{"id":1491,"date":"2018-05-30T08:00:00","date_gmt":"2018-05-30T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/"},"modified":"2021-07-20T21:16:48","modified_gmt":"2021-07-20T19:16:48","slug":"artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: SUID-AFRIKA HET DRINGEND \u2018N \u201cMARSHALL-PLAN\u201d VIR SY INPLOFFENDE MUNISIPALITEITE NODIG"},"content":{"rendered":"<p>Die oorsake van die grootskaalse inploffing van munisipaliteite is wydlopend en kompleks.\u00a0\u00a0Die Staatsdienskommissie het aan die einde van 2014 in \u2019n besprekingsdokument aangetoon dat van diebelangrikste redes vir swak dienslewering in die staatsdiens, die verskynsels van kaderontplooiing en regstellende aksie is. Hulle waarsku toe al dat \u201cdoeltreffendheid en bevoegdheid\u201d nie op die \u201caltaar van remedi\u00ebrende indiensneming geoffer mag word nie\u201d. Die waarnemende voorsitter van die Kommissie, adv. RK Sizani, het bevestig dat kaderontplooiing daartoe lei dat ongekwalifiseerde kandidate soms top staatsposte kry. Dit alles is gedryf deur die eise van demografiese verteenwoordigendheid (die sogenaamde 80-9-9-2 formule). Hierdie is die wortel van die huidige probleem in ons munisipaliteite. Maar dis ook die olifant in die kamer waaraan die regerende party nie aandag (wil) gee nie. Daar is byvoorbeeld sedertdien nog niks weer van die dokument of sy aanbevelings gehoor nie. En die situasie aan die einde van 2014 sou onder die Zuma-administrasie nie verbeter het nie, maar eerder versleg het.<\/p>\n<p>As gevolg van \u2018n gebrek aan kennis en vaardighede (veral finansieel en op ingenieursvlak), spandeer munisipaliteite jaarliks (meestal totaal oneffektief) miljoene rande aan konsultante &#8211; om te doen wat die amptenare behoort te doen. En daar is \u2018n getuienis dat die meeste van hierdie konsultante nie \u2018n snars verskil maak nie.<\/p>\n<p>Hierdie toestand van onbevoegdheid is en word steeds vererger deur endemiese korrupsie wat in talle munisipaliteite \u2018n manier van lewe geword het &#8211; na aanleiding van die voorbeeld van die Zuptas. Dit gaan baie maal gepaard met \u2018n kultuur van toe-eiening (\u201centitlement\u201d). In plaas van \u201cbatho pele\u201d (die mense eerste), is die motto \u201cke pele\u201d (ek eerste).<\/p>\n<p>Ten slotte moet dit gestel word dat die mooi en grondwetlike konsep van\u201csamewerkende regering\u201d onder hierdie omstandighede in wese opgehou werk het. Volgens artikel 139 van die Grondwet het provinsiale regerings slegs onder sekere spesifieke omstandighede die reg om in te gryp en \u2018n munisipaliteit onder administrasie te plaas. En dan is daar gewoonlik op provinsiale vlak self nie genoeg vaardighede om die situasie om te keer nie. Daar is nie \u2018n gebrek aan baie en soms burokratiese re\u00ebls nie, maar dit word gewoon omseil of nie toegepas nie en voorkom nie korrupsie nie.<\/p>\n<p>Maar soos wat \u2018n vriend onlangs aan my ges\u00ea het: \u201cEk is nou siek en sat om te hoor hoe sleg dit met munisipaliteite gaan. Fokus eerder op oplossings. Wat sal jy doen as jy die President was\u201d?<\/p>\n<p>In die eerste plek sal die regerende partye (ANC en DA) dit sterk moet oorweeg om leefstyloudits en vaardigheidstoetsing van munisipale amptenare te doen. Dis die enigste effektiewe manier om die wortel van die kwaad soos hierbo genoem, uit te kap. \u2018n Mens sou, op grond van die statistieke van die Ouditeur-generaal, kan aflei dat ten minste 50% van munisipale amptenare onbevoeg of korrup is. Daar sal eenvoudig van hulle ontslae geraak moet word om die situasie om te draai en plaaslike regering op \u2018n vaste voet te plaas. Heropleiding mag \u2018n opsie vir \u2018n kleiner persentasie amptenare wees. Of die staatsdiensvakbonde egter hierin gaan saamwerk, is te betwyfel.