{"id":1666,"date":"2019-03-22T08:00:00","date_gmt":"2019-03-22T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/"},"modified":"2021-07-20T21:03:00","modified_gmt":"2021-07-20T19:03:00","slug":"artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: DIE ANC SE PARTYLYS EN SCENARIO\u2019S VIR MEI 2019 EN 2025"},"content":{"rendered":"<p>Alhoewel dit moreel en op baie ander vlakke onaanvaarbaar is dat \u201cstaatskapers\u201d, leuenaars en omkoopbares op die ANC se lys is, is dit nie die volle verhaal nie. Bathabile Dlamini, Malusi Gigaba, Nomvula Mokonyane en ander twyfelagtiges is daar omdat die ANC steeds verdeeld is en omdat hulle en die res van hulle Zupta-groep, steun aan die ANC by die stembus sal bring. Dit is steun waarsonder die ANC glo dat hy nie die verkiesing sal kan wen nie. Kleinere geeste met \u2018n misdaadgeskiedenis is wel van die lys afgehaal.<\/p>\n<p>Om te weet wat n\u00e1 die Mei-verkiesing kan gebeur, moet mens na die volle samestelling van die lys kyk. En alhoewel hierdie ontledings nog aan die gang is, kan sekere afleidings reeds gemaak word. Daar is vyf provinsies waar die Ramaphosa-groep waarskynlik die meerderheid op die lyste het\u00a0\u00a0&#8211; Limpopo, Gauteng, Oos-Kaap, Noord-Kaap en Wes-Kaap. Daar is een provinsie waar die Zuptas nog duidelik baas is en dis die Vrystaat (met die bedenklike Ace Magashule aan die spits). Die ander drie provinsies (KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Noordwes) is \u00f3f 50-50, \u00f2f te moeilik om te beoordeel. Selfs as mens die provinsies uitlaat wat min kiesers het of waar die ANC nie groot verteenwoordiging het nie (soos die Noord-Kaap en die Wes-Kaap), lyk dit dus asof die Ramaphosa-kant in beheer van \u2018n meerderheid van die provinsies is en dat dit hom waarskynlik \u2018n meerderheid in die koukus sal gee. Die feit dat die Zupta-groep hierbo genoem, in die lys ingesluit is, dui dus meer daarop dat die ANC terwille van eenheid in die party en stemme by die stembus, nie baie sterk druk op hierdie twyfelagtiges kon en wou plaas nie.<\/p>\n<p>Daar is, teen hierdie agtergrond, drie scenario\u2019s wat hulle na 8 Mei kan afspeel.<\/p>\n<p>Die eerste is dat die ANC met Ramaphosa aan die spits die verkiesing wen (55-58%) en dat hy onmiddellik sy kabinet saamstel sonder enige Zupta\u2019s daarin. Hy bestuur die verdeeldheid in die ANC goed, kry die steun van die koukus en die NUK\u00a0\u00a0en begin stadig maar seker die stryd teen korrupsie en staatskaping verskerp. Dit laat die Rand versterk en die Johannesburgse effektebeurs styg. Teen die einde van 2019 begin plaaslike en buitelandse beleggings toeneem en alhoewel die groeikoers vir 2019 nog onder 2% is, is \u2018n 3% groeikoers in 2020 moontlik. Dis die optimale scenario, met \u2018n 60% waarskynlikheid.<\/p>\n<p>Die tweede scenario is een waarin Ramaphosa steeds die ANC help om die verkiesing te wen, maar waarin hy nie die steun van die hele koukus het nie en die Zuptagroep sterk genoeg bly om enige veranderinge wat hy wil aanbring te rysmier of te verswak. Die Zuptas laat hom dus toe om aan bewind te bly, mooi woorde oor die land en die ekonomie te praat, die ekonomie \u2018n bietjie te laat groei, maar waarin hulle eintlik ongesteurd kan voortgaan met hulle skelmstreke. En Ramapahosa, met die swaard van \u2018n Nasionale Algemene Raadsvergadering en herontplooiing oor sy kop, kan nie veel daaraan doen nie. Hierdie scenario sal nie in die openbaar aangekondig word nie, maar mens sal dit aan die optrede (of soms nie-optrede) van Ramaphosa kan sien. Hierdie is die tweede swakste scenario met \u2018n 30% kans.<\/p>\n<p>\u2018n Derde en swakste scenario &#8211; met slegs \u2018n 10% kans &#8211; is waar die Zuptas vinnig na die verkiesing (of by die Nasionale Algemene Raad wat vir middel 2020 beplan word) vir Cyril Ramaphosa \u201cherontplooi\u201d en dus met \u2018n ander president vir die ANC en die land vervang. Wie hierdie president kan wees, is moeilik om nou al te s\u00ea. David Mabuza het waarskynlik sy kanse by die Zuptas verspeel, omdat hy direk daarvoor verantwoordelik was dat Ramaphosa in Desember 2017 as president van die ANC verkies is. Mev Zuma mag \u2018n moontlikheid wees, maar sy het o\u00ebnskynlik haar volle gewig agter Ramaphosa ingegooi. Afhangende van die intensiteit van die interne stryd in die ANC kan dit selfs Ace Magashule of Supra Mahumapelo wees. Maar dis duidelik \u2018n katastrofale scenario, want dit gaan die land vinnig na die afgrond neem. Dit gaan ook daarvoor sorg dat baie grondwetlike beginsels in die grond geboor gaan word.<\/p>\n<p>Al drie hierdie scenario\u2019s het dit in gemeen dat dit afhang van wat met die interne stryd in die ANC gebeur. As Ramaphosa suksesvol is om die Zuptas eers hok te slaan en dan uit sy kabinet te verwyder, kan dit goed gaan. Indien nie, l\u00ea dieselfde of erger moeilikheid vir die land voor.<\/p>\n<p>Maar wat gaan in die volgende vyf tot 10 jaar gebeur? Ook hier is daar basies drie scenario\u2019s, almal met die uitgangspunt van Ramaphosa se sukses al dan nie.