{"id":1584,"date":"2018-11-15T08:00:00","date_gmt":"2018-11-15T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/"},"modified":"2021-07-20T21:09:59","modified_gmt":"2021-07-20T19:09:59","slug":"artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE RAPPORT NA NEGE MAANDE"},"content":{"rendered":"<p>President Ramaphosa het werkskepping (veral vir die jeug) in die sentrum van sy nasionale agenda geplaas. Om dit reg te kry, het hy onder andere die volgende onderneem:<\/p>\n<ul>\n<li>\u2018n Werkskeppingsberaad en \u2018n beleggingskonferensie in die \u201cvolgende paar maande\u201d (en later die $100 miljard teiken);<\/li>\n<li>Die voortsetting van die jeugloon-subsidieskema, die loods van \u201cYES\u201d (\u201cYouth Employment Service\u201d) en die vestiging van \u2018n nasionale en verteenwoordigende Jeug Werkgroep;<\/li>\n<li>Die versnelling van infrastruktuurprojekte, veral met betrekking tot water, gesondheid en die onderhoud van paaie;<\/li>\n<li>Die herlewing van mynbou, die finalisering van die Mynbou-handves en die konsepwet op Mineraal- en Petroleum Hulpbronontwikkeling;<\/li>\n<li>Nog groter klem op kleinsake-ontwikkeling, deur die vestiging van \u2018n klein sake- en innoveringsfonds, en die vermindering van regulatoriese hindernisse vir klein sakeondernemings;<\/li>\n<li>Die realisering van die potensiaal van landbou as werkskepper, maar binne die konteks van onteiening sonder vergoeding (OSV);<\/li>\n<li>Verdere ondersteuning van die toerismesektor;<\/li>\n<li>Die vestiging van \u2018n kommissie vir die Digitale Industri\u00eble Revolusie;<\/li>\n<li>Die inwerkingstelling van die minimumloon, wat vroe\u00ebr onderhandel is;<\/li>\n<li>Die aanstelling van \u2018n Presidensi\u00eble Ekonomiese Adviesraad;<\/li>\n<li>Droogtehulp, veral vir die provinsies wat die swaarste daaronder gebuk gaan;<\/li>\n<li>Die infasering van \u2018n \u201cten volle gesubsidieerde gratis ho\u00ebr onderwys en opleiding\u201d vir arm en werkersklas Suid-Afrikaners oor die volgende vyf jaar.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Ander ondernemings het ingesluit:<\/p>\n<ul>\n<li>Die finalisering van \u2018n permanente openbaresektor-geleide model om sosiale toelaes effektief uit te betaal;<\/li>\n<li>Die verdere bekamping van MIV\/Vigs en leefstylsiektes en die aanvaarding en implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV);<\/li>\n<li>Die implementering van \u2018n strategie vir gemeenskapspolisi\u00ebring, die loodsing van \u2018n misdaadvoorkomingstrategie vir die jeug en die byeenroep van \u2018n Sosiale Sektor Beraad;<\/li>\n<li>\u2018n Proses om die aantal en grootte van nasionale departemente en die kabinet te hersien;<\/li>\n<li>Die stabilisering en hervorming van staatsbeheerde ondernemings (SBOs), asook hulle herstrukturering, verbeterde finansi\u00eble bestuur en beter direksies;<\/li>\n<li>In terme van korrupsie (en by implikasie staatskaping) ondersteuning vir die Zondo-kommissie, die herstel van die leierskap by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die stabilisering en versterking van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), insluitend die aanstelling van \u2018n kommissie van ondersoek na die SAID;<\/li>\n<li>\u2018n Besoek aan elke nasionale departement binne die volgende paar maande,\u00a0asook ontmoetings met provinsiale en plaaslike regeringsleiers.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Twee ander beloftes wat hy in sy repliek op kommentaar van politieke partye gemaak het, was om die Parlement gereeld te besoek om vrae te beantwoord en \u201caanspreeklik\u201d te wees. Hy het ook onderneem om met alle politieke partye en hulle leiers te vergader om \u2018n gedeelde visie en strategie vir die land se toekoms te bespreek.<\/p>\n<p>Dis \u2018n lang lys, en dis moeilik om elkeen in detail te evalueer. Kom ons begin by dit wat hy nie nagekom of bereik het nie.