{"id":1488,"date":"2018-05-07T08:00:00","date_gmt":"2018-05-07T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/"},"modified":"2021-07-20T21:18:56","modified_gmt":"2021-07-20T19:18:56","slug":"artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: WAT HET DIE AFGELOPE 24 JAAR MET GRONDHERVORMING VERKEERD GEGAAN?"},"content":{"rendered":"<p>Elke Suid-Afrikaner het sy\/haar eie mening oor waar dinge verkeerd gegaan het. Sommiges het eie ervaring, ander hoors\u00ea en ander sommer net \u2018n eie mening. Daar is egter \u2018n besonder gesaghebbende bron wat in November 2017 gepubliseer is. Dis \u2018n verslag van \u2018n ondersoek wat in opdrag van die Parlement se Speakersforum gedoen is. Die mandaat was: evalueer die wetgewing van die afgelope jare en ondersoek hoe fundamentele verandering in Suid-Afrika versnel kan word. Die verslag het byna twee jaar geneem om te voltooi en is nagevors en opgestel deur \u2018n indrukwekkende paneel van 11 prominente Suid-Afrikaners, waaronder oud-politici, regsgeleerdes, ouditeurs en akademici, onder voorsitterskap van oud-President Kgalema Motlanthe. Die verslag beslaan 600 bladsye &#8211; waarvan 100 aan grondhervorming afgestaan word. Wat het die paneel, n\u00e1 maande se navorsing, voorleggings en mondelinge getuienis in elke provinsie bevind?<\/p>\n<p>Grondhervorming is \u2018n oorhoofse term wat grondherverdeling, grondrestitusie en sekerheid van behoud van grond (\u201csecurity of tenure\u201d) insluit. Herverdeling verwys na die proses waar grond wat in die mark kom, deur swart eienaars of die staat bekom word. Restitusie is die proses waar mense wie se grond n\u00e1 1913 deur die staat of ander instansies weggeneem is, terugge\u00ebis kan word; en die sekerheid van behoud gaan oor werkers op plase en inwoners van die voormalige tuislande wat al jare lank op hulle \u201ceie\u201d grond bly of werk, maar geen formele en indiwiduele eiendomsreg daarvoor het nie.<\/p>\n<p>Die Motlantheverslag kom tot sterk gevolgtrekkings.<\/p>\n<p>Die\u00a0<strong>eerste<\/strong> hiervan is dat vergoeding vir grond nie die belangrikste beletsel vir grondhervorming is nie, maar dat dit eerder korrupsie deur amptenare, die wegkering van begrotingsgeld na elites, die gebrek aan politieke wil by die regering en die gebrek aan opleiding en kapasiteit by die staat is.<\/p>\n<p>\u2018n\u00a0<strong>Tweede<\/strong>\u00a0faktor is die gebrek aan \u2018n begroting (as \u2018n gevolg van die gebrek aan politieke wil) vir grondhervorming. Die verslag toon aan dat die begroting in 20 jaar nie eers tred gehou het met inflasie nie en skamele 0.4% van die nasionale begroting uitmaak.<\/p>\n<p><strong>Derdens<\/strong>\u00a0wys die verslag daarop dat in plaas daarvan om nuwe grondeienaars te bemagtig en te laat vooruit boer, hulle in effek \u201chuurders\u201d van grond by die staat word. Dit is omdat hulle nie titelaktes vir die grond wat aan hulle toegeken word, kry nie &#8211; en daarom ook nie die grond as sekuriteit vir lenings kan gebruik om beeste, saad, voer en implemente te koop nie.<\/p>\n<p>In die\u00a0<strong>vierde<\/strong> plek bevind die verslag dat die regering nie sy grondwetlike magte om grond vir hervormingsdoeleindes aan te wend, effektief gebruik het nie, en ook nie die grondwetlike bepalings dat vergoeding onder sekere omstandighede onder die markwaarde kan wees, gebruik het nie.<\/p>\n<p><strong>Vyfdens<\/strong>\u00a0bevind die verslag dat die staat die regte van benadeelde Suid-Afrikaners in artikel 25(5), (6), (7) en (9) nie \u201cgenoegsaam bevorder, afgedwing en beskerm\u201d het nie, maar dat hierdie regte eerder onder beleg is deur \u201cbeleide en praktyke\u201d wat die voordele van grondhervorming na potensi\u00eble politieke alliansievennote en spesifieke elites wil kanaliseer.