{"id":1356,"date":"2017-06-17T12:00:00","date_gmt":"2017-06-17T10:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/"},"modified":"2021-07-20T21:28:21","modified_gmt":"2021-07-20T19:28:21","slug":"verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/","title":{"rendered":"VERKLARING OOR DIE MYNHANDVES VAN 2017"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die feit dat die Minister se grootste belanghebbende, die mynbousektor, aangedui het dat hulle die Handves op hersiening sal neem, is &#8216;n slegte teken. Ten beste is dit &#8216;n aanduiding dat die Minister nie met sy grootste belanghebbende konsenus kon bereik nie (wie se winste die proses moet dryf), en in die ergste geval het iets ernstig skeefgeloop tussen die Minister en die Kamer van Mynwese. Die feit dat verskeie swart Suid-Afrikaners in die bedryf kommer uitgespreek het oor die Handves, vererger hierdie kommer.<\/p>\n<p>Die Handves verteenwoordig &#8216;n pakket van radikale maatre\u00ebls, byvoorbeeld dat die middelbestuur &#8211; waar die werklike produksiewerk in myne gedoen word &#8211; 80% swart moet wees; asook maatskappye wat betrokke is by die verkryging van goedere (70% SEB Entiteit) en dienste (80% SEB Entiteit). Om dit in werking te stel met &#8216;n mislukte onderwysstelsel en &#8216;n gebrek aan vaardighede terwyl die ekonomie nodig het dat beleggings groei, en terwyl onrus en werkloosheid en &#8216;n gebrek aan beleggersvertoue die sektor belemmer, is waansin. Dit skep die indruk dat die skrywers (lees: die regering en spesifiek die Departement en die Minister) geen idee het hoe beleggers dink nie, hoe beleggings werk nie en hoe volhoubare werksgeleenthede geskep word nie. Hierdie Handves kan nie op &#8216;n slegter tyd kom vir die mynbousektor nie.<\/p>\n<p>Die transformasie van die mynbousektor en die skep van beleggingsaansporings is nie onderling eksklusief nie, maar die Handves versuim om aan hierdie balans te voldoen, en dit sal heel moontlik enige potensi\u00eble beleggings in die sektor ontmoedig. Soos een swart vroulike eienaar van &#8216;n mynmaatskappy op gewys het, sal dit alle beleggers afskrik, nie net di\u00e9 wat in maatskappye bel\u00ea het wat voorheen in besit van wit eienaars was nie. Beleggers is nie gekant teen transformasie en behoorlike werksgeleenthede as sulks nie, indien die doelwitte en teikens nie aanhou rondskuif nie. Dit gebeur egter ongelukkig nou meer gereeld.<\/p>\n<p>Die Stigting is van mening dat meer en ernstige gesprekke tussen die regering, die Kamer van Mynwese, die ANC en ander belanghebbendes moet plaasvind om die bogenoemde kwessies aan te pak. As dit &#8216;n voorbeeld van Radikale Ekonomiese Transformasie is, dan is ons as &#8216;n land op &#8216;n afdraende pad &#8211; veral indien ander sektore dieselfde pad gaan stap.<\/p>\n<p><em>Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<p><em><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/'>VERKLARING OOR DIE MYNHANDVES VAN 2017<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 321.46K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/?wpdmdl=4634&refresh=6a8d06665e95e1787627110\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-551\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/mineworkers-foter.jpg\" alt=\"mineworkers foter\" width=\"150\" height=\"99\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/mineworkers-foter.jpg 500w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/mineworkers-foter-300x198.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Die FW de Klerk Stigting neem met groot kommer kennis van die publikasie van die Mynhandves van 2017. Vrydag het die aandele van mynmaatskappye met &#8216;n gemiddeld van meer as 5% geval. Sommige raam dat soveel as R50 miljard van hul markwaarde uitgewis is.<\/p>\n<p>Die Grondwet het &#8216;n grondwetlike verantwoordelikheid en regsplig om swart Suid-Afrikaners te bemagtig, en die Stigting steun hierdie belangrike doelwit. Gegewe wie die Minister is, die vrae rondom hom oor die #GuptaLeaks en sy verbintenis met hulle, wonder ons egter wie die werklike begunstigdes is. Om eerlik te wees, ons is bekommerd dat &#8216;n Minister wat strafregterlik aanspreeklik is en moontlik oneerlik is, die vermetelheid het om sulke groot veranderinge aan te bring aan een van die belangrikste ekonomiese pilare van die land, terwyl die land in die moeilikheid is wat die ekonomie betref. Ons kan nie anders as om te vermoed dat hy die belange dien van die kapers van SA Bpk in die naam van transformasie nie. Die ANC, wat &#8216;n dringende vergadering met Minister Zwane aangevra het, het klaarblyklik dieselfde bekommernis.