{"id":1682,"date":"2019-05-06T08:00:00","date_gmt":"2019-05-06T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/"},"modified":"2021-07-20T21:01:42","modified_gmt":"2021-07-20T19:01:42","slug":"artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: WAT DOEN EK IN DIE DAE VOOR DIE SESDE DEMOKRATIESE VERKIESING?"},"content":{"rendered":"<p>Geen Suid-Afrikaner mag die reg om te stem as vanselfsprekend aanvaar of geringskat nie &#8211; voorheen het miljoene Suid-Afrikaners dit nie gehad nie. En vandag nog is daar miljoene in die res van die w\u00eareld wat dit steeds nie het nie.\u00a0\u00a0Om nie te stem nie, is wel \u2018n manier om iets te \u201cs\u00ea\u201d, maar is dit die beste manier? Elke stemgeregtigde Suid-Afrikaner het ook \u2018n verantwoordelikheid om te stem. Om \u2018n beter toekoms vir jou en jou kinders en hulle kinders te help verseker; en om politici n\u00e1 stemdag verantwoordbaar te kan hou.<\/p>\n<p>Lede van minderhede (taal-, kultuur-, demografiese- en godsdienstige minderhede) mag dalk voel dat hulle te min is om \u2018n verskil te maak. Maar die feit bly staan dat as minderhede in groot getalle gaan stem, hulle stemgewig inderwaarheid in verhouding groter word. Dit is omdat juis meerderheidsgroepe tradisioneel n\u00f3g meer onbetrokke is &#8211; soos wat die miljoene jongmense wat nie eers as kiesers geregistreer het nie, bewys. In ons kiesstelsel word geen stem vermors nie &#8211; mits dit gaan na \u2018n party wat bewese steun het (meer as 50 000 stemme landswyd).<\/p>\n<p>Die\u00a0<em>eerste<\/em>\u00a0ding wat mens dus moet doen, is om te<em>\u00a0besluit<\/em>\u00a0om te gaan stem &#8211; en selfs praktiese re\u00eblings te tref oor hoe jy daar gaan kom en hoe laat jy gaan stem. Dit sal dit makliker maak om op 8 Mei by jou besluit te hou.<\/p>\n<p>Die\u00a0<em>tweede<\/em>\u00a0ding is om die besluit te neem oor vir watter party(e) jy gaan stem. Dis nie iets wat mens vir die stemlokaal kan los nie &#8211; daar gaan dit vinnig en die stembrief (of moet mens eerder s\u00ea die stemboekie) met 48 moontlike partye gaan dit onmoontlik maak om dan eers \u2018n verantwoordelike keuse uit te oefen. Elke kieser het twee stemme &#8211; een vir die nasionale regering en een vir die provinsie waarin jy woon. Jy moet vooraf daaroor dink of jy vir twee verskillende partye op provinsiale en nasionale vlak gaan stem, en natuurlik vir watter partye.<\/p>\n<p>Die sielkundige Abraham Maslow het jare gelede \u2018n \u201chi\u00ebragie\u201d van menslike behoeftes ge\u00efdentifiseer. Of mens nou daarmee saamstem of nie, gee dit \u2018n nuttige raamwerk om verskillende menslike behoeftes te onderskei.<\/p>\n<p>Maslow se punt is nie dat sommige behoeftes belangriker as ander is nie, maar dat sommiges eerste benodig word voordat ander vir mense belangrik word. Volgens Maslow is die mees basiese behoefte van alle mense fisiologies van aard: ons het almal eerste kos, water, skuiling, warmte, slaap en vars lug nodig. Tweedens het ons veiligheid of sekuriteit nodig &#8211; persoonlike veiligheid, regsveiligheid, finansi\u00eble veiligheid (in terme van inkomste) en gesondheid. In die derde plek het alle mense liefde en \u2018n gevoel van behoort nodig. Dit sluit in familiebande, vriendskap en gemeenskappe (insluitend taal-, kultuur- en godsdiensgemeenskappe). Vierdens wil mense agting en respek van ander h\u00ea, maar ook \u2018n goeie selfbeeld ontwikkel. Laastens wil mense hulle persoonlike optimale potensiaal bereik, en persoonlike groei en ervarings beleef en najaag.<\/p>\n<p>Wat het dit alles met \u2018n partykeuse te doen?<\/p>\n<p>Suid-Afrikaners het in terme van die Grondwet sekere basiese regte. Dit moet deur die staat (en dus die regering van die dag) beskerm word sodat dit deur elkeen uitgeoefen kan word. Die regstelsel moet, waar daar mededingende regte is, hulle sorgvuldig teen mekaar opweeg en \u2018n billike en gebalanseerde uitspraak gee. Hierdie regte is onteenseglik gekoppel aan elke Suid-Afrikaner se basiese behoeftes. \u2018n Mens kan s\u00ea dat in \u2018n sekere sin, Maslow se behoeftes in die Grondwet regte word &#8211; en mens kan daarom politieke partye se vermo\u00eb en wil om hierdie regte te beskerm en aan my behoeftes te voldoen, as maatstaf vir die keuse van my stem gebruik.