<\/p>\n<p>Ander redes word ook genoem, wat almal met die uitvoering van die staat se mandaat te doen het. Natuurlik is korrupsie \u2018n tweerigting proses, en die nie-staatsorganisasies en persone mag dalk nie so entoesiasties aan grondhervorming meegedoen het as wat hulle kon nie, maar die feit bly dat die paneel onder die voorsitterskap van \u2018n voormalige President die blaam vir die stadige en gebrekkige grondhervorming amper uitsluitlik op die staat plaas. Benewens korrupsie, is \u2018n gebrek aan kapasiteit (lees: swak amptenare), begrotings, die gebrek aan titelaktes, swak wetgewing en swak implementering van bestaande wetgewing die ander groot sondebokke.<\/p>\n<p>Daarbenewens neem die verslag in sy aanbevelings sterk standpunt in oor \u2018n wysiging van artikel 25. Eerder as om artikel 25 te wysig, moet die regering eerder sy onteieningsmagte sterker gebruik, op maniere wat die voorsiening van vergoeding in artikel 25(3) sal toets, veral met betrekking tot grond wat onbenut of onderbenut is, veral grond wat reeds aan die staat behoort. Dis duidelik: die parlement\u00ear aangestelde onafhanklike paneel beveel aan dat artikel 25 nie gewysig moet word of hoef te word nie. Dit is hoofsaaklik die staat wat sy plig versaak het om die grondwetlike mandaat oor grondhervorming uit te voer.<\/p>\n<p>Die boodskap is sterk: as die staat sy grondwetlike mandaat reg wil uitvoer, moet die regte wetgewing geskryf word, dit moet reg toegepas word, dit moet effektief en deursigtig toegepas word deur bevoegde amptenare en daar moet genoeg geld daarvoor voorsien word. Hier is geen sprake van \u201cvinnige\u201d grondgrype deur onteiening sonder vergoeding nie, maar \u2018n deeglike proses in lyn met artikel 25 van die Grondwet van Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Dit is verstaanbaar dat die EFF nie hierdie boodskap in die Parlement sou wou hoor nie. Hulle is immers totaal ideologies teenoor grondhervorming ingestel en maak OSV hulle verkiesingslagspreuk. Dit is egter die verantwoordelikheid van die ANC, wat die party is wat die Motlantheverslag ge\u00efnisieer het, om fyn na die hoofboodskap daarvan te luister. Selfs \u2018n verandering aan artikel 25 wat OSV moontlik maak, gaan grondhervorming nie laat gebeur nie &#8211; nie as die basiese probleme van \u2018n gebrek aan \u2018n wetgewende raamwerk, korrupsie, kapasiteit, politieke wil en geld nie eers aandag kry nie. \u2018n Grondwetwysiging is \u2018n maklik uitweg in vergelyking met die oplos van hierdie probleme. D\u00ect moet dringend aandag kry.<\/p>\n<p><em>Deur Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting<\/em><br \/>\n7 Mei 2018<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Aktueel\/grondhervorming-wat-het-skeefgeloop-20180507\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><strong>*Eers op Netwerk24 gepubliseer<\/strong><\/a><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/'>WAT HET DIE AFGELOPE 24 JAAR MET GRONDHERVORMING VERKEERD GEGAAN?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 572.82K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/?wpdmdl=4711&refresh=6b04029a2c7cd1795424922\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n<hr \/>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1324\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/section_25.jpg\" alt=\"section 25\" width=\"150\" height=\"113\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/section_25.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/section_25-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Daar is \u2018n algemene siening onder sommige Suid-Afrikaners dat na 24 jaar van demokrasie, minder as 10% van grond in Suid-Afrika aan die meerderheid van die bevolking behoort.&nbsp;Iemand het die storie begin versprei dat die grootste probleem met die stadige pas van grondhervorming by die beginsel van \u2018gewillige verkoper en gewillige verkoper\u2019 l\u00ea &#8211; en dat dit in die Grondwet staan (wat onwaar is). Hiermee saam is die tweede grootste struikelblok beskryf as die \u201cbillike vergoeding\u201d vir grond, wat wel in artikel 25 van die Grondwet voorgeskryf word. En daar het die oproep vir onteiening sonder vergoeding (OSV) ontstaan en momentum begin kry. Verander artikel 25 van die Grondwet, begin grond sonder enige vergoeding teruggee en die \u201coersonde\u201d sal sommer tjop-tjop verdwyn!