{"id":1593,"date":"2018-12-03T08:00:00","date_gmt":"2018-12-03T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/"},"modified":"2021-07-20T21:09:42","modified_gmt":"2021-07-20T19:09:42","slug":"artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: VYF WENSE VIR SUKSES VIR SUID-AFRIKA IN 2019"},"content":{"rendered":"<p><em>\u2018n Nuwe leierskorps, gesuiwer van selfsugtiges, staatskapers, korruptes en welmenende sosialiste<\/em><\/p>\n<p>Of dit nou die kabinet, die staatsdiens, die privaatsektor of die burgerlike samelewing is &#8211; ons het \u2018n nuwe leierskorps nodig wat gesuiwer is van selfsugtiges, mense wat net aan hulself en hul eie belange dink. S\u00f3 \u2018n ingesteldheid doen niks vir die land nie, en werk meestal t\u00e9\u00e9n die gemeenskaplike welvaart en welsyn. Ons is moeg vir korruptes, staatskapers en Zuptas in ons leierskapstrukture &#8211; hulle moet met die volle mag van die reg uit hulle posisies verwyder en effektief vervolg word. Hiervoor moet leefstyloudits \u2018n algemene praktyk in veral die staatsdiens en politiek word. Maar meer as dit, ons is moeg (en baie versigtig) vir welmenende leiers wat beleidsrigtings voorstel wat wesenlik sosialisties is en die land oor die lang duur ekonomies kan verlam. \u2019n Minister wat in die openbaar s\u00ea dat die bekostigbaarheid van \u2018n gesondheidstelsel nie sy probleem is nie, hoort nie in die kabinet nie. Ons wil h\u00ea ons leiers moet volgens alle grondwetlike waardes lei.<\/p>\n<p>Ons wens vir \u2018n nuwe leierskorps&#8230;<\/p>\n<p><em>M\u00e9\u00e9r as beleidsekerheid: goeie, bemagtigende beleid<\/em><\/p>\n<p>\u2018n Mens hoor baie maal van ekonome dat \u201cbeleidsekerheid\u201d nodig is. Maar sekerheid van swak beleid is nie goed genoeg nie. Om seker te wees jou eiendom kan g\u00e1\u00e1n gevat word, laat jou nie daarin bel\u00ea nie. Ons wens tweedens vir \u2018n owerheid wat m\u00e9\u00e9r doen as beleidsekerheid &#8211; een wat goeie en duidelike beleid daarstel. Ons wens vir beleide wat bemagtigend is vir die privaatsektor en gewone burgers, beleide wat gestroop is van ideologiese dryfvere en burokratiese rompslomp. Ons land het \u2018n ekonomiese beleid nodig wat die privaatsektor aanmoedig om werk en welvaart te skep. Ons land het \u2018n beleid nodig wat die eiendomsreg in die Handves van Menseregte bevestig en nie verdun nie. Ons het arbeidsbeleid nodig wat soepel is en die ekonomie en werkskepping kan laat gedy. Ons wens vir beleide wat die staat aanvuur om vennootskappe met die privaatsektor te sluit veral op die gebiede waar die staat nie (meer) die kapasiteit het om dit self te doen nie.<\/p>\n<p>Ons wens vir goeie beleidsrigtings&#8230;<\/p>\n<p><em>Die kwessie van staatsbeheerde ondernemings (soos Eskom, SAL en die SAUK)<\/em><\/p>\n<p>Daar is onlangs weer in die gat wat SAL genoem word, R5 miljard gepomp &#8211; \u2018n druppel in die emmer wat hierdie lugdiens nodig het. Dit is duidelik dat daar ook etlike ander staatsbeheerde ondernemings is wat nie goed bestuur en bedryf word nie &#8211; tot di\u00e9 mate dat ingeligte kommentators meen dat hulle nie eers weggegee kan word nie. Ons wens vir \u2018n Eskom wat goed bestuur word, sodat verhogings in dubbelsyfers die uitsondering word en nie die re\u00ebl is nie, en waar dieselfde waar is van elektrisiteitsonderbrekings en beurtkrag. Ons wens vir \u2018n openbare uitsaaier wat nie deurgaans op die rand van bankrotskap is en permanent in krisisbestuur is nie. Ons wens dat ons belastinggeld beter aangewend sal word as om gebruik te word om gebrekkige- en wanbestuur te beloon deur voortdurende reddingsboeie.