<\/p>\n<p>Scenario A is die een waar Ramaphosa twee termyne as president dien. Dit beteken dat hy na die Mei-verkiesing die Zuptas suksesvol isoleer, sy \u201ceie\u201d kabinet saamstel en volstoom voortgaan met die stryd teen staatskaping en korrupsie. Hy keer terug na die Grondwet en begin om die Nasionale Ontwikkelingsplan in wetgewing om te sit en toe te pas. Hy kry dit reg om met die volle steun van die ANC parlement\u00eare koukus en die NUK ekonomiese hervorminge deur te voer, beleggings te lok en die ekonomie stadig maar seker te laat groei. Dit veroorsaak dat hy in 2022 by die ANC se verkiesingskonferensie herverkies word as president van die ANC en aanbly as president van die land n\u00e1 die 2024 algemene verkiesing. Terselfdertyd verkies die ANC \u2018n nuwe adjunk-president in die plek van David Mabuza. Ramaphosa word eers in 2027 by die ANC se verkiesingskonferesie as president vervang deur \u2018n jonger kandidaat. Hierdie scenario is die mees optimale een vir konstitusionaliste.<\/p>\n<p>Scenario B kom daarop neer dat Ramaphosa slegs een termyn as president dien en reeds by die 2022 verkiesingskonferensie as president van die ANC vervang word. Dit word veroorsaak deur die feit dat die parlement\u00eare koukus en die NUK van die ANC verdeeld bly, met die Zuptas wat om elke hoek en draai \u2018n stokkie voor Ramaphosa se hervormings steek en basies sy presidentskap rysmier. Hierdie interne struwelinge in die ANC veroorsaak dat die ekonomie voortsukkel en dat druk op Ramaphosa al groter word. Op aandrang van Zupta afvalliges word sy kop al meer binne die ANC ge\u00ebis en hy oorleef nie die verkiesingskonferensie van 2022 nie. \u2018n Nuwe top-ses word verkies en weerspie\u00ebl die verdeelde ANC, maar met \u2018n terugkeer van \u2018n jonger Zuptakandidaat soos Malusi Gigaba, of selfs Ace Magashule en Supra Mahumapelo. David Mabuza maak dit nie. Hierdie scenario is \u2018n voortgang van wat ons die afgelope klompie jare beleef het, maar met \u2018n sterker afwaarste kurwe, veral na 2022 &#8211; en daarom die mees negatiewe.<\/p>\n<p>Scenario C is dieselfde as die bogenoemde waar Ramaphosa slegs een termyn dien, maar as gevolg van interne struwelinge in die ANC vernietig die party homself al meer en word dit in 2024 deur \u2018n koalisie van opposisiepartye uit die kussings gelig. Hierdie scenario maak dit waarskynlik dat die ANC n\u00e1 die verkiesingskonferensie van 2022 kan skeur en dat die konstitusionaliste wegbreek en hulle by die opposisiekoalisie voeg. Van die groot redes vir kiesers om van die ANC weg te draai is die verswakkende ekonomie, nog swakker dienslewering en voortgaande korrupsie. Hierdie scenario veronderstel dat die DA, die EFF en ander opposisiepartye die verswakkende situasie in die land gebruik om groter steun onder die bre\u00ebr bevolking te werf. Die koalisieregering van 2024 skep groter politieke onstabiliteit, maar die ekonomie herstel stadig maar seker. Hierdie scenario is op die kort-termyn nie optimaal nie, maar kan na 2025 tot positief herstel.<\/p>\n<p>Bogenoemde twee stelle scenario\u2019s bring twee sake duidelik na vore: die belangrikste stryd wat in die land voorl\u00ea, is nie die verkiesingstryd nie, maar die interne stryd in die ANC tussen die Ramaphosa-konstitusionaliste en die Zupta-mafia. Daardie stryd speel agter die skerms af, en gewone Suid-Afrikaners sien slegs hier en daar (soos met die parlement\u00eare lys) iets daarvan. Tweedens moet kiesers wat tradisioneel nie die ANC ondersteun het nie, weet dat daar nie in die Suid-Afrikaanse demokrasie so iets is as om vir \u2018n indiwiduele partyleier te stem nie. Jy stem vir \u2018n party, met al sy probleme en interne struwelinge &#8211; en jy het geen beheer oor waar daardie party heen gaan nie. En alle Suid-Afrikaners moet weet dat die stryd tussen konstitutionaliste en kleptokrate nie met \u2018n ANC-oorwinning by die stembus verby is nie.<\/p>\n<p><em>Deur Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting<\/em><br \/>\n22 Maart 2019<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Menings\/cyril-vs-die-zupta-mafia-20190320\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">*Eers op Netwerk24 in Afrikaans gepubliseer<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: left;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/'>DIE ANC SE PARTYLYS EN SCENARIO\u2019S VIR MEI 2019 EN 2025<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 350.92K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/?wpdmdl=4821&refresh=6a88945d8c51d1787335773\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><span style=\"font-size: 10pt; color: #000000;\"><br \/>\n<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1590\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg\" alt=\"TE HEADSHOT opt\" width=\"150\" height=\"120\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt-300x240.