&nbsp;&nbsp;<\/p>\n<p>Maar wat het werklik verkeerd gegaan? Wie moet die skuld kry? Is dit die grondbesitters wat halsstarrig aan hulle (vir sommige gesteelde) grond vasklou? Is dit die eiendomsagente en tussengangers? Artikel 25(5) vereis dat die staat \u201credelike wetgewende en ander maatre\u00ebls (moet) tref om, binne sy beskikbare middele, toestande te skep wat burgers in staat stel om op \u0149 billike grondslag toegang tot grond te verkry\u201d. Verder bepaal artikel 25(8): \u201cGeen bepaling van hierdie artikel verhinder die staat om wetgewende en ander maatre\u00ebls te tref om grond-, water- en verbandhoudende hervorming te bewerkstellig ten einde die gevolge van rassediskriminasie van die verlede reg te stel nie\u201d. Grondhervorming is dus volgens die Grondwet die staat se verantwoordelikheid.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1324,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1488","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: WAT HET DIE AFGELOPE 24 JAAR MET GRONDHERVORMING VERKEERD GEGAAN? - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: WAT HET DIE AFGELOPE 24 JAAR MET GRONDHERVORMING VERKEERD GEGAAN? - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Daar is \u2018n algemene siening onder sommige Suid-Afrikaners dat na 24 jaar van demokrasie, minder as 10% van grond in Suid-Afrika aan die meerderheid van die bevolking behoort.&nbsp;Iemand het die storie begin versprei dat die grootste probleem met die stadige pas van grondhervorming by die beginsel van \u2018gewillige verkoper en gewillige verkoper\u2019 l\u00ea - en dat dit in die Grondwet staan (wat onwaar is). Hiermee saam is die tweede grootste struikelblok beskryf as die \u201cbillike vergoeding\u201d vir grond, wat wel in artikel 25 van die Grondwet voorgeskryf word. En daar het die oproep vir onteiening sonder vergoeding (OSV) ontstaan en momentum begin kry. Verander artikel 25 van die Grondwet, begin grond sonder enige vergoeding teruggee en die \u201coersonde\u201d sal sommer tjop-tjop verdwyn!&nbsp;&nbsp; Maar wat het werklik verkeerd gegaan? Wie moet die skuld kry? Is dit die grondbesitters wat halsstarrig aan hulle (vir sommige gesteelde) grond vasklou? Is dit die eiendomsagente en tussengangers? Artikel 25(5) vereis dat die staat \u201credelike wetgewende en ander maatre\u00ebls (moet) tref om, binne sy beskikbare middele, toestande te skep wat burgers in staat stel om op \u0149 billike grondslag toegang tot grond te verkry\u201d. Verder bepaal artikel 25(8): \u201cGeen bepaling van hierdie artikel verhinder die staat om wetgewende en ander maatre\u00ebls te tref om grond-, water- en verbandhoudende hervorming te bewerkstellig ten einde die gevolge van rassediskriminasie van die verlede reg te stel nie\u201d. Grondhervorming is dus volgens die Grondwet die staat se verantwoordelikheid.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-05-07T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:18:56+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/section_25.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"300\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: WAT HET DIE AFGELOPE 24 JAAR MET GRONDHERVORMING VERKEERD GEGAAN?\",\"datePublished\":\"2018-05-07T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:18:56+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/\"},\"wordCount\":893,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/section_25.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/\",\"name\":\"ARTIKEL: WAT HET DIE AFGELOPE 24 JAAR MET GRONDHERVORMING VERKEERD GEGAAN? - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/section_25.jpg\",\"datePublished\":\"2018-05-07T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:18:56+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/section_25.