{"id":1661,"date":"2019-02-27T08:00:00","date_gmt":"2019-02-27T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/"},"modified":"2021-07-20T21:07:48","modified_gmt":"2021-07-20T19:07:48","slug":"artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: DIE ANC-REGERING SPEEL DIE TRANSFORMASIEVIOOL TERWYL ESKOM EN SUID-AFRIKA SE LIGTE NIE BRAND NIE&#8230;"},"content":{"rendered":"<p>Minister Gordhan s\u00ea goeie wit \u00e9n swart werknemers en bestuurders is deur staatskapers uit Eskom gedwing omdat hulle nie meer in daardie toksiese omgewing wou werk nie. Van hulle is landuit, omdat hulle kundigheid op ander plekke in die w\u00eareld in ho\u00eb aanvraag is. Dis waar, maar staatskaping is nie grondprobleem van Eskom se bestuur en funksionering nie. Eskom sukkel al meer as die \u201cverlore nege jare\u201d&#8230;<\/p>\n<p>Of dit nou Eskom, Life Esidimeni, gebrek aan grondhervorming, bankrot munisipaliteite of besoedeling in die Vaalrivier is, is die antwoord op die vraag hoekom dit gebeur het altyd: \u201cons het \u2018n gebrek aan kapasiteit\u201d. Anders ges\u00ea: \u201cons het nie die mense om die werk te doen en dit reg te doen nie\u201d.<\/p>\n<p>As mens dan die verdere vraag vra, naamlik hoekom het julle nie kapasiteit nie, is die antwoord \u00f2f ontwykend of hoogstens dat dit die gevolg van \u201cstaatskaping en korrupsie\u201d is. Soms word Zuma se kaderontplooiing ook hierby gevoeg.\u00a0\u00a0Maar Eskom se probleme het nie ses of sewe jaar gelede begin nie; net so min as wat die talle wanfunksionele munisipaliteite (70% s\u00ea party) oor staatskaping van die Zuptas in die toestand is waarin hulle is.<\/p>\n<p>As gesoek word na die oorsake van \u2018n \u201cgebrek aan kapasiteit\u201d, word rassetransformasie, soos toegepas in regstellende aksie, gelyke indiensneming (wat die afgelope tyd al meer \u2018n perfekte oksimoron word) en Swart Ekonomiese Bemagtiging gerieflikheidshalwe vergeet. Dis wel bekend dat Eskom al jare spog dat hy di\u00e9 voorloper is met rassetransformasie &#8211; dit is dus nie net die Zuptas wat Eskom op sy knie\u00eb gedwing het nie. Dis ook die talle onbekwames wat oor die afgelope twintig jaar aangestel is. Nie dat daar nie goeie en bekwame swart mense aangestel is nie, maar hulle was en is duidelik in die minderheid; en die meeste van hulle is as gevolg van staatskaping en \u2018n wanfunksionele sisteem weg. Dieselfde is waar van talle munisipaliteite.<\/p>\n<p>Die feit dat Eskom self &#8211; onder druk van die Departement van Arbeid &#8211; steeds volhou met planne dat wit ingenieurs nog verder verminder gaan word, lyk die prentjie na die\u00a0ANC-regering wat die transformasieviool speel terwyl Eskom en Suid-Afrika se ligte\u00a0niebrand nie!<\/p>\n<p>Nee, kom ons sien die olifant in die kamer raak. Of liewer, kom ons erken openlik daar is \u2018n ander olifant in die kamer as staatskaping. Dis die olifant van sleg toegepaste regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging. Dis die olifant wat gevoed word deur die ANC-regering se obsessie met ras, en die ideologie van rassetransformasie. Dis die olifant wat \u2018n dieet van 80:9:9:2 gevoed word &#8211; alle staatsinstellings (en al hoe meer privaatsektorinstellings ook), moet in geheel en in elke klein onderafdeling, die nasionale rassedemografie van 80% Afrikane, 9% wit mense, 9% bruin mense en 2% Indi\u00ebr weerspie\u00ebl. En dit geld of daar nou kapasiteit is of nie. En die voer van die olifant word vererger deur die klaaglike mislukking van die land se onderwys- en opleidingstelsel. Daar kom gewoon nie genoeg goed gekwalifiseerde swart Suid-Afrikaners deur om al die poste te vul nie.<\/p>\n<p>In dieselfde\u00a0<em>Rapport<\/em> word Senzo Mchunu, \u2018n Ramaphosa-vertroueling aangehaal: \u201cOns sal dit berou dat ons sommige van ons swart bestuurders as mense van uitstaande gehalte bestempel het. Wat in die meeste semistaatsinstellings gebeur het, is dat di\u00e9 mense wat ons vertrou het, inderdaad swart bestuurders was, maar hulle was nutteloos. Hulle was uitstekend in mislukking en diefstal\u201d. Harde woorde, maar uiteindelik iemand van binne die kraal wat die rasbeheptheid van die ANC regering ontmasker.<\/p>\n<p>Daarby werk die 80:9:9:2 formule soos \u2018n kwotastelsel: daar is hofuitsprake wat dit bevestig en Eskom se planne bewys dit ook. Die kwota van 9% moet bereik word, en daarom moet daar teen wil en dank van wit mense ontslae geraak word teen Maart 2020 &#8211; selfs al veroorsaak die gebrek aan bestuur, onderhoud en tegniese kennis dat Eskom die hele land en ekonomie in groot moeilikheid het. Rassetransformasie kom eerste!<\/p>\n<p>Die stelsel s\u00ea: as jy nie \u2018n swart persoon kry nie (of jy kry dit nie oor jou gesonde verstand om \u2018n onbekwame of totaal onervare persoon aan te stel nie), laat die pos dan vakant&#8230; of stel maar \u2018n ongeskikte en onbekwame een aan, dit gaan mos eintlik oor die regstelling eerder as die effektiewe werkverrigting en dienslewering.