{"id":1456,"date":"2018-02-12T08:00:00","date_gmt":"2018-02-12T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/"},"modified":"2021-07-20T21:20:29","modified_gmt":"2021-07-20T19:20:29","slug":"artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: ANDERKANT STAATSKAPING EN KORRUPSIE"},"content":{"rendered":"<p>Prof Haroon Bohrat van UCT het goedgunstiglik ingestaan vir mnr Pravin Gordhan, wat op \u2018n laat stadium deur sy geneesheer tot bedrus verplig is. Prof Bohrat was een van die outeurs van die verslag oor staatskaping deur \u2019n groep akademici: <em>Betrayal of the Promise: how SA is being Stolen<\/em>. In \u2018n uitstekende aanbieding het hy aan die 240 konferensiegangers die anatomie van staatskaping verduidelik. Die vyf hefbome wat gebruik is om staatskaping te vestig, was om staatsbeheerde ondernemings (SBO\u2019s) soos Eskom se doel te verander, om paralelle en swak korporatiewe beheerstelsels te vestig, om \u2018n skadu-staat te skep, om \u201crent-seeking\u201d-gedrag te legitimiseer en om beheer van die nasionale tesourie te bekom. Hierop volg vyf stappe na sistemiese korrupsie: verander die doel van korporatiewe beheer van die SBO\u2019s, kry \u2018n \u201cmakelaar\u201d vir die korrupsie, skep die meganisme vir korrupsie op direksievlak, struktureer daardie korrupsie en was die geld wat vloei. Dit was die skrikwekkende gesig van planmatige en koelbloedige gierigheid.<\/p>\n<p>Thuli Madonsela, nou professor by die US, het op haar gewone rustige en besliste manier die \u201cresep\u201d vir \u2018n samelewing sonder staatskaping en korrupsie gegee. Haar tema was \u201c<em>Die herankering van demokrasie deur mense se mag<\/em>\u201d. Haar toespraak het begin met \u2018n profetiese aanhaling van Nelson Mandela: \u201c<em>Even the most benevolent of governments are made up of people with propensities for human failings<\/em>\u201d. Dit vat meer as \u2018n Grondwet, sterk instellings en selfs leiers om die vernietiging van demokrasie teen te staan. Uiteindelik kan net gewone mense hulle eie bevryders wees. Haar oproep was dus dat gewone mense teen staatskaping en korrupsie moet opstaan en leierskap wys. Dit was \u2018n sobere herinnering dat demokrasie werklik mag deur die (gewone) mense is.<\/p>\n<p>Dr Frans Cronje van die Instituut vir Rasseverhoudinge het in \u2018n deeglike nagevorste toespraak gewys op die goeie sosio-ekonomiese nuus tot omtrent 2009, toe die Zuma tsunami begin golwe maak het. Hy het sy perspektief op \u2018n SA anderkant staatskaping en korrupsie hoofsaaklik aan spesifieke politieke, ekonomiese en sosio-maatskaplike optrede van die nuwe ANC-regering gekoppel. Die belangrikste kwessies voor die deur van \u2018n Ramaphosa-regering is die herstel van die oppergesag van die reg en hervorming van ekonomiese beleid. Die hoofstruikelblokke is die begrotingstekort, die gebrek aan werkskepping en die mislukte onderwysstelsel. Daarby erf die nuwe regering die feit dat die ANC uit voeling met gewone mense is, die verlammende gevolg van ideologiese dogma en die bevoegdheidsvlakke in die staatsdiens. Om Suid-Afrika anderkant staatskaping te kry, sal bemagtiging anders benader moet word, eiendomsregte gewaarborg moet word, arbeidsbeleid verander moet word om mense werk te gee en die skoolstelsel reggeruk moet word. Dis \u2018n mondvol, maar \u2018n realistiese lys van prioriteite.<\/p>\n<p>Die aanwesiges het as gevolg van hierdie insette die planmatige en sistemiese aard van staatskaping en korrupsie raakgesien en ook besef dat dit met dieselfde ywer beveg en uitgeroei sal moet word. Hiervoor is goeie politieke leierskap met goeie beleid, goeie instellings en vasberade Suid-Afrikaners nodig.<\/p>\n<p>As hoofspreker het oud-president FW de Klerk daarop gewys dat ons net anderkant staatskaping en korrupsie kan kom as diegene wat die mag het, werklik verbind is om die visie van en die\u00a0 grondliggende waardes waarop die Grondwet gebou is, in stand te hou. Dit gaan dus oor meer as die \u201cletter van die wet\u201d, maar ook die gees van die nasionale akkord van 1994\/6. Dit beteken dat:<\/p>\n<ul>\n<li>Ons kiesers nodig het wat weier om \u201cbekende skurke\u201d tot openbare ampte te verkies.<\/li>\n<li>Ons \u2018n president nodig het wat streng by sy ampseed bly.<\/li>\n<li>Ons \u2018n Parlement nodig het wat haar oorsigrol noukeurig uitvoer.<\/li>\n<li>Ons professionele veiligheidsamptenare nodig het wat hulle plig om te beskerm en te verdedig, doeltreffend en onpartydig uitvoer.<\/li>\n<li>Ons howe nodig het wat aanhou om te verseker dat wetgewing en uitvoerende optrede in lyn met die Grondwet is &#8211; en met nougesette onpartydigheid optree.<\/li>\n<li>En ons hoofstuk 9-instellings en \u2018n nasionale vervolgingsgesag nodig het wat hulle pligte sonder vrees, voorkeur of vooroordeel uitvoer.