<\/p>\n<p>Daar is op hierdie stadium min bewyse van die versnelling van infrastruktuurprojekte in terme van water, gesondheid en die onderhoud van paaie, maar as deel van die stimuluspakket wat aangekondig is, is daar \u2018n R400 miljard gekonsolideerde infrastruktuurfonds wat oor die volgende drie jaar geloods gaan word. Daar is ook baie min gesien van die ondernemings oor kleinsake-ontwikkeling en die vermindering van regulatoriese hindernisse vir klein sakeondernemings. In terme van landbou, loop die spook van OSV nog sterk, ten spyte van \u2018n oplewing in verhoudings n\u00e1 gesprekke tussen adjunk-President Mabuza en Agri SA. Dit is krities hoe die parlement\u00eare proses oor die verandering van artikel 25 gaan afloop. Toerisme het nog nie veel gebaat nie, en die kommissie vir die Digitale Industri\u00eble Revolusie is nog nie aangestel nie (alhoewel die President weer onlangs daarna verwys het tydens Discovery Health se leierskapsberaad).<\/p>\n<p>Die raamwerk vir \u2018n nuwe minimumloon is wel deur die Parlement aanvaar, maar is steeds in sektorale gesprekke voordat dit ge\u00efmplementeer kan word. Die presidensi\u00eble Ekonomiese Adviesraad het nog nie die lig gesien nie. Die infasering van gratis ho\u00ebr onderwys is nog nie \u2018n realiteit nie, veral as gevolg van die probleme by die Nasionale Studente Finansi\u00eble Hulpskema (NSFAS), die bedanking van sy gerespekteerde voorsitter, Sizwe Nxasana en sy algemene swak stelsels en bestuur.<\/p>\n<p>Die maandelikse betaling van maatskaplike toelaes deur SASSA is weekliks in die nuus, en daar is geen sekerheid of die huidige re\u00ebling met die SA Poskantoor die gewenste uitwerking sal h\u00ea nie. Die NGV lyk (ten minste finansieel) na \u2018n dooie perd wat die land eenvoudig nie (nou) kan bekostig nie.<\/p>\n<p>Die Sosiale Sektor Beraad, wat moet help met misdaadvoorkoming in gemeenskappe het nog nie plaasgevind nie. Sy opmerking in die VSA dat wit boere nie vermoor word nie, was \u2018n ernstige blaps. Oor die hersiening van die grootte en die aantal nasionale departemente en die kabinet is al baie gepraat, maar weinig is sigbaar daaraan gedoen. Dit lyk of dit tot na volgende jaar se verkiesing uitgestel is. Die belofte om sistematies elke nasionale departement te besoek en om ook provinsiale en plaaslike regeringsleiers te ontmoet, mag dalk op \u2018n ad hoc-basis begin\u00a0\u00a0het, maar niks is daaroor berig\u00a0\u00a0nie.<\/p>\n<p>Aan die ander kant lyk die ondernemings wat ten volle of gedeeltelik nagekom is, nogtans indrukwekkend:<\/p>\n<ul>\n<li>Die Werkskeppingsberaad en \u2018n beleggingskonferensie het onlangs plaasgevind. Die \u201cYouth Employment Service\u201d is in vennootskap met die sakesektor geloods. Sy toespraak by die beleggingsberaad oor vennootskappe met die privaatsektor en die beskerming van eiendomsreg was indrukwekkend en vir die eerste keer het hy geklink soos \u2018n President wat die ekonomie en besigheid verstaan. Maar die gevraagde en aangebode beleggings moet nog fisies gebeur.<\/li>\n<li>Die Mynbou-handves is (amper teen wil en dank) in September gepubliseer en bevat darem \u2018n aantal verbeteringe op \u2018n vorige weergawe.<\/li>\n<li>Droogtehulp is verleen, alhoewel dit te min en te verspreid was.<\/li>\n<li>\u2018n Nasionale Jeug misdaadvoorkomingsberaad het in Junie plaasgevind en gemeenskaps-polisi\u00ebring het nuwe stimulus gekry met die taakmagte wat in bendegeteisterde gebiede ontplooi is.<\/li>\n<li>Die SBOs kry aktiewe aandag en verskeie betekenisvolle inisiatiewe is deur Pravin Gordhan geloods, soos nuwe direksies en leefstyloudits en indringende vrae oor finansi\u00eble bestuur. Die debat oor wat met die bankrot SAL moet gebeur, is tekenend van hierdie voortgaande besinning oor die SBOs.<\/li>\n<li>Korrupsie en staatskaping het waarskynlik (as die \u201ckwessie van die dag\u201d) die meeste aandag geniet, met die Zondo-kommissie, die Nugent-kommissie wie se werk amper afgehandel is, Moyane wat in die pad gesteek is en \u2018n nuwe Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings wat in die pyplyn is.