{"id":1090,"date":"2016-04-28T11:05:00","date_gmt":"2016-04-28T09:05:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/"},"modified":"2021-07-20T21:57:48","modified_gmt":"2021-07-20T19:57:48","slug":"artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: SUID-AFRIKA KEER TERUG NA RASSIGHEID WAT AMPTELIK IN SPORT OPGEL\u00ca WORD"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sodoende het hy \u2018n belangrike drumpel oorgesteek op Suid-Afrika se weg na rassigheid wat amptelik in sport opgel\u00ea word. Vir so lank as wat teikens teikens gebly het, kon dit aangevoer word dat meriete, en nie ras nie, steeds die hooffaktor was in die keuring van nasionale spanne. Rasseteikens wat deur sanksies van die staat toegepas word, is nie meer teikens nie &#8211; dit is kwotas. Rassekwotas &#8211; saam met enige vorm van rassediskriminasie &#8211; word deur die Internasionale Olimpiese Komitee en deur die meeste internasionale sportkodes verbied. Hulle verbied ook inmenging deur \u201cderde partye\u201d, met in begrip van regerings, in die onafhanklikheid van nasionale sportliggame.<\/p>\n<p>Die Minister se aankondiging dui op Suid-Afrika se terugkeer na \u2018n sportregime wat ondergeskik is aan die rasse-ideologie van die regerende party. In die ou dae was die ideologie apartheid. Nou is dit die ANC se Nasionale Demokratiese Revolusie met sy doel van deurdringende demografiese verteenwoordiging.\u00a0Die grootste bekommernis is nie die sukses van nasionale spanne nie, maar die vereiste dat spanne die rassesamestelling van die Suid-Afrikaanse bevolking moet weerspie\u00ebl.<\/p>\n<p>Dit is ironies dat die sportkodes wat Mbalula wil straf, die einste sport in Suid-Afrika is wat die grootste sukses in internasionale kompetisies behaal het. Die Springbokke het twee keer die Rugby-w\u00eareldbeker verower en die Proteas het gedurende die afgelope paar jaar die top posisie in w\u00eareldtoets- en eendagkrieket behaal.<\/p>\n<p>Prestasies in sport is \u2018n intense persoonlike stryd. Dit vereis besondere toewyding en verbintenis. Dit behels ure van moeilike daaglikse opleiding, dit word bevorder deur streng en dikwels hartverskeurende mededinging; en dit word gekroon deur die groot eer om gekies te word om jou land te verteenwoordig &#8211; die geluk van ma\u2019s, pa\u2019s en vriende wat voor die familie se TV-skerm aanmoedigings skree. Nou sal sportmanne en -vroue, wat op meriete gekies behoort te word, meegedeel word dat hulle nie Suid-Afrika kan verteenwoordig nie omdat hulle aan die verkeerde ras behoort. Baie sal ander talentvolle Suid-Afrikaners oorsee volg om hul loopbane daar na te streef.<\/p>\n<p>Vir die Minister van Sport en Ontspanning is die hooffaktor egter duidelik nie die drome van individuele sportmanne en -vroue, of van sukses in nasionale sport nie. Dit is ras.<\/p>\n<p>Hierdie benadering is moontlik ten beste uitgedruk deur president Mbeki tydens \u2018n radio-onderhoud die dag nadat die Springbokke die Rugby-w\u00eareldbeker in 2007 gewen het. Hy het ges\u00ea dat \u2018n verenigde Suid-Afrika \u201c\u2019n baie groter prys sal wees\u201d (vermoedelik as selfs die Rugby-w\u00eareldbeker).\u00a0Hy het bygevoeg dat indien die beste die verlede weerspie\u00ebl (dit wil s\u00ea ongebalanseerde spanne wat ras betref) &#8211; dan sal iets moet meegee. \u201cIndien ons een of twee wedstryde gaan verloor indien ons daardie doelwit gaan bereik, dan dink ek ons moet een of twee wedstryde verloor.\u201d Sy kommentaar het sy verklaring in 2002 herhaal toe hy ges\u00ea het dat ons vir twee of drie jaar nie moet omgee om internasionale wedstryde te verloor nie omdat ons ons mense in di\u00e9 spanne in bring.\u201d<\/p>\n<p>Die belangrike elemente hier is die gewilligheid om sukses in sport te offer op die ideologiese altaar van ras en die karaterisering van swart spelers as \u201cons\u201d mense. Hoe kan die uitsluiting van minderheidspelers (nie \u201cons mense\u201d nie?) uit nasionale spanne enigsins bydra tot president Mbeki se \u201cveel groter prys\u201d van \u2018n \u201cverenigde Suid-Afrika\u201d?