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Mnr De Klerk het in hierdie verband daarop gewys dat alhoewel die nuwe president van die ANC \u2018n paar goeie tre\u00eb op hierdie pad gegee het, daar nog baie uitdagings op sy pad l\u00ea.<\/p>\n<p>Sy laaste metafoor was treffend: sonder integriteit onder die sjefs, maak dit nie saak hoe goed die grondwetlike resep geskryf is nie. Die voorgereg van goeie regering sal verwoes word; die tweede gang van nasionale eenheid sal tot roet verbrand; en die poeding van ekonomiese vooruitgang sal in die vullismandjie beland.<\/p>\n<p>My finale gevolgtrekking was dat vier uitgelese sprekers aan Suid-Afrika ges\u00ea het: ons k\u00e1n anderkant staatskaping en korrupsie kom. Maar dit sal toewyding en harde werk vat. En dit kan net gedoen word as ons almal, maar veral ons leiers, die waardes waarop die Grondwet gebou is, \u00e9n die Grondwet self respekteer en onderhou.<\/p>\n<p><em>Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<p><strong>Eeers op <a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Aktueel\/anderkant-staatskaping-en-korrupsie-20180209\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Netwerk24<\/a>\u00a0<strong>gepubliseer<\/strong><\/strong><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/'>ANDERKANT STAATSKAPING EN KORRUPSIE<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 106.09K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/?wpdmdl=4691&refresh=6ae5652ceaf1c1793418540\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n<hr \/>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1242\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/2_feb_group_pic.jpg\" alt=\"2 feb group pic\" width=\"150\" height=\"100\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/2_feb_group_pic.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/2_feb_group_pic-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Op 2 Februarie 1990 het FW de Klerk, tot die verbasing van vriend en vyand &#8211; en slegs vier maande in sy pos as president &#8211; in die parlement aangekondig dat hy Nelson Mandela en ander politieke gevangenes onvoorwaardelik gaan vrylaat en die ANC en ander organisasies gaan ontban. Die doel was om die omstandighede te skep waarbinne onderhandelings oor die toekoms van Suid-Afrika kon plaasvind. Daardeur het hy die deur vir \u2018n nuwe toekoms oopgemaak en is die Nobel vredesprys aan hom (en Nelson Mandela) toegeken.<\/p>\n<p>Die FW de Klerk Stigting is in 1999 begin om di\u00e9 belangrikste erflating van FW de Klerk te bevorder en te beskerm: die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Die Stigting gedenk 2 Februarie 1990 sedertdien elke jaar deur \u2018n nasionale konferensie te hou. Die temas van hierdie konferensies word gewoonlik aan die mees brandende kwessies in die land gewy.<\/p>\n<p>Hierdie jaar was die tema \u201c<em>Anderkant staatskaping en korrupsie<\/em>\u201d. Die bedoeling was om verby die ontleding van die ontstaan en beoefening van staatskaping te probeer beweeg en die gehoor (en die land en sy mense) hoop te gee vir \u2018n beter toekoms. Die woorde en optrede van nuutverkose ANC-president, Cyril Ramaphosa, is versigtig verwelkom. \u2018n Mens kon nie anders as om te wonder hoe dit moontlik sou wees om so \u2018n onderwerp aan te raak as Nkosazana Dlamini-Zuma as ANC-president verkies was.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1242,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1456","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: ANDERKANT STAATSKAPING EN KORRUPSIE - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: ANDERKANT STAATSKAPING EN KORRUPSIE - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Op 2 Februarie 1990 het FW de Klerk, tot die verbasing van vriend en vyand - en slegs vier maande in sy pos as president - in die parlement aangekondig dat hy Nelson Mandela en ander politieke gevangenes onvoorwaardelik gaan vrylaat en die ANC en ander organisasies gaan ontban. Die doel was om die omstandighede te skep waarbinne onderhandelings oor die toekoms van Suid-Afrika kon plaasvind. Daardeur het hy die deur vir \u2018n nuwe toekoms oopgemaak en is die Nobel vredesprys aan hom (en Nelson Mandela) toegeken. Die FW de Klerk Stigting is in 1999 begin om di\u00e9 belangrikste erflating van FW de Klerk te bevorder en te beskerm: die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Die Stigting gedenk 2 Februarie 1990 sedertdien elke jaar deur \u2018n nasionale konferensie te hou. Die temas van hierdie konferensies word gewoonlik aan die mees brandende kwessies in die land gewy. Hierdie jaar was die tema \u201cAnderkant staatskaping en korrupsie\u201d. Die bedoeling was om verby die ontleding van die ontstaan en beoefening van staatskaping te probeer beweeg en die gehoor (en die land en sy mense) hoop te gee vir \u2018n beter toekoms. Die woorde en optrede van nuutverkose ANC-president, Cyril Ramaphosa, is versigtig verwelkom. \u2018n Mens kon nie anders as om te wonder hoe dit moontlik sou wees om so \u2018n onderwerp aan te raak as Nkosazana Dlamini-Zuma as ANC-president verkies was.