<\/li>\n<li>President Ramaphosa was sedert Maart al drie keer in die Parlement en een maal in die Nasionale Raad van Provinsies om vrae te beantwoord. En dis nie net sy teenwoordigheid nie, maar die manier waarop hy die moeilike vrae beantwoord het, wat respek moet afdwing.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die Ramaphosa-telkaart is daarom gemengd. Daar is sommige suksesse, maar ook etlike tekortkominge. Miskien kan van daardie swakhede nog voor die einde van die jaar omgedraai word.<\/p>\n<p>Wat egter in die evaluering van President Ramaphosa se vertoning onthou moet word, is dat hy die meeste van die probleme wat hy in die gesig staar, van sy voorganger ge\u00ebrf het &#8211; insluitend \u2019n tam ekonomiese groeikoers en ho\u00eb staatskuld. Hy het dus nie die luukse van geld om te doen wat hy wil doen nie. In baie gevalle moes hy byvoorbeeld bestaande projekte konsolideer en in die Presidensie plaas net om die middele kry om ander probleme op te los. Hy sit ook met \u2018n staatsdiens wat deur kaderontplooiing en regstellende aksie gerysmier is. Dit gaan tyd neem om dit reg te stel.<\/p>\n<p>Daar is al baie gepraat oor sy wankelrige magsbasis binne sy eie party. Dit bly waar en \u2018n gevaar, maar mens kry tog die indruk dat hy stadig maar seker besig is om binne die ANC die oorhand te kry. Soos wat sy kommissiestrategie vrugte afwerp, gaan die rotte oorgee of van die Zupta-skip afspring. En die feit dat die verkiesingsdatum vir Meimaand vasgemaak is, gee \u2018n einddatum vir die onsekerheid oor die fermheid van die Ramaphosa-optrede en oor sy magsbasis.<\/p>\n<p>Teen hierdie agtergrond kry die President definitief \u2018n slaagpunt vir sy eerste en swaar nege maande, maar met die byskrif wat in die ou dae op skoolrapporte bekend was: \u201cCyril het goed gedoen, maar kan (en moet) nog veel beter\u201d.<\/p>\n<p><em>Deur Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting<br \/>\n<\/em>15 November 2018<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Aktueel\/cyril-se-rapport-na-9-maande-20181109\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><strong>*Eers op Netwerk24 gepubliseer<\/strong><\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1308\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/RAMAPHOSA_opt.jpg\" alt=\"RAMAPHOSA opt\" width=\"150\" height=\"102\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/RAMAPHOSA_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/RAMAPHOSA_opt-300x203.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Dit is op Vrydag 16 November presies nege maande sedert President Ramaphosa sy nooienstoespraak in die Parlement gelewer het. Te midde van vinnig-opeenvolgende nuusgebeure, is dit miskien goed om bietjie stil te staan en te evalueer hoe die \u201cnuwe daeraad\u201d na nege maande lyk (en dit was dalk net so uitputtend as \u2018n moeilike swangerskap!).<\/p>\n<p>Op 16 Februarie het die nuwe President \u2018n hele aantal ondernemings aan die verteenwoordigers van Suid-Afrika se mense (en daardeur aan ons almal) gegee. Sommige hiervan was ondernemings wat reeds in beplanning deur vorige kabinetslede was, en ander was duidelik sy eie ondernemings. In baie gevalle het hy sy eie klem op ondernemings geplaas.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1308,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1584","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE RAPPORT NA NEGE MAANDE - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE RAPPORT NA NEGE MAANDE - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dit is op Vrydag 16 November presies nege maande sedert President Ramaphosa sy nooienstoespraak in die Parlement gelewer het. Te midde van vinnig-opeenvolgende nuusgebeure, is dit miskien goed om bietjie stil te staan en te evalueer hoe die \u201cnuwe daeraad\u201d na nege maande lyk (en dit was dalk net so uitputtend as \u2018n moeilike swangerskap!). Op 16 Februarie het die nuwe President \u2018n hele aantal ondernemings aan die verteenwoordigers van Suid-Afrika se mense (en daardeur aan ons almal) gegee. Sommige hiervan was ondernemings wat reeds in beplanning deur vorige kabinetslede was, en ander was duidelik sy eie ondernemings. In baie gevalle het hy sy eie klem op ondernemings geplaas.