{"id":1529,"date":"2018-08-23T08:00:00","date_gmt":"2018-08-23T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/"},"modified":"2021-07-20T21:14:15","modified_gmt":"2021-07-20T19:14:15","slug":"artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: WAT IS ANC SE OPSIES OM ARTIKEL 25 TE VERANDER?"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die belangrikste deel van artikel 25 wat verander kan word om die politieke oogmerke van die ANC (en die EFF) te bereik, is artikel 25(2):<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\"><em>\u201cEiendom mag slegs ingevolge \u0149 algemeen geldende regsvoorskrif onteien word-<\/em><br \/>\n<em>(a) vir \u0149 openbare doel of in die openbare belang; en\u00a0<\/em><br \/>\n<em>(b) onderworpe aan vergoeding waarvan die bedrag en die tyd en wyse van betaling \u00f3f deur diegene wat geraak word, aanvaar is \u00f3f deur \u0149 hof bepaal of goedgekeur is.\u201d<\/em><\/p>\n<p>Die twee sleutelkwessies is \u2018n\u00a0\u201c<em>algemeen geldende regsvoorskrif<\/em>\u201den\u00a0\u201c<em>vergoeding&#8230; wat&#8230; aanvaar is of deur \u2018n hof bepaal&#8230; is<\/em>\u201d. \u2018n Algemeen geldende regsvoorskrif beteken in wese dat \u2018n wet vir almal moet geld, nie net vir byvoorbeeld \u2018n sekere rassegroep nie. En die vergoeding vir onteiening moet, as daar verskil van mening is, deur \u2018n hof bepaal word. Die howe het dus \u2018n oorsigrol in onteiening, om te bepaal of die vergoeding \u201cregverdig en billik\u201d is (artikel 25(3)).<\/p>\n<p>Daar is breedweg drie scenarios vir veranderings aan artikel 25(2). Die eerste is dat die beginsel van OSV as \u2018n uitsondering op die algemene re\u00ebl van artikel 25(2) (dat vergoeding betaal moet word) gestel word, maar dat die detail daarvan in \u2018n nuwe\u00a0<em>Onteieningswet<\/em>\u00a0gegee word.<\/p>\n<p>Uit uitsprake van ANC-leiers en kenners word daar hier aan vier kategorie\u00eb gedink, naamlik grond:<\/p>\n<ul>\n<li>Wat deur die eienaar(s) agtergelaat (\u201cabandon\u201d) is;<\/li>\n<li>Waar die eienaars toegelaat het dat nie-eienaars dit vir lang tydperke bewoon en of bewerk het;<\/li>\n<li>Wat ongebruik l\u00ea; en<\/li>\n<li>Wat onderbenut is.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Hierdie uitsonderings sal dan in \u2018n nuwe\u00a0<em>Onteieningswet<\/em> uitgespel word en sal aan OSV onderworpe kan wees. Die toepassing van hierdie uitsonderings in die\u00a0<em>Onteieningswet<\/em>\u00a0sal outomaties aan die oorsig van die howe oorgelaat word (soos met alle wetgewing die geval is).<\/p>\n<p>Die tweede scenario is dat die detail van die uitsonderings in artikel 25(2) self ingesluit word, met die behoud van die oorsig van die howe en sonder dat die \u201calgemeen geldende regsvoorskrif\u201d van artikel 25(2) verander word. Die uitwerking van hierdie scenario sal basies dieselfde wees as scenario een.<\/p>\n<p>In beide van hierdie scenarios is dit moontlik dat artikel 25(4)(b), wat stel dat eiendom nie tot grond beperk is nie, ook verander kan word om duidelik te stel dat OSV slegs op grond van toepassing is. Dit is meermale as versekering deur ANC-leiers gegee aan diegene wat bekommerd is dat spaarportefeuljes, aandele en intellektuele eiendom ook sonder vergoeding vervreem kan word. Hierdie aspek mag dalk vir die ANC \u2018n manier gee om partye soos die DA se instemming vir \u2018n genuanseerde verandering van artikel 25(2) te kry.<\/p>\n<p>Die derde (en slegste) scenario is waar artikel 25(2) grondliggend verander word om OSV die norm ten minste ten opsigte van grond te maak. In s\u00f3 \u2018n verandering kan die oorsig van die howe ten opsigte van OSV uit artikel 25(2) gehaal word; wat beteken dat artikel 25(3), wat bepaal dat vergoeding \u201cregverdig en billik\u201d moet wees, ook verander sal word. Daarby kan daar direk gestel word dat OSV spesifiek op die grond van wit Suid-Afrikaners van toepassing gemaak word.<\/p>\n<p>Hoe realisties is dit dat hierdie veranderings deur die Parlement gemaak kan word? Die ANC, met 249 uit 400 stemme in die nasionale vergadering (62%), het nie self die vereiste 66.6% (267 stemme) nie. Hulle het 18 stemme van ander partye nodig om 267 te haal. In scenario een en twee is dit ondenkbaar dat die EFF met hulle 6% (19 stemme) sodanige verandering sal steun, omdat dit nie naastenby is wat di\u00e9 party wil bereik nie. En om die beginsels van die oorsig van die howe en die algemeen geldende regsvoorskrif te behou, sal nooit in die EFF se kraal pas nie. Dit is verder hoogs twyfelagtig of enige ander party die ANC in OSV sal steun. Die DA met 89 stemme (22%), en COPE, die ACDP en die VF+ (elk met drie stemme) is sterk teen die verandering van artikel 25 gekant. Die IVP het 10 stemme (4%) en sal so \u2018n voorstel net steun as die grond van die Ingonyama Trust veilig is. Die ander kleiner partye het saam 17 stemme, een te min vir die 18 wat die ANC nodig het om die twee-derde meerderheid te kry.