{"id":1694,"date":"2019-05-20T08:00:00","date_gmt":"2019-05-20T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/"},"modified":"2021-07-20T21:01:18","modified_gmt":"2021-07-20T19:01:18","slug":"artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: IS CYRIL BESIG OM TE WEN? FAKTORE IN DIE SAMESTELLING VAN DIE NUWE KABINET"},"content":{"rendered":"<p>Dit is wel nodig en nuttig om te kyk na wat ons w\u00e9l van die kabinetsamestelling weet. Volgens artikel 91 van die Grondwet is dit die President se plig en prerogatief om die kabinet aan te stel en af te dank. Hierdie prerogatief is in die verlede egter selde op \u2018n eensydige manier uitgeoefen, behalwe deur Jacob Zuma. Daarom is daar \u2018n ooreenkoms dat President Ramaphosa die ander topvyf sal raadpleeg oor die samestelling van die Kabinet. Hierdie is \u2018n interne re\u00ebling van die ANC en staan nie in die Grondwet nie. Wat wel op plekke in die Grondwet en wetgewing voorkom, is die twee vorms van konsultasie: \u201cn\u00e1 konsultasie\u201d beteken dat die President met die ander topvyf oor sy planne praat, maar dat niemand van hulle \u2018n vetoreg op sy besluit het nie. \u201cIn konsultasie\u201d beteken dat die ander topvyf met hom moet saamstem oor die samestelling van die kabinet en in effek wel \u2018n vetoreg het. Die werklikheid oor wat met die kabinetsaanstelings gaan gebeur, l\u00ea waarskynlik tussen die twee. Veral met Ace Magashule (en in \u2018n mindere mate Jessie Duarte) in die topses sal daar waarskynlik sterk oortuigings na vore kom &#8211; iets wat President Ramaphosa taktvol maar met beslistheid sal moet hanteer. Die punt is: die President het nie \u2018n heeltemal vrye hand om alleen oor die Kabinet te besluit nie.<\/p>\n<p>En dit is natuurlik nie net waar van die onlangse verlede nie. Selfs in die dae van die Nasionale Party moes eerste ministers \u2018n fyn balans handhaaf tussen byvoorbeeld die vier provinsies en die sterkte van die party in elkeen.<\/p>\n<p>Die samestelling van enige Kabinet is die balansering van \u2018n matriks van belange. In de geval van die ANC is dit selfs meer kompleks as met die destydse Nasionale Party. Die belange wat gebalanseer moet word, sluit die alliansievennote (SAKP en Cosatu) in, die provinsiale ANC\u2019s (en veral KwaZulu-Natal wat niemand in die topses het nie), die Vroueliga en die Jeugliga; en les bes rasseminderhede, naamlik wit, bruin en Indi\u00ebr Suid-Afrikaners. Daarby is die ANC se re\u00ebl dat daar 50% vroue in die regering moet wees. Dit alles maak die aanstellingsproses baie moeilik.<\/p>\n<p>Die besluit van President Ramaphosa (gesteun deur die ANC) dat die Kabinet verklein moet word, maak dit n\u00f3g moeiliker. In plaas van die huidige 34 ministers, sal daar dalk net 25 poste wees om \u201cuit te deel\u201d. In plaas van die huidige 35 adjunkte, sal daar waarskynlik net 13 tot 15 oorbly. Dit laat Ramaphosa met nie baie beweegruimte nie. Hy het wel reeds taamlike sterk uitsprake gemaak dat staatskapers, verdagtes en twyfelagtiges nie in die regering behoort te wees nie, en so \u2018n sekere klimaat probeer skep vir sy aanstellings. Maar teen die agtergrond van die Vroueliga (lees Bathabile Dlamini) en ander Zuma\u00efte se invloed, is die kanse dat die Kabinet \u2018n 100% \u201cRamaphosa-kabinet\u201d sal wees, skraal. \u2018n Mens moet eerder verwag dat Ramaphosa kompromie\u00eb sal moet maak, en dat hoogstens 80% sy eerste keuses sal wees.<\/p>\n<p>\u2018n Ander faktor wat \u2018n rol mag speel, is dat daar \u2018n verrassing of twee van buite die Parlement of selfs buite die ANC kan wees. Volgens art 91(3)(c) mag die President hoogstens twee ministers van buite die Nasionale Vergadering aanstel. Hierdie aanstellings kan van die privaatsektor kom, gegewe die noodsaaklikheid van leiers wat die ekonomie goed kan bestuur. Ramaphosa kan selfs verras deur (soos Zuma met Pieter Mulder gedoen het) een van die kleiner opposisiepartye \u2018n kabinetspos aan te bied. Die kans (soos wat gespekuleer is) vir \u2018n regering van nasionale eenheid, is egter skraal &#8211; veral gegewe die gemoedere in die ANC en die laer aantal stemme nog vars in die geheue.<\/p>\n<p>Dit alles vorm die agtergrond vir die moontlikhede oor die samestelling van die Kabinet. Ramaphosa het \u2018n mandaat van sy party en 57% van Suid-Afrika se kiesers om sy planne oor staatskaping, korrupsie, skoon regering en ekonomiese groei uit te voer. Hierdie mandaat word versterk deur die feit dat dit allerwe\u00eb aanvaar word (met die uitsondering van Ace Magashule) dat Ramaphosa as persoon \u2018n beduidende rol gespeel het om die oorwinning vir die ANC te verseker. Hy is dus nie meer \u2018n ANC-president wat met 179 stemme by Nasrec gewen het nie, maar \u2018n President van die land wat deur amper 10 miljoen kiesers verkies is. Hy is ook nie meer (soos Kgalema Motlanthe voor Zuma was) \u2018n tussentydse President nie.