{"id":1704,"date":"2019-06-11T08:00:00","date_gmt":"2019-06-11T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/"},"modified":"2021-07-20T21:00:36","modified_gmt":"2021-07-20T19:00:36","slug":"artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: REMBLOKKE EN MAGSBLOKKE VRA KOELKOPPE"},"content":{"rendered":"<p>Daar is steeds Zuptagesindes in die Kabinet &#8211; en veral onder die adjunkministers. President Ramaphosa moes toegewings aan verskillende belangegroepe maak en dit het onder andere daartoe gelei dat daar baie meer ministers en veral adjunkministers is as wat hy wou gehad het. En selfs onder di\u00e9 wat hom nou steun (maar wat ook destyds vir Mbeki help uitgooi het), is daar \u2018n paar ministers wat nou nie eintlik die toonbeeld van effektiwiteit en integriteit is nie. Net Ramaphosa se leierskap en dryfkrag gaan hulle tot aksie laat oorgaan.<\/p>\n<p>Die tweede remblok is dat, al mag daar \u2018n nuwe Kabinet wees, die mense wat die hopelik nuwe beleid moet toepas, nog steeds dieselfde ou amptenare is &#8211; en die meerderheid van hulle is die produk van die toksiese mengsel van rassetransformasie en kaderontplooiing. Dit sal tyd neem om beter amptenare op meriete aan te stel. Dit geld ook vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens, en \u2018n beter greep op misdaad (en op plaasaanvalle en -moorde). Dit is ook welbekend dat groot dele van die staatsdiens nog ernstig gebuk gaan onder korrupsie en dat staatskaping nou eers die wyk begin neem. Ordentlike leefstyloudits is die enigste manier waarop korruptes op die medium- en langtermyn die deur gewys sal kan word.<\/p>\n<p>Derdens sal dit nog langer neem om \u2018n noemenswaardige verskil op plaaslike vlak te maak &#8211; dis net hoe drie vlakke van regering w\u00eareldwyd werk. President Ramaphosa (en enige president voor en na hom) se vermo\u00eb om \u2019n burgermeester en raadslede van \u2018n totaal disfunksionele munisipaliteit soos Lekwa (Standerton) van hulle pligte te onthef, is uiters beperk. Ten opsigte van Lekwa, wat nie eers meer die vermo\u00eb het om genoeg water vir sy gemeenskap en die besighede \u2018n paar kilometer uit die Vaalrivier te pomp nie en waar haweloses snags in die munisipaliteit se kantore slaap, kan hy slegs deur die provinsiale regering (self onbeholpe) en ANC strukture werk. En dit vat tyd&#8230;<\/p>\n<p>Die vierde remblok is dat President Ramaphosa ernstige teenstand uit eie geledere in die gesig staar. Die huidige gesig van hierdie teenstand is die Sekretaris-Generaal van die ANC, Ace Magashule. Hy het alreeds voor en na die Mei-verkiesing Ramaphosa in die openbaar gekritiseer en sy rol in die ANC se oorwinning afgekraak. Hy het ook die huidige storm in die ANC ontketen met sy ongevraagde uitsprake oor \u2018n veranderde mandaat vir die Reserwebank. Hy was slim genoeg om dit te koppel aan die ANC se verklaring van werkloosheid as \u2018n nasionale ramp. Maar hy was nie slim genoeg om die regte term vir nuwe geld druk te gebruik nie: \u201cquantity easing\u201d, in plaas van \u201cquantative easing\u201d. Volgens Ace en mede-populiste sal werkloosheid verminder word as daar meer geld gedruk word. Behoede ons&#8230;<\/p>\n<p>En die meer gevaarlike van Ace is dat hy al meer gaan probeer om President Ramaphosa se taak nog verder te bemoeilik, deur hom uit Luthuli-huis (waar Ace die baas is) te probeer ondermyn en sy hervormingsplanne te laat skipbreuk ly. Hiervoor is hy besig om \u2018n hele klomp ontevredenes wat uit die Kabinet en die parlement\u00eare lyste gelaat is (lees Bathabile Dlamini) rondom hom in Luthuli-huis te vergader. Daar kan hulle saamsweer op die kort termyn maar ook die mediumtermyn, met die oog op die ANC se interne prosesse en die verkiesingskonferensie wat in 2022 voorl\u00ea.