{"id":1719,"date":"2019-06-24T08:00:00","date_gmt":"2019-06-24T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/"},"modified":"2021-07-20T21:00:11","modified_gmt":"2021-07-20T19:00:11","slug":"artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: VERDIEN MNR LESUFI \u2018N SLAAGPUNT?"},"content":{"rendered":"<p>Mnr Lesufi het \u2018n luisterryke struggle geskiedenis, veral vir iemand wat nou maar 51 is. Volgens sy amptelike profiel was hy in 1985 (op 17-jarige ouderdom) in aanhouding as apartheidsaktivis. Hy het in 1995 (nogal n\u00e1 die eerste demokratiese verkiesing van 1994) weer in \u2018n Durbanse tronk beland &#8211; skynbaar omdat hy \u201cho\u00ebr onderwys se transformasie-agenda gedryf het\u201d. Wat sy oortreding was, word nie geopenbaar nie. Dit word ook nie ges\u00ea waarin en of hy \u2018n eerste graad aan die destydse Universiteit van Natal behaal het nie. Hy het wel \u2018n MBA (maar ons weet nie van watter universiteit nie). Hy het reeds diep spore in die ANC in Gauteng getrap en is adjunk voorsitter van die organisasie in Gauteng.<\/p>\n<p>Maar wat is mnr Lesufi se baanrekord in onderwys as LUR in Gauteng? Een van die dinge waarop hy (tereg) baie klem l\u00ea, is dat elke kind in Gauteng toegang tot kwaliteit onderrig moet h\u00ea. Aan die begin van elke jaar sukkel Gauteng egter met tienduisende leerders wat nie geplaas kan word nie, omdat skole oorvol is. Daarom het mnr Lesufi in 2014 belowe dat hy 1 000 (een duisend) nuwe skole in die volgende klompie jare gaan bou. \u2018n Mens moet aanvaar dat hy die begroting om hierdie reusetaak te verrig, beskikbaar gehad het. Daar stroom na beraming jaarliks tussen 50 000 en 70 000 nuwe leerlinge vanuit naburige provinsies na Gauteng, en daarom moet ten minste 50 nuwe skole per jaar gebou word.<\/p>\n<p>Hoeveel skole is daar op mnr Lesufi se \u201cwagbeurt\u201d (soos hy graag self s\u00ea) die afgelope vyf jaar in Gauteng gebou? Volgens die Gautengse Departement van Onderwys self is daar in 2014\/15 dertien skole gebou, in 2015\/16 sestien, in 2016\/17 agt, in 2017\/18 \u2018n skrapse ses en net vier in 2019.<\/p>\n<p>Van die totaal van 1 000 wat hy belowe het, het hy slegs 47 gebou &#8211; 4.7% van wat hy beloof het.<\/p>\n<p>Maar dalk is hierdie skole ten minste modelskole, goed toegerus en top presterend? Helaas nie. Die media dra die afgelope paar jaar telkens stories van nuwe skole wat swak toegerus is, of\u00a0\u00a0waar rekenaars gesteel word omdat daar nie voldende sekuriteit is nie. In ander nuwe skole word rekenaars in kaste toegesluit omdat daar nie internet-toegang is nie. \u2019n Ho\u00ebrskool in Olievenhoutbosch het \u2019n splinternuwe sentrum vir verbruikerswetenskappe, met blink stowe en yskaste, maar nie genoeg kooktoerusting om die vak behoorlik aan te bied nie. \u2019n Laerskool in Tembisa moes hul laboratorium en rekenaarsentrum in klaskamers omskep, omdat die skool aanvanklik met te min klaskamers gebou is. Hulle het dus net \u2019n biblioteek, wat boonop karig toegerus is, met net enkele boeke wat nie relevant is tot laerskoolleerlinge nie. Postevoorsiening vanaf die departement vir al die skole is te min en klasse het tussen 50 en 80 leerlinge elk.<\/p>\n<p>\u2018n Ander probleem wat mnr Lesufi veroorsaak is dat hy dikwels die grense van sy verantwoordelikhede as politieke hoof van die Departement oorsteek en sommer self bestuurshoof speel &#8211; en dan uitsprake maak oor alles en nog wat. Daarmee neem hy die pligte van die onderwyshoof van die provinsie by die aangestelde amptenaar oor. Daarby skiet hy ook dikwels van die heup af &#8211; dink maar waar hy addresse van onderwysers wat later onskuldig aan rassisme blyk te gewees het, op sosiale media versprei het.<\/p>\n<p>Moet mnr Lesufi \u2018n slaagpunt hiervoor kry? Oordeel maar self&#8230; Toegegee, sy mediaprofiel is hemelhoog en hy lyk en klink of \u201ciets doen\u201d&#8230; maar die feite bewys die teendeel.