{"id":1375,"date":"2017-05-02T10:00:00","date_gmt":"2017-05-02T08:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/"},"modified":"2021-07-20T21:29:32","modified_gmt":"2021-07-20T19:29:32","slug":"artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: DIE MITE VAN DIE HONGER NA LANDBOUGROND"},"content":{"rendered":"<p>Die tabel hieronder gee die grondoppervlak van SA, asook die grootte van landbougrond en bewerkbare (\u201carable\u201d) grond. Dit wys ook dat amper 50% van SA as woestyn (minder as 200m re\u00ebn per jaar) of baie droog (minder as 400mm per jaar) beskou word.<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>SUID-AFRIKA<\/td>\n<td><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Totale grondoppervlak<\/td>\n<td>122 miljoen hektaar<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Potensi\u00eble landbougrond<\/td>\n<td>97 miljoen hektaar (W\u00eareldbank)<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Bewerkbare en verboubare landbougrond<\/td>\n<td>12.5 miljoen hektaar (W\u00eareldbank)<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Deel van landbougrond as woestyn beskryf<\/td>\n<td>27.8 miljoen hektaar (22.7%)<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Deel van landbougrond as droog beskryf<\/td>\n<td>30.0 miljoen hektaar (24,5%)<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>In <em>Rapport<\/em> was daar Sondag twee artikels oor landbougrond. Die eerste het aangedui dat volgens die jongste navorsing op landbou.com daar die afgelope 20 jaar baie meer kommersi\u00eble grondtransaksies plaasgevind het as waarvan die President ons vertel en dat swart boere nou 34.5% (33.5 miljoen hektaar) van alle beskikbare landbougrond (insluitende kommunale grond) besit, teenoor wit boere se 65.5%. Die tweede het \u2018n hele aantal suksesverhale van vennootskappe tussen wit en swart boere en laasgenoemde se sukses in die kommersi\u00eble sektor beskryf.<\/p>\n<p>Volgens lanbou.com se navorsing is daar in vyf provinsies swart mense wat 40% en meer van die landbougrond besit, wat aandui dat kopers verkies om grond op sekere plekke te koop waar dit makliker is om te boer. Om hierdie prentjie verder te ontwikkel: die Noordkaap (meestal woestyn, droog en nie grond wat maklik kommersieel geboer kan word nie) is 37.2 miljoen hektaar groot. Indien hierdie getal van die totaal van 97 miljoen hektaar afgetrek word, dan is die grootte van landbougrond in Suid-Afrika 59.8 miljoen hektaar. As mens ook die hoeveelheid grond wat swart mense volgens landbou.com in die Noordkaap besit (2.1 miljoen hektaar), aftrek van die totale besit van swart mense van landbougrond van 33.5 miljoen hektaar, dan besit swart mense 31.4 miljoen hektaar van die landbougrond in SA. Dit gee \u2018n persentasie van 52.5%. Heelwat meer as die misleidende 9.8% van die president. Selfs sonder om die Noordkaap uit die landbougrondprentjie te haal, is die persentasie landbougrond wat deur swart mense besit word, reeds 34.5%.<\/p>\n<p>Maar daar is \u2018n ander, en groter probleem. Die ideologiese slagspreuk dat grond welvaart is, tesame met die opvatting dat daar \u2018n landbougrond-honger is, veroorsaak dat die debat hoofsaaklik oor landbougrond gaan. Maar dis nie waar die \u201cgrondhonger\u201d l\u00ea nie. Dit word beraam dat SA nou ongeveer 65% verstedelik is. Twee uit drie Suid-Afrikaners woon in stede. Die Centre for Development and Enterprise het in die laat negentigs \u2018n peiling van 4000 Suid-Afrikaners onder alle rasse en samelewingsvlakke gedoen en dit het gewys dat net 6% van respondente nou of eendag sou wou boer. Dis te betwyfel of hierdie statistiek vandag anders sal lyk. President Zuma het self gekla dat 90% van grondeisers eerder die kontant gevat het as die grond. Trouens, met die huidige moeilike boerdery-omstandighede sal die aantal mense wat wil boer eerder laer wees. Om in Suid-Afrika te boer, is nie maklik nie. Dit neem meestal lank om winsgewend te word en groot kapitaalbedrae is nodig om te begin. \u2018n Bestaansboerdery mag dalk \u2018n ander saak wees, maar as dit die norm word, is voedselsekerheid daarmee heen.