{"id":1589,"date":"2018-11-26T08:00:00","date_gmt":"2018-11-26T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/"},"modified":"2021-07-20T21:09:51","modified_gmt":"2021-07-20T19:09:51","slug":"artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE KOMMISSIE-STRATEGIE"},"content":{"rendered":"<p>Hoe raak mens van die Zuma-aanstellings in die staatsdiens ontslae? Dis nie maklik nie, want die meerderheid van hulle is nie direk deur Zuma aangestel nie, maar deur van sy vertrouelinge en \u201cbroers\/susters in die kwaad\u201d. As gevolg van die Oppergesag van die Reg (ja, selfs skurke het basiese regte) en arbeidswetgewing kan mens nie links en regs ontslaan nie; jy moet prosesse volg. Van hierdie persone voldoen (dalk selfs) aan die minimum vereistes vir hulle aanstellings, en vir elkeen is \u2018n goeie rede en proses vir ontslag nodig. \u2018n Mens moet op \u2018n manier \u201ciets\u201d kry om teen hulle as indiwidue op te tree.<\/p>\n<p>Dis natuurlik relatief makliker om teen ho\u00eb profiel-persone op te tree, soos die Moyanes en die Abrahamse van die w\u00eareld. Maar wat van die talle onbekendes, die molle, wat \u00earens \u2018n sleutelpos beklee en nog aan Zuma of sy saak lojaal is? Of dalk net aan hulle eie sakke dink?<\/p>\n<p>Daar is nog \u2018n ander faktor: al mag die President en sy binnekring weet wie hierdie Zuma-aanstellings is, is dit moeilik om gelyk teen hulle op te tree en \u201cskoon te maak\u201d. Dit sal die delikate magsbalans in die ANC omverwerp. Wat nodig is, is om \u2018n manier te vind wat hulle deur \u201cnormale prosesse\u201d uitwys en dan deur regsprosesse uit die stelsel haal.<\/p>\n<p>Teen hierdie agtergrond, kan mens sekere presidensi\u00eble strategie\u00eb herken. Die eerste en basiese een is om die reg of partyprosesse hulle gang te laat gaan &#8211; soos wat met Supra Mahumapelo gebeur het (en nog met Ace Magashule moontlik is). Die probleem hiermee is dat die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings (NDOV) nog nie aangestel is nie, en dat daar daarom (nog) nie die politieke wil by die Nasionale Vervolgingsgesag is om dit op grootskeepse skaal te doen nie. Maar met die aanstelling van die NDOV wat binnekort gaan gebeur, kan hierdie strategie in die nuwe jaar momentum begin kry. En die voordeel is dat met hierdie strategie niemand die President van \u2018n heksejag teen Zumavertrouelinge kan beskuldig nie.<\/p>\n<p>\u2018n Tweede strategie om korrupsie en staatskaping uit te snuffel en aan die kaak te stel wat reeds in volle swang is, is wat al die kommissie-en paneelstrategie genoem is. Dit behels die aanstel van \u2018n kommissie of adviespaneel van ondersoek oor \u2018n spesifieke saak. En al is die Zondo-kommissie van ondersoek oor staatskaping ironies genoeg \u2018n Zuma aanstelling, pas dit perfek in President Ramaphosa se strategie. Die Nugent-kommissie na die sake van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is ook \u2018n voorbeeld hiervan. \u2018n Ander voorbeeld is die aanstelling van die ho\u00eb vlak hersieningspaneel vir die Staatveiligheidsagentskap (SVA), \u2018n staatsdepartement wat intensief deur Zuma in staatskaping gebruik is &#8211; veral om op sy vyande (ook binne sy eie party) te spioeneer.<\/p>\n<p>\u2018n Derde strategie is nie soseer teen korrupsie en staatskaping gemik nie, maar dien eerder om deursigtig en demokraties te wees en korrupsie sigbaar te voorkom. Hier is die aanstelling van die onafhanklike paneel om die kandidate vir die pos van die NDOV te hanteer en \u2018n aanbeveling te maak, die beste voorbeeld. Maar daar is ook die onafhanklike adviespaneel om in die sensitiewe kwessies van grondhervorming kundige en waarskynlik tegnokratiese insette te kry.<\/p>\n<p>Die kommissie- en paneelstrategie van President Ramaphosa is dus \u2018n baie effektiewe manier om vordering te maak om die netwerke van korrupsie en staatskaping aan die kaak te stel. Maar dit bied nie kitsoplossings wat s\u00f3 en s\u00f3 vinnig in die tronk gaan laat beland nie. Dit sal egter ook nie nodig wees om te wag totdat byvoorbeeld die Zondo-kommissie uiteindelik \u2018n finale verslag uitbring nie. Soos wat met Tom Moyane in die Nugent-kommissie gebeur het, kan die Zondo-kommissie ook tussentydse verslae uitbring, op grond waarvan kriminele vervolgings reeds kan begin. Maar dan moet die nuwe NDOV aangestel wees en hy\/sy moet die politieke wil h\u00ea om effektief te vervolg &#8211; en hierdie kultuur in die hele Vervolgingsgesag vestig.