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-11-15T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:09:59+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/RAMAPHOSA_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"271\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE RAPPORT NA NEGE MAANDE\",\"datePublished\":\"2018-11-15T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:09:59+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/\"},\"wordCount\":1364,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/RAMAPHOSA_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/\",\"name\":\"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE RAPPORT NA NEGE MAANDE - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/RAMAPHOSA_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2018-11-15T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:09:59+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/RAMAPHOSA_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/RAMAPHOSA_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":271,\"caption\":\"RAMAPHOSA opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE RAPPORT NA NEGE MAANDE\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE RAPPORT NA NEGE MAANDE - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE RAPPORT NA NEGE MAANDE - FW de Klerk Foundation","og_description":"Dit is op Vrydag 16 November presies nege maande sedert President Ramaphosa sy nooienstoespraak in die Parlement gelewer het. Te midde van vinnig-opeenvolgende nuusgebeure, is dit miskien goed om bietjie stil te staan en te evalueer hoe die \u201cnuwe daeraad\u201d na nege maande lyk (en dit was dalk net so uitputtend as \u2018n moeilike swangerskap!). Op 16 Februarie het die nuwe President \u2018n hele aantal ondernemings aan die verteenwoordigers van Suid-Afrika se mense (en daardeur aan ons almal) gegee. Sommige hiervan was ondernemings wat reeds in beplanning deur vorige kabinetslede was, en ander was duidelik sy eie ondernemings. In baie gevalle het hy sy eie klem op ondernemings geplaas.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2018-11-15T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:09:59+00:00","og_image":[{"width":400,"height":271,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/RAMAPHOSA_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"7 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE RAPPORT NA NEGE MAANDE","datePublished":"2018-11-15T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:09:59+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/"},"wordCount":1364,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/RAMAPHOSA_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/","name":"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE RAPPORT NA NEGE MAANDE - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/RAMAPHOSA_opt.jpg","datePublished":"2018-11-15T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:09:59+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/RAMAPHOSA_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/RAMAPHOSA_opt.jpg","width":400,"height":271,"caption":"RAMAPHOSA opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-rapport-na-nege-maande\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE RAPPORT NA NEGE MAANDE"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1584","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1584"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1584\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7978,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1584\/revisions\/7978"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1308"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1584"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1584"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1584"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}