<\/p>\n<p>Tweedens moet die politieke partye \u2018n kultuurverandering onder munisipale amptenare teweegbring. Gespreksgroepe, gedragskodes en die ondertekening van etiese kodes kan hier gebruik word. Die essensie van \u201cbatho pele\u201d moet teruggebring word. Dit moet duidelik gestel word dat toe-eiening en erger nog, korrupsie, nie meer welkom in die munisipaliteit en die party is nie. Wat hierin baie belangrik is, is dat dieselfde faktore wat amptenare na korrupsie en toe-eiening laat beweeg het, grootliks ook op verkose raadslede van toepassing is. En dis waar die politieke partye met \u2018n kultuurverandering moet begin &#8211; by hulle \u201ceie\u201d verkose raadslede. Want dit is die oorsig van daardie raadslede wat \u00f3f gebrekkig is, \u00f3f afwesig is. Eers wanneer hulle \u2018n gesindheidsverandering ondergaan, kan hulle die amptenare se gesindheid en die kultuur van die plaaslike owerheid ten goede verander. Waar nodig (en dis waarskynlik in die meeste gevalle), moet die kultuurverandering eers of gelyktydig op provinsiale vlak gebeur.<\/p>\n<p>Die onlangse nuwe magte van die OG om amptenare wat munisipaliteite deur tenders bedrieg het, in hulle persoonlike hoedanigheid krimineel aan te kla, is \u2018n stap vorentoe. Hierdie beginsel word reeds op nasionale vlak aangewend en kan suksesvol wees, nie net om huidige korruptes uit te vang en aan die pen te laat ry nie, maar om ook as \u2018n baie sterk persoonlike afskrikmiddel vir toekomstige korrupsie te dien. In kort beteken dit in die derde plek dat alle juridiese middels gebruik moet word om onbevoegde en korrupte amptenare aan die pen te laat ry &#8211; en hulle met bevoegde, eerlike amptenare te vervang.<\/p>\n<p>Vierdens,\u00a0\u00a0en miskien ietwat kontroversieel, kan die President dit oorweeg om demografiese ras-teikens in sekere omstandighede by munisipaliteite en selfs die hele staatsdiens te verslap of selfs af te skaf. Mense wat die werk reg kan doen, moet dringend in die hande gekry word &#8211; ongeag wat hulle ras of afkoms is. Indien dit nie gedoen word nie en dienslewering verbeter nie, is die mense wat die gevaar loop om steeds die meeste daaronder te ly, die benadeelde en veral arm swart bevolking.<\/p>\n<p>In die laaste plek\u00a0\u00a0sal die President weer goed na die beginsels van samewerkende regering in die Grondwet moet kyk en moontlik \u2018n nuwe wetgewende raamwerk vir plaaslike regering moet daarstel &#8211; sonder om noodwendig aan die Grondwet self te torring. Om owerhede onder administrasie te plaas, kan in een provinsie (soos Noordwes) werk, maar daar is nie die kapasiteit in die provinsiale regerings om al 128 die munisipaliteite wat in die moeilikheid is, onder administrasie te plaas en \u201com te draai\u201d nie. En om (soos wat skynbaar beplan word) bloot finansi\u00eble en administratiewe hulp aan sukkelende munisipaliteite te gee, is geen blywende oplossing vir die dieper liggende probleme van onbevoegdheid, korrupsie en toe-eiening nie. Daar sal dus \u2018n ander wetgewende raamwerk geskep moet word om ons plaaslike owerheidsektor te bestendig en lewensvatbaar te maak.<\/p>\n<p>Enige regering wat weet dat meer as die helfte van sy plaaslike owerhede, waar noodsaaklike dienste aan gewone mense en soms die armstes van die armes gelewer moet word, wanfunksioneel en\/of bankrot is, en niks daaraan doen of nie die regte ingrepe maak nie, speel met vuur.<\/p>\n<p>Dit is nie \u2018n oordrywing nie dat Suid-Afrika vir sy plaaslike owerheidssektor dringend \u2018n omvattende en ingrypende \u201cMarshall-Plan\u201d soos Europa na die Tweede W\u00eareldoorlog nodig het.