<\/p>\n<p>Hierdie drieledige strategie sal waarskynlik tot met die 2019 nasionale verkiesing gevolg word &#8211; stadig, maar seker. Indien President Ramaphosa as leier van die ANC di\u00e9 party na \u2018n oorwinning van s\u00ea 55%, kan lei, kan hy daadkragtiger optree. Hy is dan nie meer die ANC-president wat deur \u2018n skamele 173 stemme by Nasrec verkies is nie, maar die President van Suid-Afrika wie se party met 55% van die kiesers aan bewind gestel is.<\/p>\n<p>Maar selfs al werp die kommissie-strategie vrugte af, het die President ook nog ander probleme en uitdagings: sy opmerking oor plaasmoorde in die VSA hang nog soos \u2018n swaard oor sy kop. Hy moet ook nog uit die dilemma van die Bosasadonasie kom. En les bes, sal \u2018n bevredigende oplossing van die onteiening sonder vergoeding-tameletjie noodsaaklik wees om die ekonomie en die Grondwet van chaos en verval te red.<\/p>\n<p>Maar selfs met hierdie probleme, is Cyril Ramaphosa menslikerwys gesproke die enigste hoop wat ons het om die staat aan die mense van Suid-Afrika terug te gee.<\/p>\n<p><em>Deur Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting<\/em><br \/>\n26 November 2018<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"font-size: 8pt; color: #000000;\">Foto:\u00a0<a style=\"color: #000000;\" href=\"https:\/\/foter.com\/author2\/cd506c\">GovernmentZA<\/a>\u00a0on\u00a0<a style=\"color: #000000;\" href=\"https:\/\/foter.com\/re2\/cd512a\">Foter.com<\/a>\u00a0\/\u00a0<a style=\"color: #000000;\" href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by-nd\/2.0\/\">CC BY-ND<\/a><\/span><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/maroelamedia.co.za\/debat\/meningsvormers\/president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><strong>*Eers op\u00a0www.maroelamedia.co.za\u00a0gepubliseer<\/strong><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1586\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/Ramaphosa_foter_opt.jpg\" alt=\"Ramaphosa foter opt\" width=\"150\" height=\"102\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" \/><\/p>\n<p>\u2018n Mens hoor baie maal in die gewone omgang dat \u201cCyril nie vinnig genoeg beweeg om korrupsie en staatskaping te beveg en te be\u00ebindig nie\u201d. Hy moes s\u00f3 en s\u00f3 al \u201clankal in die tronk gesit het&#8230;\u201d<\/p>\n<p>Maar is dit so maklik? En wat is regtig aan die gebeur?<\/p>\n<p>\u2018n Mens kan President Ramaphosa se&nbsp;<em>bona fides<\/em> dat korrupsie en staatskaping gestop moet word, aanvaar. Hy was en is op rekord dat hy ernstig is daaroor. Sy eie aksies en di\u00e9 van sy naaste adjutante (soos Pravin Gordhan met die leefstyloudits vir staatsbeheerde instellings) getuig daarvan.<\/p>\n<p>\u2018n Senior sakeleier vertel my anderdag op \u2018n vliegtuig dat die President beraam dat daar 700 sleutelposte in die staatsdiens is wat deur Zumavertrouelinge beset word. Tot sover hierdie jaar is 150 beter mense al aangestel, maar die getal wat oorbly is nog massief.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1586,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1589","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE KOMMISSIE-STRATEGIE - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE KOMMISSIE-STRATEGIE - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"\u2018n Mens hoor baie maal in die gewone omgang dat \u201cCyril nie vinnig genoeg beweeg om korrupsie en staatskaping te beveg en te be\u00ebindig nie\u201d. Hy moes s\u00f3 en s\u00f3 al \u201clankal in die tronk gesit het...\u201d Maar is dit so maklik? En wat is regtig aan die gebeur? \u2018n Mens kan President Ramaphosa se&nbsp;bona fides dat korrupsie en staatskaping gestop moet word, aanvaar. Hy was en is op rekord dat hy ernstig is daaroor. Sy eie aksies en di\u00e9 van sy naaste adjutante (soos Pravin Gordhan met die leefstyloudits vir staatsbeheerde instellings) getuig daarvan. \u2018n Senior sakeleier vertel my anderdag op \u2018n vliegtuig dat die President beraam dat daar 700 sleutelposte in die staatsdiens is wat deur Zumavertrouelinge beset word. Tot sover hierdie jaar is 150 beter mense al aangestel, maar die getal wat oorbly is nog massief.