<\/p>\n<p>Ons wens vir goed funksionerende staatsbeheerde ondernemings&#8230;<\/p>\n<p><em>Rassepolarisasie en intimidasie van minderhede<\/em><\/p>\n<p>Die hoofdrywer van rassepolarisasie, Julius Malema, is tans besig om selfs sy eie vorige rekords van haatspraak en rassepolarisasie te oortref. Die onlangs gepubliseerde konsepwet op Billike Indiensneming (praat van \u2018n anomalie!) gaan, as dit goedgekeur word, rassekwotas vir alle fasette van die Suid-Afrikaanse samelewing die norm maak. Dit gaan rasseminderhede n\u00f3g verder in die land van hulle geboorte vervreem en intimideer. Ons wens dus vir \u2018n land waar rassepolarisasie met die minagting wat dit verdien, beje\u00ebn word. \u2018n Land waar Malema en diesulkes hulleself deur hul uitlatings as irrelevant as blote geraasmakers bewys. Ons wens ook vir \u2018n land waar daar nie meer teen minderhede op grond van hulle ras gediskrimineer word nie en waar hulle tuis voel om tot die land en al sy mense se welvaart by te dra. Ons wens vir verdraagsaamheid en \u2018n verwelkoming van diversiteit. Ons wens vir gewone ordentlikheid in hoe Suid-Afrikaners met mekaar omgaan.<\/p>\n<p>Ons wens vir goeie rasseverhoudinge en waardering van minderhede deur die meerderheid&#8230;<\/p>\n<p><em>Burgerlike samelewing gaan rus (weer) op hulle louere<\/em><\/p>\n<p>Die burgerlike samelewing was instrumenteel om apartheid teen te staan. Dit het ook \u2018n beslissende rol in die val van die Zuptas gespeel. Dit speel steeds \u2018n belangrike rol om Suid-Afrika van Zupta-invloede vry te maak. Maar n\u00e1 die eerste demokratiese verkiesing in 1994, het die burgerlike samelewing mettertyd spreekwoordelik op sy louere gaan rus en minder effektief geraak. Dit is aangehelp deur die nuwe regering se aandrang dat buitelandse befondsers die geld wat histories aan burgerlike samelewingsorganisasies gegee is, eerder na die nuwe legitieme regering moet vloei. Toe die kwynende kapasiteit van die staat op vele terreine in die vroe\u00eb 2000s duidelik geword het, en veral toe die Zupta-regime \u2018n werklikheid geword het, het die burgerlike samelewing as\u2019t ware \u201copgestaan\u201d. En vandag is die resultate duidelik. Die gevaar is dat met die nuwe daeraad van President Ramaphosa, die burgerlike samelewing mettertyd weer sy waghondrol gaan laat verslap. Ons wens is dat die burgerlike samelewing nie (weer) op sy louere gaan rus nie, maar waaksaam sal bly oor die Grondwet en grondwetlike waardes.<\/p>\n<p>Ons wens vir \u2018n aktiewe en immerwaaksame burgerlike samelewing &#8230;<\/p>\n<p>Terug by die harde werklikheid van Desember 2018. Ons wense vir \u2018n nuwer Suid-Afrika gaan nie deur \u2018n mitiese Kersvader (miskien genaamd Cyril?) toegestaan word nie. Trouens, daar is geen enkeling wat dit kan doen nie. Hierdie vyf wense (en ander) sal slegs \u2018n werklikheid word as alle Suid-Afrikaners hulle rol speel en hulle deel doen. Dit sal natuurlik help as ons leiers die voortou neem, maar uiteindelik sal dit \u2018n gesamentlike poging verg. En dit is moontlik.<\/p>\n<p>Maak dus klaar met die 2018 se werk en gaan neem \u2018n rustyd. En begin dink aan jou rol in die verwerkliking van die groot vyf&#8230;<\/p>\n<p><em>Deur Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting<\/em><br \/>\n3 December 2018<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Aktueel\/5-wense-vir-n-suksesvolle-sa-in-2019-20181130\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><strong>*Eers op Netwerk24 gepubliseer<\/strong><\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: left;\"><span style=\"font-size: 10pt; color: #000000;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/'>VYF WENSE VIR SUKSES VIR SUID-AFRIKA IN 2019<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 342.61K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/?wpdmdl=4786&refresh=6a89e243ea8d21787421251\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1590\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg\" alt=\"TE HEADSHOT opt\" width=\"150\" height=\"120\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt-300x240.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>2018 l\u00ea byna op sy rug. Desember is vir baie Suid-Afrikaners \u2018n tyd van klaarmaak en afsluit, om \u2018n bietjie verlof te neem en te gaan rus. Maar dit is ook \u2018n tyd van bestek opneem oor die jaar en wat vermag is &#8211; en begin nadink oor wat in 2019 voorl\u00ea.&nbsp;<\/p>\n<p>Noem dit maar \u2018n kombinasie van wense vir Kersgeskenke en Nuwejaarsvoornemens, maar as daar, s\u00ea, net vyf is wat gekies kan word, sou ek die volgende vyf dinge vir die land kies. Dit kan die resep vir sukses vir Suid-Afrika in 2019 wees.