{"id":1088,"date":"2016-05-23T18:05:00","date_gmt":"2016-05-23T16:05:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/"},"modified":"2021-07-20T21:56:34","modified_gmt":"2021-07-20T19:56:34","slug":"artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: AFRIKA-DAG: WIE HET REGTIG DIE GROOTSTE EKONOMIE?"},"content":{"rendered":"<p>Ten opsigte van KKP BBP het China in 2015 reeds oor die grootste ekonomie in die w\u00eareld beskik &#8211; VS$ 19,392 miljard, (17% van die internasionale KKP BBP) in vergelyking met die EU op VS$ 19,205 miljard en die Verenigde State op VS$ 17,947 miljard.\u00a0Indi\u00eb is volgende met VS$ 7,965 miljard.<\/p>\n<p>Die grootste ekonomie in Afrika is Nigeri\u00eb in die 22ste posisie in die w\u00eareld met \u2018n KKP BBP van VS$ 1\u00a0092 miljard.\u00a0Egipte is 23ste met \u2018n ietwat kleiner KKP BBP van VS$ 1\u00a0048 miljard. Suid-Afrika strompel in met die derde plek in Afrika en 30ste in die w\u00eareld met \u2018n KKP BBP van VS$ 724 miljard.<\/p>\n<p>Maar dit was nie altyd so nie. Nigeri\u00eb het skielik die voorste posisie ingeneem in 2014 nadat dit die grondslag waarop sy BBP geasseseer is, herbereken het &#8211; wat dit oornag met 89% verhoog het.<\/p>\n<p>Die nuwe syfers is glo deur die IMF en die W\u00eareldbank geverifieer. As \u2018n mens egter ander belangrike faktore in ag neem wat verband hou met Nigeri\u00eb en Suid-Afrika se ekonomie\u00eb, blyk dit of sommige statistieke net nie water hou nie. Nigeri\u00eb se federale begroting, byvoorbeeld, was VS$ 30,4 miljard in 2014, in vergelyking met Suid-Afrika se begroting vir dieselfde jaar van VS$ 115 miljard.<\/p>\n<p>Nog \u2018n oorweging is die feit dat Suid-Afrika met sy 54 miljoen mense meer as 10 keer soveel elektrisiteit gebruik as Nigeri\u00eb met sy 177 miljoen mense. Suid-Afrika se gebruik van 234 miljoen MW uur\/jaar is die 15de hoogste in die w\u00eareld. Ons het meer as 2000 winkelsentrums (6de hoogste getal in die w\u00eareld) in vergelyking met 12 &#8211; 15 in die hele Nigeri\u00eb. Ons uitvoere en invoere in 2013 het op VS$ 198 miljard te staan gekom in vergelyking met Nigeri\u00eb se totale handel van VS$ 135 miljard.\u00a090% van Nigeri\u00eb se uitvoere was olie en olieprodukte &#8211; wat met meer as 40% oor die afgelope twee jaar geval het.<\/p>\n<p>In 2015 het Suid-Afrika 615\u00a0000 motorvoertuie gelewer en ons het oor 165 motors per 1000 mense beskik.\u00a0Nigeri\u00eb het oor 31 motors per 1000 mense beskik.\u00a0Dit is ook nie \u2018n geval van Nigeri\u00eb wat oor \u2018n voorspoedige landelike boerderysektor beskik nie.\u00a062% van die bevolking lewe onder die internasionale armoedelyn van VS$ 1,25 per dag &#8211; in vergelyking met die 9.4% van Suid-Afrika se bevolking.<\/p>\n<p>Ook ten opsigte van finansi\u00eble dienste wil dit blyk of Suid-Afrika ver voorloop. Die waarde van aandele op die JSE is VS$ 790 miljard, in vergelyking met die VS$ 47 miljard op die Lagos Exchange. Suid-Afrika se banke en finansi\u00eble dienste word ook onder die beste ter w\u00eareld gereken deur die W\u00eareld-ekonomiese Forum se Internasionale Mededingendheidsverslag.<\/p>\n<p>Egipte is moontlik meer geregtig om as die vasteland se grootste ekonomie bekend te staan. Sy begroting is VS$ 85 miljard en sy buitelandse handel was VS$ 97 miljard. Dit het 28 motors per 1000 mense. Slegs 1.2% van sy bevolking lewe egter onder die armoedelyn van VS$ 1,25 &#8211; wat beteken dat daar \u2018n baie ho\u00ebr vlak van algemene welvaart onder sy mense is as wat dit in Suid-Afrika is.<\/p>\n<p>Waarop dit neerkom is dat \u2018n mens skepties moet wees oor statistieke. Soos een kommentator op gelet het &#8211; hulle is soos bikini\u2019s &#8211; meer belangrik vir wat dit toemaak as wat dit wys. Desnieteenstaande, wat ook al Suid-Afrika se ware posisie op Afrika se ranglys mag wees, gaan ons elke jaar agteruit. Gedurende die afgelope drie jaar het die ekonomie van Afrika suid van die Sahara met \u2018n gemiddeld van 4.5% gegroei, in vergelyking met Suid-Afrika se groei van slegs 1.3% in 2015 &#8211; en geprojekteerde groei van 0.4% vanjaar.<\/p>\n<p><em>Deur Dave Steward, Uitvoerende Direkteur van die FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<p><em><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/'>AFRIKA-DAG: WIE HET REGTIG DIE GROOTSTE EKONOMIE?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 63.85K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/?wpdmdl=4507&refresh=6a8a2563ab4701787438435\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1082\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg\" alt=\"City sml\" width=\"150\" height=\"100\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Berigte dat Egipte Suid-Afrika verby gesteek het as Afrika se tweede grootste ekonomie en dat ons nou die derde plek beklee &#8211; met Nigeri&euml; in die eerste plek &#8211; het onlangs groot aandag geniet.&nbsp;Dit het alles bygedra tot Suid-Afrika se gevoel van nasionale agteruitgang &#8211; nadat ons vir so lank aanvaar het dat ons &lsquo;n onaanvegbare posisie as die vasteland se grootste ekonomie beklee. Kommentators moet nou Suid-Afrikaners troos met die versekering dat ons steeds die mees &ldquo;hoogs ge&iuml;ndustrialiseerde ekonomie&rdquo; in Afrika is.