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":551,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[32,300],"tags":[],"class_list":["post-1356","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-verklarings"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>VERKLARING OOR DIE MYNHANDVES VAN 2017 - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"VERKLARING OOR DIE MYNHANDVES VAN 2017 - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die FW de Klerk Stigting neem met groot kommer kennis van die publikasie van die Mynhandves van 2017. Vrydag het die aandele van mynmaatskappye met &#039;n gemiddeld van meer as 5% geval. Sommige raam dat soveel as R50 miljard van hul markwaarde uitgewis is. Die Grondwet het &#039;n grondwetlike verantwoordelikheid en regsplig om swart Suid-Afrikaners te bemagtig, en die Stigting steun hierdie belangrike doelwit. Gegewe wie die Minister is, die vrae rondom hom oor die #GuptaLeaks en sy verbintenis met hulle, wonder ons egter wie die werklike begunstigdes is. Om eerlik te wees, ons is bekommerd dat &#039;n Minister wat strafregterlik aanspreeklik is en moontlik oneerlik is, die vermetelheid het om sulke groot veranderinge aan te bring aan een van die belangrikste ekonomiese pilare van die land, terwyl die land in die moeilikheid is wat die ekonomie betref. Ons kan nie anders as om te vermoed dat hy die belange dien van die kapers van SA Bpk in die naam van transformasie nie. Die ANC, wat &#039;n dringende vergadering met Minister Zwane aangevra het, het klaarblyklik dieselfde bekommernis.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-06-17T10:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:28:21+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/mineworkers-foter.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"330\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"2 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"VERKLARING OOR DIE MYNHANDVES VAN 2017\",\"datePublished\":\"2017-06-17T10:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:28:21+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/\"},\"wordCount\":386,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/mineworkers-foter.jpg\",\"articleSection\":[\"Nuus\",\"Verklarings\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/\",\"name\":\"VERKLARING OOR DIE MYNHANDVES VAN 2017 - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/mineworkers-foter.jpg\",\"datePublished\":\"2017-06-17T10:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:28:21+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/mineworkers-foter.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/mineworkers-foter.jpg\",\"width\":500,\"height\":330,\"caption\":\"mineworkers foter\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"VERKLARING OOR DIE MYNHANDVES VAN 2017\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"VERKLARING OOR DIE MYNHANDVES VAN 2017 - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"VERKLARING OOR DIE MYNHANDVES VAN 2017 - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die FW de Klerk Stigting neem met groot kommer kennis van die publikasie van die Mynhandves van 2017. Vrydag het die aandele van mynmaatskappye met 'n gemiddeld van meer as 5% geval. Sommige raam dat soveel as R50 miljard van hul markwaarde uitgewis is. Die Grondwet het 'n grondwetlike verantwoordelikheid en regsplig om swart Suid-Afrikaners te bemagtig, en die Stigting steun hierdie belangrike doelwit. Gegewe wie die Minister is, die vrae rondom hom oor die #GuptaLeaks en sy verbintenis met hulle, wonder ons egter wie die werklike begunstigdes is. Om eerlik te wees, ons is bekommerd dat 'n Minister wat strafregterlik aanspreeklik is en moontlik oneerlik is, die vermetelheid het om sulke groot veranderinge aan te bring aan een van die belangrikste ekonomiese pilare van die land, terwyl die land in die moeilikheid is wat die ekonomie betref. Ons kan nie anders as om te vermoed dat hy die belange dien van die kapers van SA Bpk in die naam van transformasie nie. Die ANC, wat 'n dringende vergadering met Minister Zwane aangevra het, het klaarblyklik dieselfde bekommernis.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2017-06-17T10:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:28:21+00:00","og_image":[{"width":500,"height":330,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/mineworkers-foter.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"2 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"VERKLARING OOR DIE MYNHANDVES VAN 2017","datePublished":"2017-06-17T10:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:28:21+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/"},"wordCount":386,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/mineworkers-foter.jpg","articleSection":["Nuus","Verklarings"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/","name":"VERKLARING OOR DIE MYNHANDVES VAN 2017 - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/mineworkers-foter.jpg","datePublished":"2017-06-17T10:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:28:21+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/mineworkers-foter.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/05\/mineworkers-foter.jpg","width":500,"height":330,"caption":"mineworkers foter"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-oor-die-mynhandves-van-2017\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"VERKLARING OOR DIE MYNHANDVES VAN 2017"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1356","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1356"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1356\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8027,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1356\/revisions\/8027"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/551"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1356"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1356"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1356"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}