<\/p>\n<p>Die punt is: grondhonger vir landbougrond as groot emosionele kwessie is \u2018n mite. Die ware grondhonger is vir grond om \u2018n eie huis op te bou en \u2018n woonplek te maak. Die miljoene mense wat in informele nedersettings rondom ons stede bly, is genoeg bewys daarvan. En die feit dat hierdie Suid-Afrikaners nie \u2018n titelakte het vir die grond waarop hulle woon nie, kan nie in die eerste plek voor die deur van wit monopoliekapitaal of die boeregemeenskap gel\u00ea word nie, maar moet vierkantig op die regering se eie skouers geplaas word. Die grond wat hiervoor die mees geskikte is, is munisipale grond rondom dorpe en stede. Dis die regering wat meer as 20 jaar hiermee gesloer het. Gelukkig lyk dit of sommige DA-beheerde stadsrade nou met hierdie proses \u2018n begin maak.<\/p>\n<p>Dis gevaarlik en onverantwoordelik om die honger-na-landbougrond mitemonster te voed. Hoekom dit gedoen word, wissel van onkunde, tot \u2018n gebrek aan belangsetlling vir feite wat nie met my ideologie strook nie of gewone leuens omdat dit vir my stemme sal bring. Maar dis nie op feite gegrond nie en voed \u2019n gevaarlike persepsie oor landbougrond.<\/p>\n<p>Natuurlik moet verder gevorder word met grondhervorming in terme van landbougrond. Artikel 25(2) van die Grondwet bevat twee kernsake, naamlik die beskerming van privaat eiendomsreg en die noodsaaklikheid van grondwetlik gebaseerde\u00a0 grondhervorming. \u00a0Daar is baie gewilligheid onder boere en die georganiseede landbou om grondhervorming op \u2018n volhoubare manier verder te neem. Maar dan moet twee sake dringend aandag kry: \u2018n ordentlike grondoudit moet gedoen en gepubliseer word &#8211; en deur gesprek moet die regering oortuig word om dit as basis vir beleidsontwikkeling te aanvaar. Tweedens sal dit baie help om die mitemonster dood te maak as \u2018n gesaghebbende agentskap weer vir Suid-Afrikaners vra: wil jy boer of wil jy \u2018n huis bou?<\/p>\n<p><em>Deur Theuns Eloff: uitvoerende direkteur, FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/'>DIE MITE VAN DIE HONGER NA LANDBOUGROND<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 428.09K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/?wpdmdl=4644&refresh=6ae6d48fcd8f11793512591\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1258\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/landscape_opt.jpg\" alt=\"landscape opt\" width=\"150\" height=\"100\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/landscape_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/landscape_opt-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Grondhervorming, veral van landbougrond, word deesdae amper \u2018n sjibolet vir die Suid-Afrikaanse politiek. Die redenasie van die gepaardgaande retoriek het gewoonlik die volgende elemente:<\/p>\n<p style=\"padding-left: 2em;\"><em>\u201cGrond is welvaart, en as mens eers grond besit, kan jy met daardie welvaart al die ander goeie dinge koop\u201d. En hiermee word meestal landbougrond bedoel.<\/em><br \/><em>\u201cWit mense het histories swart mense se grond afgevat en dit moet teruggegee word\u201d.<\/em><br \/><em>\u201cSwart mense besit na 24 jaar van demokrasie, steeds net 9.8% van die bewerkbare grond in SA\u201d.<\/em><br \/><em>\u201cDaar is \u2018n grondhonger vir landbougrond onder ons mense, soos in Zimbabwe, en as ons nie daaraan gehoor gee nie, sal ons die pad van grondbesetting en -konfiskering volg\u201d<\/em><\/p>\n<p>Onderliggend aan hierdie argumente is dat niks of baie min sedert 1994 gebeur het en dat radikale stappe nodig is om (landbou)grond aan swart mense terug te gee, soos om grond sonder vergoeding te onteien. Wat is egter die ware prentjie?<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1258,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1375","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: DIE MITE VAN DIE HONGER NA LANDBOUGROND - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: DIE MITE VAN DIE HONGER NA LANDBOUGROND - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Grondhervorming, veral van landbougrond, word deesdae amper \u2018n sjibolet vir die Suid-Afrikaanse politiek. Die redenasie van die gepaardgaande retoriek het gewoonlik die volgende elemente: \u201cGrond is welvaart, en as mens eers grond besit, kan jy met daardie welvaart al die ander goeie dinge koop\u201d. En hiermee word meestal landbougrond bedoel.\u201cWit mense het histories swart mense se grond afgevat en dit moet teruggegee word\u201d.\u201cSwart mense besit na 24 jaar van demokrasie, steeds net 9.8% van die bewerkbare grond in SA\u201d.