{"id":1401,"date":"2017-11-03T08:00:00","date_gmt":"2017-11-03T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/"},"modified":"2021-07-20T21:24:07","modified_gmt":"2021-07-20T19:24:07","slug":"artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: BLADE (DIE LEM) SO SKERP SOOS ATLYD, EN NET SO GEVAARLIK*"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Toe Zuma egter, selfs vir hierdie eertydse ondersteuners van hom, te erg begin optree het, het die verwydering ontstaan. Van die eerste krake was die geval van al-Bashir en Nkandla en natuurlik die mees onlangse kabinetskommeling waar die SAKP se leidende lig in die pad gesteek is. Daardeur is die SAKP se politieke invloed ernstig geskaad. Die SAKP is nou \u2018n uitgesproke voorstaander van \u2018n Ramaphosa-presidentskap en \u2018n uitgesproke teenstaander van Zuma (en sy voorkeurkandidaat, Nkosazana Dlamini-Zuma).<\/p>\n<p>Aan die interessante kant, haal hy vir Tambo instemmend aan toe hy in 1977 in Angola ges\u00ea het dat die kamerade moet onthou dat dit makliker is om \u2018n bevrydingsbeweging te wees as om \u2018n land te regeer. Hulle sal aan baie eise van die mense moet voldoen, en in hulle poging om dienste aan die mense te lewer, moet hulle ook van die vyand (die NP-regering!) leer, want \u201cdie vyand doen nie alles verkeerd nie\u201d (as Helen Zille se kritici maar geweet het dat die vader van die ANC s\u00f3 ges\u00ea het!)<\/p>\n<p>Nzimande beskryf die tyd waarin Oliver Tambo se honderdste verjaardag gedenk word as een waar die ANC in ernstige moeilkheid is. \u201cOns rewolusie en beweging\u201d het onbekende waters binne gegaan, min of meer \u2018n \u201cmaalkolk\u201d, soveel so dat die ANC op die rand van inploffing is.<\/p>\n<p>Nzimande identifiseer die oorsprong van die probleem as die afhanklikheid van bevrydingsbewegings van die staat, met geen ekonomiese vooruitsigte as hulle daardie mag verloor nie. Daar is dus \u2018n insentief om die mag te behou (hy begin hier reeds in Zuma se rigting skimp). Die toegang tot staatsmag verloop baie vinnig in gierigheid. Die gieriges gebruik staatsmag nie net om vir hulle huidige en na-aftrede behoeftes te sorg nie, maar ook vir hulle families. Hierdie beskrywing is waar van Zuma en talle ander Suid-Afrikaanse politici en staatsamptenare.<\/p>\n<p>Deur die Algerynse filosoof Frantz Fanon uit die 1950s aan te haal, wys Nzimande op \u2018n tweede probleem. As bevrydingsbewegings eers die pad van gierigheid begin loop, word die \u201cnasionale bewussyn\u201d (lees nie-rassigheid) net \u2018n le\u00eb dop en \u2018n bespotting, met die gevolg dat ras in die plek van die nasie, en stam in die plek van die staat gestel word. Die ironie is dat al het Tambo en sy genote juis nie-rassigheid voorgestaan, die ANC-regering vandag weer besig is om die samelewing te verrassig, prim\u00ear deur sy ideologie van rassetransformasie volgens die formule 80-9-9-2. En dit, terloops, is nie \u2018n Zumaverskynsel nie, maar het al onder Thabo Mbeki begin. Daar is, helaas, geen teken dat iemand in die toekomstige leierskap van die ANC enigsins krities or hierdie ideologie is nie, selfs met sy verwoestende gevolge vir kapasiteit in die staatsdiens en effektiewe dienslewering. Daarby kan mens nie die gevoel ontkom nie dat die Zoeloestam (en veral sy naby Zoeloefamilie) vir Zuma belangriker is as die ANC of die staat.<\/p>\n<p>In sy goedkeurende aanhaling van die 1848 Kommunistiese Manifes van Marx en Engels, wys Nzimande op die derde probleem: \u201cDie proletariaat sal sy politieke oormag gebruik om, met verdrag, alle kapitaal van die bourgeoisie te gryp, om alle instrumente van produksie in die hande van die staat te sentraliseer en om die totale produktiewe magte so gou as moontlik te vermeerder\u201d. Toegepas op Suid-Afrika se Nasionale Demokratiese Revolusie: as \u201cnasionale produksie\u201d nie vinnig na \u2018n demokratiese deurbraak ontwikkel en gediversifieer word nie, verminder dit geleenthede om werk en ander maniere van lewensmiddele te skep. Dit laat staatsmag as die enigste bron van oorlewing en welvaart. Dit is die grondslag van staatskaping en sy tweelingboeties, faksievorming en korrupsie.