<\/p>\n<p>Teen die agtergrond van hierdie remblokke aan Ramaphosa se been, moes niemand ooit verwag het dat die skade van die nege gemorsde Zumajare gou omgedraai gaan word nie. President Ramaphosa kan nie vir Ace in die tronk sit nie, daar is regsprosesse wat gevolg moet word. President Ramaphosa kan ook nie vir Ace in die pad steek nie &#8211; hy is deur die ANC se verkiesingskonferensie verkies. Slegs as hy aan \u2018n misdaad skuldig bevind word, sal hy as Sekretaris-Generaal vervang kan word.<\/p>\n<p>Wat kan dan gedoen word?\u00a0\u00a0President Ramaphosa het drie \u201cmagsblokke\u201d waarbinne hy moet optree. Elkeen van hierdie drie magsblokke is uniek, en soos sirkels oorvleuel hulle ook.<\/p>\n<p>Die eerste magsblok is ANC se hoofkantoor in Luthuli-huis. Dit is hiervandaan wat Ramaphosa se partypolieke mandaat kom &#8211; en hy kan hom nie van die meerderheid van sy eie party vervreem nie. As gevolg van die uitkoms van die Nasrec-verkiesingskonferensie (en spesifiek die verkiesing van Ace Magashule as Sekretaris-Generaal en Jessie Duarte as Adjunksekretaris-Generaal)\u00a0is hy nie in beheer van Luthuli-huis nie. Hy sal hierdie faktor moet verreken en die hele tyd bestuur.<\/p>\n<p>Die tweede magsblok is die wetgewende en uitvoerende gesag: die Parlement en die Kabinet. Hier is hy wel in beheer, met die meerderheid van die ANC parlementslede en kabinet wat hom steun &#8211; al is dit net omdat hy nou stewig in die presidentstoel sit. Hy kan hierdie magsblok effektief gebruik, maar kan steeds nie teen die wense van die meerderheid ANC koukuslede optree nie. Hy sal hulle van elke hervormingsstap moet oortuig. En daar kan ook negatiewe be\u00efnvloeding uit Luthuli-huis kom. Maar regeringsbeleid word uiteindelik hier gemaak en toegepas. Dis waar Ramaphosa werklike mag het.<\/p>\n<p>Die derde magsblok is di\u00e9 van die Grondwet en haar instellings. Dit sluit die hoofstuk-9 instellings (soos die Openbare Beskermer, die Menseregtekommissie en ander in). Dit sluit ook die regsprekende gesag van die howe in, veral die Grondwetlike Hof. President Ramaphosa se mandaat as president van die land kry hy uit die Grondwet, nie uit die ANC nie. Hierdie magsblok is waarskynlik die sterkste en kan baie effektief deur Ramaphosa gebruik word &#8211; ten spyte van \u2018n paar vrot appels in die hoostuk-9 instellings.<\/p>\n<p>Die manier waarop President Ramaphosa hierdie drie magsblokke bestuur, sal \u2018n deurslaggewende rol in sy sukses (of mislukking) speel. Hy sal die magsblokke waar hy in beheer is of waar hy \u2018n sterk mandaat het, moet gebruik om die magsblok van Luthuli-huis te neutraliseer. Toegepas op die Ace Magashule-geval, sal hy nie daardie stryd in Luthuli-huis wen nie (in elk geval nie op die kort termyn nie), maar hy sal op \u2018n\u00a0\u00a0beleidsvlak die wetgewende en uitvoerende magsblok moet gebruik om Ace se uitsprake te reduseer tot bloot di\u00e9 van \u2018n ANC-amptenaar. Op \u2018n ander vlak sal hy die vervolgingsmeganismes tot die staat se beskikking moet toelaat om die wandade waarvan Ace beskuldig word, in die hof te laat toets. Dis die enigste manier waarop Ace op die medium termyn uit Luthui-huis vewyder kan word.<\/p>\n<p>President Ramaphosa sal hierdie voortdurende skaakspel en die onderliggende magstryd daarvan moet speel terwyl hy aan die ander remblokke aan sy hervorminingskoen werk.\u00a0Dit is geen maklike taak nie, sal tyd neem en goeie tydsberekening verg.<\/p>\n<p>Wat vra dit van gewone Suid-Afrikaners &#8211; en spesifiek Afrikaanssprekendes? Neem hierdie remblokke en magsblokke in ag in jou beoordeling van ons land se huidige situasie. Dis nie die ideale toestand nie, maar hierdeur kan daar vordering wees oppad na \u2018n beter Suid-Afrika toe. Doen jou werk en kom jou verantwoordelikheid na, onder andere deur nog beter na jou en ander se veiligheid om te sien. Besef dat miljoene ander Suid-Afrikaners ook soos jy voel en dieselfde bekommernisse en soms veel erger ervarings deel. Bowenal, bly koelkop &#8211; daar is lig in hierdie donker tonnel, vol gevegte oor remblokke en binne magsblokke.