\u201cDaar is \u2018n grondhonger vir landbougrond onder ons mense, soos in Zimbabwe, en as ons nie daaraan gehoor gee nie, sal ons die pad van grondbesetting en -konfiskering volg\u201d Onderliggend aan hierdie argumente is dat niks of baie min sedert 1994 gebeur het en dat radikale stappe nodig is om (landbou)grond aan swart mense terug te gee, soos om grond sonder vergoeding te onteien. Wat is egter die ware prentjie?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-05-02T08:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:29:32+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/landscape_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"267\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: DIE MITE VAN DIE HONGER NA LANDBOUGROND\",\"datePublished\":\"2017-05-02T08:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:29:32+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/\"},\"wordCount\":813,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/landscape_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/\",\"name\":\"ARTIKEL: DIE MITE VAN DIE HONGER NA LANDBOUGROND - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/landscape_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2017-05-02T08:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:29:32+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/landscape_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/landscape_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":267,\"caption\":\"landscape opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: DIE MITE VAN DIE HONGER NA LANDBOUGROND\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: DIE MITE VAN DIE HONGER NA LANDBOUGROND - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: DIE MITE VAN DIE HONGER NA LANDBOUGROND - FW de Klerk Foundation","og_description":"Grondhervorming, veral van landbougrond, word deesdae amper \u2018n sjibolet vir die Suid-Afrikaanse politiek. Die redenasie van die gepaardgaande retoriek het gewoonlik die volgende elemente: \u201cGrond is welvaart, en as mens eers grond besit, kan jy met daardie welvaart al die ander goeie dinge koop\u201d. En hiermee word meestal landbougrond bedoel.\u201cWit mense het histories swart mense se grond afgevat en dit moet teruggegee word\u201d.\u201cSwart mense besit na 24 jaar van demokrasie, steeds net 9.8% van die bewerkbare grond in SA\u201d.\u201cDaar is \u2018n grondhonger vir landbougrond onder ons mense, soos in Zimbabwe, en as ons nie daaraan gehoor gee nie, sal ons die pad van grondbesetting en -konfiskering volg\u201d Onderliggend aan hierdie argumente is dat niks of baie min sedert 1994 gebeur het en dat radikale stappe nodig is om (landbou)grond aan swart mense terug te gee, soos om grond sonder vergoeding te onteien. Wat is egter die ware prentjie?","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2017-05-02T08:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:29:32+00:00","og_image":[{"width":400,"height":267,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/landscape_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"4 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: DIE MITE VAN DIE HONGER NA LANDBOUGROND","datePublished":"2017-05-02T08:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:29:32+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/"},"wordCount":813,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/landscape_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/","name":"ARTIKEL: DIE MITE VAN DIE HONGER NA LANDBOUGROND - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/landscape_opt.jpg","datePublished":"2017-05-02T08:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:29:32+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/landscape_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/landscape_opt.jpg","width":400,"height":267,"caption":"landscape opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-mite-van-die-honger-na-landbougrond\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: DIE MITE VAN DIE HONGER NA LANDBOUGROND"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1375","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1375"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1375\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8035,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1375\/revisions\/8035"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1258"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1375"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1375"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1375"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}