<\/p>\n<p>Onder Afrikaanstaliges is mnr Lesufi natuurlik meer berug, veral oor sy houding oor Afrikaans in Gauteng se openbare skole. Hy en sy verdedigers hou vol dat hy niks teen Afrikaans as onderrigtaal in skole het nie, hy is net ernstig oor integrasie in skole. Maar in Mei 2019 (op nasionale TV) is hierdie mite aan flarde geskiet toe hy hom klaarblyklik vir \u2018n vraag oor die elektroniese rekenaarstelsel vir nuwe toelatings vervies het. Die strekking van sy opmerking was in die lyn van \u201cWaarom veg mense vir Afrikaanse onderrig, daar is tog nie meer Afrikaanse universiteite in Suid-Afrika nie? Ek beskerm eintlik hierdie leerders sodat hulle nie in \u2018n taal leer waarin hulle nie verder kan studeer nie\u201d. Afgesien daarvan dat dit feitelik verkeerd is (NWU-Potchefstroom en Stellenbosch bied nog Afrikaanse onderrig aan), is dit neerbuigend en arrogant verby. Ek, die grote Lesufi, beskerm hierdie klomp Dutchmen teen hulleself! Ek help hulle om nie in hierdie agterlike taal\u00a0\u00a0te studeer nie. Dit is natuurlik ook \u2018n selfdienende argument: mnr Lesufi se ander ANC-kollegas en -gesindes maak seker dat Afrikaans op universiteit vernietig word, en hy voltooi die sirkel deur seker te maak dat daar nie meer vir Afrikaans \u2018n aanvraag sal wees nie!<\/p>\n<p>\u2018n Gunsteling gesegde van mnr Lesufi is dat daar onder sy leierskap nie (meer) skole vir \u201cklein basies\u201d sal wees nie. Afrikaanse skole is dus eintlik maar wit skole en sit apartheid voort. Daar is twee foute met hierdie argument:<\/p>\n<ul>\n<li>Daar is nie meer \u2018n enkele openbare skool in Gauteng (of in die res van die land) waar Afrikaans as onderrigtaal gebruik word, waar daar net wit leerders is nie. Dit het mnr Lesufi self uitgevind na die Overvaal-insident in 2018, toe \u2018n voormalige swart leerder van Ho\u00ebrskool Overvaal vir die skool in die bresse getree het. Daar is dus nie meer skole vir \u201cklein basies\u201d nie&#8230;<\/li>\n<li>Tweedens word Afrikaans deur meer bruines as wittes gepraat, en kan dit nie meer as \u2018n blote \u201cwitmanstaal\u201d of apartheidsmeganisme afgemaak word nie. Aan die begin van 2018 het selfs die Engelstalige\u00a0<em>Citizen<\/em> koerant \u2018n artikel gepubliseer: \u201cIt is a \u2018war on Afrikaans education\u2019 in Gauteng&#8230; the government appears hell-bent on weeding out Afrikaans as a language of instruction in schools in the province\u201d. Hier het dit gegaan oor 119 dubbelmediumskole in Gauteng wat na Engels-alleen oorgeskakel is; onder hierdie was daar 43 skole in bruin en hoofsaaklik Afrikaanse gebiede. Dit het groot ontsteltenis in die bruin Afrikaanse gemeenskap veroorsaak, omdat dit Afrikaanssprekendes die grondwetlike reg op moedertaalonderrig ontneem (soos in Eldoradopark bewys is).<\/li>\n<\/ul>\n<p>In Junie 2019 merk mnr Lesufi in \u2018n video-onderhoud op dat \u2018n skool drie tale en drie klasstrome kan h\u00ea: een in Afrikaans, een in Engels, en een in Sesotho. Maar n\u00e1 klas moet die leerders \u201cge\u00efntegreerd\u201d met mekaar gaan speel.\u00a0\u00a0As mnr Lesufi gedink het dat hy Afrikaanssprekendes skaakmat met hierdie uitspraak gesit het, het hierdie kommentator nuus vir hom. As hy ernstig is met sy voorstel, en as hy die begrotings daarvoor kan kry, en genoeg poste kan voorsien, en as hy wys dat dit vir hom werklik oor veeltaligheid en nie-rassigheid gaan, sal die meerderheid Afrikaanssprekende ouers hom steun. Baie ouers, ook di\u00e9 wat moedertaalonderrig as grondwetlike reg opeis, sien die voordele van veelrassige skole raak.<\/p>\n<p>Die probleem is egter dat met sy beleid en praktyk om dubbelmedium skole Engels-alleen te maak en meertaligheid so vernietig, het hy sy eie voorstel reeds verdag gemaak. As hy nie eers twee tale in \u2018n skool kan toelaat nie, wat nog van drie? En in Afrikaans enkelmedium skole is die onderwyservoorsiening reeds baie karig. Waar gaan hy die begroting kry om drie tale in \u2018n skool aan te bied? Of weet hy nie eers dat meer tale meer onderwysers vereis nie? Sy voorstel van drie tale in \u2018n skool dui dus eintlik op sy skynheiligheid oor Afrikaans, asook sy onkunde oor praktiese onderwysoplossings wat, soos die Grondwet vereis, kinders eerste stel.