{"id":1673,"date":"2019-04-09T08:00:00","date_gmt":"2019-04-09T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/"},"modified":"2021-07-20T21:02:19","modified_gmt":"2021-07-20T19:02:19","slug":"artikel-meer-partye-beter-demokrasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: MEER PARTYE, BETER DEMOKRASIE?"},"content":{"rendered":"<p>Die feit is dat kiesers in die komende verkiesing \u2018n baie groter keuse van partye gaan h\u00ea om uit te kies as ooit tevore in Suid-Afrika se demokratiese bestel. Dit is trouens s\u00f2 groot dat dit sommige kiesers waarskynlik deurmekaar gaan maak. Die stembrief sal waarskynlik uit meer as drie bladsye bestaan. Baie kiesers sou nog nooit van die meerderheid van die partye gehoor het nie. Watter gemiddelde kieser sou al van die \u201cAfrican Security Congress\u201d of die \u201cCompatriots of South Africa\u201d of \u201cInternational Revelation Congress\u201d of \u201cWoman Forward\u201d gehoor het? Die kleiner partye kry ook nie die blootstelling in die media wat die groter partye kry nie. En dan is daar twee stemme wat uitgebring moet word: een nasionaal en een provinsiaal. Hoe maak mens daardie keuses?<\/p>\n<p>Die meeste kiesers sal hopelik voordat hulle die stemlokaal binnegaan, weet vir wie hulle wil stem. Die minderheid sal op die laaste oomblik \u2018n besluit neem, dalk gebaseer op die naam van die party of \u2018n woord in die partynaam wat goed klink.<\/p>\n<p>\u2018n Argument wat dikwels van die groter partye gehoor word, is dat kiesers hulle stemme \u201cmors\u201d deur vir \u2018n kleiner party te stem. Die antwoord hierop is \u2018n groot \u201cNee\u201d en \u2018n klein \u201cJa\u201d. In die proporsionele kiesstelsel wat ons sedert 1994 het, tel elke stem, omdat \u2018n party se verteenwoordiging in die nasionale Parlement en provinsiale wetgewers bepaal word deur die aantal stemme wat dit gekry het &#8211; en elkeen van daardie stemme \u201ctel\u201d dus. In die 2014 verkiesing het die APC (African People\u2019s Convention) met 30 676 stemme een setel gekry, en die party n\u00e1 hulle (Al-Jama-Ah) met 25 976 stemme, geen setel nie. Indien 5 000 mense meer vir Al-Jama-Ah gestem het, het hulle een setel gehad en die APC was nie in die Parlement nie. Hierdie stemme was inderdaad nie gemors nie. \u2018n Tweede deel van die \u201cNee\u201d handel daaroor dat selfs klein partye in ons huidige politieke bestel besig is om \u2018n belangrike rol in koalisiepolitiek te begin speel. Hulle is soms \u201ckoningmakers\u201d in plaaslike regerings, en kan die senior vennoot in koalisies dikwels positief be\u00efnvloed. \u2018n Stem vir \u2018n kleiner party is dus nie gemors nie.<\/p>\n<p>Die \u201cja\u201d op die vraag hierbo kan soos volg verklaar word. As \u2018n mens na die komende verkiesing kyk, is daar 35.9 miljoen Suid-Afrikaners wat stemgeregtig is. Hiervan het 26.7 miljoen as kiesers geregistreer, en sal dus kan gaan stem. In 2009 was die stempersentasie 77.3% en in 2014 laer op 73%. As \u2018n mens dus die dalende tendens volg en werk op \u2018n stempersentasie van 70% vir 2019, sal 18.7m kiesers gaan stem. Op grond van die OVK se formules sal \u2018n party dan ongeveer 45 000 stemme nodig h\u00ea om een setel in die Parlement te kry. Indien die stempersentasie net 60% is, daal hierdie aantal stemme na 40 000. Maar in die 2014 verkiesing, waar 29 partye meegeding het, het die meerderheid van die partye (16) nie genoeg stemme gekry om \u2018n enkele setel te kry nie. \u2018n Mens sou dus kon argumenteer dat die stemme vir daardie kleiner partye inderdaad \u201cgemors\u201d was. Aan die ander kant was die aantal \u201cgemorste\u201d stemme s\u00f2 \u2018n klein deel van die groottotaal (178 060, en minder as 1%) dat dit nie regtig een van die groter partye soos die ANC, DA of EFF kon baat nie. Maar dit was wel ietwat meer as die aantal stemme wat die sewende grootste party, die VF+ (met 165 715 stemme), getrek het.<\/p>\n<p>Die punt wat kiesers wat wonder waar om te stem, dus moet onthou, is dat as jy vir \u2018n kleiner party wil stem, dit belangrik is dat jy seker is dat daardie party ten minste 45 000 stemme landwyd gaan kry &#8211; en dat jou stem dus help om \u2018n party in die Parlement te sit. En hier is die historiese rekord van \u2018n party belangrik. As \u2018n party in die laaste drie verkiesings nooit meer as 30 000 stemme landwyd kon trek nie, is dit twyfelagtig of s\u00f2 \u2018n party dit in 2019 gaan regkry. Kies dus die kleiner party waarvoor jy voel jy wil stem, baie versigtig.