<\/p>\n<p>Ongelukkig is hierdie benaderings nie net in sport gemanifesteer nie, maar in die wyse waarop transformasie regdeur ons samelewing ingestel word. In die staatsdiens, die veiligheidsmagte en ondernemings in staatsbesit is baie uitstekende swart Suid-Afrikaners in belangrike posisies aangestel, duidelik op grond van meriete. Baie ander is egter op grond van hul ras aangestel &#8211; met min of geen agting vir meriete. Poste wat baie belangrik is word dikwels vakant gelaat, omdat dit die demografiese kwotas waaraan die regering so hard werk om te verwesenlik, negatief sal raak. Dit is klaarblyklik beter vir plaaslike owerhede en staatsdepartemente om demografies verteenwoordigend te wees, eerder as om noodsaaklike dienste suksesvol te lewer. Dit is belangriker dat plaaseienaarskap Suid-Afrika se demografiese profiel moet reflekteer, eerder as wat plase winsgewend bestuur word en kos vir Suid-Afrika se mense lewer.<\/p>\n<p>Die aanwys van belangrike rolspelers in die privaat-, openbare en nie-regeringsektor op grond van ras, eerder as meriete, is een van die grootste redes waarom Suid-Afrika besig is om \u2018n nasie te word wat verloor.<\/p>\n<p>Natuurlik moet ons verseker dat elke kind die geleentheid het om te presteer in watter sport ook al hy of sy kies. Sportkodes het \u2018n belangrike rol om te speel in die verwesenliking van sodanige geleenthede: hulle het egter nie die enigste &#8211; of selfs die hoof &#8211; verantwoordelikheid om dit te doen nie. Die popularisering van sportkodes hang net soveel af van die Departement van Sport en Ontspanning, as wat dit van ons wanfunksionerende skole en ons gemeenskappe afhang.<\/p>\n<p>Sommige kodes sal egter op disproporsionele wyse deur verskillende gemeenskappe gesteun word. Deelname aan sport het dikwels \u2018n sterk kultuurgrondslag &#8211; nie net in Suid-Afrika nie, maar regoor die w\u00eareld. Die Engelse rugbyspan bestaan uit 5% van die bevolking wat privaatskole bywoon. Die top swemmers in die Verenigde State is wit, terwyl basketbal, boks en atletiek deur die 12% swart minderheid gedomineer word. Kan jy die protes indink as swart deelname aan hierdie sportsoorte tot 12% beperk sou word?<\/p>\n<p>Die tyd het miskien vir ons aangebreek om die tradisie van nie-rassigheid wat voor 1994 in sport gegeld het, te laat herleef in die vorm van \u2018n nuwe SAN-ROC. Ons kan dan een stel spanne h\u00ea wat op \u2018n werklik nie-rassige grondslag gekies word &#8211; en nog \u2018n stel wat volgens die ANC se maatstawwe ten opsigte van ras gekies word. Watter spanne sal die meeste borge, die beste spelers en die meeste steun kry? Teen watter spanne sal buitelandse spanne wil speel?<\/p>\n<p>Die punt is dat in \u2018n vrye samelewing, die regering geen rol behoort te h\u00ea in hoe wetsgehoorsame sportorganisasies hul sake moet bestuur nie &#8211; of in die opheffing van hul \u201cvoorreg\u201d om internasionale toernooie aan te bied nie.<\/p>\n<p>Deur Dave Steward, Uitvoerende Direkteur van die FW de Klerk Stigting<\/p>\n<p><em><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/'>SUID-AFRIKA KEER TERUG NA RASSIGHEID WAT AMPTELIK IN SPORT OPGEL\u00ca WORD<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 71.85K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/?wpdmdl=4509&refresh=6a8cec922fb811787620498\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-579\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\" alt=\"foter sa flags celebrate\" width=\"150\" height=\"100\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg 500w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Vroe&euml;r hierdie week het die Minister van Sport en Ontspanning, Fikile Mbalula, die instelling van sanksies aangekondig teen vier van Suid-Afrika se hoofsportkodes (Atletiek Suid-Afrika, Krieket Suid-Afrika, Netbal Suid-Afrika en Suid-Afrikaanse Rugby) omdat hulle nie die rasseteikens wat hulle self vroe&euml;r aanvaar het, behaal het nie. Hy het ges&ecirc; dat hy besluit het om hul voorreg om groot internasionale toernooie in Suid-Afrika aan te bied en daarvoor te bie, op te hef.