{"id":1538,"date":"2018-08-08T08:00:00","date_gmt":"2018-08-08T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/"},"modified":"2021-07-20T21:14:35","modified_gmt":"2021-07-20T19:14:35","slug":"artikel-die-onbekende-in-met-osv","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: DIE ONBEKENDE IN MET OSV"},"content":{"rendered":"<p>Die eerste belangrike kwessie is die bedoeling van die verklaring &#8211; om meer sekerheid te gee oor die ANC se siening van artikel 25 en die wysiging daarvan. Dit kon vir die ANC-ondersteuners en op filosofiese vlak gedoen gewees het, maar vir ander Suid-Afrikaners en veral sakemense, boere en grondeienaars het dit nog meer vrae geopper. In die verklaring is daar niks nuuts nie, afgesien van die vae kommentaar dat die ANC \u201cdeur die parlement\u00eare proses &#8216;n voorgestelde wysiging van die Grondwet sal finaliseer wat die voorwaardes waaronder grond sonder vergoeding uitgevoer kan word\u201d.\u00a0Dit bied nie meer duidelikheid vir daardie persone en die vier presidensi\u00eble gesante wat beleggings van miljarde dollar vir die land soek nie.<\/p>\n<p>Tweedens beteken dit nie dat die verklaring presies in ooreenstemming is met die Nasrec-besluit van Desember 2017 nie. Die Nasrec-resolusie het vier kwalifiseerders gehad vir die inwerkingstelling van onteiening sonder vergoeding (OSV) &#8211; dit moenie landbouproduksie, voedselproduksie, belegging in die ekonomie en ander sektore van die ekonomie skaad nie. Die verklaring van 31 Julie bied geen kwalifiseerder nie, maar wel &#8216;n paar doelwitte. Die wysiging om OSV toe te laat moet \u201cherstel en ekonomiese ontwikkeling bevorder en landbouproduksie en voedselsekerheid verhoog\u201d. Herstel is &#8216;n nuwe, nie verrassende toevoeging. Die ironie is dat artikel 25 reeds duidelike voorsiening hiervoor maak, kan nie ontken word nie. Die probleem is dat hierdie doelwitte vaag is en die bepaling van OSV uit die hande van die belanghebbendes neem, wie veronderstel is om die ekonomie te dryf. Die skade wat volgens die Nasrec-resolusie vermy moet word, was &#8216;n toets wat by die beleggers, boere en eienaars van eiendom sou berus het. Dit word nou buite berekening gelaat, aangesien die nuwe doelwitte binne die bestek van party-politieke beloftes en retoriek val. Dit is slegte nuus vir die ekonomie en die land.<\/p>\n<p>&#8216;n Derde kwessie is die vraag oor of die besonderhede wat volgens die President in artikel 25 vervat sou word, in die Grondwet hoort. Die Grondwet het nie ten doel om &#8216;n gewone wet te wees met verskeie stipulasies en baie besonderhede nie. Dit moet deur wetgewing uitgevoer word, net soos wat die voorneme van artikel 25 is wanneer dit verklaar dat die staat wetgewing moet aanvaar wat grondhervorming sal uitvoer. Dit sou baie beter wees om die besonderhede in &#8216;n nuwe\u00a0<em>Onteieningswet<\/em> te vervat, eerder as om artikel 25 te wysig.<\/p>\n<p>Vierdens is die wyse waarop die verklaring die Grondwet uitl\u00ea, &#8216;n groot bron van kommer. \u201c<em>Die ANC herbevestig sy posisie dat die Grondwet &#8216;n mandaat is vir radikale transformasie van beide die samelewing en die ekonomie<\/em>\u201d. Dit is onmiskenbaar dat die Grondwet &#8216;n transformatiewe benadering het, maar om dit te interpreteer om &#8216;n politieke party se ideologie vir rasgebaseerde sosio-ekonomiese transformasie te steun en dit selfs as mandaat te stel, gaan te ver. Ironies genoeg wil die ANC duidelik die Grondwet meer in ooreenstemming bring met sy eie ideologie, deur &#8216;n artikel te wysig wat bestaande eiendomsregte van alle Suid-Afrikaners beskerm. Hulle is klaarblyklik nie tevrede met die \u201cmandaat\u201d nie, maar wil dit selfs verder radikaliseer.<\/p>\n<p>Die vyfde kwessie is, indien &#8216;n wysiging OSV moontlik maak, wat kan die uitwerking en gevolge daarvan wees? Artikel 36 maak dit verpligtend vir enige wet om vir almal te geld. Dit beteken dat die staat nie &#8216;n wet kan instel wat byvoorbeeld slegs op mense met blou o\u00eb van toepassing is wat verklaar dat hulle nie motors mag bestuur nie. Sodanige wet sal nie &#8216;n algemeen geldende regsvoorskrif wees nie, en sal dus ongrondwetlik wees. Gevolglik sal wysigings aan artikel 25 &#8211; gebaseer op die mening van die mense dat die Grondwet \u201cduideliker\u201d moet wees oor OSV &#8211; in stryd wees met artikel 36 indien dit slegs sekere groepe mense (soos wit Suid-Afrikaners) teiken &#8211; en sal dit dus ongrondwetlik wees. Daarbenewens, indien die wysigings van so aard sou wees dat OSV toegelaat word en dat die toesighouding van die howe ten opsigte van wat \u201cregverdige en billike\u201d vergoeding is, heeltemal geskrap sou word, dit teen die beginsel van die Oppergesag van die Reg sou wees, die hoeksteen van ons Grondwet. En ironies genoeg het President Ramaphosa dit ook bevestig dat dit &#8216;n \u201cbehoorlike uitleg\u201d van die huidige Grondwet is. Daar moet ook op gewys word dat \u201cregverdige en billike\u201d vergoeding &#8216;n universeel aanvaarbare regs- en morele beginsel is. &#8216;n Verandering aan artikel 25 wat die Oppergesag van die Reg raak, het &#8216;n 75% meerderheid nodig, volgens artikel 74(1) van die Grondwet. Hierdie kwessies sal in gedagte gehou moet word deur die regerende party wat hul benadering tot die wysiging van artikel 25 betref.