{"id":1458,"date":"2018-03-06T08:00:00","date_gmt":"2018-03-06T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/"},"modified":"2021-07-20T21:20:04","modified_gmt":"2021-07-20T19:20:04","slug":"artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: GEE RAMAPHOSA-REGERING &#8216;N KANS, MAAR\u2026"},"content":{"rendered":"<p>Die \u201cja\u201d-deel is maklik. Ramaphosa is \u2018n groot verbetering op Zuma. Hy is \u2018n goeie sakeman wat ekonomiese beginsels ken. Hy is welsprekend, presidensieel en kan groot syfers reg uitspreek. Hy het hom as \u2018n uitstekende onderhandelaar en strateeg bewys. Hy verdien \u2018n kans, want hy het lank vir die geleentheid om president te wees, gewag.<\/p>\n<p>Die MAAR-deel (met hoofletters) is egter net so belangrik. Daar is ernstige vrae oor Ramaphosa se vermo\u00eb om die ANC reg te ruk en op die goeie spoor te plaas. Selfs voormalige vurige ANC-ondersteuners soos Sipho Pityana meen dit is te laat. Daarby kom die ANC se verdeeldheid en die vermo\u00eb van die Zumafaksie om nog terug te beur. Die aanstellings van David Mabuza en Bathabile Dlamini is sprekend hiervan.<\/p>\n<p>Soos al dikwels ges\u00ea is, moet president Ramaphosa sy magsbasis konsolideer en sy werk tussen twee pole doen. Aan die een kant is daar die opdrag van Nasrec \u201817 om eenheid en versoening binne die ANC te bou, om \u2018n oorwinning in 2019 te verseker. Aan die ander kant is daar sy eie oortuiging en die slagspreuk van sy verkiesingsveldtog om goeie regering te verseker en staatskaping en korrupsie uit te roei. In byna elke besluit sal hy met hierdie twee teenstrydige doelwitte gekonfronteer word.<\/p>\n<p>Wanneer die kabinet oor ekonomiese beleid gaan besluit, sal hy ook die sosialistiese en populistiese invloede moet te\u00ebwerk wat daar nog steeds in sy kollegas sit. Ekonomiese groei en belegging sal nie deur vae dubbelsinnighede bereik word nie. Wanneer hy en sy naby kollegas Eskom en ander staatsbeheerde ondernemings wil red, sal hy dapper besluite oor gedeeltelike of algehele privatisering moet neem &#8211; en sy vyandige kollegas moet oortuig of ignoreer.<\/p>\n<p>En deur dit alles sal hy moet werk om die noodlottige gevolge van rassetransformasie en kaderontplooiing in die staatsdiens teen te werk. Die gevolge hiervan, soos veral gesien in die byna algehele gebrek aan kapasiteit en integriteit (dink aan SASSA en Esidimeni) l\u00ea soos \u2018n berg tussen hom en sukses.<\/p>\n<p>Op die oomblik is grootste MAAR egter onteiening sonder vergoeding (OSV). Minder as 24 uur na die kabinet van hoop aangekondig is, volg die mosie van gekheid. Deur die slinkse EFF in \u2018n lokval gelei, stem die ANC-koukus met konsensus dat die Grondwetlike Hersieningskomitee die opdrag kry om artikel 25 van Grondwet en enige ander klousule te hersien, en die nodige grondwetlike wysigings moet voorstel sodat die regte toekomstige \u201cland tenure regime\u201d daargestel kan word.<\/p>\n<p>Die mosie haal die staatsrede van president Ramaphosa aan wat die oersonde van grondontneming erken het, en hom verbind het dat die regering sal voortgaan met die grondhervormingsprogram wat onteiening sonder vergoeding insluit, terwyl daar gebruik gemaak word van alle meganismes tot die beskikking van die staat. Dit moet ge\u00efmplementeer word op \u2018n manier wat landbouproduksie laat toeneem, voedselsekerheid verbeter en wat verseker dat die grond teruggegee word aan diegene van wie dit onder kolonialisme en apartheid weggeneem is.<\/p>\n<p>Nou ja, praat van teenstrydighede. Wie dink dat landbougrond sonder vergoeding op groot skaal onteien kan word (met die gepaardgaande onsekerhede en banke wat miljarde rande se skuld moet afskryf) en dat landbouproduksie dan gaan toeneem en voedselsekerheid verbeter gaan word, lewe in die wonderw\u00eareld van Kammie Kamfer. Dit word vererger deurdat die hele mosie op \u2018n emosionele manier aangedryf is, gegegrond op die valse feite en leuens van die regering se sogenaamde grondoudit. Om te glo dat swart mense net 2% van landelike grond en net 7% van stedelike grond besit, moet mens in fe\u00ebverhale glo en jou greep op die werklikheid verloor het.