{"id":1542,"date":"2018-09-11T08:00:00","date_gmt":"2018-09-11T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/"},"modified":"2021-07-20T21:13:12","modified_gmt":"2021-07-20T19:13:12","slug":"artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: DIE GELYKHEIDSVERSLAG VAN DIE MENSEREGTEKOMMISSIE &#8211; LIG IN DIE TONNEL VIR MINDERHEDE?"},"content":{"rendered":"<p>Die subtitel van die Verslag is insiggewend: \u201c<em>Achieving substantive economic equality through rights-based radical socio-economic transformation in South Africa<\/em>\u201d. Die MRK aanvaar dus die politieke beleid van die ANC-regering onkrities en probeer dit versterk deur dit \u2018n menseregte-basis te gee. \u2018n Paar keer kom die Verslag tot die gevolgtrekking dat omdat so min vordering met groter gelykheid in Suid-Afrika gemaak is, radikale sosio-ekonomiese transformasie noodsaaklik is. Die vraag oor hoekom so min gebeur het (bv dat die onderwysstelsel klaaglik misluk het) word nooit gevra of beantwoord nie.<\/p>\n<p>Die gelykheidskousule in die Grondwet in artikel 9(1) stel dat elkeen gelyk is voor die reg, terwyl (2) stel dat gelykheid die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede insluit. \u201c<em>Ten einde die bereiking van gelykheid te bevorder, kan wetgewende en ander maatre\u00ebls getref word wat ontwerp is vir die beskerming of ontwikkeling van persone, of kategorie\u00eb persone, wat deur onbillike diskriminasie benadeel is<\/em>.\u201d Dit is op hierdie klousule wat die\u00a0<em>Wet op Billike Indiensneming<\/em> (die Wet) en regstellende aksie gegrond is. Artikel 9(3) verbied die staat om \u201c<em>regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand [te] diskrimineer op een of meer gronde&#8230; met inbegrip van ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele geori\u00ebnteerdheid,ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte<\/em>.\u201d Subartikel (5) stel dat \u201c<em>diskriminasie op een of meer van die gronde in subartikel (3) vermeld<\/em>\u201d,\u00a0\u00a0onbillik is, \u201c<em>tensy daar vasgestel word dat die diskriminasie billik is<\/em>\u201d.<\/p>\n<p>Die Konstitusionele Hof het in die sogenaamde\u00a0<em>Van Heerden<\/em>-saak\u00a0(<em>Minister of Finance and Another v Van Heerden 2004 (6) SA 121 (CC)<\/em>) bevind dat enige toepassing van artikel 9(2) (dit wil s\u00ea spesiale maatre\u00ebls om gelykheid te bevorder) outomaties billik is en nie aan die toetse van subartikels (3) en (5) onderwerp hoef te word nie. Dit beteken dat deur hierdie uitspraak alle regstellende aksie sonder enige toets oor die billikheid daarvan, as billik beskou moet word. Die enigste beperking is dat \u2018n maatre\u00ebl nie mag neerkom op magsmisbruik nie en dat dit nie wesenlike en onbedoelde skade mag berokken sodat die land se langtermyn grondwetlike doel van \u2018n nie-rassige en nie seksistiese samelewing bedreig word nie. Hierdie interpretasie het ernstige negatiewe gevolge vir en het selfs tot benadeling van minderhede gelei.<\/p>\n<p>Waarop Solidariteit met reg wys, is dat die MRK bevind dat die Wet nie aan die vereistes van die Verenigde Nasies se<em>\u00a0Internasionale Konvensie oor die Uitskakeling van Alle Vorme van Rassediskriminasie<\/em> (ICERD) en die Grondwet van Suid-Afrika voldoen nie. Dit is omdat die Wet slegs ras in ag neem en nie sosio-ekonomiese behoefte (of benadeling) nie. En dit is iets wat al meermale in praktyk gesien is: \u2018n bevoorregte swart persoon (wat in Sandton grootgeword het en na \u2018n privaatskool gegaan en by \u2018n goeie universiteit gestudeer het) sal b\u00f3 \u2018n bruin of wit persoon wat arm is, aangestel word &#8211; net omdat hy swart is.<\/p>\n<p>Die MRK bevind spesifiek dat die Wet se definisie van \u201caangewese groepe\u201d en die afbreek van die Staat se data in raskategorie\u00eb (Afrikaan, bruin, wit en Indi\u00ebr) nie voldoen aan grondwetlike of internasionale regsverpligtinge nie. Hierdie groepe moet meer genuanseerd bepaal word deur na sosio-ekonomiese behoeftes te kyk. Verder bevind die MRK dat die huidige implementering van regstellende aksie mag neerkom op \u201crigiede kwotas\u201d en \u201cabsolute hindernisse\u201d. Dit mag daarom aanleiding gee tot \u201cnuwe ekonomiese wanbalanse en patrone van uitsluiting wat juis op ras, etnisiteit, geslag en gestremdheid sal neerkom\u201d.<\/p>\n<p>Hierdie bevindinge van die MRK (wat dieselfde gesag as di\u00e9 van die Openbare Beskermer het) is baie belangrik. Dit is die eerste keer dat \u2018n Hoofstuk 9 instelling sulke kritiese en ingrypende bevindinge oor regstellende aksie en hoe dit toegepas word, maak. Dit vra ook die vraag hoe lank regstellende maatre\u00ebls nog behoort te geld en kom tot die slotsom dat die internasionale reg stel dat spesiale maatre\u00ebls nie permanent kan wees nie en dat sodra die doelwit van \u201csubstantiewe\u201d gelykheid bereik is, dit gestaak moet word.<\/p>\n<p>Die MRK het verder beveel dat die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, die Diensbillikheidskommissie en die Departement van Arbeid binne ses maande vanaf Julie 2018 terugvoer aan die MRK moet gee oor watter stappe gedoen is om die Wet te wysig.