<\/p>\n<p><em>Deur Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting<\/em><br \/>\n30 Mei 2018<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Aktueel\/so-red-ons-munisipaliteite-20180525#loggedin\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><strong>*Eers op Netwerk24 gepubliseer<\/strong><\/a><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/'>SUID-AFRIKA HET DRINGEND \u2018N \u201cMARSHALL-PLAN\u201d VIR SY INPLOFFENDE MUNISIPALITEITE NODIG<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 663.84K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/?wpdmdl=4713&refresh=6ae6b92cdaef31793505580\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n<hr \/>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1082\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg\" alt=\"City sml\" width=\"150\" height=\"100\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Beide die Ouditeur-generaal (OG) Kimi Makwetu en die Minister van Samewerkende Regering, Zweli Mkhize, het onlangs ges\u00ea dat dit al slegter gaan met die finansies (en daarom die dienslewering) van munisipaliteite. Die skokkende syfers in hierdie verband is nou reeds oorbekend:&nbsp;&nbsp;onre\u00eblmatige uitgawes het landswyd na R28.3 miljard (vanaf R 16.2 miljard in 2015\/2016) toegeneem &#8211; \u2018n toename van 70%. Daarby is 128 van die 257 munisipaliteite regoor die land in ernstige finansi\u00eble verknorsing, en slegs 13% (33) het skoon oudits gekry. Eskom het aangekondig dat munisipaliteite nou meer as R14 miljard uitstaande skuld vir onbetaalde elektrisiteitsrekeninge het.&nbsp;<\/p>\n<p>Dis nie meer nodig om verder op die toestand van plaaslike owerhede voort te borduur nie. Dis om van naar te word. Die vraag moet eerder wees: hoe kan dit opgelos word? Hoe kan ons weer in \u2018n posisie kom waar munisipaliteite die mense wat hulle behoort te dien, eerste stel? Om hierdie vraag te antwoord, is dit eers nodig om na die oorsake van hierdie toestand te kyk.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1082,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1491","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: SUID-AFRIKA HET DRINGEND \u2018N \u201cMARSHALL-PLAN\u201d VIR SY INPLOFFENDE MUNISIPALITEITE NODIG - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: SUID-AFRIKA HET DRINGEND \u2018N \u201cMARSHALL-PLAN\u201d VIR SY INPLOFFENDE MUNISIPALITEITE NODIG - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Beide die Ouditeur-generaal (OG) Kimi Makwetu en die Minister van Samewerkende Regering, Zweli Mkhize, het onlangs ges\u00ea dat dit al slegter gaan met die finansies (en daarom die dienslewering) van munisipaliteite. Die skokkende syfers in hierdie verband is nou reeds oorbekend:&nbsp;&nbsp;onre\u00eblmatige uitgawes het landswyd na R28.3 miljard (vanaf R 16.2 miljard in 2015\/2016) toegeneem - \u2018n toename van 70%. Daarby is 128 van die 257 munisipaliteite regoor die land in ernstige finansi\u00eble verknorsing, en slegs 13% (33) het skoon oudits gekry. Eskom het aangekondig dat munisipaliteite nou meer as R14 miljard uitstaande skuld vir onbetaalde elektrisiteitsrekeninge het.&nbsp; Dis nie meer nodig om verder op die toestand van plaaslike owerhede voort te borduur nie. Dis om van naar te word. Die vraag moet eerder wees: hoe kan dit opgelos word? Hoe kan ons weer in \u2018n posisie kom waar munisipaliteite die mense wat hulle behoort te dien, eerste stel? Om hierdie vraag te antwoord, is dit eers nodig om na die oorsake van hierdie toestand te kyk.