{"id":1478,"date":"2018-04-18T08:00:00","date_gmt":"2018-04-18T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/"},"modified":"2021-07-20T21:19:12","modified_gmt":"2021-07-20T19:19:12","slug":"artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: DIE ANC SE DILEMMA MET GRONDHERVORMING EN ONTEIENING SONDER VERGOEDING (OSV)"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Om die standunt oor OSV verder te vertroebel, het voorsitter Mantashe by die eerste nasionale dialoog ges\u00ea dat die voorwaardes oor OSV nie deel van die Nasrec-besluit was nie, maar slegs \u2018n \u201cwaarskuwing\u201d (\u201ccaution\u201d). Daarteenoor het adjunkminister Jeremy Cronin (\u2018n selferkende kommunis) in \u2018n vurige pleidooi by die dialoog aangevoer dat dit nie nodig \u00f3f wenslik is om artikel 25 te verander nie. Hy het die Nasrec-besluit as \u201ca round peg in a square hole\u201d beskryf, teenstrydig en daarom onuitvoerbaar. Selfs \u2018n vorige leier van die ANC-jeugliga, Ronald Lamola, het in sy spreekbeurt grootliks met Cronin saamgestem en daarteen gewaarsku om \u2018n artikel van die Handves van Regte te verander. Terloops, Cronin se betoog was duidelik meer op sy eie kamerade in die ANC as die res van die gehoor gemik. Hy moes h\u00falle oortuig.<\/p>\n<p>Nie eers die Ramaphosa-ondersteuners praat dus uit een mond oor OSV nie. Hoekom huldig die ANC dan hierdie siening oor OSV? Is dit teen die EFF by die 2019-stembus gemik? Of is dit om die EFF nader te trek en s\u00f3 te verseker dat die ANC se steun nie verder daal nie? Die teenargument is dat die meerderheid ANC-ondersteuners oor korrupsie en staatskaping in 2016 van die stembus weggebly of vir ander partye gestem het, nie omdat die ANC nie radikaal genoeg oor grondhervorming was nie. Ander beskou OSV as \u2018n noodwendige uitvloeisel van die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusie, radikale sosio-ekonomiese transformasie en \u2018n poging om wit Suid-Afrikaners uit die land te dryf. Daar mag elemente hiervan waar wees, maar dit verklaar nie hoekom President Ramaphosa aan die een kant vir nuwe beleggings vra en aan die ander kant OSV najaag nie &#8211; dit maak gewoon nie ekonomiese sin nie. En dat die Nasrec-besluit belegging in die ekonomie as voorwaarde insluit, bevestig dit.<\/p>\n<p>Dr Mathole Motshekga (\u2018n lid van die Grondwetlike Hersieningskomitee) se standpunt by die nasionale dialoog gee dalk \u2018n ander antwoord. Voor 1994 het swart Suid-Afrikaners twee hoofprobleme gehad het: stemreg en \u2018n gebrek aan grond. Stemreg is deur die 1994-skikking en die aanvaarde Grondwet reggestel. Maar die grondkwessie is nog nie reggestel nie, en moet dringend aandag kry. Dit sluit by Ramaphosa se \u201coersonde\u201d aan. Hierdie regstelling moet deur OSV gebeur, asof daar nie \u2018n artikel 25 in die grondwet is nie. Ander ANC-leiers praat ook soms asof die regering nie in artikel 25 \u2018n opdrag kry om deur wetgewing en ander maatre\u00ebls billike grondhervorming te dryf nie. En die argument is dat iets anders &#8211; OSV &#8211; nou nodig is om dit te bereik.<\/p>\n<p>Die verslag van die Ho\u00ebvlak Paneel onder leiding van voormalige President Kgalema Motlanthe l\u00ea die skuld vir die gebrek aan grondhervorming volledig voor die ANC-regering se deur. Die grondwetlike mandaat is nie nagekom nie. Die manier waarop die ANC nou op hierdie mislukking reageer, is om te maak asof artikel 25 van die Grondwet nie genoegsaam is om die grondprobleem op te los nie; trouens dit was nooit daar om die grondprobleem op te los nie. Meer dringende en drastiese maatre\u00ebls is nou nodig &#8211; OSV. Dit word polities die alfa en die omega &#8211; en die ANC plaas daardeur sy hele politieke koms op die spel. Swart Suid-Afrikaners g\u00e1\u00e1n hulle grond terugkry &#8211; en gou ook.<\/p>\n<p>Dis \u2018n gevaarlike politieke spel. Om letterlik al jou eiers in die grondmandjie van OSV te sit terwyl die EFF oor jou skouer loer, kan baie negatiewe gevolge in 2019 h\u00ea. Veral as jy met amptenare in die verantwoordelike departement sit wat (volgens die Motlanthe-verslag) ten beste hoogs burokraties en ten slegste onbevoeg en selfs korrup is. Selfs OSV op groot skaal gaan nie gou en effektief gebeur nie. Die dilemma van die ANC en President Ramaphosa is dat hulle op die EFF-gemaakte tier geklim het en hom nou moet ry, sonder om af te val en opgevreet te word deur ontevrede kiesers wat die beloftes van vinnige grondherstel geglo het.