<\/p>\n<p>Die berugte Renate Barnard-uitspraak van 2014 het, ten spyte van \u2018n hoogs twyfelagtige uitkoms, het tog \u2018n paar interessante waarskuwings oor regstellende aksie bevat:<\/p>\n<ul>\n<li><em>Regstellende maatre\u00ebls is in terme van die grondwet nie \u2018n doel opsigself nie<\/em>. Maar dis duidelik wat by Eskom, talle munisipaliteite en groot dele van die staatsdiens gebeur. En daar is tot dusver geen sperdatum daarvoor nie. Soos wat minderhede \u2018n kleiner persentasie van die bevolking raak, sal hulle aanhoudend uit die staatsdiens en die korporatiewe sektor gedruk word.<\/li>\n<li><em>Sulke maatre\u00ebls mag nie strafmaatre\u00ebls wees of vergeldend wees nie<\/em>; vertel dit vir die mense wat voor Maart 2020 by Eskom uit diens gestel gaan word &#8211; ongeag hulle bekwaamheid en ervaring.<\/li>\n<li><em>Sulke maatre\u00ebls moet s\u00f3 ge\u00efmplementeer word dat dit mense wat in die verlede diskriminasie ervaar het, bevorder<\/em>.\u00a0Maar benadeling is nie meer die maatstaf nie, maar ras (want talle aanstellings was meer bevoorreg as die meeste van hulle rasgenote).<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die volgende een is \u2018n juweel:\u00a0<em>Die vereiste is dat die bevoordeeldes van regstellende aksie opgewasse vir hulle taak moet wees. Hulle moet toepaslik gekwalifiseerd wees sodat \u201cdoeltreffendheid en bevoegdheid nie op die altaar van regstellende aksie geoffer word nie\u201d<\/em>.\u00a0En dit is presies wat in byna die hele staatsdiens gebeur het. Eskom, wat jare lank as di\u00e9 trotse voorbeeld van rassetransformasie voorgehou is, het hulle doeltreffendheid en bevoegdheid op die altaar van rassetransformasie geoffer. Staatskaping het dit nie begin nie, maar net kom erger maak.<\/p>\n<p>Natuurlik moet ons as \u2018n land en nasie nou saamstaan om Eskom en ander staatsinstellings (insluitende wanfunksionele munisipaliteite) te help red. Solidariteit se kennisbank is \u2018n uitstekende idee.<\/p>\n<p>Maar die vraag moet gevra word: is dit nie tyd om regstellende aksie, gelyke indiensneming en swart ekonomiese bemagtiging in hulle rassegewade te stop nie? Kan die doeltreffendheid van die staat sulke rasbehepte en futiele maatre\u00ebls bekostig? Kan ons land bekostig om kundige mense uit minderheidsgroepe aan die buiteland of vroe\u00eb aftrede te verloor?<\/p>\n<p>Mnr die President, ter wille van ons land en al sy mense, oorweeg dit asseblief sterk om \u2018n einde te maak aan hierdie rasgegronde maatre\u00ebls? Die minderhede in die land wil graag help, hulle wil gestuur word, hulle wil dien&#8230; maar hulle word op grond van hulle velkleur as ongeskik en onbekwaam beskou. Hulle is te min om oor die mediumtermyn enige goed gekwalifiseerde swart Suid-Afrikaner uit \u2018n pos te hou. Hulle kan tog nie, as minder as 20%\u00a0\u00a0van die bevolking, \u2018n bedreiging inhou nie? Gebruik hulle en bou een nasie. En dan sal die ligte weer aangaan!<\/p>\n<p>*Eers op\u00a0<a href=\"https:\/\/maroelamedia.co.za\/debat\/meningsvormers\/anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-sink\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">www.maroelamedia.co.za<\/a>\u00a0gepubliseer<\/p>\n<p style=\"text-align: left;\"><span style=\"font-size: 10pt; color: #000000;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/'>DIE ANC-REGERING SPEEL DIE TRANSFORMASIEVIOOL TERWYL ESKOM EN SUID-AFRIKA SE LIGTE NIE BRAND NIE...<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 327.55K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/?wpdmdl=4817&refresh=6a8894d62e0bb1787335894\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1658\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/candle_eskom_opt.jpg\" alt=\"candle eskom opt\" width=\"150\" height=\"113\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/candle_eskom_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/candle_eskom_opt-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Minister Pravin Gordhan s\u00ea laasweek dat oud-Eskom ingenieurs wat nou in die buiteland werk, teruggeroep moet word om te kom help om die krisis te kom oplos. Die meeste van hulle is waarskynlik wit.&nbsp;<\/p>\n<p><em>Rapport<\/em> haal in dieselfde week Eskom se eie regstellende aksieplan aan, waarvolgens daar teen Maart 2020, 1 308 minder wit werknemers (wat gekwalifiseerd is) in sy diens moet wees. Hieronder tel 336 ingenieurs en nog talle middelvlak bestuurders &#8211; daar waar die broodnodige onderhoud gedoen moet word.<\/p>\n<p>Huh?<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1658,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1661","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: DIE ANC-REGERING SPEEL DIE TRANSFORMASIEVIOOL TERWYL ESKOM EN SUID-AFRIKA SE LIGTE NIE BRAND NIE... - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: DIE ANC-REGERING SPEEL DIE TRANSFORMASIEVIOOL TERWYL ESKOM EN SUID-AFRIKA SE LIGTE NIE BRAND NIE... - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Minister Pravin Gordhan s\u00ea laasweek dat oud-Eskom ingenieurs wat nou in die buiteland werk, teruggeroep moet word om te kom help om die krisis te kom oplos. Die meeste van hulle is waarskynlik wit.