{"id":1553,"date":"2018-09-21T08:00:00","date_gmt":"2018-09-21T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/"},"modified":"2021-07-20T21:12:54","modified_gmt":"2021-07-20T19:12:54","slug":"artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: DIE AKKERLAND SAGA &#8211; SUID-AFRIKA VERDIEN BETER"},"content":{"rendered":"<p>Hierdie saak het \u2018n hele aantal interessante dimensies. Die eerste is dat Akkerland-Boerdery reeds in 2014 in \u2018n hofgeding met Coal Africa was oor toegang tot een van die plase vir steenkoolprospektering &#8211; waar hulle \u2018n bevel teen hulle gekry en gelas is om toegang vir prospektering aan Coal Africa te gee. Nou het \u2018n hele aantal organisasies wat Akkerland-Boerdery ondersteun, ges\u00ea dat die ware rede vir die onteiening eintlik die verkryging van die steenkoolbronne op die plase is &#8211; vir die aangekondigde Sjinese belegging naby Musina en Makhado (Louis Trichardt). Mediaberigte lui dat die Sjinese regering aangebied het om in hierdie omgewing \u2018n nywerheidstad te bou &#8211; maar dat hulle \u2018n betroubare bron van elektrisiteit nodig het, vandaar die steenkoolgedrewe kragsentrale.<\/p>\n<p>Die tweede dimensie is dat waar die eerste onteieningsbevel gemaak is nadat die plaaseienaars en die regering nie konsensus kon bereik oor die grondprys ingevolge \u2018n grondeis nie, daar nou \u2018n tweede grondeis (van \u2018n ander stam) is. Die Kuvule-gemeenskap (wat hierdie tweede eis ingedien het) het interessant genoeg saam met Akkerland-Boerdery die onteieningsbevel teen gestaan. Dit maak die saak nog meer ingewikkeld.<\/p>\n<p>Die derde dimensie is dat Akkerland-Boerdery een van die plase op die \u201cgeheime lys\u201d is van geteikende onteienings sonder vergoeding wat AfriForum vroe\u00ebr vanjaar bekendgemaak het. Dit het die gebruiklike ontkenning van die regering se kant af gehad, maar AfriForum het by die integriteit van hulle (vertroulike) bron gestaan.<\/p>\n<p>Die hele saak sal nou van vooraf deur die grondeisekomitee ondersoek en die tweede grondeis aangehoor moet word.<\/p>\n<p>Uit \u2018n makro- en grondwetlike perspektief is daar vier kwessies wat kommerwekkend is.<\/p>\n<p>Eerstens: Terwyl die proses om artikel 25 van die Grondwet te probeer verander om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak voortdurend is, het die Minister reeds in Meimaand aangekondig dat die regering \u2018n aantal toetssake oor onteiening sonder vergoeding gaan dryf. Dit word gedoen in terme van die\u00a0<em>Wet op die<\/em> <em>Herstel van Grondregte<\/em> (22 van 1994), soos gewysig. Hierdie is klaarblyklik die eerste van die toetssake. Maar dit is duidelik dat die regering nie hulle huiswerk gedoen het nie en volgens hulle eie getuienis grondliggende foute gemaak het. Die vinger wys in die eerste plek na die bevoegdheid (of gebrek daaraan) van die amptenare in die departement. Dit strook ongelukkig met die bevindinge van die Verslag van die Ho\u00eb Vlak Paneel, onder leiding van voormalige President Kgalema Motlanthe &#8211; dat een van die hoofredes vir \u2018n gebrek aan vordering met grondhervorming die gebrek aan kapasiteit onder departementele amptenare is.<\/p>\n<p>Die probleem is, tweedens, dat die wet (en selfs die wetsontwerp) nie spesifiek vir onteiening sonder vergoeding voorsiening maak nie. As die Minister dit as toetssaak wou gebruik, moes sy in terme van die onteieningsbevel \u2018n verklarende bevel van die hof gevra het, of ten minste Akkerland-Boerdery toegelaat het om die onteieningsbevel in die hof te betwis. Maar die sewe dae tyd vir ontruiming het nie daarvoor voorsiening gemaak nie.<\/p>\n<p>\u2018n Verdere probleem is dat die Minister se aanvanklike rede wat gegee is hoekom die bevel uitgereik is, naamlik dat daar \u2018n dooiepunt in \u2018n grondeis bereik is (in hierdie geval prim\u00ear oor die prys, R20 miljoen deur die staat aangebeied en R200 miljoen deur die eienaars gevra), nie onmiddelik tot \u2018n onteieningsbevel kan lei nie, omdat artikel 25(2)(b) spesifiek noem dat die vergoedingsbedrag by onteiening ten laaste deur \u2018n hof beslis moet word. Die regering se skep van die pos van Valueerder-Generaal (wat die waarde van vergoeding vir grondeise moet bepaal), maak nie hierdie artikel van die Grondwet tot niet nie en neem dus nie die howe se oorsigrol in die onteieiningsproses weg nie.<\/p>\n<p>Hierdie geval laat dit duidelik blyk dat n\u00f3g die amptenare, n\u00f3g die Minister hulle vakgebied ken en\/of hulle voorbereiding gedoen het. Dit laat mens wonder wat hierdie Minister in hierdie portefeulje doen. Dit laat mens ook ys oor wat die gevolge sal wees vir implementering selfs al word daar tot \u2018n politieke vergelyk gekom met die verandering van artikel 25 en \u2018n versnelde grondhervormingsproses.<\/p>\n<p>Maar vierdens is die grootste bekommernis wat uit hierdie gebeure voortspruit, die klaarblyklike minagting wat regeringsamptenare en politici vir die Grondwet en spesifiek die oppergesag van die reg het &#8211; veral waar dit oor grondhervorming en restitusie gaan. Die Grondwet maak duidelik voorsiening dat Suid-Afrikaners wie se grond sedert 1913 van hulle deur apartheidswetgewing en regulasies afgeneem is, daardie grond deur restitusie kan terugkry. Maar daar word ook voorsiening gemaak dat billike prosesse gevolg moet word en dat (ten minste vir die huidige) billike vergoeding betaal moet word aan die huidige eienaars van die grond &#8211; wat dit op wettige maniere bekom en daarvoor betaal het.<\/p>\n<p>Dit blyk dat nie een van hierdie twee beginsels in die geval van Akkerland-Boerdery gevolg is nie.\u00a0\u00a0Die eisers sit sonder grond as gevolg van \u2018n gebrekkige proses, en die regte van die eienaars is ook aangetas. Suid-Afrika en sy mense verdien beter.