg was oor wie die geld sou beheer. In Astral se geval het amptenare ewe neerbuigend ges\u00ea dat enige finansi\u00eble bydrae wat Astral sou maak om te help, nie noodwendig vir die waterkrisis gebruik sou word nie, maar in die diskresie van die Munisipaliteit gebruik sou word. En dit is ges\u00ea terwyl dit bekend is dat Astral die meerderheid \u201cmunisipale\u201d pompe self gekoop en die instandhouding daarvan gedoen het. Op \u2018n stadium was daar selfs sterk vermoedens dat, in \u2018n poging om hulleself te verontskuldig teenoor die gemeenskap wat nie water gekry het nie, die Munisipaliteit die gemeenskap laat verstaan het dat Astral \u201chulle\u201d water, steel. Dit het daartoe gelei dat die lede van die gemeenskap die reg in eie hande geneem het en die toevoer na die Astralanleg toegemaak en beskadig het.<\/p>\n<p>Die OG skryf die haglike toestand van munisipaliteite se finansies toe aan die gebrek aan verantwoordbaarheid en onvoldoende pogings om op wanoptrede of bedrog in finansi\u00eble- of voorsieningskettingbestuur (\u201csupply chain management\u201d) in te gaan. Nie-voldoening wat finansi\u00eble verliese en skade kan berokken, is op die hoogste vlak in jare. 92% van plaaslike owerhede is nie in lyn met wetgewing met betrekking tot bestuur en verkryging (\u201cprocurement\u201d) nie. \u2018n Ander rede vir die swak finansi\u00eble posisie van plaaslike owerhede, is hulle onvermo\u00eb om skuld in te vorder. Die ouditverslag wys verder spesifiek op die talle mislukkings in die ontwikkeling en onderhoud van infrastruktuur, insluitend paaie, sanitasie en water. Talle munisipaliteite het nie eers beleide oor roetine onderhoud nie.<\/p>\n<p>Wat uit al hierdie kwessies duidelik word is dat:<\/p>\n<ul>\n<li>Die meeste plaaslike owerhede in Suid-Afrika eiegeregtige eilandjies van mag geword het, soos die Engelse uitdrukking lui: \u201ca law unto themselves\u201d. Hulle kom nie die mees basiese van grondwetlike riglyne na nie. Daar is, op grond van die Astralvoorbeeld, ook geen respek vir ander sfere van regering nie. Die feit dat rasionele en noodsaaklike besparingsmaatre\u00ebls vir munisipaliteite deur die Minister van Finansies, Tito Mboweni, deur die plaaslike owerheidsliggaam SALGA gestuit kon word, versterk hierdie siening.<\/li>\n<li>Die meerderheid munisipaliteite die bevindings en aanbevelings van die OG al vir jare ignoreer en voortgaan met ongemagtigde uitgawes, die willekeurige rondskuif van begrotings en die ooglopende toelating van bedenklike praktyke. Maar, soos die Lekwa-munisipaliteit gewys het, is finansi\u00eble bestuur maar een van die probleme. Die algemene wil en kapasiteit om goed te regeer en te bestuur ter wille van die gemeenskappe is grootliks afwesig.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Wat kan gedoen word? In terme van finansi\u00eble bestuur, het daar op 1 April 2019 \u2018n nuwe\u00a0<em>Ouditwet<\/em>\u00a0van krag geword waarvolgens die OG materi\u00eble onre\u00eblmatighede vir verdere ondersoek kan verwys, wat op vervolgings kan uitloop. Die OG sal ook \u2018n sertifikaat van skuld kan uitreik waar \u2018n munisipaliteit versuim om remedi\u00ebrende aksie te neem in die geval van \u2018n finansi\u00eble verlies &#8211; wat kan beteken dat amptenare persoonlik verantwoordelik daarvoor gehou sal kan word.\u00a0\u00a0Die vraag wat toe gevra is, geld steeds. Sal die OG die kapasiteit h\u00ea om hierdie verwysings te doen en sal die vervolgingsgesag die kapasiteit (en die wil) h\u00ea om dit ernstig te neem &#8211; veral as hulle met \u201cgroter\u201d korrupsie besig is en sulke vervolgings die ANC-regering en ANC-lede in verleentheid kan stel? Net die tyd sal leer.<\/p>\n<p>\u2018n Ander oplossing is dat die nasionale en provinsiale regerings sterker teenoor plaaslike owerhede optree. Artikel 154(1) van die Grondwet maak voorsiening dat die nasionale regering en provinsiale regerings deur \u201cwetgewende en ander maatre\u00ebls munisipaliteite se vermo\u00eb om hul eie sake te bestuur, hul bevoegdhede uit te oefen en hul funksies te verrig, (moet) steun en versterk\u201d. Maar in die praktyk is al selde sterk optrede gesien. Selfs die grondwetlike beginsel dat plaaslike owerhede wat nie goed funksioneer nie, onder administrasie geplaas kan word (artikel 139) het in die verlede geen of min positiewe gevolge gehad, waarskynlik omdat selfs die meeste provinsiale regerings nie die (ekstra) kapasiteit het om \u2018n mislukte munisipaliteit reg te ruk nie.<\/p>\n<p>Die impak van die Standerton-geval het die nasionale regering\u00a0se aandag getrek, veral omdat dit negatiewe gevolge vir internasionale en plaaslike beleggings en die skep van werkgeleenthede sal h\u00ea. Senior amptenare van die Presidensie het Lekwa besoek en die Minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, Lindiwe Sisulu het in die openbaar onderneem om in te gryp. Die gevolge hiervan sal nog gesien moet word, maar die probleem is dat sulke ingrype nie op \u2018n geval-tot-geval basis kan gebeur nie of waar dit die media haal nie. Daar is oor die 200 munisipaliteite waar dit waarskynlik net so sleg gaan. Hierdie krisis moet planmatig deur die betrokke ministeries aangepak word, met die Minister verantwoordelik vir plaaslike regering, dr Nkosazana Dlamini-Zuma, aan die voorpunt.