{"id":1161,"date":"2016-10-13T18:05:00","date_gmt":"2016-10-13T16:05:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/"},"modified":"2021-07-20T21:41:50","modified_gmt":"2021-07-20T19:41:50","slug":"artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: #FEESMUSTFALL IS NET DIE OORTJIES VAN DIE SEEKOEI"},"content":{"rendered":"<p>Daar het die afgelope klompie jare \u2018n nuwe siening onder veral die swart jeug ontstaan &#8211; een van wydverspreide ontevredenheid met hulle daaglikse belewenis 22 jaar na die \u201cnuwe Suid-Afrika\u201d ontstaan het. Hulle praat van hulle \u201cgeleefde realiteit\u201d in \u2018n Suid-Afrika wat hulle steeds kultureel en ekonomies uitsluit. En dis vir hulle veral sigbaar op universiteit, waar hulle saam met wit studente studeer wat ekonomies soveel beter as hulle daaraan toe is. Hulle hou die maghebbers (beide die universiteite en die staat) verantwoordelik vir hierdie uitsluiting, en kritiseer die hele post 1994 orde. Hulle praat van \u201cpost apartheid apartheid\u201d.<\/p>\n<p>Dit is insiggewend dat die leierskap van die beweging uit middelklas en soms bevoorregte huise kom. Dit hoef ons nie te verbaas nie, aangesien die verskynsel van \u201cstygende verwagtinge\u201d &#8211; my lewensomstandighede het verbeter, maar nou wil ek nog meer h\u00ea &#8211; veral onder die middelklas voorkom. Hierdie jongmense sien die Suid-Afrikaanse werklikheid deur die o\u00eb van hulle ouers tydens apartheid. En hulle belewenis is dat niks verander het nie. Volgens hulle belewenis word Suid-Afrika steeds deur witwees en wit bevoorregting beheers. Die (swart) regering is slegs in \u2018n gesagsposisie, maar nie in beheer nie. Selfs die mense in blou (die polisie) tree teen hulle op om nie dit \u201cwit\u201d orde te versteur nie.<\/p>\n<p>En hieruit volg \u2018n sterk anti-wit sentiment. \u2018n Mens kan amper van \u2018n \u201cF.. wit\u201d-kultuur praat, soos wat graffiti en T-hemp woorde lui. En dit word nie as rassisme beskou nie, maar hoogstens as (geregverdigde) vooroordeel.<\/p>\n<p>Die filosofiese wortels van hierdie beweging kom uit verskeie oorde. Steve Biko se swart bewussyn het \u2018n rol gespeel. Maar die Franse dokter-joernalis-filosoof Frantz Fanon het \u2018n sterker rol gespeel. Die anti-wit en dekolonialiseringstemas kom uit sy werk in die laat vyftigs van die vorige eeu af toe Algeri\u00eb onafhanklikheid van Frankryk gekry het. \u201cDekolonialisering\u201d word baie in die geledere van die nuwe jeugbeweging gehoor, en dit behels dat in die samelewing (en ook die universiteite) alles wat (nog) koloniaal (lees: wit en westers) is, moet verdwyn. Dit sluit simbole, standbeelde, boeke en die kurrikulum in.<\/p>\n<p>Die nuwe swart jeugbeweging wil geleentheid gegun word om, sonder die inmenging en teenwoordigheid van wit mense, oor hulle benadeling en geleefde realiteit te praat. Dit word \u201cveilge ruimtes\u201d genoem, en mag net deur di\u00e9 wat dieselfde rassebelewing het, binnegaan word. Daarom word rektore beveel om te \u201csit as jy met ons praat\u201d en word wit studente die geleentheid geweier om in debat te tree.<\/p>\n<p>\u2018n Ander tema wat prominent is, is di\u00e9 van \u201cokkupasie\u201d. Die swart benadeeldes moet die wit ruimtes van universiteitskampusse en senaatsvergaderings (Wits) oorneem en in besit neem. Verlede Vrydag het een van die leiers van #FeesMustFall by Wits, Mcebo Dlamini, verklaar dat hulle nie meer vir Adam Habib as rektor erken nie en hy het homself as interimrektor verklaar. Iets soortgelyks het ook vroe\u00ebr op die Vaaldriehoekkampus van die NWU gebeur.<\/p>\n<p>Dan is daar die byna religieuse ywer waarmee die nuwe jeugbeweging verwag (nee, eis) dat alle ander studente en dosente moet ophou studeer en werk en hulle in hulle stryd vir \u2018n beter samelewing steun. Dit word gesien in die sluiting van kampusse deur studente (UK) en die intimidasie van die meerderheid van studente en personeel wat durf waag om met hulle studies en werk voort te gaan.<\/p>\n<p>Fanon word ook gebruik om die gebruik van geweld te regverdig. Geweld is \u2018n noodsaaklike element van protes om \u201cvrees by die status quo\u201d in te boesem. Natuurlik regverdig die studente hulle geweld ook deur te s\u00ea dat die owerhede en polisie hulle daartoe gedryf het, maar geweld as \u2018n beginselopsie is reeds deel van die filosofie.\u00a0 Soos ons gesien het, word vuur ook baie prominent in die geweldsoptrede gebruik.<\/p>\n<p>Op die rug van hierdie filosofiese standpunte, het die EFF op baie kampusse (veral waar hulle die studenteraad beheer) begin om die situasie partypolities uit te buit. Ernstige verskille tussen ander studente-organisasies soos SASCO en die ANC-jeugliga dra verder tot onstabiliteit by. Maar ek sien, anders as sommige politici, nie \u2018n sinist\u00eare \u201cderde mag\u201d in die nuwe jeugbewging nie.<\/p>\n<p>Kritiek op die nuwe jeugbeweging is nie moeilik nie. In \u2018n grondwetlike demokrasie is die gebruik van geweld heeltemaal onaanvaarbaar. Hier is ook \u2018n vervanging van die Grondwet (en die ANC) se nie-rassigheid, wat gevaarlike en polariserende gevolge kan h\u00ea. En die jeugbeweging sluit gesprek, debat en kompromie (ten minste op hierdie stadium) heeltemaal uit. Hulle eis volkome oorgawe en omverwerping van die huidige orde. Hulle is in geheel teen \u201crainbowism\u201d.<\/p>\n<p>Dis vir die bre\u00eb spektrum van die Suid-Afrikaanse leierskap belangrik om hierdie verskynsel te verstaan, anders sal dit nie korrek gekonfronteer en bestuur word nie.