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-02-12T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:20:29+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/2_feb_group_pic.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"267\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: ANDERKANT STAATSKAPING EN KORRUPSIE\",\"datePublished\":\"2018-02-12T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:20:29+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/\"},\"wordCount\":811,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/2_feb_group_pic.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/\",\"name\":\"ARTIKEL: ANDERKANT STAATSKAPING EN KORRUPSIE - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/2_feb_group_pic.jpg\",\"datePublished\":\"2018-02-12T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:20:29+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/2_feb_group_pic.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/2_feb_group_pic.jpg\",\"width\":400,\"height\":267,\"caption\":\"2 feb group pic\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: ANDERKANT STAATSKAPING EN KORRUPSIE\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: ANDERKANT STAATSKAPING EN KORRUPSIE - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: ANDERKANT STAATSKAPING EN KORRUPSIE - FW de Klerk Foundation","og_description":"Op 2 Februarie 1990 het FW de Klerk, tot die verbasing van vriend en vyand - en slegs vier maande in sy pos as president - in die parlement aangekondig dat hy Nelson Mandela en ander politieke gevangenes onvoorwaardelik gaan vrylaat en die ANC en ander organisasies gaan ontban. Die doel was om die omstandighede te skep waarbinne onderhandelings oor die toekoms van Suid-Afrika kon plaasvind. Daardeur het hy die deur vir \u2018n nuwe toekoms oopgemaak en is die Nobel vredesprys aan hom (en Nelson Mandela) toegeken. Die FW de Klerk Stigting is in 1999 begin om di\u00e9 belangrikste erflating van FW de Klerk te bevorder en te beskerm: die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Die Stigting gedenk 2 Februarie 1990 sedertdien elke jaar deur \u2018n nasionale konferensie te hou. Die temas van hierdie konferensies word gewoonlik aan die mees brandende kwessies in die land gewy. Hierdie jaar was die tema \u201cAnderkant staatskaping en korrupsie\u201d. Die bedoeling was om verby die ontleding van die ontstaan en beoefening van staatskaping te probeer beweeg en die gehoor (en die land en sy mense) hoop te gee vir \u2018n beter toekoms. Die woorde en optrede van nuutverkose ANC-president, Cyril Ramaphosa, is versigtig verwelkom. \u2018n Mens kon nie anders as om te wonder hoe dit moontlik sou wees om so \u2018n onderwerp aan te raak as Nkosazana Dlamini-Zuma as ANC-president verkies was.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2018-02-12T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:20:29+00:00","og_image":[{"width":400,"height":267,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/2_feb_group_pic.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"4 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: ANDERKANT STAATSKAPING EN KORRUPSIE","datePublished":"2018-02-12T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:20:29+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/"},"wordCount":811,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/2_feb_group_pic.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/","name":"ARTIKEL: ANDERKANT STAATSKAPING EN KORRUPSIE - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/2_feb_group_pic.jpg","datePublished":"2018-02-12T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:20:29+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/2_feb_group_pic.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/2_feb_group_pic.jpg","width":400,"height":267,"caption":"2 feb group pic"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-anderkant-staatskaping-en-korrupsie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: ANDERKANT STAATSKAPING EN KORRUPSIE"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1456","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1456"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1456\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8014,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1456\/revisions\/8014"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1242"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1456"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1456"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1456"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}