{"id":1191,"date":"2016-12-11T18:05:00","date_gmt":"2016-12-11T16:05:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/"},"modified":"2021-07-20T21:38:06","modified_gmt":"2021-07-20T19:38:06","slug":"artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: DIE KOMMISSIE VAN ONDERSOEK EN DIE NUK BEVESTIGING VAN ZUMA SE PRESIDENTSKAP &#8211; WAT L\u00ca VIR ONS IN 2017 VOOR?"},"content":{"rendered":"<p>Die president kan die letter van die Grondwet aanhaal en weier om die kommissie van ondersoek aan te stel, en die hof mag hom selfs gelyk gee. Maar dis vir alle regdenkende Suid-Afrikaners duidelik dat hy in hierdie opsig ten minste die gees van die Grondwet minag. As hy niks gehad om weg te steek nie, sou die aanstelling van so \u2018n kommissie nie \u2018n probleem gewees het nie. Dit sou &#8211; volgens sy eie verklaring &#8211; dan ook nodig gewees het om te bepaal dat dit aan die Parlement moet rapporteer en nie aan hom nie. Sy optrede in hierdie verband laat \u2018n sterk vermoede dat hy hom en sy beweerde optrede as bokant die reg en die Grondwet beskou. Die feit dat die president hom nie &#8211; volgens alle protokol &#8211; van die NUK-vergadering verskoon het toe hy bespreek is nie &#8211; is \u2018n verdere bewys van \u2018n gebrek aan integriteit.<\/p>\n<p>Die tweede onlangse ontwikkeling was die bevestiging van mnr Zuma se presidentskap van die land deur die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK). Dit is nou duidelik dat hy ANC president en landspresident sal bly tot Desember 2017. Maar uit die verklaring van Gwede Mantashe na die vergadering, is dit ook duidelik dat hy net tot dan president van die ANC sal bly en dat \u2018n nuwe ANC-president in Desember 2017 verkies sal word. Die sogenaamde Putinopsie &#8211; waar hy ANC president bly en \u2018n pion as landspresident aanstel &#8211; is dus uitgeskakel. Dis verder duidelik dat Zuma se teenstaanders sterk(er) en meer geword het, maar dat die momentum nog nie sterk genoeg is om hom vroegtydig uit die kussings te lig nie. Die feit dat daar besluit is om \u2018n raadplegende konferensie teen einde Junie 2017 te hou, is insiggewend. Dit sal die druk op president Zuma en die fokus op die opvolgstryd lewendig hou.<\/p>\n<p>Wat veral egter duidelik uit die Mantasheverklaring geword het, is dat eenheid in die ANC nou belangriker geag word as om Zuma vroeg te laat gaan. Soos gewoonlik, kaats die ANC interne konflik weg deur die aanslag van die ou eksterne vyande, \u201crassisme, etniese nasionalisme en monopolie kapitaal\u201d as belangriker te beskou as die bedenklike aktiwiteite van sy leier. Dit sluit aan by Zuma se eie onlangse toesprake van die aanslae van buite en binne teen hom.<\/p>\n<p>Met \u2018n bietjie logika kan mens aflei wat die moontlike kompromie\u00eb of verstandhouding is wat tot die besluit van die NUK gelei het. Die eerste kompromie is waarskynlik dat mnr Zuma president van die land bly tot 2017. \u2018n Tweede logiese een is dat die ontevredenes nie weer voor daardie tyd sal probeer om hom terug te roep nie. Aan die ander kant kan mens dink dat die president kon onderneem het om nie die rebelle uit sy kabinet te skop nie, en dat hy sal terugstaan as ANC president in Desember 2017. Of daar \u2018n onderneming oor die Madonselverslag van mnr Zuma se kant was, is onwaarskynlik.\u00a0 Daar is op hierdie stadium blykbaar geen sprake van amnestie nie &#8211; nie soseer omdat dit nie \u2018n moontlikheid is nie, maar omdat die Zumakamp nog te sterk en seker van hulle posisie voel. President Zuma se onlangse vertoning met vraetyd in die Parlement, waar hy amper minagtend teenoor sy teenstanders binne en buite die ANC was, getuig hiervan.<\/p>\n<p>Dit laat ons met \u2018n aantal faktore wat 2017 gaan be\u00efnvloed.<\/p>\n<p>Die aanloop tot die raadplegende konferensie aan die einde van Junie gaan die opvolgstryd vroeg in die kollig plaas. Hierin gaan die werf van ANC lede en die stig van takke \u2018n belangrike rol speel. KwaZulu-Natal het reeds amper 30% van die stemme in die NUK en die ander premierliga provinsies wil dit verder vergroot.<\/p>\n<p>Verder gaan die klem op die (o\u00ebnskynlike) eenheid van die party geplaas word om te voorkom dat dit skeur, maar om terselfdertyd verdere optrede teen mnr Zuma te voorkom. Die feit dat die Madonselaverslag nou in die howe is, sal die implementering daarvan ten minste tydelik stop en \u2018n ondersoek na die beweerde Zuma aktiwiteite onbepaald uitstel.<\/p>\n<p>Wat die ekonomie betref, sal die klem moet val op groei bokant 1% noudat ons kredietstatus nie afgradeer is nie. Die vraag is of Pravin Gordhan sonder Zuma se politieke steun \u2018n afgradering in 2017 kan voorkom. Die agentskappe en hulle kritiese oog gaan nie verdwyn nie.<\/p>\n<p>En les bes, hang die moontlikheid van \u2018n kabinetskommeling soos \u2018n swaard oor alle kabinetslede wat openlik teen Zuma se voortgesette presidentskap gepraat het. Zuma is \u2018n meesterstrateeg en dalk gaan \u2018n paar ministers nie \u2018n gemaklike Kersseisoen h\u00ea nie.