<\/p>\n<p>In die sesde plek is die konsep van die OSV &#8216;n drastiese afwyking van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) &#8211; waarvan President Ramaphosa die ondervoorsitter was.Die NOP neem kennis van die dubbele doel van die eiendomsklousule; verhoed die beslaglegging van eiendom sonder regverdige vergoeding, terwyl dit ook &#8216;n morele grondslag l\u00ea vir herstelmaatre\u00ebls, met inbegrip van grondhervorming. Daar was voorheen &#8216;n bre\u00eb konsensus regoor politieke lyne betreffende die NOP as bloudruk vir Suid-Afrika se gedeelde toekoms. Hierdie afwyking van die NOP suggereer &#8216;n regerende party wat sy dominante posisie misbruik, ten spyte van &#8216;n veelparty demokrasie wat &#8216;n kenmerk van Suid-Afrika se grondliggende waardes is. Meer belangrik, die NOP stel teikens daar vir grondherverdeling, asook konkrete maatre\u00ebls om grondherverdeling te verwesenlik. Sodanige maatre\u00ebls sluit in die identifisering van oordraagbare plase, en begunstigdes &#8211; op distrikvlak, met die fasilitering van distrikskomitees oor grondhervomring. Hierdie aanbevelings van die NOP is nooit in werking gestel nie.<\/p>\n<p>Die verwatering van eiendomsregte is nie goed vir die land of sy ekonomiese groei nie. &#8216;n Onmiddellike gevolg van die resolusie om die Grondwet te wysig is &#8216;n toename in onwettige grondbesettings &#8211; waarvan baie gelei tot gewelddadige gevegte tussen groepe met mededingende belange oor dieselfde stuk grond. Sodanige besettings het duidelike gevolge vir landbougrond waar gewasproduksie bedreig word, wat weer ernstige gevolge vir Suid-Afrika se voedselsekerheid kan inhou.\u00a0In elk geval word beleggers gelok deur beide stabiliteit en sekerheid in &#8216;n land se beleid &#8211; sleutelkenmerke wat in President Ramaphosa se aankondiging ontbreek. &#8216;n Vinnige lees van die ANC se posisie oor OSV onthul teenstrydiggede en ondeursigtigheid. Vergelyk die ANC se tweedaagse spitsberaad oor grond in Mei, waartydens die party onderneem het om nie die Grondwet te wysig nie, met di\u00e9 van die President se laatnag aankondiging. Gegewe hierdie patroon &#8211; hoeveel vertroue kan in die ANC geplaas word om die land hierdeur te lei?<\/p>\n<p>Laastens, soos so baie kommentators reeds ges\u00ea het, is daar geen bewys of selfs &#8216;n aanduiding is dat die gebrek aan voldoende grondhervorming sedert 1994 te wyte is aan artikel 25 nie. In teendeel, daar is gewys (onder andere deur\u00a0Motlanthe se Ho\u00ebvlak-paneel wat deur die Parlement se Speakerforum ingestel is) dat die probleem l\u00ea by die regering se vermo\u00eb, &#8216;n gebrek aan wetgewende raamwerk en die gebrek aan politieke wilskrag. Die vraag is: het die verslag van die Ho\u00ebvlak-paneel nou &#8216;n stille dood gesterf, of sou dit ook in ag geneem word wanneer die Grondwetlike Hersieningskomitees sy eie verslag finaliseer?<\/p>\n<p>Die wysiging van artikel 25 sal nie lei tot behoorlike grondhervorming nie, maar sal al die negatiewe gevolge inhou waarteen daar gewaarsku is in die ANC se Nasrec-resolusie: skade aan landbouproduksie, skade aan voedselsekerheid, skade aan ander sektore van die ekonomie en skade aan internasionale en plaaslike beleggings. Soos die redakteur van\u00a0<em>City Press<\/em>, Mondli Makhanya, dit so mooi oor die naweek gestel: \u201c<em>Ons sal nog die dag berou (en dit was verlede Dinsdag) toe ons populisme bo die Oppergesag van die Reg gekies het.<\/em>\u201d<\/p>\n<p><em>Theuns Eloff, Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting; en Phephelaphi Dube, Direkteur van die Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><br \/>\n8 Augustus 2018<\/p>\n<p><strong><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-onbekende-in-met-osv\/'>DIE ONBEKENDE IN MET OSV<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 306.96K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-onbekende-in-met-osv\/?wpdmdl=4753&refresh=6a887dbe6877b1787329982\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1312\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg\" alt=\"FARM SPADE opt\" width=\"150\" height=\"99\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt-300x198.