<\/p>\n<p>Daar is oorvloedige bewyse (ook van die Motlanthe-verslag in die Parlement) dat die regering byna alleen die skuld moet kry vir gebrekkige grondhervorming. Hoekom word daardie gebreke nie eers aangespreek nie? Hoe gaan dit beter gaan as die grond sonder vergoeding gevat word? Hoe gaan swart boere ewe skielik dan meer suksesvol wees? Daar is in die parlement\u00eare debat aangetoon dat die regering oor die 4 000 plase besit, waarop daar niks aangaan nie. Daar kan verder aangetoon word dat daar miljoene hektaar se grond in ANC-beheerde munisipalitiete se besit is wat vir behuising beskikbaar gemaak kan word, maar niks gebeur nie. Daar is miljoene hektaar se grond in kommunale besit wat steeds met \u2018n ysterhand deur tradisionele leiers beheer word, en waar landbouproduksie nie naastenby optimaal is nie.<\/p>\n<p>Mense wat dink dat OSV slegs op \u2018n paar boere gemik is, moet weer dink. Die EFF en groot dele van die ANC wil h\u00ea dat alle eiendom onteien moet kan word. Dit sluit huise, motors en aandele in. Verskanste private eiendomsbesit l\u00ea aan die hart van enige suksesvolle ekonomiese stelsel en land. Dis nie \u2018n wetmatigheid wat deur wit monopolie kapitaal uitgedink is nie, dit word internasionaal aanvaar en deur suksesvolle lande w\u00eareldwyd bewys. \u2018n Mens kan nie halfpad swanger wees nie. So kan mens nie eiendomsreg halfpad beskerm nie. Jou eiendomsreg word \u00f3f volledig beskerm, \u00f3f dit word glad nie beskerm nie en verdwyn.<\/p>\n<p>Ten spyte van al hierdie rasionele argumente is die mosie ten gunste van OSV is met \u2018n groot meerderheid aanvaar &#8211; ook deur Ramaphosa-ondersteuners. \u2018n Mens wonder of die President hiervan geweet het en of die ANC onverhoeds deur die EFF\u00a0 betrap is? Dit sou tog moontlik gewees het om gewoon te s\u00ea \u201cons laat ons nie deur die EFF voors\u00ea nie, ons sal eers ons eie ondersoeke doen en dan ons eie mosie voorstel\u201d. President Ramaphosa self het reeds voorgestel dat daar \u2018n ondersoek moet kom na die oorsake van die regering se mislukte grondhervormingspogings. Dit lyk asof die ANC en sy president hier op \u2018n EFF-tier geklim het wat hy nie enduit sal kan ry nie.<\/p>\n<p>Die gevolgtrekking is: Gee die Ramaphosa-regering \u2018n kans, maar as OSV deurgaan, gaan al die ander beloftes en voornemens in die (plaas)hek duik.<\/p>\n<p><em>Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Menings\/gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar-20180301\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><strong>Eers op Netwerk24\u00a0<strong>gepubliseer<\/strong><\/strong><\/a><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/'>GEE RAMAPHOSA-REGERING 'N KANS, MAAR\u2026<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 103.46K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/?wpdmdl=4693&refresh=6b02a992ef31f1795336594\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n<hr \/>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1272\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/T_ELOFF_opt.jpg\" alt=\"T ELOFF opt\" width=\"150\" height=\"100\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/T_ELOFF_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/T_ELOFF_opt-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Die nuwe Ramaphosa-kabinet is een van belofte en kompromie. Die Gordhans, Nenes en Hanekoms wys dat daar iets nuuts aan die ekonomiese front kan gebeur. Die markte het dit ook raakgesien en die Rand is sterker as voordat Nene in die pad gesteek is. Aan die ander kant wys die Mabuzas, die Dlaminis en die Gigabas dat die stryd teen staatskaping, korrupsie en swak bestuur nog lank nie verby is nie.<\/p>\n<p>N\u00e1 verlede Dinsdag se mosie oor onteiening sonder vergoeding voel baie Suid-Afrikaners moedeloos en verraai. Baie het gedink die ANC-besluit in Desember 2017 sou nooit ge\u00efmplementeer word nie. Ander was van die begin af skepties oor Ramaphosa &#8211; hy het immers \u2018n verdeelde en verrotte ANC ge\u00eberf. Die vraag is: moet gewone Suid-Afrikaners en spesifiek Afrikaanssprekendes die nuwe regering \u2018n kans gee?<\/p>\n<p>My antwoord is: Ja, MAAR&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1272,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1458","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: GEE RAMAPHOSA-REGERING &#039;N KANS, MAAR\u2026 - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: GEE RAMAPHOSA-REGERING &#039;N KANS, MAAR\u2026 - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die nuwe Ramaphosa-kabinet is een van belofte en kompromie. Die Gordhans, Nenes en Hanekoms wys dat daar iets nuuts aan die ekonomiese front kan gebeur. Die markte het dit ook raakgesien en die Rand is sterker as voordat Nene in die pad gesteek is. Aan die ander kant wys die Mabuzas, die Dlaminis en die Gigabas dat die stryd teen staatskaping, korrupsie en swak bestuur nog lank nie verby is nie. N\u00e1 verlede Dinsdag se mosie oor onteiening sonder vergoeding voel baie Suid-Afrikaners moedeloos en verraai. Baie het gedink die ANC-besluit in Desember 2017 sou nooit ge\u00efmplementeer word nie. Ander was van die begin af skepties oor Ramaphosa - hy het immers \u2018n verdeelde en verrotte ANC ge\u00eberf. Die vraag is: moet gewone Suid-Afrikaners en spesifiek Afrikaanssprekendes die nuwe regering \u2018n kans gee? My antwoord is: Ja, MAAR...