<\/p>\n<p>Gaan hierdie belangrike bevindinge die lewe vir minderheidsgroepe makliker maak? Dit kan, maar dit sal nie vinnig gebeur nie. Op \u2018n politiek-ideologiese vlak is die Wet se \u201caangewese groepe\u201d volledig deel van die regerende party se ideologie van \u201cAfrikane eerste\u201d en demografiese verteenwoordigendheid. Dit beteken dat alle organisasies en alle onderdele in die organisasies die nasionale demografie (80% Afrikane, 9%\u00a0bruin, 9% wit en 2% Indi\u00ebr) moet weerspie\u00ebl. Of die regerende party maklik van hierdie ideologie (wat bedoel is om alle \u201chefbome van mag\u201d in die hande kry) gaan afstand doen, sal nog gesien moet word. Die feit is, daar bestaan \u2018n duidelike spanning tussen rasgebaseerde regstellende aksie en regstelling wat op sosio-ekonomiese behoeftes gegrond is.<\/p>\n<p>Die tweede voorwaarde is dat die staat die vermo\u00eb moet h\u00ea om regstelling op die meer genuanseerde \u201csosio-ekonomiese behoeftes\u201d te doen, onder andere om mense se sosio-ekonomiese behoeftes te kan meet. Dit word op \u2018n beperkte skaal reeds met studielenings by NSFAS gedoen &#8211; studente wie se ouers meer as R600 000 per jaar verdien, kwalifiseer nie. Maar dit is betwyfel of die staat die vermo\u00eb sal h\u00ea om dit oor die wye spektrum te doen. Die ironie is juis dat hierdie gebrek aan kapasiteit ten minste ten dele gegrond moet word op die manier waarop regstellende aksie tot dusver toegepas is.<\/p>\n<p>\u2018n Derde faktor is die howe en spesifiek die Konstitusionele Hof. Sal die howe bereid wees om sy interpretasie van onbillike diskriminasie a la die\u00a0<em>Van Heerden<\/em>-saak om te draai? Want selfs al verander die Wet, kan arbeidsake steeds in die Konstitusionele Hof beland en sal die<em>\u00a0Van Heerden<\/em> presedent geld.<\/p>\n<p>\u2018n Vierde faktor is die tydsduur van regstellende aksie. Volgens internasionale reg behoort dit gestaak te word sodra gelykheid bereik is. Die Konstitusionele Hof het die beginsel van \u201csubstantiewe\u201d gelykheid daargestel. Ons het reeds formele gelykheid voor die reg bereik. Wat presies substantiewe gelykheid is en wanneer dit bereik sal word, is nog nie uit regspraak duidelik nie. \u2018n Ideologiese siening sal wees dat dit slegs bereik is wanneer 80% van alle poste in alle organisasies deur Afrikane beset word. Die MRK vra vir \u2018n meer genuanseerde benadering deur sosio-ekonomiese behoeftes in ag te neem. Wanneer substantiewe gelykheid dan bereik kan word, is egter ook nie duidelik nie. Dit hang van die definisie en die meting daarvan af.<\/p>\n<p>Saamgevat: die bevindinge van die MRK dat regstellende aksie meer genuanseerd gedoen moet word, moet verwelkom word. Dit is nader aan die letter en gees van die Grondwet en internasionale reg. Of die rasgebaseerde stelsel van regstellende aksie, wat op sy beurt op ANC-ideologie gegrond is, maklik sal verander, sal net die tyd leer.<\/p>\n<p><em>Deur Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting<br \/>\n<\/em>11 September 2018<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Aktueel\/regstellende-aksie-is-daar-hoop-vir-minderhede-20180907#loggedin\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><strong>*Eers op Netwerk24 gepubliseer<\/strong><\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/'>DIE GELYKHEIDSVERSLAG VAN DIE MENSEREGTEKOMMISSIE - LIG IN DIE TONNEL VIR MINDERHEDE?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 359.04K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/?wpdmdl=4757&refresh=6a8b60c644a1d1787519174\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1236\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/SAHRC_logo_opt.jpg\" alt=\"SAHRC logo opt\" width=\"150\" height=\"100\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/SAHRC_logo_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/SAHRC_logo_opt-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Die Menseregtekommissie (MRK) het onlangs die 2017\/18 Verslag oor Gelykheid (die Verslag) gepubliseer en in die Parlement voorgel\u00ea. Dit het, waarskynlik as gevolg van prosesse rondom onteiening sonder vergoeding (OSV), die Zondokommissie en soortgelyke nuussake, nie baie aandag getrek nie. Een uitsondering was die Solidariteitsbeweging, wat aangekondig het dat die verslag beteken dat die land se regstellende aksie-wetgewing onwettig is, en nie aan internasionale vereistes voldoen nie. Solidariteit gaan die hof nader om \u2018n verklarende bevel te kry sodat sekerheid verkry kan word hoe werkgewers en die Departement van Arbeid die situasie moet hanteer totdat die wet (soos deur die MRK voorgestel) verander is.