\u00a0 Klasgelde en gratis ho\u00ebr onderwys is slegs die oortjies van die seekoei. Die uiteindelike doel is die omverwerping van die nuwe SA, nie-rassigheid en die Grondwet. Daarom sal daar nooit aan die werklike eise voldoen kan word nie &#8211; die doelpale sal in elk geval voortdurend geskuif word. Op die mediumtermyn sal universiteitsbesture en -rade dit moet besef as hulle die akademiese jaar, maar ook die wese van ons universitiete wil red. En die regering sal sterker leiding moet gee &#8211; dit gaan oor meer as klasgelde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Menings\/feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei-20161010\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">*Die oorspronklike artikel is eers op Netwerk24 gepubliseer<\/a><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/'>#FEESMUSTFALL IS NET DIE OORTJIES VAN DIE SEEKOEI<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 510.83K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/?wpdmdl=4543&refresh=6a8a314e517c41787441486\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><em><br \/>\n<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-690\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg\" alt=\"students foter\" width=\"150\" height=\"90\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg 500w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter-300x180.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Die hele land hou die afgelope maande die drama van studente-opstande dop. Nie sedert die 1976 Soweto opstande is sulke wydvoorkomende tonele in Suid-Afrika gesien nie. Dis veral historiese wit universiteite en hulle besture wat die verskynsel van voortdurende en voortslepende studente-onrus en geweld nie ken nie. Die skade aan eiendom beloop al na beraming amper R1000m.<\/p>\n<p>Wat is die oorsake vir hierdie verskynsels? En wat dryf die nuwe jeugbeweging?<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":690,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1161","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: #FEESMUSTFALL IS NET DIE OORTJIES VAN DIE SEEKOEI - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: #FEESMUSTFALL IS NET DIE OORTJIES VAN DIE SEEKOEI - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die hele land hou die afgelope maande die drama van studente-opstande dop. Nie sedert die 1976 Soweto opstande is sulke wydvoorkomende tonele in Suid-Afrika gesien nie. Dis veral historiese wit universiteite en hulle besture wat die verskynsel van voortdurende en voortslepende studente-onrus en geweld nie ken nie. Die skade aan eiendom beloop al na beraming amper R1000m. Wat is die oorsake vir hierdie verskynsels? En wat dryf die nuwe jeugbeweging?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-10-13T16:05:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:41:50+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"300\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: #FEESMUSTFALL IS NET DIE OORTJIES VAN DIE SEEKOEI\",\"datePublished\":\"2016-10-13T16:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:41:50+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/\"},\"wordCount\":883,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/\",\"name\":\"ARTIKEL: #FEESMUSTFALL IS NET DIE OORTJIES VAN DIE SEEKOEI - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg\",\"datePublished\":\"2016-10-13T16:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:41:50+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg\",\"width\":500,\"height\":300,\"caption\":\"students foter\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: #FEESMUSTFALL IS NET DIE OORTJIES VAN DIE SEEKOEI\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: #FEESMUSTFALL IS NET DIE OORTJIES VAN DIE SEEKOEI - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: #FEESMUSTFALL IS NET DIE OORTJIES VAN DIE SEEKOEI - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die hele land hou die afgelope maande die drama van studente-opstande dop. Nie sedert die 1976 Soweto opstande is sulke wydvoorkomende tonele in Suid-Afrika gesien nie. Dis veral historiese wit universiteite en hulle besture wat die verskynsel van voortdurende en voortslepende studente-onrus en geweld nie ken nie. Die skade aan eiendom beloop al na beraming amper R1000m. Wat is die oorsake vir hierdie verskynsels? En wat dryf die nuwe jeugbeweging?","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2016-10-13T16:05:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:41:50+00:00","og_image":[{"width":500,"height":300,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"4 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: #FEESMUSTFALL IS NET DIE OORTJIES VAN DIE SEEKOEI","datePublished":"2016-10-13T16:05:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:41:50+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/"},"wordCount":883,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/","name":"ARTIKEL: #FEESMUSTFALL IS NET DIE OORTJIES VAN DIE SEEKOEI - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg","datePublished":"2016-10-13T16:05:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:41:50+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg","width":500,"height":300,"caption":"students foter"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-feesmustfall-is-net-die-oortjies-van-die-seekoei\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: #FEESMUSTFALL IS NET DIE OORTJIES VAN DIE SEEKOEI"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1161","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1161"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1161\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8059,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1161\/revisions\/8059"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/690"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1161"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1161"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1161"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}