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-11-26T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:09:51+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/Ramaphosa_foter_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"267\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE KOMMISSIE-STRATEGIE\",\"datePublished\":\"2018-11-26T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:09:51+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/\"},\"wordCount\":849,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/Ramaphosa_foter_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/\",\"name\":\"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE KOMMISSIE-STRATEGIE - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/Ramaphosa_foter_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2018-11-26T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:09:51+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/Ramaphosa_foter_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/Ramaphosa_foter_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":267,\"caption\":\"Ramaphosa foter opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE KOMMISSIE-STRATEGIE\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE KOMMISSIE-STRATEGIE - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE KOMMISSIE-STRATEGIE - FW de Klerk Foundation","og_description":"\u2018n Mens hoor baie maal in die gewone omgang dat \u201cCyril nie vinnig genoeg beweeg om korrupsie en staatskaping te beveg en te be\u00ebindig nie\u201d. Hy moes s\u00f3 en s\u00f3 al \u201clankal in die tronk gesit het...\u201d Maar is dit so maklik? En wat is regtig aan die gebeur? \u2018n Mens kan President Ramaphosa se&nbsp;bona fides dat korrupsie en staatskaping gestop moet word, aanvaar. Hy was en is op rekord dat hy ernstig is daaroor. Sy eie aksies en di\u00e9 van sy naaste adjutante (soos Pravin Gordhan met die leefstyloudits vir staatsbeheerde instellings) getuig daarvan. \u2018n Senior sakeleier vertel my anderdag op \u2018n vliegtuig dat die President beraam dat daar 700 sleutelposte in die staatsdiens is wat deur Zumavertrouelinge beset word. Tot sover hierdie jaar is 150 beter mense al aangestel, maar die getal wat oorbly is nog massief.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2018-11-26T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:09:51+00:00","og_image":[{"width":400,"height":267,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/Ramaphosa_foter_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"4 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE KOMMISSIE-STRATEGIE","datePublished":"2018-11-26T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:09:51+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/"},"wordCount":849,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/Ramaphosa_foter_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/","name":"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE KOMMISSIE-STRATEGIE - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/Ramaphosa_foter_opt.jpg","datePublished":"2018-11-26T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:09:51+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/Ramaphosa_foter_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/Ramaphosa_foter_opt.jpg","width":400,"height":267,"caption":"Ramaphosa foter opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-kommissie-strategie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE KOMMISSIE-STRATEGIE"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1589","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1589"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1589\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7977,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1589\/revisions\/7977"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1586"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1589"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1589"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1589"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}