<\/p>\n<p>Die ander element van hierdie dilemma is die persepsies en vrese van die wit en veral die Afrikaanse gemeenskap. Hierdie groep sluit sakemense, georganiseerde landbou, aktivistiese organisasies en gewone sout-van-die-aarde-mense in. Hulle het die verkiesing van Ramaphosa as ANC-leier verwelkom en het saam gejuig toe hy as President van die land ingehuldig is. Hulle wil in Suid-Afrika bly, \u2018n bydrae maak, kos produseer, werkgeleenthede skep, bel\u00ea en die ekonomie laat groei. Dit kan sonder vrees vir teenspraak ges\u00ea word dat sonder hulle die groot ekonomiese herstel baie moeilik gaan wees (indien nie onmoontlik nie).<\/p>\n<p>Hierdie groep Suid-Afrikaners hoor egter kommerwekkende en dubbelsinnige geluide van die ANC leierskap. Die \u201coersonde\u201d van grondontneming moet reggestel word en die grond aan \u201cons mense\u201d (lees swart Suid-Afrikaners) teruggegee word &#8211; sonder om die \u201cander\u201d se titelaktes en harde werk op daardie grond te erken en te vergoed. Hulle hoor eintlik net \u201cZimbabwe\u201d. En dan help die Ambrosini-aanhaling namens \u2018n jonger Cyril Ramaphosa ook nie: dat wit mense se goed stadig van hulle weggevat gaan word, soos om die water in die padda se houer stadig maar seker te verhit, totdat die padda doodgaan. Omdat Ambrosini nie meer self gevra kan word nie, moet die President miskien eens en vir altyd self duidelikheid daaroor bring. Dit kan baie negatiwiteit uit die weg ruim.<\/p>\n<p>Die persepsies oor OSV onder swart (ons gaan ons grond vinnig terugkry) en wit (ons grond gaan sonder vergoeding gevat word) is saam die dilemma vir die ANC leierskap. As hy die swart ondersteunersgroep in die steek laat, kan hy by die stembus swaarkry. As hy die wit groep laat skrik,\u00a0\u00a0sal die ekonomie wat die werkgeleenthede vir die swart meerderheid moet skep, nie van die grond af kom nie. Dis die dilemma: OSV kan die ANC tussen die twee stoele laat deurval.<\/p>\n<p>Wat staan regdenkende en welmenende Suid-Afrikaners te doen? As \u2018n mens saamstem dat grondhervorming (soos in artikel 25 vervat) noodsaaklik is vir groter gelykheid en geregtigheid, en dat OSV nie nodig of wenslik is nie, kan mens nie anders as om met die regering in gesprek te tree nie. Dit kan gebeur deur die parlement\u00eare konsultasieproses of op sektorale vlak. Dit is uit die Motlanthe-verslag duidelik dat die eerste pogings om artikel 25 se mandaat uit te voer, misluk het. In belang van die land en al sy mense, is dit ons plig &#8211; en in ons belang &#8211; om te help dat dit die tweede keer meer geslaagd en volhoubaar is. En dit is in die ANC-regering se belang dat hy alle Suid-Afrikaners in hierdie opsig h\u00f3\u00f3r. En dat die reaksie nie is soos wat \u2018n swart advokaat by die nasionale dialoog ges\u00ea het nie &#8211; as sy wit kollegas aanbied om te help, word daar aan hulle ges\u00ea om lede van die ANC te word.<\/p>\n<p><em>Deur Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Aktueel\/anc-speel-gevaarlike-politieke-spel-met-grond-20180413\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><strong>*Eers op Netwerk24 gepubliseer<\/strong><\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/'>DIE ANC SE DILEMMA MET GRONDHERVORMING EN ONTEIENING SONDER VERGOEDING (OSV)<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 110.07K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/?wpdmdl=4707&refresh=6b04031d185691795425053\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n<hr \/>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1312\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg\" alt=\"FARM SPADE opt\" width=\"150\" height=\"99\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt-300x198.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>\u2018n Eerste nasionale dialoog oor grondhervorming het einde Maart in Johannesburg plaasgevind. Die dialoog is op versoek van die ANC-lede van die parlement\u00eare grondwetlike hersieningskomitee georganiseer, waarskynlik in \u2018n poging vir die Ramaphosa-deel van die ANC om eienaarskap van die proses te neem, nadat die EFF (en die Zuma-ondersteuners) vir lank die pas in hierdie debat aangegee het.