<\/p>\n<p><em>Deur dr Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting\u00a0<\/em><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Aktueel\/wat-le-in-2017-vir-ons-voor-20161206\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">*Die artikel is oorspronklik op Netwerk24 gepubliseer<\/a><\/p>\n<p><em><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/'>DIE KOMMISSIE VAN ONDERSOEK EN DIE NUK BEVESTIGING VAN ZUMA SE PRESIDENTSKAP - WAT L\u00ca VIR ONS IN 2017 VOOR?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 433.10K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/?wpdmdl=4559&refresh=6a8a3089d8dd01787441289\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-547\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/zuma-parliament-foter.jpg\" alt=\"zuma parliament foter\" width=\"150\" height=\"99\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/zuma-parliament-foter.jpg 500w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/zuma-parliament-foter-300x199.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Die sperdatum vir president Zuma om die kommissie van ondersoek ingevolge die Madonsela staatskapingverslag aan te stel, het verlede Vrydag stil-stil gekom en gegaan.&nbsp; Die president het Vrydagaand &#8211; ure voor die sperdatum &#8211; &lsquo;n aansoek by die hof ingedien om die Madonselaverslag en aanbevelings te laat hersien. Met s&oacute; &lsquo;n optrede word die aanbevelings tydelik opgeskort. Hy en sy regsadviseurs vat klaarblyklik nie kanse nie.&nbsp;<\/p>\n<p>Sy argument is dat haar opdrag ongeldig is omdat hy, volgens die Grondwet, nie onafhanklik besluit het om so &lsquo;n kommissie aan te stel nie en dat net hy so iets kan doen (en nie die hoofregter nie). Hy argumenteer ook dat hy nie regter en jurie in sy eie hof kan wees nie, aangesien die kommissie aan hom sal moet rapporteer.<\/p>\n<p>Die Grondwet bepaal in artikel 84(2)(f) inderwaarheid dat die president verantwoordelik is vir die aanstelling van kommissies van ondersoek. Aan die ander kant bepaal artikel 96(2)(b) dat lede van die Kabinet en Adjunkministers nie mag &ldquo;<em>optree op enige wyse wat met hul amp onbestaanbaar is, of hulself blootstel aan enige omstandigheid wat die risiko inhou van \u0149 botsing tussen hul amptelike verantwoordelikhede en hul private belange nie<\/em>&rdquo;. Wat van die Kabinet waar is, moet tog ook van die voorsitter van die Kabinet waar wees.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":547,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1191","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: DIE KOMMISSIE VAN ONDERSOEK EN DIE NUK BEVESTIGING VAN ZUMA SE PRESIDENTSKAP - WAT L\u00ca VIR ONS IN 2017 VOOR? - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: DIE KOMMISSIE VAN ONDERSOEK EN DIE NUK BEVESTIGING VAN ZUMA SE PRESIDENTSKAP - WAT L\u00ca VIR ONS IN 2017 VOOR? - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die sperdatum vir president Zuma om die kommissie van ondersoek ingevolge die Madonsela staatskapingverslag aan te stel, het verlede Vrydag stil-stil gekom en gegaan.&nbsp; Die president het Vrydagaand - ure voor die sperdatum - &lsquo;n aansoek by die hof ingedien om die Madonselaverslag en aanbevelings te laat hersien. Met s&oacute; &lsquo;n optrede word die aanbevelings tydelik opgeskort. Hy en sy regsadviseurs vat klaarblyklik nie kanse nie.&nbsp; Sy argument is dat haar opdrag ongeldig is omdat hy, volgens die Grondwet, nie onafhanklik besluit het om so &lsquo;n kommissie aan te stel nie en dat net hy so iets kan doen (en nie die hoofregter nie). Hy argumenteer ook dat hy nie regter en jurie in sy eie hof kan wees nie, aangesien die kommissie aan hom sal moet rapporteer. Die Grondwet bepaal in artikel 84(2)(f) inderwaarheid dat die president verantwoordelik is vir die aanstelling van kommissies van ondersoek. Aan die ander kant bepaal artikel 96(2)(b) dat lede van die Kabinet en Adjunkministers nie mag &ldquo;optree op enige wyse wat met hul amp onbestaanbaar is, of hulself blootstel aan enige omstandigheid wat die risiko inhou van \u0149 botsing tussen hul amptelike verantwoordelikhede en hul private belange nie&rdquo;. Wat van die Kabinet waar is, moet tog ook van die voorsitter van die Kabinet waar wees.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-12-11T16:05:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:38:06+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/zuma-parliament-foter.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"331\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: DIE KOMMISSIE VAN ONDERSOEK EN DIE NUK BEVESTIGING VAN ZUMA SE PRESIDENTSKAP &#8211; WAT L\u00ca VIR ONS IN 2017 VOOR?