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1590,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1593","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: VYF WENSE VIR SUKSES VIR SUID-AFRIKA IN 2019 - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: VYF WENSE VIR SUKSES VIR SUID-AFRIKA IN 2019 - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"2018 l\u00ea byna op sy rug. Desember is vir baie Suid-Afrikaners \u2018n tyd van klaarmaak en afsluit, om \u2018n bietjie verlof te neem en te gaan rus. Maar dit is ook \u2018n tyd van bestek opneem oor die jaar en wat vermag is - en begin nadink oor wat in 2019 voorl\u00ea.&nbsp; Noem dit maar \u2018n kombinasie van wense vir Kersgeskenke en Nuwejaarsvoornemens, maar as daar, s\u00ea, net vyf is wat gekies kan word, sou ek die volgende vyf dinge vir die land kies. Dit kan die resep vir sukses vir Suid-Afrika in 2019 wees.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-12-03T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:09:42+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"320\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: VYF WENSE VIR SUKSES VIR SUID-AFRIKA IN 2019\",\"datePublished\":\"2018-12-03T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:09:42+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/\"},\"wordCount\":999,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/\",\"name\":\"ARTIKEL: VYF WENSE VIR SUKSES VIR SUID-AFRIKA IN 2019 - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2018-12-03T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:09:42+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":320,\"caption\":\"TE HEADSHOT opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: VYF WENSE VIR SUKSES VIR SUID-AFRIKA IN 2019\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: VYF WENSE VIR SUKSES VIR SUID-AFRIKA IN 2019 - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: VYF WENSE VIR SUKSES VIR SUID-AFRIKA IN 2019 - FW de Klerk Foundation","og_description":"2018 l\u00ea byna op sy rug. Desember is vir baie Suid-Afrikaners \u2018n tyd van klaarmaak en afsluit, om \u2018n bietjie verlof te neem en te gaan rus. Maar dit is ook \u2018n tyd van bestek opneem oor die jaar en wat vermag is - en begin nadink oor wat in 2019 voorl\u00ea.&nbsp; Noem dit maar \u2018n kombinasie van wense vir Kersgeskenke en Nuwejaarsvoornemens, maar as daar, s\u00ea, net vyf is wat gekies kan word, sou ek die volgende vyf dinge vir die land kies. Dit kan die resep vir sukses vir Suid-Afrika in 2019 wees.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2018-12-03T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:09:42+00:00","og_image":[{"width":400,"height":320,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: VYF WENSE VIR SUKSES VIR SUID-AFRIKA IN 2019","datePublished":"2018-12-03T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:09:42+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/"},"wordCount":999,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/","name":"ARTIKEL: VYF WENSE VIR SUKSES VIR SUID-AFRIKA IN 2019 - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg","datePublished":"2018-12-03T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:09:42+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/TE_HEADSHOT_opt.jpg","width":400,"height":320,"caption":"TE HEADSHOT opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vyf-wense-vir-sukses-vir-suid-afrika-in-2019\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: VYF WENSE VIR SUKSES VIR SUID-AFRIKA IN 2019"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1593","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1593"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1593\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7976,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1593\/revisions\/7976"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1590"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1593"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1593"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1593"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}