<\/p>\n<p>In Suid-Afrika se geval het dit tot \u2018n wederkerig voordelige verhouding tussen faksies (lees: Zuma se ANC) en besigheidsparasiete (lees: die Guptas) gelei. En wanneer parasitiese netwerke weerstand begin voel, skep hulle paralelle strukture en prosesse binne en buite die regering. Besluite word dan deur hierdie netwerke en \u201ckombuiskabinette\u201d geneem. As daar dan weerstand teen hierdie vorm van staatskaping ontstaan, kom \u2018n sekurokrasie tot stand. Nzimande is van mening dat die bestaan van \u201crogue\u201d intelligensie-aktiwiteite, insluitende smeerveldtogte teen ander leiers van die ANC, \u2018n bewys is van die vroe\u00eb fases van \u2019n sekurokrasie.<\/p>\n<p>Opsommend is Nzimande se argumente dus dat bervydingsbewegings (lees: die ANC) t\u00e9 afhanklik geword het van staatsmag om lewensmiddele te kry, dat die ANC (lees: Zuma) ras in die plek van die nasie en die stam in die plek van die staat gestel het, en dat die ANC nie genoeg gedoen het om die produksiemiddele weg van die bourgeoisie (lees wit monopolie kapitaal)\u00a0 te neem en in die staat te sentraliseer nie. Dit alles het gelei tot faksievorming, korrupsie en parasitiese verhoudings (lees: die Zuptas).<\/p>\n<p>Nzimande se ontleding is deels in die kol, al stem mens nie met sy kommunisitese terminologie en retoriek saam nie. Maar Nzimande s\u00ea eintlik dat die ANC en die land in die moeilikheid is omdat die NDR nie geslaag het nie. Daar was te min gedoen om die ekonomie te verstaatlik en te sentraliseer. Dit is ideologiese en oudmodiese wensdenkery. Sosialisme het nog n\u00earens daarin geslaag om \u2018n land ekonomies vooruit te laat gaan nie &#8211; vra maar vir die Sjinese.<\/p>\n<p>Daar is dus twee gevare wat SAKP-invloed op die toekoms van die land het. As Ramaphosa President sou word met die aktiewe steun van die SAKP, sal daar (weer) skuld wees om te betaal, waarskynlik deur kabinetsposte. Daarby kom die sosialistiese invloed op ekonomiese beleid, iets wat in Mbeki se tyd reeds \u2018n faktor was. En as mens Malusi Gigaba in sy Mediumtermyn Begrotingstoespraak moet glo, het die land nie tyd vir flankering met uitgediende sosialistiese ekonomiese beleid soos die sentralisering van ekonomiese mag in die staat nie. Dis die gevaar vir \u2018n Ramaphosaregering en die land: dat die ANC op grond van kompromie\u00eb (soos ekonoom Dawie Roodt al ges\u00ea het) \u2018n skisofreniese ekonomiese beleid aanvaar en dat belegging en inklusiewe groei tussen die twee stoele waarop die ANC probeer sit, deurval.<\/p>\n<p>Die tweede gevaar wat minderhede met \u2018n invloedryke SAKP in die gesig staar, is die selfs sterker toepassing van rassetransformasie volgens die 80-9-9-2 formule. Dis deel van die SAKP en ANC se beleid, soos verwoord in die NDR, om alle hefbome van mag in die Suid-Afrikaanse samelewing in te palm. \u00a0En die manier waarop dit reeds gedoen word, is deur die mag van die \u201cAfrican\u201d meerderheid te gebruik &#8211; sodat in letterlik elke organisasie transformasie moet plaasvind om 80% \u201cAfrican\u201d te wees. Dit beteken dat minderhede in beginsel nie hulle eie kultuur, godsdiens en taalorganisasies kan h\u00ea nie. Daardeur sal Marx en Engels se \u201cgryp van die mag\u201d nie net op die ekonomie van toepassing gemaak word nie, maar op alle samelewingsvlakke &#8211; met rampspoedige gevolge vir alle minderhede.<\/p>\n<p>Nzimande se SAKP is nie van plan om van die toneel te verdwyn nie en moet volgens hom binne en buite die ANC werk om te help om die ANC van faksievorming, korrupsie en korporatiewe kaping te bevry. Nog belangriker is dat die SAKP die leidende rol moet speel om \u2018n popul\u00eare front van progressiewe magte te bou wat die NDR vorentoe kan neem. Hierdeur moet die parasitiese netwerke verslaan word.<\/p>\n<p>As President Ramaphosa of Mkhize die land vorentoe wil neem saam met al sy minderhede, en as hy die ekonomie tot voordeel van alle Suid-Afrikaners wil laat groei, sal hulle versigtig moet begin dink oor hulle bondgenote in die komende ANC presidentsverkiesing.