\",\"datePublished\":\"2016-12-11T16:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:38:06+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/\"},\"wordCount\":795,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/zuma-parliament-foter.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/\",\"name\":\"ARTIKEL: DIE KOMMISSIE VAN ONDERSOEK EN DIE NUK BEVESTIGING VAN ZUMA SE PRESIDENTSKAP - WAT L\u00ca VIR ONS IN 2017 VOOR? - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/zuma-parliament-foter.jpg\",\"datePublished\":\"2016-12-11T16:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:38:06+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/zuma-parliament-foter.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/zuma-parliament-foter.jpg\",\"width\":500,\"height\":331,\"caption\":\"zuma parliament foter\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: DIE KOMMISSIE VAN ONDERSOEK EN DIE NUK BEVESTIGING VAN ZUMA SE PRESIDENTSKAP &#8211; WAT L\u00ca VIR ONS IN 2017 VOOR?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: DIE KOMMISSIE VAN ONDERSOEK EN DIE NUK BEVESTIGING VAN ZUMA SE PRESIDENTSKAP - WAT L\u00ca VIR ONS IN 2017 VOOR? - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: DIE KOMMISSIE VAN ONDERSOEK EN DIE NUK BEVESTIGING VAN ZUMA SE PRESIDENTSKAP - WAT L\u00ca VIR ONS IN 2017 VOOR? - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die sperdatum vir president Zuma om die kommissie van ondersoek ingevolge die Madonsela staatskapingverslag aan te stel, het verlede Vrydag stil-stil gekom en gegaan.&nbsp; Die president het Vrydagaand - ure voor die sperdatum - &lsquo;n aansoek by die hof ingedien om die Madonselaverslag en aanbevelings te laat hersien. Met s&oacute; &lsquo;n optrede word die aanbevelings tydelik opgeskort. Hy en sy regsadviseurs vat klaarblyklik nie kanse nie.&nbsp; Sy argument is dat haar opdrag ongeldig is omdat hy, volgens die Grondwet, nie onafhanklik besluit het om so &lsquo;n kommissie aan te stel nie en dat net hy so iets kan doen (en nie die hoofregter nie). Hy argumenteer ook dat hy nie regter en jurie in sy eie hof kan wees nie, aangesien die kommissie aan hom sal moet rapporteer. Die Grondwet bepaal in artikel 84(2)(f) inderwaarheid dat die president verantwoordelik is vir die aanstelling van kommissies van ondersoek. Aan die ander kant bepaal artikel 96(2)(b) dat lede van die Kabinet en Adjunkministers nie mag &ldquo;optree op enige wyse wat met hul amp onbestaanbaar is, of hulself blootstel aan enige omstandigheid wat die risiko inhou van \u0149 botsing tussen hul amptelike verantwoordelikhede en hul private belange nie&rdquo;. Wat van die Kabinet waar is, moet tog ook van die voorsitter van die Kabinet waar wees.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2016-12-11T16:05:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:38:06+00:00","og_image":[{"width":500,"height":331,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/zuma-parliament-foter.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"4 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: DIE KOMMISSIE VAN ONDERSOEK EN DIE NUK BEVESTIGING VAN ZUMA SE PRESIDENTSKAP &#8211; WAT L\u00ca VIR ONS IN 2017 VOOR?","datePublished":"2016-12-11T16:05:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:38:06+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/"},"wordCount":795,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/zuma-parliament-foter.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/","name":"ARTIKEL: DIE KOMMISSIE VAN ONDERSOEK EN DIE NUK BEVESTIGING VAN ZUMA SE PRESIDENTSKAP - WAT L\u00ca VIR ONS IN 2017 VOOR? - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/zuma-parliament-foter.jpg","datePublished":"2016-12-11T16:05:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:38:06+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/zuma-parliament-foter.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/zuma-parliament-foter.jpg","width":500,"height":331,"caption":"zuma parliament foter"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-kommissie-van-ondersoek-en-die-nuk-bevestiging-van-zuma-se-presidentskap-wat-le-vir-ons-in-2017-voor\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: DIE KOMMISSIE VAN ONDERSOEK EN DIE NUK BEVESTIGING VAN ZUMA SE PRESIDENTSKAP &#8211; WAT L\u00ca VIR ONS IN 2017 VOOR?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1191","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1191"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1191\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8052,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1191\/revisions\/8052"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/547"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1191"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1191"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1191"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}