<\/p>\n<p>Die uitsprake van ANC ampsdraers by die dialoog het \u2018n paar interessante en belangrike sake na vore laat kom. Die amptelik gedokumenteerde Nasrec-besluit oor grondhervorming verskil op belangrike punte met mediaberigte n\u00e1 die konferensie. Grondhervorming moet met groter vasberadenheid nagevolg word, as deel van die program van radikale sosio-ekonomiese transformasie. Onteiening sonder vergoeding (OSV) behoort een van die sleutelmeganismes te wees om grondhervorming te laat plaasvind. In die implementering daarvan moet verseker word dat&nbsp;<em>toekomstige belegging in die ekonomie nie ondermyn word nie&nbsp;<\/em>(my kursivering) en dat landbouproduksie en voedselsekerheid nie geskaad word nie. Implementering moet ook nie&nbsp;<em>ander sektore van die ekonomie skaad nie<\/em>&nbsp;(my kursivering). Daarby moet op grond in die regering se besit gefokus word, veral grond wat versaak, onbenut en onderbenut is (nie in die eerste plek landbougrond nie). Die voorwaardes vir OSV in die amptelike Nasrec-besluit is duidelik sterker as wat aanvanklik berig is. Dis n\u00f3g sterker as dit vergelyk word met die haastig en slordig bewoorde amendement van die EFF se parlement\u00eare mosie oor die verandering van artikel 25. Daarin word slegs gepraat van implementering wat \u201clandbouproduksie laat toeneem en wat voedselsekerheid verbeter\u201d.&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1312,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1478","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: DIE ANC SE DILEMMA MET GRONDHERVORMING EN ONTEIENING SONDER VERGOEDING (OSV) - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: DIE ANC SE DILEMMA MET GRONDHERVORMING EN ONTEIENING SONDER VERGOEDING (OSV) - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"\u2018n Eerste nasionale dialoog oor grondhervorming het einde Maart in Johannesburg plaasgevind. Die dialoog is op versoek van die ANC-lede van die parlement\u00eare grondwetlike hersieningskomitee georganiseer, waarskynlik in \u2018n poging vir die Ramaphosa-deel van die ANC om eienaarskap van die proses te neem, nadat die EFF (en die Zuma-ondersteuners) vir lank die pas in hierdie debat aangegee het. Die uitsprake van ANC ampsdraers by die dialoog het \u2018n paar interessante en belangrike sake na vore laat kom. Die amptelik gedokumenteerde Nasrec-besluit oor grondhervorming verskil op belangrike punte met mediaberigte n\u00e1 die konferensie. Grondhervorming moet met groter vasberadenheid nagevolg word, as deel van die program van radikale sosio-ekonomiese transformasie. Onteiening sonder vergoeding (OSV) behoort een van die sleutelmeganismes te wees om grondhervorming te laat plaasvind. In die implementering daarvan moet verseker word dat&nbsp;toekomstige belegging in die ekonomie nie ondermyn word nie&nbsp;(my kursivering) en dat landbouproduksie en voedselsekerheid nie geskaad word nie. Implementering moet ook nie&nbsp;ander sektore van die ekonomie skaad nie&nbsp;(my kursivering). Daarby moet op grond in die regering se besit gefokus word, veral grond wat versaak, onbenut en onderbenut is (nie in die eerste plek landbougrond nie). Die voorwaardes vir OSV in die amptelike Nasrec-besluit is duidelik sterker as wat aanvanklik berig is. Dis n\u00f3g sterker as dit vergelyk word met die haastig en slordig bewoorde amendement van die EFF se parlement\u00eare mosie oor die verandering van artikel 25. Daarin word slegs gepraat van implementering wat \u201clandbouproduksie laat toeneem en wat voedselsekerheid verbeter\u201d.