<\/p>\n<p><em>Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting<br \/>\n<\/em>3 November 2017<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"color: #000000; font-size: 8pt;\">Foto:\u00a0<a style=\"color: #000000;\" href=\"https:\/\/www.flickr.com\/photos\/governmentza\/8367573208\/\">GovernmentZA<\/a>\u00a0via\u00a0<a style=\"color: #000000;\" href=\"http:\/\/foter.com\/re\/87053e\">Foter.com<\/a>\u00a0\/\u00a0<a style=\"color: #000000;\" href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by-nd\/2.0\/\">CC BY-ND<\/a><\/span><\/p>\n<p><strong>Eers gepubliseer op<a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Menings\/volgende-anc-leier-moet-mooi-dink-oor-bondgenote-20171031\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">\u00a0Netwerk24<\/a><\/strong><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/'>BLADE (DIE LEM) SO SKERP SOOS ATLYD, EN NET SO GEVAARLIK<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 431.77K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/?wpdmdl=4662&refresh=6a8e85581c5d01787725144\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1394\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/BLADE_opt.jpg\" alt=\"BLADE opt\" width=\"150\" height=\"113\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" \/><\/p>\n<p>In \u2018n huldigingstoespraak aan Oliver Tambo verlede week het die nou voormalige Minister van Ho\u00ebr Onderwys, Blade Nzimande, die sluier gelig oor hoe die SAKP die oorsprong van die huidige staatskaping sien en verstaan. Die nuusopskrifte oor die artikel maak sy uitspraak dat die land in die vroe\u00eb fase van \u2018n sekurokrasie is, die kern daarvan. Maar dit is nie die kern nie. &nbsp;Dit is Nzimande se eerste toespraak nadat hy deur Zuma ontslaan is, en hy doen sy &nbsp;ontleding van wat verkeerd gegaan het deur Tambo as \u201cvoorbeeld\u201d te gebruik. In hierdie ontleding kom daar \u2018n paar interessante en \u2018n paar kommerwekkende sake na vore.<\/p>\n<p>Dit is belangrik om te onthou dat die SAKP leierskap in 2007 by Polokwane instrumenteel was om Mbeki te onttroon en Zuma in te stem. Daarvoor is hulle deur Zuma met \u2018n disproporsionele aantal kabinetsposte beloon. En daardeur kon hulle die SAKP en die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) verder neem, onder andere deur sosialistiese elemente in beleid in te smokkel (soos die konsepwetgewing oor eiendomsreg).<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1394,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1401","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: BLADE (DIE LEM) SO SKERP SOOS ATLYD, EN NET SO GEVAARLIK* - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: BLADE (DIE LEM) SO SKERP SOOS ATLYD, EN NET SO GEVAARLIK* - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"In \u2018n huldigingstoespraak aan Oliver Tambo verlede week het die nou voormalige Minister van Ho\u00ebr Onderwys, Blade Nzimande, die sluier gelig oor hoe die SAKP die oorsprong van die huidige staatskaping sien en verstaan. Die nuusopskrifte oor die artikel maak sy uitspraak dat die land in die vroe\u00eb fase van \u2018n sekurokrasie is, die kern daarvan. Maar dit is nie die kern nie. &nbsp;Dit is Nzimande se eerste toespraak nadat hy deur Zuma ontslaan is, en hy doen sy &nbsp;ontleding van wat verkeerd gegaan het deur Tambo as \u201cvoorbeeld\u201d te gebruik. In hierdie ontleding kom daar \u2018n paar interessante en \u2018n paar kommerwekkende sake na vore. Dit is belangrik om te onthou dat die SAKP leierskap in 2007 by Polokwane instrumenteel was om Mbeki te onttroon en Zuma in te stem. Daarvoor is hulle deur Zuma met \u2018n disproporsionele aantal kabinetsposte beloon. En daardeur kon hulle die SAKP en die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) verder neem, onder andere deur sosialistiese elemente in beleid in te smokkel (soos die konsepwetgewing oor eiendomsreg).