<\/p>\n<p>Mnr Lesufi se optrede en styl is daarom op twee maniere gevaarlik:<\/p>\n<ul>\n<li>Hy is gevaarlik vir die ANC (nasionaal en in Gauteng) deurdat hy verwagtings skep waaraan hy nie (kan) voldoen nie, en hy maak beloftes wat hy nie hou nie (1 000 skole). Dit gaan hom en die ANC een of ander tyd inhaal. \u2018n Goeie mediaprofiel gaan hom net tot op \u2018n punt help. Hy gaan die ANC nie help om Gauteng te behou nie.<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>Hy is ook \u2018n gevaar vir goeie intergroepverhoudinge. As dit vir President Ramaphosa \u2018n prioriteit is om \u2018n President vir alle Suid-Afrikaners te wees, is mnr Lesufi se houding en uitsprake \u2018n onoorkombare struikelblok. Hy het die twyfelagtige eer om die EEN persoon te wees wat gematigde Afrikaanssprekendes van alle rasse die meeste te polariseer en van die ANC en die regering te vervreem, en agterdogtig oor hulle verbintenis tot veeltaligheid en moedertaalonderrig te maak. En as mens die\u00a0<em>Citizen<\/em> se bogenoemde berig as maatstaf neem, besef selfs Engelssprekendes dit.<\/li>\n<\/ul>\n<p>President Ramaphosa moet dus versigtig wees om opgewonde oor mnr Lesufi te raak &#8211; of blind te wees vir sy tekortkominge. Hy is nie die goeie LUR vir Onderwys wat hy homself in die media maak nie. Hy het sommige van sy pligte gruwelik versuim en is \u2018n las vir die ANC wat die organisasie op die mediumtermyn duur te staan gaan kom. En hy staan lynreg in Cyril Ramaphosa se pad om versoening tussen alle Suid-Afrikaners &#8211; spesifiek met miljoene Afrikaanssprekendes &#8211; te bewerkstelling.<\/p>\n<p><em>Theuns Eloff: Voorsitter, Adviesraad van die FW de Klerk Stigting<br \/>\n<\/em>24 Junie 2019<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/maroelamedia.co.za\/debat\/meningsvormers\/verdien-lesufi-n-slaagpunt\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">*Eers op Maroela Media gepubliseer<\/a><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/'>VERDIEN MNR LESUFI \u2018N SLAAGPUNT?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 350.48K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/?wpdmdl=4854&refresh=6a8870cb7abce1787326667\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-817\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/schoolkids_sa_foter.jpg\" alt=\"schoolkids sa foter\" width=\"150\" height=\"100\" \/><\/p>\n<p>Die Gautengse LUR van onderwys, Andrek Panyaza Lesufi, is \u2018n interessante man. \u2018n Groot deel van die veral swart bevolking dink die w\u00eareld van hom. Hy is \u2018n LUR wat \u201cop sy pos\u201d is, en word gesien en gehoor waar daar ook al moeilikheid in die Gautengse skoolstelsel is. Hy is gereeld in die media en hou een maal \u2018n week \u2018n mediakonferensie &#8211; gewoonlik op \u2018n Sondagmiddag by sy huis. Hy is selfs genoem as \u2018n opvolger van die huidige Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga. \u2018n Ander deel van veral die wit (en Afrikaanse bevolking) is van mening dat hy \u2018n oorlog teen Afrikaans as onderrigtaal in skole voer &#8211; en sommer op die koop toe anti-wit sentimente het.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":817,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1719","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: VERDIEN MNR LESUFI \u2018N SLAAGPUNT? - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: VERDIEN MNR LESUFI \u2018N SLAAGPUNT? - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Gautengse LUR van onderwys, Andrek Panyaza Lesufi, is \u2018n interessante man. \u2018n Groot deel van die veral swart bevolking dink die w\u00eareld van hom. Hy is \u2018n LUR wat \u201cop sy pos\u201d is, en word gesien en gehoor waar daar ook al moeilikheid in die Gautengse skoolstelsel is. Hy is gereeld in die media en hou een maal \u2018n week \u2018n mediakonferensie - gewoonlik op \u2018n Sondagmiddag by sy huis. Hy is selfs genoem as \u2018n opvolger van die huidige Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga. \u2018n Ander deel van veral die wit (en Afrikaanse bevolking) is van mening dat hy \u2018n oorlog teen Afrikaans as onderrigtaal in skole voer - en sommer op die koop toe anti-wit sentimente het.