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-05-30T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:16:48+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"266\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: SUID-AFRIKA HET DRINGEND \u2018N \u201cMARSHALL-PLAN\u201d VIR SY INPLOFFENDE MUNISIPALITEITE NODIG\",\"datePublished\":\"2018-05-30T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:16:48+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/\"},\"wordCount\":1087,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/\",\"name\":\"ARTIKEL: SUID-AFRIKA HET DRINGEND \u2018N \u201cMARSHALL-PLAN\u201d VIR SY INPLOFFENDE MUNISIPALITEITE NODIG - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg\",\"datePublished\":\"2018-05-30T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:16:48+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg\",\"width\":400,\"height\":266,\"caption\":\"City sml\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: SUID-AFRIKA HET DRINGEND \u2018N \u201cMARSHALL-PLAN\u201d VIR SY INPLOFFENDE MUNISIPALITEITE NODIG\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: SUID-AFRIKA HET DRINGEND \u2018N \u201cMARSHALL-PLAN\u201d VIR SY INPLOFFENDE MUNISIPALITEITE NODIG - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: SUID-AFRIKA HET DRINGEND \u2018N \u201cMARSHALL-PLAN\u201d VIR SY INPLOFFENDE MUNISIPALITEITE NODIG - FW de Klerk Foundation","og_description":"Beide die Ouditeur-generaal (OG) Kimi Makwetu en die Minister van Samewerkende Regering, Zweli Mkhize, het onlangs ges\u00ea dat dit al slegter gaan met die finansies (en daarom die dienslewering) van munisipaliteite. Die skokkende syfers in hierdie verband is nou reeds oorbekend:&nbsp;&nbsp;onre\u00eblmatige uitgawes het landswyd na R28.3 miljard (vanaf R 16.2 miljard in 2015\/2016) toegeneem - \u2018n toename van 70%. Daarby is 128 van die 257 munisipaliteite regoor die land in ernstige finansi\u00eble verknorsing, en slegs 13% (33) het skoon oudits gekry. Eskom het aangekondig dat munisipaliteite nou meer as R14 miljard uitstaande skuld vir onbetaalde elektrisiteitsrekeninge het.&nbsp; Dis nie meer nodig om verder op die toestand van plaaslike owerhede voort te borduur nie. Dis om van naar te word. Die vraag moet eerder wees: hoe kan dit opgelos word? Hoe kan ons weer in \u2018n posisie kom waar munisipaliteite die mense wat hulle behoort te dien, eerste stel? Om hierdie vraag te antwoord, is dit eers nodig om na die oorsake van hierdie toestand te kyk.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2018-05-30T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:16:48+00:00","og_image":[{"width":400,"height":266,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: SUID-AFRIKA HET DRINGEND \u2018N \u201cMARSHALL-PLAN\u201d VIR SY INPLOFFENDE MUNISIPALITEITE NODIG","datePublished":"2018-05-30T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:16:48+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/"},"wordCount":1087,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/","name":"ARTIKEL: SUID-AFRIKA HET DRINGEND \u2018N \u201cMARSHALL-PLAN\u201d VIR SY INPLOFFENDE MUNISIPALITEITE NODIG - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg","datePublished":"2018-05-30T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:16:48+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg","width":400,"height":266,"caption":"City sml"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-het-dringend-n-marshall-plan-vir-sy-inploffende-munisipaliteite-nodig\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: SUID-AFRIKA HET DRINGEND \u2018N \u201cMARSHALL-PLAN\u201d VIR SY INPLOFFENDE MUNISIPALITEITE NODIG"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1491","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1491"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1491\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8002,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1491\/revisions\/8002"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1082"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1491"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1491"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1491"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}