<\/p>\n<p><em style=\"color: inherit; font-family: inherit;\">Deur Theuns Eloff: Voorsitter, FW de Klerk Stigting Raad van Adviseurs<br \/>\n<\/em>11 Junie 2019<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Aktueel\/hoe-nou-gemaak-met-ace-20190607\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">*Eers op Netwerk24 gepubliseer<\/a><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/'>REMBLOKKE EN MAGSBLOKKE VRA KOELKOPPE<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 335.40K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/?wpdmdl=4848&refresh=6a88652d0b35c1787323693\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1590\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg\" alt=\"TE HEADSHOT opt\" width=\"150\" height=\"120\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt-300x240.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>\u2018n Mens kan die moedeloosheid van die Suid-Afrikaanse bevolking en spesifiek Afrikaanssprekendes amper aanvoel.&nbsp;&nbsp;Onder die redes hiervoor is \u2018n skynbare ongekende toename in die vlaag van plaasaanvalle en -moorde, Ace Magashule-hulle wat met die Reserwebank foeter en moeilikheid met infrastruktuur en wanfunksionele munisipaliteite op amper elke dorp. En dan help die Proteas se geploeter by die W\u00eareldbekertoernooi ook nie! En die vraag op baie se lippe is \u201cWat doen Cyril hieraan? Hy is mos nou die President!\u201d<\/p>\n<p>En dis gedeeltelik waar &#8211; ons President is partypolities op \u2018n beter plek as \u2018n jaar gelede. Hy het sy oorwinning by Nasrec (van 53%) opgevolg met \u2018n 57.5% oorwinning by die stembus in Mei. Hy is nie meer \u2018n \u201ctussentydse\u201d President nie, maar een wat sy party tot \u2018n oorwinning gelei het (en waarskynlik eiehandig van \u2018n neerlaag gered het). Hy het die Kabinet verklein en van al die groot Zuptaskurke ontslae geraak. Hy het (amper soos \u2018n Madiba van ouds) belowe om \u2018n President vir al die mense van Suid-Afrika te wees en nie net vir die ANC nie. Maar ongelukkig beteken dit alles nie dat hy onaantasbaar is en kan doen wat hy wil nie. Daar is \u2018n paar remblokke aan sy been. En om te verstaan wat nou aan die gebeur is, moet mens weet wat hierdie remblokke is.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1590,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1704","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: REMBLOKKE EN MAGSBLOKKE VRA KOELKOPPE - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: REMBLOKKE EN MAGSBLOKKE VRA KOELKOPPE - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"\u2018n Mens kan die moedeloosheid van die Suid-Afrikaanse bevolking en spesifiek Afrikaanssprekendes amper aanvoel.&nbsp;&nbsp;Onder die redes hiervoor is \u2018n skynbare ongekende toename in die vlaag van plaasaanvalle en -moorde, Ace Magashule-hulle wat met die Reserwebank foeter en moeilikheid met infrastruktuur en wanfunksionele munisipaliteite op amper elke dorp. En dan help die Proteas se geploeter by die W\u00eareldbekertoernooi ook nie! En die vraag op baie se lippe is \u201cWat doen Cyril hieraan? Hy is mos nou die President!\u201d En dis gedeeltelik waar - ons President is partypolities op \u2018n beter plek as \u2018n jaar gelede. Hy het sy oorwinning by Nasrec (van 53%) opgevolg met \u2018n 57.5% oorwinning by die stembus in Mei. Hy is nie meer \u2018n \u201ctussentydse\u201d President nie, maar een wat sy party tot \u2018n oorwinning gelei het (en waarskynlik eiehandig van \u2018n neerlaag gered het). Hy het die Kabinet verklein en van al die groot Zuptaskurke ontslae geraak. Hy het (amper soos \u2018n Madiba van ouds) belowe om \u2018n President vir al die mense van Suid-Afrika te wees en nie net vir die ANC nie. Maar ongelukkig beteken dit alles nie dat hy onaantasbaar is en kan doen wat hy wil nie. Daar is \u2018n paar remblokke aan sy been. En om te verstaan wat nou aan die gebeur is, moet mens weet wat hierdie remblokke is.