<\/p>\n<p><em>Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting<\/em><br \/>\n21 September 2018<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/maroelamedia.co.za\/debat\/meningsvormers\/akkerland-se-grondeise-het-talle-interessante-dimensies\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">*Eers op Maroela Media gepubliseer\u00a0\u00a0<\/a><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/'>DIE AKKERLAND SAGA - SUID-AFRIKA VERDIEN BETER<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 324.65K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/?wpdmdl=4766&refresh=6a89f33389d3d1787425587\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1550\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/EWC_opt.jpg\" alt=\"EWC opt\" width=\"150\" height=\"100\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/EWC_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/EWC_opt-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Die beslissing van die grondeisehof verlede week dat Akkerland-Boerdery weer die eienaar van die twee plase waaruit die boerdery bestaan is, het amper ongemerk verbygegaan. Die ministeri\u00eble onteieningskennisgewing van 29 Maart &#8211; ingevolge waarvan die eienaars sewe dae gehad het om die plase te ontruim en te verlaat &#8211; is met koste opsygesit. Blykbaar het die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming (die berugte Maite Nkoana-Mashabane) erken haar departement het \u2018n fout gemaak deur die onteieningskennisgewing uit te reik.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1550,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1553","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: DIE AKKERLAND SAGA - SUID-AFRIKA VERDIEN BETER - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: DIE AKKERLAND SAGA - SUID-AFRIKA VERDIEN BETER - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die beslissing van die grondeisehof verlede week dat Akkerland-Boerdery weer die eienaar van die twee plase waaruit die boerdery bestaan is, het amper ongemerk verbygegaan. Die ministeri\u00eble onteieningskennisgewing van 29 Maart - ingevolge waarvan die eienaars sewe dae gehad het om die plase te ontruim en te verlaat - is met koste opsygesit. Blykbaar het die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming (die berugte Maite Nkoana-Mashabane) erken haar departement het \u2018n fout gemaak deur die onteieningskennisgewing uit te reik.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-09-21T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:12:54+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/EWC_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"266\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: DIE AKKERLAND SAGA &#8211; SUID-AFRIKA VERDIEN BETER\",\"datePublished\":\"2018-09-21T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:12:54+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/\"},\"wordCount\":837,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/EWC_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/\",\"name\":\"ARTIKEL: DIE AKKERLAND SAGA - SUID-AFRIKA VERDIEN BETER - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/EWC_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2018-09-21T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:12:54+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/EWC_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/EWC_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":266,\"caption\":\"EWC opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: DIE AKKERLAND SAGA &#8211; SUID-AFRIKA VERDIEN BETER\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: DIE AKKERLAND SAGA - SUID-AFRIKA VERDIEN BETER - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: DIE AKKERLAND SAGA - SUID-AFRIKA VERDIEN BETER - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die beslissing van die grondeisehof verlede week dat Akkerland-Boerdery weer die eienaar van die twee plase waaruit die boerdery bestaan is, het amper ongemerk verbygegaan. Die ministeri\u00eble onteieningskennisgewing van 29 Maart - ingevolge waarvan die eienaars sewe dae gehad het om die plase te ontruim en te verlaat - is met koste opsygesit. Blykbaar het die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming (die berugte Maite Nkoana-Mashabane) erken haar departement het \u2018n fout gemaak deur die onteieningskennisgewing uit te reik.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2018-09-21T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:12:54+00:00","og_image":[{"width":400,"height":266,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/EWC_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"4 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: DIE AKKERLAND SAGA &#8211; SUID-AFRIKA VERDIEN BETER","datePublished":"2018-09-21T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:12:54+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/"},"wordCount":837,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/EWC_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/","name":"ARTIKEL: DIE AKKERLAND SAGA - SUID-AFRIKA VERDIEN BETER - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/EWC_opt.jpg","datePublished":"2018-09-21T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:12:54+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/EWC_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/EWC_opt.jpg","width":400,"height":266,"caption":"EWC opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-akkerland-saga-suid-afrika-verdien-beter\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: DIE AKKERLAND SAGA &#8211; SUID-AFRIKA VERDIEN BETER"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1553","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1553"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1553\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7984,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1553\/revisions\/7984"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1550"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1553"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1553"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1553"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}