<\/p>\n<p>In scenario drie sal die ANC, waarskynlik n\u00e1 versekerings en ander toegewings, dalk wel op die EFF se steun kan staatmaak. Dit is naby genoeg aan wat die EFF wil h\u00ea, veral as hulle aan hulle ondersteuners kan wys dat hulle ook ander toegewings van die ANC gekry het &#8211; oppad na hulle eie beleid van volledige nasionalisering van grond. Maar as scenario drie (of enige permutasie daarvan) met \u2018n twee-derde meerderheid aanvaar word, is die saak nog lank nie afgehandel nie. Die redes hiervoor l\u00ea in die twee sake wat hierbo genoem is, naamlik die<em>\u00a0oorsig van die howe<\/em>\u00a0en die beginsel van \u2018n\u00a0<em>algemeen geldende regsvoorskrif<\/em>.<\/p>\n<p>Hoofstuk 1 van die Grondwet bevat grondwetlike waardes wat volgens artikel 74 slegs met \u2018n 75% meerderheid gewysig kan word. Hieronder is die oppergesag van die grondwet en die heerskappy van die reg (die sogenaamde \u201cRule of Law\u201d). Om die oppergesag van die reg (met ander woorde die oorsig van die howe) uit die beskerming van een van die basiese menseregte in hoofstuk 2 (eiendomsreg) weg te neem, kom daarop neer dat die oppergesag van die reg self aangetas word. En daarvoor is nie slegs \u2018n twee-derde meerderheid nodig nie, maar 75%. Die howe sal byvoorbeeld in scenario een of twee objektief kan bepaal of grond onderbenut of onbenut is, anders sal dit aan die politici en amptenare oorgelaat word en Zimbabwe is ons voorland. As hierdie oorsig uit \u2018n veranderde artikel 25 uitgelaat word, sal beswaardes by die Konstitusionele Hof kan aansoek doen dat \u2018n meerderheid van 75% nodig is en die Hof kan s\u00f3 \u2018n bevel maak.<\/p>\n<p>Artikel 36 van die Grondwet s\u00ea verder:<br \/>\n<em>\u201c(1) Die regte in die Handves van Regte kan slegs kragtens \u0149\u00a0algemeen geldende regsvoorskrifbeperk word in die mate waarin die beperking redelik en regverdigbaar is in \u0149 oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid, met inagneming van alle tersaaklike faktore&#8230;\u201d<\/em><\/p>\n<p>Die reg om eiendom te besit en dit nie op \u2018n arbitr\u00eare wyse te verloor nie, mag dus slegs beperk word deur \u2018n algemeen geldende regsvoorskrif, dit wil s\u00ea \u2018n voorskrif wat vir alle Suid-Afrikaners geld &#8211; en nie net \u2018n sekere rassegroep nie. Hoofstuk 1 noem dit die grondwetlike waarde van nie-rassigheid (1(b)). En as dit aangetas word deurdat OSV net op wit mense van toepassing gemaak word, skop die vereiste vir \u2018n 75% meerderheid in.<\/p>\n<p>Saamgevat: indien \u2018n wysiging van artikel 25 daarop neerkom dat die oorsig van die howe uit die onteieningsproses weggeneem word en\/of dat die proses van OSV nie op alle landsburgers van toepassing is nie, maar dat slegs een rassegroep geteiken word, is daar vir s\u00f3 \u2018n verandering \u2018n 75% meerderheid nodig.<\/p>\n<p>Dit is dus duidelik dat die voorgenome verandering van artikel 25 allermins eenvoudig is. President Ramaphosa moet terde\u00eb bewus wees daarvan dat dit nie net oor die verandering kan gaan nie, maar ook oor hoe om dit s\u00f3 te bewoord dat dit wel \u2018n twee-derde meerderheid of met \u2018n sekere bewoording 75% steun kry \u00e9n dat s\u00f3 \u2018n verandering ernstige regsgevolge kan inhou. Gewone Suid-Afrikaners wat bekommerd oor die verandering van artikel 25 om OSV toe te laat, kan ook verseker wees dat dit nie sommer maklik gedoen sal kan word nie. Maar juis daarom moet almal betrokke bly en hulle teenkanting sterk en duidelik laat bly hoor.<\/p>\n<p><em>Deur Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting<\/em><br \/>\n23 Augustus 2018<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Aktueel\/nie-so-maklik-om-art-25-te-verander-20180819\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><strong>*Eers deur Netwerk24 gepubliseer<\/strong><\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/'>WAT IS ANC SE OPSIES OM ARTIKEL 25 TE VERANDER?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 360.74K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/?wpdmdl=4748&refresh=6a888a06795401787333126\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1331\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/eiendom_artikel_25.jpg\" alt=\"eiendom artikel 25\" width=\"150\" height=\"113\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/eiendom_artikel_25.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/eiendom_artikel_25-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Nou dat ons weet dat die ANC \u2018n wysiging van artikel 25 sal steun om onteiening sonder vergoeding (OSV) moontlik te maak, is die vraag watter moontlike veranderings voorgestel kan word. Daar is sienings dat die ANC en die EFF saam \u2018n gemaklike twee-derdes meerderheid sal kry om artikel 25 te verander \u201csoos wat hulle wil\u201d. Daar is ander wat glo dat enige verandering van artikel 25 nie net \u2018n twee-derde meerderheid sal benodig nie, maar dat eiendomsreg so fundamenteel is dat enige verandering daaraan \u2018n 75% meerderheid nodig sal h\u00ea. Waar l\u00ea die waarheid?