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-06-24T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:00:11+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/schoolkids_sa_foter.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"240\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"160\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: VERDIEN MNR LESUFI \u2018N SLAAGPUNT?\",\"datePublished\":\"2019-06-24T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:00:11+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/\"},\"wordCount\":1486,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/schoolkids_sa_foter.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/\",\"name\":\"ARTIKEL: VERDIEN MNR LESUFI \u2018N SLAAGPUNT? - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/schoolkids_sa_foter.jpg\",\"datePublished\":\"2019-06-24T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:00:11+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/schoolkids_sa_foter.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/schoolkids_sa_foter.jpg\",\"width\":240,\"height\":160,\"caption\":\"schoolkids sa foter\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: VERDIEN MNR LESUFI \u2018N SLAAGPUNT?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: VERDIEN MNR LESUFI \u2018N SLAAGPUNT? - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: VERDIEN MNR LESUFI \u2018N SLAAGPUNT? - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die Gautengse LUR van onderwys, Andrek Panyaza Lesufi, is \u2018n interessante man. \u2018n Groot deel van die veral swart bevolking dink die w\u00eareld van hom. Hy is \u2018n LUR wat \u201cop sy pos\u201d is, en word gesien en gehoor waar daar ook al moeilikheid in die Gautengse skoolstelsel is. Hy is gereeld in die media en hou een maal \u2018n week \u2018n mediakonferensie - gewoonlik op \u2018n Sondagmiddag by sy huis. Hy is selfs genoem as \u2018n opvolger van die huidige Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga. \u2018n Ander deel van veral die wit (en Afrikaanse bevolking) is van mening dat hy \u2018n oorlog teen Afrikaans as onderrigtaal in skole voer - en sommer op die koop toe anti-wit sentimente het.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2019-06-24T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:00:11+00:00","og_image":[{"width":240,"height":160,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/schoolkids_sa_foter.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"7 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: VERDIEN MNR LESUFI \u2018N SLAAGPUNT?","datePublished":"2019-06-24T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:00:11+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/"},"wordCount":1486,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/schoolkids_sa_foter.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/","name":"ARTIKEL: VERDIEN MNR LESUFI \u2018N SLAAGPUNT? - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/schoolkids_sa_foter.jpg","datePublished":"2019-06-24T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:00:11+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/schoolkids_sa_foter.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/schoolkids_sa_foter.jpg","width":240,"height":160,"caption":"schoolkids sa foter"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verdien-mnr-lesufi-n-slaagpunt\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: VERDIEN MNR LESUFI \u2018N SLAAGPUNT?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1719","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1719"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1719\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7949,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1719\/revisions\/7949"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/817"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1719"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1719"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1719"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}