\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-11-03T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:24:07+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/BLADE_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"240\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"180\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: BLADE (DIE LEM) SO SKERP SOOS ATLYD, EN NET SO GEVAARLIK*\",\"datePublished\":\"2017-11-03T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:24:07+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/\"},\"wordCount\":1263,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/BLADE_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/\",\"name\":\"ARTIKEL: BLADE (DIE LEM) SO SKERP SOOS ATLYD, EN NET SO GEVAARLIK* - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/BLADE_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2017-11-03T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:24:07+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/BLADE_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/BLADE_opt.jpg\",\"width\":240,\"height\":180,\"caption\":\"BLADE opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: BLADE (DIE LEM) SO SKERP SOOS ATLYD, EN NET SO GEVAARLIK*\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: BLADE (DIE LEM) SO SKERP SOOS ATLYD, EN NET SO GEVAARLIK* - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: BLADE (DIE LEM) SO SKERP SOOS ATLYD, EN NET SO GEVAARLIK* - FW de Klerk Foundation","og_description":"In \u2018n huldigingstoespraak aan Oliver Tambo verlede week het die nou voormalige Minister van Ho\u00ebr Onderwys, Blade Nzimande, die sluier gelig oor hoe die SAKP die oorsprong van die huidige staatskaping sien en verstaan. Die nuusopskrifte oor die artikel maak sy uitspraak dat die land in die vroe\u00eb fase van \u2018n sekurokrasie is, die kern daarvan. Maar dit is nie die kern nie. &nbsp;Dit is Nzimande se eerste toespraak nadat hy deur Zuma ontslaan is, en hy doen sy &nbsp;ontleding van wat verkeerd gegaan het deur Tambo as \u201cvoorbeeld\u201d te gebruik. In hierdie ontleding kom daar \u2018n paar interessante en \u2018n paar kommerwekkende sake na vore. Dit is belangrik om te onthou dat die SAKP leierskap in 2007 by Polokwane instrumenteel was om Mbeki te onttroon en Zuma in te stem. Daarvoor is hulle deur Zuma met \u2018n disproporsionele aantal kabinetsposte beloon. En daardeur kon hulle die SAKP en die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) verder neem, onder andere deur sosialistiese elemente in beleid in te smokkel (soos die konsepwetgewing oor eiendomsreg).","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2017-11-03T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:24:07+00:00","og_image":[{"width":240,"height":180,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/BLADE_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: BLADE (DIE LEM) SO SKERP SOOS ATLYD, EN NET SO GEVAARLIK*","datePublished":"2017-11-03T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:24:07+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/"},"wordCount":1263,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/BLADE_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/","name":"ARTIKEL: BLADE (DIE LEM) SO SKERP SOOS ATLYD, EN NET SO GEVAARLIK* - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/BLADE_opt.jpg","datePublished":"2017-11-03T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:24:07+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/BLADE_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/BLADE_opt.jpg","width":240,"height":180,"caption":"BLADE opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-blade-die-lem-so-skerp-soos-atlyd-en-net-so-gevaarlik\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: BLADE (DIE LEM) SO SKERP SOOS ATLYD, EN NET SO GEVAARLIK*"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1401","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1401"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1401\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8021,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1401\/revisions\/8021"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1394"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1401"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1401"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1401"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}