<\/p>\n<p>As \u2018n noodmaatre\u00ebl moet die ANC as politieke party miskien oorweeg om \u2018n eie ondersoek te doen na die probleme wat hulle lede en takke in munisipaliteite veroorsaak het. Die aanstelling van die meeste plaaslike politici en amptenare is be\u00efnvloed deur die ideologie\u00eb van kaderontplooiing, regstellende aksie, patronaatskap en die 80-9-9-2 model. In baie munisipaliteite is interne ANC faksiegevegte ook aan die orde van die dag. Net die ANC as politieke party kan dit regruk &#8211; al is daardie stelling self \u2018n droewige kommentaar op die stand van ons grondwetlike demokrasie en die vermenging van party en staat.<\/p>\n<p>Die OG vat die probleem goed saam &#8211; en al praat hy van plaaslike owerhede, kan dit net so goed op die drie sfere van regering en die ANC as politieke party toegepas word. Hy s\u00ea dat die leierskap in enige organisasie die voorbeeld stel. As die leierskap oneties is, as die leierskap goeie korporatiewe bestuur, voldoening en kontrole verontagsaam en as die leierskap self nie tot deursigtigheid en verantwoordbaarheid verbind is nie, sal dit deursyfer na die laer vlakke in die organisasie.<\/p>\n<p>Dit het reeds in Suid-Afrika gebeur. Plaaslike gemeenskappe pluk daarom die wrange vrugte van swak of geen dienslewering. Plaaslike besighede gaan gebuk onder gebrekkige plaaslike infrastruktuur en soms geen dienste nie. En een of ander tyd gaan die ANC-regering dit voel aan stemgeregtigdes wat van hom af wegdraai. Die EFF is onheilspellende voorbeeld hiervan.<\/p>\n<p>Miskien moet goed funksionerende munisipaliteite deel van President Ramaphosa se droom word &#8211; ander gaan dit \u2018n herhalende en n\u00f3g erger nagmerrie bly&#8230;<\/p>\n<p><em>Deur Theuns Eloff: Voorsitter, FW de Klerk Stigting Raad van Adviseurs<\/em><br \/>\n<em>3 Julie 2019<\/em><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Aktueel\/nagmerrie-met-munisipaliteite-kan-nog-erger-word-20190628\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">*Eers op Netwerk24 gepubliseer<\/a><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/'>GOED FUNKSIONERENDE MUNISIPALITEITE - DEEL VAN PRESIDENT RAMAPHOSA SE DROOM OF \u2018N VOORTGAANDE NAGMERRIE?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 354.52K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/?wpdmdl=4860&refresh=6a8870c24d1d41787326658\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1389\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/broken_pipes_opt.jpg\" alt=\"broken pipes opt\" width=\"150\" height=\"100\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/broken_pipes_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/broken_pipes_opt-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Twee sake in die media het die afgelope week die oog gevang.&nbsp;<\/p>\n<p>Suid-Afrika se grootste hoenderprodusent, Astral, het in die openbaar bekend gemaak dat sy hoenderaanleg in Standerton nie meer genoeg water van die plaaslike Munisipaliteit Lekwa (Standerton) kry nie. Hierdie aanleg is die grootste op die kontinent en slag weekliks twee miljoen hoenders. Daarby is Astral se voermeule in Standerton ook die grootste op die kontinent &#8211; een wat onlangs ten duurste gebou is na skriftelike versekerings deur die Munisipaliteit dat daar voldoende water en elektrisiteit sal wees. Die rede vir gebrek aan watervoorsiening aan die grootste werkgewer in die dorp, is die volgehoue gebrekkige en swak instandgehoude waterinfrastruktuur &#8211; pompe en pypleidings waarmee water uit die Vaalrivier 8 km ver gepomp behoort te word.&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1389,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1725","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: GOED FUNKSIONERENDE MUNISIPALITEITE - DEEL VAN PRESIDENT RAMAPHOSA SE DROOM OF \u2018N VOORTGAANDE NAGMERRIE? - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: GOED FUNKSIONERENDE MUNISIPALITEITE - DEEL VAN PRESIDENT RAMAPHOSA SE DROOM OF \u2018N VOORTGAANDE NAGMERRIE? - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Twee sake in die media het die afgelope week die oog gevang.&nbsp; Suid-Afrika se grootste hoenderprodusent, Astral, het in die openbaar bekend gemaak dat sy hoenderaanleg in Standerton nie meer genoeg water van die plaaslike Munisipaliteit Lekwa (Standerton) kry nie. Hierdie aanleg is die grootste op die kontinent en slag weekliks twee miljoen hoenders. Daarby is Astral se voermeule in Standerton ook die grootste op die kontinent - een wat onlangs ten duurste gebou is na skriftelike versekerings deur die Munisipaliteit dat daar voldoende water en elektrisiteit sal wees. Die rede vir gebrek aan watervoorsiening aan die grootste werkgewer in die dorp, is die volgehoue gebrekkige en swak instandgehoude waterinfrastruktuur - pompe en pypleidings waarmee water uit die Vaalrivier 8 km ver gepomp behoort te word.