<\/p>\n<p>Kan meer politieke partye in die verkiesing dus ons demokrasie verbeter? Die rede vir soveel meer nuwe partye is hoofsaaklik \u2018n ontevredenheid met die huidige situasie in die land en die regerende party se rol daarin. Hier en daar word nuwe partye gedryf deur persoonlikhede wat met hulle vorige partye gebots en toe weggebreek het &#8211; Patricia de Lille se GOOD is \u2018n goeie voorbeeld hiervan. In ander gevalle is nuwe partye plaaslike groepe of groepe met \u2018n eendimensionele agenda, soos die omgewing of vroueregte. Wat ook al die oorsake, moet meer partye verwelkom word en kan dit ons demokrasie verdiep. Indien die kleiner partye (uitgesluit die ANC, die DA en die EFF) saam byvoorbeeld beter kan doen as die 8.3% wat hulle in die 2014 verkiesing gekry het, en hulle, s\u00ea 15% kan kry, sal dit die groter partye se stempersentasie verklein en hulle s\u00f2 op hulle tone hou. En uiteindelik is 48 politieke partye wat aan \u2018n nasionale verkiesing deelneem, eindeloos beter as sommige ontwikkelende lande met een-party demokrasie\u00eb waar mens eintlik net vir of teen een presidentskandidaat kan stem. Die 2019 verkiesing is dus \u2018n verdere voorwaartse stap om Suid-Afrika se relatief jong konstitusionele demokrasie te verbeter en te verdiep.<\/p>\n<p><em>Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting<\/em><br \/>\n9 April 2019<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Aktueel\/is-meer-partye-beter-vir-demokrasie-20190405\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">*Eers op Netwerk24 gepubliseer<\/a><\/strong><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/meer-partye-beter-demokrasie\/'>MEER PARTYE, BETER DEMOKRASIE?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 335.14K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/meer-partye-beter-demokrasie\/?wpdmdl=4825&refresh=6a88651b746e61787323675\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1670\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/IEC-LOGO_opt.jpg\" alt=\"IEC LOGO opt\" width=\"150\" height=\"108\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/IEC-LOGO_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/IEC-LOGO_opt-300x215.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het onlangs aangekondig dat 48 partye die nasionale verkiesing op 8 Mei gaan betwis. Dit is meer as die 29 wat in 2014 aan die nasionale verkiesing deelgeneem het &#8211; \u2018n toename van 65%! Gaan groter deelname egter vir Suid-Afrika \u2018n beter demokrasie gee?<\/p>\n<p>Die verstommende feit is dat volgens die OVK se webwerf daar op nasionale vlak 312 partye geregistreer is, en op provinsiale vlak 294. Die getal partye op nasionale vlak het as gevolg van twee faktore tot 48 gekrimp. Die eerste is die keuringsproses van die OVK self wat 118 partye deregistreer het en 29 se aansoeke verwerp het. Die tweede faktor is dat sommige partye (117) nie die registrasiegeld om aan die verkiesing deel te neem, betaal het nie.&nbsp;&nbsp;Hierdie koste is taamlik hoog &#8211; R200 000 om op nasionale vlak deel te neem, en dan R45 000 per provinsie. \u2018n Party wat op nasionale vlak en in \u00e1l die provinsies wil deelneem, sal dus R605 000 moet opdok. Vir \u2018n kleiner party is dit nie \u2018n maklike taak nie om s\u00f2 \u2018n bedrag bymekaar te kry nie.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1670,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1673","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: MEER PARTYE, BETER DEMOKRASIE? - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: MEER PARTYE, BETER DEMOKRASIE? - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het onlangs aangekondig dat 48 partye die nasionale verkiesing op 8 Mei gaan betwis. Dit is meer as die 29 wat in 2014 aan die nasionale verkiesing deelgeneem het - \u2018n toename van 65%! Gaan groter deelname egter vir Suid-Afrika \u2018n beter demokrasie gee? Die verstommende feit is dat volgens die OVK se webwerf daar op nasionale vlak 312 partye geregistreer is, en op provinsiale vlak 294. Die getal partye op nasionale vlak het as gevolg van twee faktore tot 48 gekrimp. Die eerste is die keuringsproses van die OVK self wat 118 partye deregistreer het en 29 se aansoeke verwerp het. Die tweede faktor is dat sommige partye (117) nie die registrasiegeld om aan die verkiesing deel te neem, betaal het nie.