<\/p>\n<p>En mens hoor inderwaarheid elke dag van hierdie regte en behoeftes: veiligheid en stabiliteit; \u2018n inkomste, beroep of sosiale toelaag; huisvesting; basiese dienste (wat baie gratis wil h\u00ea) en dienslewering vir jou belasting (water, riool, paaie); \u2018n omgewing vry van korrupsie; goeie gesondheidsdienste; godsdiensvryheid; goeie onderwys (vir sommige in die moedertaal) en taal en kultuuruitoefening.<\/p>\n<p>Die meerderheid Suid-Afrikaners (wat swart en arm is) sal groter klem plaas op\u00a0\u00a0hulle basiese fisiologiese behoeftes: kos, water en blyplek. Daarmee saam sal hulle persoonlike veiligheid, veiligheid van inkomste (soos \u2018n sosiale toelaag) en gesondheidsdienste najaag. En hulle sal vir \u2018n party stem wat hulle glo dit vir hulle kan gee.<\/p>\n<p>Mense met \u2018n middelklas-inkomste &#8211; en wat dus hulle fisologiese en veiligheidsbehoeftes grootliks self kon bevredig &#8211; sal geneig wees om groter klem op sosiale behoeftes te plaas. Dit sluit in gemeenskapsuitlewing, kultuur, godsdiensvryheid en onderwys in die taal van keuse. In Suid-Afrika bestaan hierdie middelklasgroep in \u2018n groot mate (nog) uit minderhede &#8211; in terme van demografie, taal, godsdiens en kultuur. Sulke Suid-Afrikaners sal uiteraard vir partye wil stem wat hierdie sake ook hoog ag.<\/p>\n<p>Natuurlik is hier geen sprake van \u2018n waterdigte skeiding tussen die behoeftes van meerderhede en minderhede nie. Daar is baie arm Suid-Afrikaners wat byvoorbeeld die waarde van goeie onderwys besef en dit as prioriteit stel. Daar is middelklas Suid-Afrikaners wat persoonlike veiligheid of versoening as prioriteit sien. Maar dit is nuttig om hierdie hi\u00ebrargie van behoeftes (en regte) in gedagte te hou wanneer ek besluit vir wie om te stem.<\/p>\n<p>Dit is verder belangrik om (ten minste oorsigtelik) kennis te neem van die 48 partye wat in die verkiesing meeding.<\/p>\n<p>Teen die agtergrond van bogenoemde behoeftes, is dit insiggewend om te sien dat 12 van die 48 partye \u201cAfrican\u201d in hulle naam het. \u2018n Mens moet aanvaar (en dit word deur hulle kandidatelyste bevestig) dat nie een van hulle minderhede se belange voorop stel nie. Daar is \u2018n verdere 11 wat \u201ctransformation\u201d, \u201cAzania\u201d, \u201cRevolutionary\u201d, \u201cPeople\u2019s\u201d en \u201cTraditional Authorities\u201d in hulle naam het. Saam met die EFF en BLF is daar dan 25 van die 48 partye (meer as 50%) wat openlik (en hier en daar ekslusief) vir die belange van die meerderheid, swart Suid-Afrikaners staan. Dis nie verrassend nie en ook nie verkeerd nie &#8211; maar dit noop minderhede om te vra: hoekom moet ek vir hulle stem?<\/p>\n<p>Daar is vier partye wat fokus op plaaslike dienslewering. Daar is drie partye met \u201cChristian\u201d of \u201cRevelation\u201d in hulle naam. Dan is daar \u2018n hele paar partye (sewe) wat volgens hulle kandidaatlyste multikultureel is: hieronder tel \u201cCompatriots of SA\u201d, \u201cCongress of the People\u201d (Cope), die DA, \u201cFree Democrats\u201d, Patricia de Lille se GOOD, die IVP en die \u201cNational Freedom Party\u201d. Daar is drie partye wat duidelik enkel-kwessie partye is: die \u201cCapitalist Party of SA\u201d, \u201cEconomic Emancipation Forum\u201d en die \u201cLand Party\u201d. En ten slotte is daar drie partye wat duidelik vir demografiese minderhede se belange staan: \u201cFront Nasionaal\u201d (wit Afrikaans), \u201cMinority Front\u201d (SA Indi\u00ebrs) en VF+ (Afrikaans).<\/p>\n<p>\u2018n Mense se keuse van waar jou stem heen gaan, hang dus van jou behoefte af.