\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-03-06T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:20:04+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/T_ELOFF_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"267\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: GEE RAMAPHOSA-REGERING &#8216;N KANS, MAAR\u2026\",\"datePublished\":\"2018-03-06T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:20:04+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/\"},\"wordCount\":988,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/T_ELOFF_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/\",\"name\":\"ARTIKEL: GEE RAMAPHOSA-REGERING 'N KANS, MAAR\u2026 - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/T_ELOFF_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2018-03-06T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:20:04+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/T_ELOFF_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/T_ELOFF_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":267,\"caption\":\"T ELOFF opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: GEE RAMAPHOSA-REGERING &#8216;N KANS, MAAR\u2026\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: GEE RAMAPHOSA-REGERING 'N KANS, MAAR\u2026 - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: GEE RAMAPHOSA-REGERING 'N KANS, MAAR\u2026 - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die nuwe Ramaphosa-kabinet is een van belofte en kompromie. Die Gordhans, Nenes en Hanekoms wys dat daar iets nuuts aan die ekonomiese front kan gebeur. Die markte het dit ook raakgesien en die Rand is sterker as voordat Nene in die pad gesteek is. Aan die ander kant wys die Mabuzas, die Dlaminis en die Gigabas dat die stryd teen staatskaping, korrupsie en swak bestuur nog lank nie verby is nie. N\u00e1 verlede Dinsdag se mosie oor onteiening sonder vergoeding voel baie Suid-Afrikaners moedeloos en verraai. Baie het gedink die ANC-besluit in Desember 2017 sou nooit ge\u00efmplementeer word nie. Ander was van die begin af skepties oor Ramaphosa - hy het immers \u2018n verdeelde en verrotte ANC ge\u00eberf. Die vraag is: moet gewone Suid-Afrikaners en spesifiek Afrikaanssprekendes die nuwe regering \u2018n kans gee? My antwoord is: Ja, MAAR...","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2018-03-06T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:20:04+00:00","og_image":[{"width":400,"height":267,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/T_ELOFF_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: GEE RAMAPHOSA-REGERING &#8216;N KANS, MAAR\u2026","datePublished":"2018-03-06T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:20:04+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/"},"wordCount":988,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/T_ELOFF_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/","name":"ARTIKEL: GEE RAMAPHOSA-REGERING 'N KANS, MAAR\u2026 - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/T_ELOFF_opt.jpg","datePublished":"2018-03-06T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:20:04+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/T_ELOFF_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/T_ELOFF_opt.jpg","width":400,"height":267,"caption":"T ELOFF opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-gee-ramaphosa-regering-n-kans-maar\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: GEE RAMAPHOSA-REGERING &#8216;N KANS, MAAR\u2026"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1458","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1458"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1458\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8011,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1458\/revisions\/8011"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1272"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1458"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1458"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1458"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}