&nbsp;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-04-18T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:19:12+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"264\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: DIE ANC SE DILEMMA MET GRONDHERVORMING EN ONTEIENING SONDER VERGOEDING (OSV)\",\"datePublished\":\"2018-04-18T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:19:12+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/\"},\"wordCount\":1148,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/\",\"name\":\"ARTIKEL: DIE ANC SE DILEMMA MET GRONDHERVORMING EN ONTEIENING SONDER VERGOEDING (OSV) - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2018-04-18T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:19:12+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":264,\"caption\":\"FARM SPADE opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: DIE ANC SE DILEMMA MET GRONDHERVORMING EN ONTEIENING SONDER VERGOEDING (OSV)\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: DIE ANC SE DILEMMA MET GRONDHERVORMING EN ONTEIENING SONDER VERGOEDING (OSV) - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: DIE ANC SE DILEMMA MET GRONDHERVORMING EN ONTEIENING SONDER VERGOEDING (OSV) - FW de Klerk Foundation","og_description":"\u2018n Eerste nasionale dialoog oor grondhervorming het einde Maart in Johannesburg plaasgevind. Die dialoog is op versoek van die ANC-lede van die parlement\u00eare grondwetlike hersieningskomitee georganiseer, waarskynlik in \u2018n poging vir die Ramaphosa-deel van die ANC om eienaarskap van die proses te neem, nadat die EFF (en die Zuma-ondersteuners) vir lank die pas in hierdie debat aangegee het. Die uitsprake van ANC ampsdraers by die dialoog het \u2018n paar interessante en belangrike sake na vore laat kom. Die amptelik gedokumenteerde Nasrec-besluit oor grondhervorming verskil op belangrike punte met mediaberigte n\u00e1 die konferensie. Grondhervorming moet met groter vasberadenheid nagevolg word, as deel van die program van radikale sosio-ekonomiese transformasie. Onteiening sonder vergoeding (OSV) behoort een van die sleutelmeganismes te wees om grondhervorming te laat plaasvind. In die implementering daarvan moet verseker word dat&nbsp;toekomstige belegging in die ekonomie nie ondermyn word nie&nbsp;(my kursivering) en dat landbouproduksie en voedselsekerheid nie geskaad word nie. Implementering moet ook nie&nbsp;ander sektore van die ekonomie skaad nie&nbsp;(my kursivering). Daarby moet op grond in die regering se besit gefokus word, veral grond wat versaak, onbenut en onderbenut is (nie in die eerste plek landbougrond nie). Die voorwaardes vir OSV in die amptelike Nasrec-besluit is duidelik sterker as wat aanvanklik berig is. Dis n\u00f3g sterker as dit vergelyk word met die haastig en slordig bewoorde amendement van die EFF se parlement\u00eare mosie oor die verandering van artikel 25. Daarin word slegs gepraat van implementering wat \u201clandbouproduksie laat toeneem en wat voedselsekerheid verbeter\u201d.&nbsp;","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2018-04-18T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:19:12+00:00","og_image":[{"width":400,"height":264,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: DIE ANC SE DILEMMA MET GRONDHERVORMING EN ONTEIENING SONDER VERGOEDING (OSV)","datePublished":"2018-04-18T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:19:12+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/"},"wordCount":1148,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/","name":"ARTIKEL: DIE ANC SE DILEMMA MET GRONDHERVORMING EN ONTEIENING SONDER VERGOEDING (OSV) - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg","datePublished":"2018-04-18T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:19:12+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/FARM_SPADE_opt.jpg","width":400,"height":264,"caption":"FARM SPADE opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-anc-se-dilemma-met-grondhervorming-en-onteiening-sonder-vergoeding-osv\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: DIE ANC SE DILEMMA MET GRONDHERVORMING EN ONTEIENING SONDER VERGOEDING (OSV)"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1478","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1478"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1478\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8006,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1478\/revisions\/8006"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1312"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1478"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1478"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1478"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}