<\/p>\n<p>As jou prim\u00eare behoefte fisiologies gedrewe is, sal jy vir een van die partye stem wat die meerderheid se behoeftes voor opstel. As jou behoeftes meer sosiaal van aard is, mag jy dalk op een van die partye wat multikultureel is en\/of op minderheidsregte fokus, besluit. Maar natuurlik wil mens ook vir \u2018n party stem wat \u2018n basiese behoefte soos elektrisiteit kan voorsien. Die huidige regering se onvermo\u00eb om deur die \u201cgetransformeerde\u201d staatsdiens sekere basiese dienste te lewer en behoeftes te bevredig, word daarom \u2018n groot faktor in die keuse vir wie om te stem. Ongelukkig sien nie alle kiesers dit raak nie en bl\u00fd hulle stem vir herhalende beloftes.<\/p>\n<p>Dieselfde soort redenasie kan ook help om te bepaal waarheen mens se provinsiale stem gaan. As \u2018n sekere party na 8 Mei steeds die provinsie waarin jy woon, regeer, het dit sekere implikasies vir jou onmiddelike omgewing en behoeftes. Wil jy dit verander of is jy relatief tevrede met hoe dit gaan? Of dit mag wees dat jou sosiale behoeftes (soos moedertaalonderrig) nie op provinsiale vlak bepaal word nie, maar op nasionale vlak. Dit mag bepalend wees vir wie jy op daardie vlak stem.<\/p>\n<p>Suid-Afrika se demokrasie is besig om te groei en te ontwikkel. Die feit dat ons op 8 Mei 48 keuses het, is een bewys daarvan. Dit gee aan ons as kiesers groter keuses, maar ook \u2018n groter verantwoordelikheid. \u00d3f jy gaan stem en vir wie jy gaan stem (nasionaal en provinsiaal), gaan vir ten minste vyf jaar vir jou en jou mense gevolge h\u00ea. En dalk langer&#8230;<\/p>\n<p><em>Deur Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting<br \/>\n<\/em>6 Mei 2019<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Aktueel\/verkiesing-2019-besluit-vooraf-vir-wie-jy-wil-stem-20190426\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><strong>*Eers in Afrikaans op Netwerk24 gepubliseer<\/strong><\/a><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/'>WAT DOEN EK IN DIE DAE VOOR DIE SESDE DEMOKRATIESE VERKIESING?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 344.65K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/?wpdmdl=4835&refresh=6a8888e2336391787332834\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-558\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg\" alt=\"sa election foter\" width=\"150\" height=\"100\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg 500w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Dit word algemeen aanvaar dat Suid-Afrikaners, n\u00e1 \u2018n tyd van intense politieke en sosiale woelinge, oor die algemeen ietwat moedeloos, negatief en suf is. Dis nie nodig om verder hierop uit te brei nie &#8211; die daaglikse dosis van die nuutste staatskaping-skandaal en sterftes op die paaie en in vloede is welbekend.<\/p>\n<p>Maar \u2018n algemene verkiesing kom nie elke jaar nie. En met twee dae voor die verkiesing,&nbsp;&nbsp;is die vraag: wat doen mens van nou af tot Woensdag en hoe benader mens die stemlokaal op 8 Mei 2019? En die regte antwoord is nie om te s\u00ea: \u201cniks besonders nie\u201d. Of: \u201cek gaan nie stem nie\u201d of \u201cek weet nie vir wie om te stem nie\u201d.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":558,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1682","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: WAT DOEN EK IN DIE DAE VOOR DIE SESDE DEMOKRATIESE VERKIESING? - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: WAT DOEN EK IN DIE DAE VOOR DIE SESDE DEMOKRATIESE VERKIESING? - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dit word algemeen aanvaar dat Suid-Afrikaners, n\u00e1 \u2018n tyd van intense politieke en sosiale woelinge, oor die algemeen ietwat moedeloos, negatief en suf is. Dis nie nodig om verder hierop uit te brei nie - die daaglikse dosis van die nuutste staatskaping-skandaal en sterftes op die paaie en in vloede is welbekend. Maar \u2018n algemene verkiesing kom nie elke jaar nie. En met twee dae voor die verkiesing,&nbsp;&nbsp;is die vraag: wat doen mens van nou af tot Woensdag en hoe benader mens die stemlokaal op 8 Mei 2019? En die regte antwoord is nie om te s\u00ea: \u201cniks besonders nie\u201d. Of: \u201cek gaan nie stem nie\u201d of \u201cek weet nie vir wie om te stem nie\u201d.