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>President Ramaphosa se laatnag verklaring op 31 Julie is wyd gelees en goed bekend. Dit is gekritiseer, geprys en in detail bespreek. Die kwessie oor waarom die verklaring op daardie tydstip gelewer is, en of daar &#8216;n goeie rede was om dit te doen, ten spyte van die parlement\u00eare hersieningsproses wat tans aan die gang is, val binne die bestek van politieke kommentaar. As &#8216;n Stigting met &#8216;m missie om die Grondwet te beskerm en bevorder, moet ons hierdie voorneme aanvaar en wys op wat die gevolge kan en gaan wees. In die Stigting se verklaring van 1 Augustus het ons reeds kommentaar gelewer oor die onaanvaarbare prosedure wat die parlement\u00eare proses en die onafhanklikheid van die SAUK ondermyn het.&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1312,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1538","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: DIE ONBEKENDE IN MET OSV - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: DIE ONBEKENDE IN MET OSV - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"President Ramaphosa se laatnag verklaring op 31 Julie is wyd gelees en goed bekend. Dit is gekritiseer, geprys en in detail bespreek. Die kwessie oor waarom die verklaring op daardie tydstip gelewer is, en of daar &#039;n goeie rede was om dit te doen, ten spyte van die parlement\u00eare hersieningsproses wat tans aan die gang is, val binne die bestek van politieke kommentaar. As &#039;n Stigting met &#039;m missie om die Grondwet te beskerm en bevorder, moet ons hierdie voorneme aanvaar en wys op wat die gevolge kan en gaan wees. In die Stigting se verklaring van 1 Augustus het ons reeds kommentaar gelewer oor die onaanvaarbare prosedure wat die parlement\u00eare proses en die onafhanklikheid van die SAUK ondermyn het.&nbsp;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-08-08T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:14:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"264\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: DIE ONBEKENDE IN MET OSV\",\"datePublished\":\"2018-08-08T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:14:35+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/\"},\"wordCount\":1278,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/\",\"name\":\"ARTIKEL: DIE ONBEKENDE IN MET OSV - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2018-08-08T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:14:35+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":264,\"caption\":\"FARM SPADE opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: DIE ONBEKENDE IN MET OSV\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: DIE ONBEKENDE IN MET OSV - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: DIE ONBEKENDE IN MET OSV - FW de Klerk Foundation","og_description":"President Ramaphosa se laatnag verklaring op 31 Julie is wyd gelees en goed bekend. Dit is gekritiseer, geprys en in detail bespreek. Die kwessie oor waarom die verklaring op daardie tydstip gelewer is, en of daar 'n goeie rede was om dit te doen, ten spyte van die parlement\u00eare hersieningsproses wat tans aan die gang is, val binne die bestek van politieke kommentaar. As 'n Stigting met 'm missie om die Grondwet te beskerm en bevorder, moet ons hierdie voorneme aanvaar en wys op wat die gevolge kan en gaan wees. In die Stigting se verklaring van 1 Augustus het ons reeds kommentaar gelewer oor die onaanvaarbare prosedure wat die parlement\u00eare proses en die onafhanklikheid van die SAUK ondermyn het.&nbsp;","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2018-08-08T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:14:35+00:00","og_image":[{"width":400,"height":264,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: DIE ONBEKENDE IN MET OSV","datePublished":"2018-08-08T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:14:35+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/"},"wordCount":1278,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/","name":"ARTIKEL: DIE ONBEKENDE IN MET OSV - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg","datePublished":"2018-08-08T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:14:35+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg","width":400,"height":264,"caption":"FARM SPADE opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onbekende-in-met-osv\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: DIE ONBEKENDE IN MET OSV"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1538","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1538"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1538\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7992,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1538\/revisions\/7992"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1312"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1538"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1538"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1538"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}