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/section_25.jpg\",\"width\":400,\"height\":300,\"caption\":\"section 25\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: WAT HET DIE AFGELOPE 24 JAAR MET GRONDHERVORMING VERKEERD GEGAAN?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: WAT HET DIE AFGELOPE 24 JAAR MET GRONDHERVORMING VERKEERD GEGAAN? - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: WAT HET DIE AFGELOPE 24 JAAR MET GRONDHERVORMING VERKEERD GEGAAN? - FW de Klerk Foundation","og_description":"Daar is \u2018n algemene siening onder sommige Suid-Afrikaners dat na 24 jaar van demokrasie, minder as 10% van grond in Suid-Afrika aan die meerderheid van die bevolking behoort.&nbsp;Iemand het die storie begin versprei dat die grootste probleem met die stadige pas van grondhervorming by die beginsel van \u2018gewillige verkoper en gewillige verkoper\u2019 l\u00ea - en dat dit in die Grondwet staan (wat onwaar is). Hiermee saam is die tweede grootste struikelblok beskryf as die \u201cbillike vergoeding\u201d vir grond, wat wel in artikel 25 van die Grondwet voorgeskryf word. En daar het die oproep vir onteiening sonder vergoeding (OSV) ontstaan en momentum begin kry. Verander artikel 25 van die Grondwet, begin grond sonder enige vergoeding teruggee en die \u201coersonde\u201d sal sommer tjop-tjop verdwyn!&nbsp;&nbsp; Maar wat het werklik verkeerd gegaan? Wie moet die skuld kry? Is dit die grondbesitters wat halsstarrig aan hulle (vir sommige gesteelde) grond vasklou? Is dit die eiendomsagente en tussengangers? Artikel 25(5) vereis dat die staat \u201credelike wetgewende en ander maatre\u00ebls (moet) tref om, binne sy beskikbare middele, toestande te skep wat burgers in staat stel om op \u0149 billike grondslag toegang tot grond te verkry\u201d. Verder bepaal artikel 25(8): \u201cGeen bepaling van hierdie artikel verhinder die staat om wetgewende en ander maatre\u00ebls te tref om grond-, water- en verbandhoudende hervorming te bewerkstellig ten einde die gevolge van rassediskriminasie van die verlede reg te stel nie\u201d. Grondhervorming is dus volgens die Grondwet die staat se verantwoordelikheid.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2018-05-07T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:18:56+00:00","og_image":[{"width":400,"height":300,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/section_25.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"4 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: WAT HET DIE AFGELOPE 24 JAAR MET GRONDHERVORMING VERKEERD GEGAAN?","datePublished":"2018-05-07T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:18:56+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/"},"wordCount":893,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/section_25.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/","name":"ARTIKEL: WAT HET DIE AFGELOPE 24 JAAR MET GRONDHERVORMING VERKEERD GEGAAN? - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/section_25.jpg","datePublished":"2018-05-07T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:18:56+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/section_25.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/section_25.jpg","width":400,"height":300,"caption":"section 25"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wat-het-die-afgelope-24-jaar-met-grondhervorming-verkeerd-gegaan\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: WAT HET DIE AFGELOPE 24 JAAR MET GRONDHERVORMING VERKEERD GEGAAN?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1488","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1488"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1488\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8004,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1488\/revisions\/8004"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1324"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1488"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1488"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1488"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}