<\/p>\n<p>Daarby het hy sedert sy verkiesing as President in 2018, \u2018n goeie fondament vir sy hervormings gel\u00ea. Die vele kommissies, die aanstelling van \u2018n nuwe Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging en haar ondersoekeenheid is net \u2018n paar hiervan. Uit die onlangse NUK vergadering se bespreking van en besluit oor die ANC premierskandidate is die bogenoemde 80% beginsel duidelik: vyf uit die sewe premiers was \u201csy\u201d kandidate (met die Noordwes provinsie nog uitstaande). Dit is \u2018n goeie aanduiding wat moontlik met die kabinetsamestelling kan gebeur.<\/p>\n<p>As mens Ramaphosa ernstig opneem oor sy planne met die ekonomie (en daar is geen rede om dit nie te doen nie), is dit voor die hand liggend dat, benewens die Nasionale Ontwikkelingsplan (waarvan hy mede-outeur was) as bre\u00eb riglyn en goeie ekonomiese beleid, daar veral goeie implementering van beleid en goeie bestuur van die ekonomie nodig is. Berigte dat hy veral beheer wil neem van die ekonomiese groep portefeuljes, is dus goeie nuus. Maar die aanstelling van goeie bestuurders, eerder as blote beleidsmakers, is van uiterste belang. En hier kan Ramaphosa dalk verras met \u2018n privaatsektor aanstelling of twee in die Kabinet. En selfs al gebeur dit nie, is die noodsaaklikheid vir nuwe senior aanstellings in die staatsdiens van mense wat die ekonomie kan bestuur, van die grootste belang. Ramaphosa het in die ekonomiese omgewing \u2018n mengsel van stemme (en nie net ANC-lojaliste nie) nodig om die ekonomie en die land vorentoe te neem.<\/p>\n<p>Teen hierdie agtergrond is die kanse beter as 60% dat President Ramaphosa \u2018n redelike goeie en gebalanseerde Kabinet sal kan saamstel, ten spyte van die druk van die voormalige Zuma\u00efete. Hy behoort die daadkrag te h\u00ea om ewe hard terug te druk. Hopelik sal hy ook die wysheid en gesonde verstand (\u201ccommon sense\u201d) h\u00ea om mense (binne en buite die Kabinet) aan te stel wat ook goeie implementeerders van beleid sal wees.<\/p>\n<p>Dit is belangrik dat die entoesiasme n\u00e1 die verkiesing en die politieke stabiliteit wat daarmee gekom het met die middelgrond wat 80% van die stemme getrek het, nou in aksie oorgesit word. President Ramaphosa, ons hou u (steeds) fyn dop&#8230;<\/p>\n<p><em>Deur Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting<\/em><br \/>\n20 Mei 2019<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Aktueel\/faktore-wat-cyril-se-nuwe-kabinet-sal-bepaal-20190517\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><strong>*Eers op Netwerk24 gepubliseer<\/strong><\/a><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/'>IS CYRIL BESIG OM TE WEN? FAKTORE IN DIE SAMESTELLING VAN DIE NUWE KABINET<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 340.08K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/?wpdmdl=4841&refresh=6a889484939711787335812\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1091\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/parliament_interior_sabc.jpg\" alt=\"parliament interior sabc\" width=\"150\" height=\"84\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/parliament_interior_sabc.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/parliament_interior_sabc-300x169.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Cyril Ramaphosa sal op 22 Mei deur die Nasionale Vergadering as President van demokratiese Suid-Afrika verkies word, en op 25 Mei sal hy ingehuldig geword. Volgens beskikbare inligting en bepanning sal die Kabinet op 27 Mei bekendgemaak word.&nbsp;<\/p>\n<p>Dit is daarom te vroeg om te spekuleer oor wie presies in die Kabinet sal wees en wie nie. Die lyste wat op die oomblik die rondtes doen, is waarskynlik slegs vlie\u00ebrs wat deur die verskillende faksies opgestuur word om te sien hoe die wind waai &#8211; en dalk die windrigting te be\u00efnvloed.&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1091,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[32,300],"tags":[],"class_list":["post-1694","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-verklarings"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: IS CYRIL BESIG OM TE WEN? FAKTORE IN DIE SAMESTELLING VAN DIE NUWE KABINET - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: IS CYRIL BESIG OM TE WEN? FAKTORE IN DIE SAMESTELLING VAN DIE NUWE KABINET - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Cyril Ramaphosa sal op 22 Mei deur die Nasionale Vergadering as President van demokratiese Suid-Afrika verkies word, en op 25 Mei sal hy ingehuldig geword. Volgens beskikbare inligting en bepanning sal die Kabinet op 27 Mei bekendgemaak word.