&nbsp;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-07-03T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T18:59:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/broken_pipes_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"267\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: GOED FUNKSIONERENDE MUNISIPALITEITE &#8211; DEEL VAN PRESIDENT RAMAPHOSA SE DROOM OF \u2018N VOORTGAANDE NAGMERRIE?\",\"datePublished\":\"2019-07-03T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:59:58+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/\"},\"wordCount\":1498,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/broken_pipes_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/\",\"name\":\"ARTIKEL: GOED FUNKSIONERENDE MUNISIPALITEITE - DEEL VAN PRESIDENT RAMAPHOSA SE DROOM OF \u2018N VOORTGAANDE NAGMERRIE? - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/broken_pipes_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2019-07-03T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:59:58+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/broken_pipes_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/broken_pipes_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":267,\"caption\":\"broken pipes opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: GOED FUNKSIONERENDE MUNISIPALITEITE &#8211; DEEL VAN PRESIDENT RAMAPHOSA SE DROOM OF \u2018N VOORTGAANDE NAGMERRIE?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: GOED FUNKSIONERENDE MUNISIPALITEITE - DEEL VAN PRESIDENT RAMAPHOSA SE DROOM OF \u2018N VOORTGAANDE NAGMERRIE? - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: GOED FUNKSIONERENDE MUNISIPALITEITE - DEEL VAN PRESIDENT RAMAPHOSA SE DROOM OF \u2018N VOORTGAANDE NAGMERRIE? - FW de Klerk Foundation","og_description":"Twee sake in die media het die afgelope week die oog gevang.&nbsp; Suid-Afrika se grootste hoenderprodusent, Astral, het in die openbaar bekend gemaak dat sy hoenderaanleg in Standerton nie meer genoeg water van die plaaslike Munisipaliteit Lekwa (Standerton) kry nie. Hierdie aanleg is die grootste op die kontinent en slag weekliks twee miljoen hoenders. Daarby is Astral se voermeule in Standerton ook die grootste op die kontinent - een wat onlangs ten duurste gebou is na skriftelike versekerings deur die Munisipaliteit dat daar voldoende water en elektrisiteit sal wees. Die rede vir gebrek aan watervoorsiening aan die grootste werkgewer in die dorp, is die volgehoue gebrekkige en swak instandgehoude waterinfrastruktuur - pompe en pypleidings waarmee water uit die Vaalrivier 8 km ver gepomp behoort te word.&nbsp;","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2019-07-03T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T18:59:58+00:00","og_image":[{"width":400,"height":267,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/broken_pipes_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"7 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: GOED FUNKSIONERENDE MUNISIPALITEITE &#8211; DEEL VAN PRESIDENT RAMAPHOSA SE DROOM OF \u2018N VOORTGAANDE NAGMERRIE?","datePublished":"2019-07-03T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:59:58+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/"},"wordCount":1498,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/broken_pipes_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/","name":"ARTIKEL: GOED FUNKSIONERENDE MUNISIPALITEITE - DEEL VAN PRESIDENT RAMAPHOSA SE DROOM OF \u2018N VOORTGAANDE NAGMERRIE? - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/broken_pipes_opt.jpg","datePublished":"2019-07-03T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:59:58+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/broken_pipes_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/broken_pipes_opt.jpg","width":400,"height":267,"caption":"broken pipes opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-goed-funksionerende-munisipaliteite-deel-van-president-ramaphosa-se-droom-of-n-voortgaande-nagmerrie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: GOED FUNKSIONERENDE MUNISIPALITEITE &#8211; DEEL VAN PRESIDENT RAMAPHOSA SE DROOM OF \u2018N VOORTGAANDE NAGMERRIE?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1725","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1725"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1725\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7948,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1725\/revisions\/7948"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1389"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1725"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1725"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1725"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}