&nbsp; Rapport haal in dieselfde week Eskom se eie regstellende aksieplan aan, waarvolgens daar teen Maart 2020, 1 308 minder wit werknemers (wat gekwalifiseerd is) in sy diens moet wees. Hieronder tel 336 ingenieurs en nog talle middelvlak bestuurders - daar waar die broodnodige onderhoud gedoen moet word. Huh?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-02-27T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:07:48+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/candle_eskom_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"300\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: DIE ANC-REGERING SPEEL DIE TRANSFORMASIEVIOOL TERWYL ESKOM EN SUID-AFRIKA SE LIGTE NIE BRAND NIE&#8230;\",\"datePublished\":\"2019-02-27T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:07:48+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/\"},\"wordCount\":1153,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/candle_eskom_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/\",\"name\":\"ARTIKEL: DIE ANC-REGERING SPEEL DIE TRANSFORMASIEVIOOL TERWYL ESKOM EN SUID-AFRIKA SE LIGTE NIE BRAND NIE... - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/candle_eskom_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2019-02-27T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:07:48+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/candle_eskom_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/candle_eskom_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":300,\"caption\":\"candle eskom opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: DIE ANC-REGERING SPEEL DIE TRANSFORMASIEVIOOL TERWYL ESKOM EN SUID-AFRIKA SE LIGTE NIE BRAND NIE&#8230;\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: DIE ANC-REGERING SPEEL DIE TRANSFORMASIEVIOOL TERWYL ESKOM EN SUID-AFRIKA SE LIGTE NIE BRAND NIE... - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: DIE ANC-REGERING SPEEL DIE TRANSFORMASIEVIOOL TERWYL ESKOM EN SUID-AFRIKA SE LIGTE NIE BRAND NIE... - FW de Klerk Foundation","og_description":"Minister Pravin Gordhan s\u00ea laasweek dat oud-Eskom ingenieurs wat nou in die buiteland werk, teruggeroep moet word om te kom help om die krisis te kom oplos. Die meeste van hulle is waarskynlik wit.&nbsp; Rapport haal in dieselfde week Eskom se eie regstellende aksieplan aan, waarvolgens daar teen Maart 2020, 1 308 minder wit werknemers (wat gekwalifiseerd is) in sy diens moet wees. Hieronder tel 336 ingenieurs en nog talle middelvlak bestuurders - daar waar die broodnodige onderhoud gedoen moet word. Huh?","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2019-02-27T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:07:48+00:00","og_image":[{"width":400,"height":300,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/candle_eskom_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: DIE ANC-REGERING SPEEL DIE TRANSFORMASIEVIOOL TERWYL ESKOM EN SUID-AFRIKA SE LIGTE NIE BRAND NIE&#8230;","datePublished":"2019-02-27T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:07:48+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/"},"wordCount":1153,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/candle_eskom_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/","name":"ARTIKEL: DIE ANC-REGERING SPEEL DIE TRANSFORMASIEVIOOL TERWYL ESKOM EN SUID-AFRIKA SE LIGTE NIE BRAND NIE... - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/candle_eskom_opt.jpg","datePublished":"2019-02-27T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:07:48+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/candle_eskom_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/candle_eskom_opt.jpg","width":400,"height":300,"caption":"candle eskom opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-regering-speel-die-transformasieviool-terwyl-eskom-en-suid-afrika-se-ligte-nie-brand-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: DIE ANC-REGERING SPEEL DIE TRANSFORMASIEVIOOL TERWYL ESKOM EN SUID-AFRIKA SE LIGTE NIE BRAND NIE&#8230;"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1661","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1661"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1661\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7964,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1661\/revisions\/7964"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1658"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1661"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1661"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1661"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}