&nbsp; Dit is daarom te vroeg om te spekuleer oor wie presies in die Kabinet sal wees en wie nie. Die lyste wat op die oomblik die rondtes doen, is waarskynlik slegs vlie\u00ebrs wat deur die verskillende faksies opgestuur word om te sien hoe die wind waai - en dalk die windrigting te be\u00efnvloed.&nbsp;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-05-20T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:01:18+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/parliament_interior_sabc.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"225\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: IS CYRIL BESIG OM TE WEN? FAKTORE IN DIE SAMESTELLING VAN DIE NUWE KABINET\",\"datePublished\":\"2019-05-20T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:01:18+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/\"},\"wordCount\":1106,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/parliament_interior_sabc.jpg\",\"articleSection\":[\"Nuus\",\"Verklarings\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/\",\"name\":\"ARTIKEL: IS CYRIL BESIG OM TE WEN? FAKTORE IN DIE SAMESTELLING VAN DIE NUWE KABINET - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/parliament_interior_sabc.jpg\",\"datePublished\":\"2019-05-20T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:01:18+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/parliament_interior_sabc.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/parliament_interior_sabc.jpg\",\"width\":400,\"height\":225,\"caption\":\"parliament interior sabc\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: IS CYRIL BESIG OM TE WEN? FAKTORE IN DIE SAMESTELLING VAN DIE NUWE KABINET\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: IS CYRIL BESIG OM TE WEN? FAKTORE IN DIE SAMESTELLING VAN DIE NUWE KABINET - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: IS CYRIL BESIG OM TE WEN? FAKTORE IN DIE SAMESTELLING VAN DIE NUWE KABINET - FW de Klerk Foundation","og_description":"Cyril Ramaphosa sal op 22 Mei deur die Nasionale Vergadering as President van demokratiese Suid-Afrika verkies word, en op 25 Mei sal hy ingehuldig geword. Volgens beskikbare inligting en bepanning sal die Kabinet op 27 Mei bekendgemaak word.&nbsp; Dit is daarom te vroeg om te spekuleer oor wie presies in die Kabinet sal wees en wie nie. Die lyste wat op die oomblik die rondtes doen, is waarskynlik slegs vlie\u00ebrs wat deur die verskillende faksies opgestuur word om te sien hoe die wind waai - en dalk die windrigting te be\u00efnvloed.&nbsp;","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2019-05-20T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:01:18+00:00","og_image":[{"width":400,"height":225,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/parliament_interior_sabc.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: IS CYRIL BESIG OM TE WEN? FAKTORE IN DIE SAMESTELLING VAN DIE NUWE KABINET","datePublished":"2019-05-20T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:01:18+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/"},"wordCount":1106,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/parliament_interior_sabc.jpg","articleSection":["Nuus","Verklarings"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/","name":"ARTIKEL: IS CYRIL BESIG OM TE WEN? FAKTORE IN DIE SAMESTELLING VAN DIE NUWE KABINET - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/parliament_interior_sabc.jpg","datePublished":"2019-05-20T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:01:18+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/parliament_interior_sabc.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/parliament_interior_sabc.jpg","width":400,"height":225,"caption":"parliament interior sabc"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-is-cyril-besig-om-te-wen-faktore-in-die-samestelling-van-die-nuwe-kabinet\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: IS CYRIL BESIG OM TE WEN? FAKTORE IN DIE SAMESTELLING VAN DIE NUWE KABINET"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1694","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1694"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1694\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7954,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1694\/revisions\/7954"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1091"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1694"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1694"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1694"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}