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-05-06T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:01:42+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"333\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: WAT DOEN EK IN DIE DAE VOOR DIE SESDE DEMOKRATIESE VERKIESING?\",\"datePublished\":\"2019-05-06T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:01:42+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/\"},\"wordCount\":1417,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/\",\"name\":\"ARTIKEL: WAT DOEN EK IN DIE DAE VOOR DIE SESDE DEMOKRATIESE VERKIESING? - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg\",\"datePublished\":\"2019-05-06T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:01:42+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg\",\"width\":500,\"height\":333,\"caption\":\"sa election foter\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: WAT DOEN EK IN DIE DAE VOOR DIE SESDE DEMOKRATIESE VERKIESING?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: WAT DOEN EK IN DIE DAE VOOR DIE SESDE DEMOKRATIESE VERKIESING? - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: WAT DOEN EK IN DIE DAE VOOR DIE SESDE DEMOKRATIESE VERKIESING? - FW de Klerk Foundation","og_description":"Dit word algemeen aanvaar dat Suid-Afrikaners, n\u00e1 \u2018n tyd van intense politieke en sosiale woelinge, oor die algemeen ietwat moedeloos, negatief en suf is. Dis nie nodig om verder hierop uit te brei nie - die daaglikse dosis van die nuutste staatskaping-skandaal en sterftes op die paaie en in vloede is welbekend. Maar \u2018n algemene verkiesing kom nie elke jaar nie. En met twee dae voor die verkiesing,&nbsp;&nbsp;is die vraag: wat doen mens van nou af tot Woensdag en hoe benader mens die stemlokaal op 8 Mei 2019? En die regte antwoord is nie om te s\u00ea: \u201cniks besonders nie\u201d. Of: \u201cek gaan nie stem nie\u201d of \u201cek weet nie vir wie om te stem nie\u201d.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2019-05-06T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:01:42+00:00","og_image":[{"width":500,"height":333,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"7 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: WAT DOEN EK IN DIE DAE VOOR DIE SESDE DEMOKRATIESE VERKIESING?","datePublished":"2019-05-06T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:01:42+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/"},"wordCount":1417,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/","name":"ARTIKEL: WAT DOEN EK IN DIE DAE VOOR DIE SESDE DEMOKRATIESE VERKIESING? - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg","datePublished":"2019-05-06T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:01:42+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/sa-election-foter.jpg","width":500,"height":333,"caption":"sa election foter"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-doen-ek-in-die-dae-voor-die-sesde-demokratiese-verkiesing\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: WAT DOEN EK IN DIE DAE VOOR DIE SESDE DEMOKRATIESE VERKIESING?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1682","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1682"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1682\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7956,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1682\/revisions\/7956"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/558"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1682"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1682"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1682"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}