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Die ANC het onlangs die lys van sy lede wat n\u00e1 die Mei-verkiesing Parlement-toe sal gaan, gepubliseer. Hierdie mense sal die ANC-koukus in die parlement vorm, hulle moet president Ramaphosa steun in sy planne om die regering en die ekonomie op \u2018n vaste voet te plaas. As mens dieper kyk en dink, is die samestelling van hierdie lys amper belangriker as die stempersentasie van tussen 55% en 58% wat die ANC in die algemene verkiesing gaan kry. Die samestelling van hierdie lys is die mees onlangse barometer van hoe sake in die stryd tussen die konstitusionaliste aan die Ramaphosa-kant en die kleptokrate aan die Zupta-kant staan.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1590,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1666","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: DIE ANC SE PARTYLYS EN SCENARIO\u2019S VIR MEI 2019 EN 2025 - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: DIE ANC SE PARTYLYS EN SCENARIO\u2019S VIR MEI 2019 EN 2025 - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die ANC het onlangs die lys van sy lede wat n\u00e1 die Mei-verkiesing Parlement-toe sal gaan, gepubliseer. Hierdie mense sal die ANC-koukus in die parlement vorm, hulle moet president Ramaphosa steun in sy planne om die regering en die ekonomie op \u2018n vaste voet te plaas. As mens dieper kyk en dink, is die samestelling van hierdie lys amper belangriker as die stempersentasie van tussen 55% en 58% wat die ANC in die algemene verkiesing gaan kry. Die samestelling van hierdie lys is die mees onlangse barometer van hoe sake in die stryd tussen die konstitusionaliste aan die Ramaphosa-kant en die kleptokrate aan die Zupta-kant staan.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-03-22T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:03:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"320\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: DIE ANC SE PARTYLYS EN SCENARIO\u2019S VIR MEI 2019 EN 2025\",\"datePublished\":\"2019-03-22T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:03:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/\"},\"wordCount\":1407,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/\",\"name\":\"ARTIKEL: DIE ANC SE PARTYLYS EN SCENARIO\u2019S VIR MEI 2019 EN 2025 - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2019-03-22T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:03:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":320,\"caption\":\"TE HEADSHOT opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: DIE ANC SE PARTYLYS EN SCENARIO\u2019S VIR MEI 2019 EN 2025\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: DIE ANC SE PARTYLYS EN SCENARIO\u2019S VIR MEI 2019 EN 2025 - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: DIE ANC SE PARTYLYS EN SCENARIO\u2019S VIR MEI 2019 EN 2025 - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die ANC het onlangs die lys van sy lede wat n\u00e1 die Mei-verkiesing Parlement-toe sal gaan, gepubliseer. Hierdie mense sal die ANC-koukus in die parlement vorm, hulle moet president Ramaphosa steun in sy planne om die regering en die ekonomie op \u2018n vaste voet te plaas. As mens dieper kyk en dink, is die samestelling van hierdie lys amper belangriker as die stempersentasie van tussen 55% en 58% wat die ANC in die algemene verkiesing gaan kry. Die samestelling van hierdie lys is die mees onlangse barometer van hoe sake in die stryd tussen die konstitusionaliste aan die Ramaphosa-kant en die kleptokrate aan die Zupta-kant staan.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2019-03-22T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:03:00+00:00","og_image":[{"width":400,"height":320,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"7 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: DIE ANC SE PARTYLYS EN SCENARIO\u2019S VIR MEI 2019 EN 2025","datePublished":"2019-03-22T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:03:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/"},"wordCount":1407,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/","name":"ARTIKEL: DIE ANC SE PARTYLYS EN SCENARIO\u2019S VIR MEI 2019 EN 2025 - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg","datePublished":"2019-03-22T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:03:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg","width":400,"height":320,"caption":"TE HEADSHOT opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-partylys-en-scenario-s-vir-mei-2019-en-2025\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: DIE ANC SE PARTYLYS EN SCENARIO\u2019S VIR MEI 2019 EN 2025"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1666","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1666"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1666\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7962,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1666\/revisions\/7962"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1590"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1666"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1666"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1666"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}