&nbsp;&nbsp;Hierdie koste is taamlik hoog - R200 000 om op nasionale vlak deel te neem, en dan R45 000 per provinsie. \u2018n Party wat op nasionale vlak en in \u00e1l die provinsies wil deelneem, sal dus R605 000 moet opdok. Vir \u2018n kleiner party is dit nie \u2018n maklike taak nie om s\u00f2 \u2018n bedrag bymekaar te kry nie.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-04-09T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:02:19+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/IEC-LOGO_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"287\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: MEER PARTYE, BETER DEMOKRASIE?\",\"datePublished\":\"2019-04-09T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:02:19+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/\"},\"wordCount\":879,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/IEC-LOGO_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/\",\"name\":\"ARTIKEL: MEER PARTYE, BETER DEMOKRASIE? - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/IEC-LOGO_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2019-04-09T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:02:19+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/IEC-LOGO_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/IEC-LOGO_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":287,\"caption\":\"IEC LOGO opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: MEER PARTYE, BETER DEMOKRASIE?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: MEER PARTYE, BETER DEMOKRASIE? - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: MEER PARTYE, BETER DEMOKRASIE? - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het onlangs aangekondig dat 48 partye die nasionale verkiesing op 8 Mei gaan betwis. Dit is meer as die 29 wat in 2014 aan die nasionale verkiesing deelgeneem het - \u2018n toename van 65%! Gaan groter deelname egter vir Suid-Afrika \u2018n beter demokrasie gee? Die verstommende feit is dat volgens die OVK se webwerf daar op nasionale vlak 312 partye geregistreer is, en op provinsiale vlak 294. Die getal partye op nasionale vlak het as gevolg van twee faktore tot 48 gekrimp. Die eerste is die keuringsproses van die OVK self wat 118 partye deregistreer het en 29 se aansoeke verwerp het. Die tweede faktor is dat sommige partye (117) nie die registrasiegeld om aan die verkiesing deel te neem, betaal het nie.&nbsp;&nbsp;Hierdie koste is taamlik hoog - R200 000 om op nasionale vlak deel te neem, en dan R45 000 per provinsie. \u2018n Party wat op nasionale vlak en in \u00e1l die provinsies wil deelneem, sal dus R605 000 moet opdok. Vir \u2018n kleiner party is dit nie \u2018n maklike taak nie om s\u00f2 \u2018n bedrag bymekaar te kry nie.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2019-04-09T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:02:19+00:00","og_image":[{"width":400,"height":287,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/IEC-LOGO_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"4 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: MEER PARTYE, BETER DEMOKRASIE?","datePublished":"2019-04-09T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:02:19+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/"},"wordCount":879,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/IEC-LOGO_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/","name":"ARTIKEL: MEER PARTYE, BETER DEMOKRASIE? - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/IEC-LOGO_opt.jpg","datePublished":"2019-04-09T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:02:19+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/IEC-LOGO_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/IEC-LOGO_opt.jpg","width":400,"height":287,"caption":"IEC LOGO opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-meer-partye-beter-demokrasie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: MEER PARTYE, BETER DEMOKRASIE?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1673","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1673"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1673\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7959,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1673\/revisions\/7959"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1670"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1673"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1673"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1673"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}