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":579,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1090","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: SUID-AFRIKA KEER TERUG NA RASSIGHEID WAT AMPTELIK IN SPORT OPGEL\u00ca WORD - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: SUID-AFRIKA KEER TERUG NA RASSIGHEID WAT AMPTELIK IN SPORT OPGEL\u00ca WORD - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Vroe&euml;r hierdie week het die Minister van Sport en Ontspanning, Fikile Mbalula, die instelling van sanksies aangekondig teen vier van Suid-Afrika se hoofsportkodes (Atletiek Suid-Afrika, Krieket Suid-Afrika, Netbal Suid-Afrika en Suid-Afrikaanse Rugby) omdat hulle nie die rasseteikens wat hulle self vroe&euml;r aanvaar het, behaal het nie. Hy het ges&ecirc; dat hy besluit het om hul voorreg om groot internasionale toernooie in Suid-Afrika aan te bied en daarvoor te bie, op te hef.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-04-28T09:05:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:57:48+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"333\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: SUID-AFRIKA KEER TERUG NA RASSIGHEID WAT AMPTELIK IN SPORT OPGEL\u00ca WORD\",\"datePublished\":\"2016-04-28T09:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:57:48+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/\"},\"wordCount\":1023,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/\",\"name\":\"ARTIKEL: SUID-AFRIKA KEER TERUG NA RASSIGHEID WAT AMPTELIK IN SPORT OPGEL\u00ca WORD - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\",\"datePublished\":\"2016-04-28T09:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:57:48+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\",\"width\":500,\"height\":333,\"caption\":\"foter sa flags celebrate\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: SUID-AFRIKA KEER TERUG NA RASSIGHEID WAT AMPTELIK IN SPORT OPGEL\u00ca WORD\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: SUID-AFRIKA KEER TERUG NA RASSIGHEID WAT AMPTELIK IN SPORT OPGEL\u00ca WORD - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: SUID-AFRIKA KEER TERUG NA RASSIGHEID WAT AMPTELIK IN SPORT OPGEL\u00ca WORD - FW de Klerk Foundation","og_description":"Vroe&euml;r hierdie week het die Minister van Sport en Ontspanning, Fikile Mbalula, die instelling van sanksies aangekondig teen vier van Suid-Afrika se hoofsportkodes (Atletiek Suid-Afrika, Krieket Suid-Afrika, Netbal Suid-Afrika en Suid-Afrikaanse Rugby) omdat hulle nie die rasseteikens wat hulle self vroe&euml;r aanvaar het, behaal het nie. Hy het ges&ecirc; dat hy besluit het om hul voorreg om groot internasionale toernooie in Suid-Afrika aan te bied en daarvoor te bie, op te hef.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2016-04-28T09:05:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:57:48+00:00","og_image":[{"width":500,"height":333,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: SUID-AFRIKA KEER TERUG NA RASSIGHEID WAT AMPTELIK IN SPORT OPGEL\u00ca WORD","datePublished":"2016-04-28T09:05:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:57:48+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/"},"wordCount":1023,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/","name":"ARTIKEL: SUID-AFRIKA KEER TERUG NA RASSIGHEID WAT AMPTELIK IN SPORT OPGEL\u00ca WORD - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg","datePublished":"2016-04-28T09:05:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:57:48+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg","width":500,"height":333,"caption":"foter sa flags celebrate"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-suid-afrika-keer-terug-na-rassigheid-wat-amptelik-in-sport-opgele-word\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: SUID-AFRIKA KEER TERUG NA RASSIGHEID WAT AMPTELIK IN SPORT OPGEL\u00ca WORD"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1090","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1090"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1090\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8075,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1090\/revisions\/8075"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/579"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1090"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1090"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1090"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}