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-06-11T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:00:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"320\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: REMBLOKKE EN MAGSBLOKKE VRA KOELKOPPE\",\"datePublished\":\"2019-06-11T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:00:36+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/\"},\"wordCount\":1213,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/\",\"name\":\"ARTIKEL: REMBLOKKE EN MAGSBLOKKE VRA KOELKOPPE - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2019-06-11T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:00:36+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":320,\"caption\":\"TE HEADSHOT opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: REMBLOKKE EN MAGSBLOKKE VRA KOELKOPPE\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: REMBLOKKE EN MAGSBLOKKE VRA KOELKOPPE - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: REMBLOKKE EN MAGSBLOKKE VRA KOELKOPPE - FW de Klerk Foundation","og_description":"\u2018n Mens kan die moedeloosheid van die Suid-Afrikaanse bevolking en spesifiek Afrikaanssprekendes amper aanvoel.&nbsp;&nbsp;Onder die redes hiervoor is \u2018n skynbare ongekende toename in die vlaag van plaasaanvalle en -moorde, Ace Magashule-hulle wat met die Reserwebank foeter en moeilikheid met infrastruktuur en wanfunksionele munisipaliteite op amper elke dorp. En dan help die Proteas se geploeter by die W\u00eareldbekertoernooi ook nie! En die vraag op baie se lippe is \u201cWat doen Cyril hieraan? Hy is mos nou die President!\u201d En dis gedeeltelik waar - ons President is partypolities op \u2018n beter plek as \u2018n jaar gelede. Hy het sy oorwinning by Nasrec (van 53%) opgevolg met \u2018n 57.5% oorwinning by die stembus in Mei. Hy is nie meer \u2018n \u201ctussentydse\u201d President nie, maar een wat sy party tot \u2018n oorwinning gelei het (en waarskynlik eiehandig van \u2018n neerlaag gered het). Hy het die Kabinet verklein en van al die groot Zuptaskurke ontslae geraak. Hy het (amper soos \u2018n Madiba van ouds) belowe om \u2018n President vir al die mense van Suid-Afrika te wees en nie net vir die ANC nie. Maar ongelukkig beteken dit alles nie dat hy onaantasbaar is en kan doen wat hy wil nie. Daar is \u2018n paar remblokke aan sy been. En om te verstaan wat nou aan die gebeur is, moet mens weet wat hierdie remblokke is.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2019-06-11T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:00:36+00:00","og_image":[{"width":400,"height":320,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: REMBLOKKE EN MAGSBLOKKE VRA KOELKOPPE","datePublished":"2019-06-11T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:00:36+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/"},"wordCount":1213,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/","name":"ARTIKEL: REMBLOKKE EN MAGSBLOKKE VRA KOELKOPPE - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg","datePublished":"2019-06-11T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:00:36+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg","width":400,"height":320,"caption":"TE HEADSHOT opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-remblokke-en-magsblokke-vra-koelkoppe\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: REMBLOKKE EN MAGSBLOKKE VRA KOELKOPPE"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1704","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1704"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1704\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7951,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1704\/revisions\/7951"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1590"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1704"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1704"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1704"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}