<\/p>\n<p>Die relatiewe grootte van ekonomie&euml; word oor die algemeen gemeet deur hul Bruto Binnelandse Produkte (BBP) op &lsquo;n koopkragpariteit-grondslag te evalueer &#8211; wat probleme oplos wat veroorsaak is deur die verskille tussen amptelike wisselkoerse en die werklike koopkrag van die betrokke geldeenhede.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1082,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1088","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: AFRIKA-DAG: WIE HET REGTIG DIE GROOTSTE EKONOMIE? - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: AFRIKA-DAG: WIE HET REGTIG DIE GROOTSTE EKONOMIE? - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Berigte dat Egipte Suid-Afrika verby gesteek het as Afrika se tweede grootste ekonomie en dat ons nou die derde plek beklee - met Nigeri&euml; in die eerste plek - het onlangs groot aandag geniet.&nbsp;Dit het alles bygedra tot Suid-Afrika se gevoel van nasionale agteruitgang - nadat ons vir so lank aanvaar het dat ons &lsquo;n onaanvegbare posisie as die vasteland se grootste ekonomie beklee. Kommentators moet nou Suid-Afrikaners troos met die versekering dat ons steeds die mees &ldquo;hoogs ge&iuml;ndustrialiseerde ekonomie&rdquo; in Afrika is. Die relatiewe grootte van ekonomie&euml; word oor die algemeen gemeet deur hul Bruto Binnelandse Produkte (BBP) op &lsquo;n koopkragpariteit-grondslag te evalueer - wat probleme oplos wat veroorsaak is deur die verskille tussen amptelike wisselkoerse en die werklike koopkrag van die betrokke geldeenhede.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-05-23T16:05:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:56:34+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"266\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"3 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: AFRIKA-DAG: WIE HET REGTIG DIE GROOTSTE EKONOMIE?\",\"datePublished\":\"2016-05-23T16:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:56:34+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/\"},\"wordCount\":592,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/\",\"name\":\"ARTIKEL: AFRIKA-DAG: WIE HET REGTIG DIE GROOTSTE EKONOMIE? - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg\",\"datePublished\":\"2016-05-23T16:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:56:34+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg\",\"width\":400,\"height\":266,\"caption\":\"City sml\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: AFRIKA-DAG: WIE HET REGTIG DIE GROOTSTE EKONOMIE?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: AFRIKA-DAG: WIE HET REGTIG DIE GROOTSTE EKONOMIE? - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: AFRIKA-DAG: WIE HET REGTIG DIE GROOTSTE EKONOMIE? - FW de Klerk Foundation","og_description":"Berigte dat Egipte Suid-Afrika verby gesteek het as Afrika se tweede grootste ekonomie en dat ons nou die derde plek beklee - met Nigeri&euml; in die eerste plek - het onlangs groot aandag geniet.&nbsp;Dit het alles bygedra tot Suid-Afrika se gevoel van nasionale agteruitgang - nadat ons vir so lank aanvaar het dat ons &lsquo;n onaanvegbare posisie as die vasteland se grootste ekonomie beklee. Kommentators moet nou Suid-Afrikaners troos met die versekering dat ons steeds die mees &ldquo;hoogs ge&iuml;ndustrialiseerde ekonomie&rdquo; in Afrika is. Die relatiewe grootte van ekonomie&euml; word oor die algemeen gemeet deur hul Bruto Binnelandse Produkte (BBP) op &lsquo;n koopkragpariteit-grondslag te evalueer - wat probleme oplos wat veroorsaak is deur die verskille tussen amptelike wisselkoerse en die werklike koopkrag van die betrokke geldeenhede.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2016-05-23T16:05:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:56:34+00:00","og_image":[{"width":400,"height":266,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"3 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: AFRIKA-DAG: WIE HET REGTIG DIE GROOTSTE EKONOMIE?","datePublished":"2016-05-23T16:05:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:56:34+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/"},"wordCount":592,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/","name":"ARTIKEL: AFRIKA-DAG: WIE HET REGTIG DIE GROOTSTE EKONOMIE? - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg","datePublished":"2016-05-23T16:05:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:56:34+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/City_sml.jpg","width":400,"height":266,"caption":"City sml"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-afrika-dag-wie-het-regtig-die-grootste-ekonomie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: AFRIKA-DAG: WIE HET REGTIG DIE GROOTSTE EKONOMIE?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1088","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1088"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1088\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8069,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1088\/revisions\/8069"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1082"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1088"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1088"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1088"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}