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1236,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1542","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: DIE GELYKHEIDSVERSLAG VAN DIE MENSEREGTEKOMMISSIE - LIG IN DIE TONNEL VIR MINDERHEDE? - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: DIE GELYKHEIDSVERSLAG VAN DIE MENSEREGTEKOMMISSIE - LIG IN DIE TONNEL VIR MINDERHEDE? - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Menseregtekommissie (MRK) het onlangs die 2017\/18 Verslag oor Gelykheid (die Verslag) gepubliseer en in die Parlement voorgel\u00ea. Dit het, waarskynlik as gevolg van prosesse rondom onteiening sonder vergoeding (OSV), die Zondokommissie en soortgelyke nuussake, nie baie aandag getrek nie. Een uitsondering was die Solidariteitsbeweging, wat aangekondig het dat die verslag beteken dat die land se regstellende aksie-wetgewing onwettig is, en nie aan internasionale vereistes voldoen nie. Solidariteit gaan die hof nader om \u2018n verklarende bevel te kry sodat sekerheid verkry kan word hoe werkgewers en die Departement van Arbeid die situasie moet hanteer totdat die wet (soos deur die MRK voorgestel) verander is.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-09-11T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:13:12+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/SAHRC_logo_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"267\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: DIE GELYKHEIDSVERSLAG VAN DIE MENSEREGTEKOMMISSIE &#8211; LIG IN DIE TONNEL VIR MINDERHEDE?\",\"datePublished\":\"2018-09-11T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:13:12+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/\"},\"wordCount\":1162,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/SAHRC_logo_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/\",\"name\":\"ARTIKEL: DIE GELYKHEIDSVERSLAG VAN DIE MENSEREGTEKOMMISSIE - LIG IN DIE TONNEL VIR MINDERHEDE? - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/SAHRC_logo_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2018-09-11T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:13:12+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/SAHRC_logo_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/SAHRC_logo_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":267,\"caption\":\"SAHRC logo opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: DIE GELYKHEIDSVERSLAG VAN DIE MENSEREGTEKOMMISSIE &#8211; LIG IN DIE TONNEL VIR MINDERHEDE?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: DIE GELYKHEIDSVERSLAG VAN DIE MENSEREGTEKOMMISSIE - LIG IN DIE TONNEL VIR MINDERHEDE? - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: DIE GELYKHEIDSVERSLAG VAN DIE MENSEREGTEKOMMISSIE - LIG IN DIE TONNEL VIR MINDERHEDE? - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die Menseregtekommissie (MRK) het onlangs die 2017\/18 Verslag oor Gelykheid (die Verslag) gepubliseer en in die Parlement voorgel\u00ea. Dit het, waarskynlik as gevolg van prosesse rondom onteiening sonder vergoeding (OSV), die Zondokommissie en soortgelyke nuussake, nie baie aandag getrek nie. Een uitsondering was die Solidariteitsbeweging, wat aangekondig het dat die verslag beteken dat die land se regstellende aksie-wetgewing onwettig is, en nie aan internasionale vereistes voldoen nie. Solidariteit gaan die hof nader om \u2018n verklarende bevel te kry sodat sekerheid verkry kan word hoe werkgewers en die Departement van Arbeid die situasie moet hanteer totdat die wet (soos deur die MRK voorgestel) verander is.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2018-09-11T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:13:12+00:00","og_image":[{"width":400,"height":267,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/SAHRC_logo_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: DIE GELYKHEIDSVERSLAG VAN DIE MENSEREGTEKOMMISSIE &#8211; LIG IN DIE TONNEL VIR MINDERHEDE?","datePublished":"2018-09-11T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:13:12+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/"},"wordCount":1162,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/SAHRC_logo_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/","name":"ARTIKEL: DIE GELYKHEIDSVERSLAG VAN DIE MENSEREGTEKOMMISSIE - LIG IN DIE TONNEL VIR MINDERHEDE? - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/SAHRC_logo_opt.jpg","datePublished":"2018-09-11T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:13:12+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/SAHRC_logo_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/SAHRC_logo_opt.jpg","width":400,"height":267,"caption":"SAHRC logo opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-gelykheidsverslag-van-die-menseregtekommissie-lig-in-die-tonnel-vir-minderhede\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: DIE GELYKHEIDSVERSLAG VAN DIE MENSEREGTEKOMMISSIE &#8211; LIG IN DIE TONNEL VIR MINDERHEDE?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1542","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1542"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1542\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7986,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1542\/revisions\/7986"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1236"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1542"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1542"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1542"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}