<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1331,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1529","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: WAT IS ANC SE OPSIES OM ARTIKEL 25 TE VERANDER? - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: WAT IS ANC SE OPSIES OM ARTIKEL 25 TE VERANDER? - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Nou dat ons weet dat die ANC \u2018n wysiging van artikel 25 sal steun om onteiening sonder vergoeding (OSV) moontlik te maak, is die vraag watter moontlike veranderings voorgestel kan word. Daar is sienings dat die ANC en die EFF saam \u2018n gemaklike twee-derdes meerderheid sal kry om artikel 25 te verander \u201csoos wat hulle wil\u201d. Daar is ander wat glo dat enige verandering van artikel 25 nie net \u2018n twee-derde meerderheid sal benodig nie, maar dat eiendomsreg so fundamenteel is dat enige verandering daaraan \u2018n 75% meerderheid nodig sal h\u00ea. Waar l\u00ea die waarheid?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-08-23T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:14:15+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/eiendom_artikel_25.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"300\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: WAT IS ANC SE OPSIES OM ARTIKEL 25 TE VERANDER?\",\"datePublished\":\"2018-08-23T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:14:15+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/\"},\"wordCount\":1235,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/eiendom_artikel_25.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/\",\"name\":\"ARTIKEL: WAT IS ANC SE OPSIES OM ARTIKEL 25 TE VERANDER? - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/eiendom_artikel_25.jpg\",\"datePublished\":\"2018-08-23T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:14:15+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/eiendom_artikel_25.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/eiendom_artikel_25.jpg\",\"width\":400,\"height\":300,\"caption\":\"eiendom artikel 25\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: WAT IS ANC SE OPSIES OM ARTIKEL 25 TE VERANDER?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: WAT IS ANC SE OPSIES OM ARTIKEL 25 TE VERANDER? - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: WAT IS ANC SE OPSIES OM ARTIKEL 25 TE VERANDER? - FW de Klerk Foundation","og_description":"Nou dat ons weet dat die ANC \u2018n wysiging van artikel 25 sal steun om onteiening sonder vergoeding (OSV) moontlik te maak, is die vraag watter moontlike veranderings voorgestel kan word. Daar is sienings dat die ANC en die EFF saam \u2018n gemaklike twee-derdes meerderheid sal kry om artikel 25 te verander \u201csoos wat hulle wil\u201d. Daar is ander wat glo dat enige verandering van artikel 25 nie net \u2018n twee-derde meerderheid sal benodig nie, maar dat eiendomsreg so fundamenteel is dat enige verandering daaraan \u2018n 75% meerderheid nodig sal h\u00ea. Waar l\u00ea die waarheid?","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2018-08-23T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:14:15+00:00","og_image":[{"width":400,"height":300,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/eiendom_artikel_25.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: WAT IS ANC SE OPSIES OM ARTIKEL 25 TE VERANDER?","datePublished":"2018-08-23T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:14:15+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/"},"wordCount":1235,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/eiendom_artikel_25.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/","name":"ARTIKEL: WAT IS ANC SE OPSIES OM ARTIKEL 25 TE VERANDER? - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/eiendom_artikel_25.jpg","datePublished":"2018-08-23T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:14:15+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/eiendom_artikel_25.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/eiendom_artikel_25.jpg","width":400,"height":300,"caption":"eiendom artikel 25"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-is-anc-se-opsies-om-artikel-25-te-verander\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: WAT IS ANC SE OPSIES OM ARTIKEL 25 TE VERANDER?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1529","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1529"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1529\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7990,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1529\/revisions\/7990"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1331"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1529"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1529"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1529"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}