{"id":1087,"date":"2016-04-29T18:05:00","date_gmt":"2016-04-29T16:05:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/"},"modified":"2021-07-20T21:57:32","modified_gmt":"2021-07-20T19:57:32","slug":"artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: \u2018N PAAR GEDAGTES OP WERKERSDAG OOR WERKLOOSHEID ONDER DIE JEUG"},"content":{"rendered":"<p>Die eerste hiervan is die betreurenswaardige stand van ons onderwysstelsel. Terwyl ons BBP-uitgawes op onderwys gunstig vergelyk met die meeste ontwikkelde en ontwikkelende nasies (op 6% in 2015), slaag ons nie daarin om die gehalte onderwys te lewer wat nodig is om \u2018n arbeidsmag te lewer wat nodig is vir \u2018n mededingende ekonomie nie. Volgens die W\u00eareld Ekonomiese Forum (WEF) se <em>Global Competitiveness Report<\/em> vir 2015-16 beklee ons die 120ste plek uit 140 in die kategorie onderwys. Ons beklee die 140ste (laaste) posisie wat die gehalte van onderrig in wiskunde en wetenskap betref. Dit skep \u2018n situasie waar ons eenvoudig nie skoolverlaters lewer wat die vaardighede het vir \u2018n moderne ekonomie nie. Dit laat ons spesifiek met \u2018n tekort aan gevorderde vaardighede vir sektore wat \u2018n goeie agtergrond in wiskunde en wetenskap vereis. Ons benodig \u2018n onderwysstelsel wat ons jongmense voorberei om aan die dringende behoeftes van ons ekonomie te voldoen &#8211; veral op die gebied van gehaltediens, met sterk klem op dienslewering en innovasie.<\/p>\n<p>Die tweede struikelblok vir indiensneming wat ons dringende aandag nodig het, is die stand van arbeidsverhoudinge in ons land. In die kategorie arbeid-werkgewer, beklee Suid-Afrika die 140ste uit 140 posisies van lande wat ge\u00ebvalueer is. Die Grondwet beskerm die regte van werkers om by vakbonde aan te sluit en om deur hulle verteenwoordig te word om die onderhandelingstafel. Die meeste van ons vakbonde word egter gelei deur sosialistiese ideologie\u00eb wat nie die reg aanvaar van meeste werkgewers om te bestaan nie en wat uitsien na die afskaffing van die vryemarkstelsel, wat die indiensneming in die eerste plek geskep het. Die probleem met \u2018n sosialistiese benadering tot arbeidsverhoudinge l\u00ea in sy verwerping van die behoefte om winste tot voordeel van almal te maak, en dat die vryemarkstelsel kenmerk as die slawerny van die werker ten einde die top-bestuurders te verryk.<\/p>\n<p>Dit word dan beskou as die regverdiging vir die konstante ontwrigting van produksie ten einde te verseker dat werkers \u2018n \u201cordentlike loon\u201d verdien. Dit blyk egter of die feit dat vir werkers om betaal te word, die werkgewer \u2018n wins moet maak, ge\u00efgnoreer word. Groot looneise ontwrig arbeidsverhoudinge en lei dikwels tot afleggings sodat werkgewers minder werkers ho\u00ebr lone hoef te betaal &#8211; aangesien dit die werkgewer se vermo\u00eb om \u2018n besigheid te bedryf in gedrang sal bring indien ho\u00ebr lone aan alle werkers betaal sou moes word. Die jong werkers is di\u00e9 wat die meeste ly, aangesien hulle dikwels eerste afgedank word wanneer maatskappy noodgedwonge werknemers moet afdank.<\/p>\n<p>Die derde struikelblok vir indiensneming hou verband met arbeidswetgewing in Suid-Afrika. Ons arbeidswetgewing, wat dikwels neig om ten gunste te wees van die ideologie van die vakbonde, is die grootste bron van kommer vir sakeondernemings wat in Suid-Afrika sake doen, asook vir voornemende beleggers. Dit ontmoedig ook die indiensneming van jongmense wat die arbeidsmark vir die eerste keer betree. Dikwels word diegene wat onlangs gegradueer het, se tersi\u00eare kwalifikasie nie oorweeg in die keuringsproses nie weens die vereiste vir \u2018n sekere hoeveelheid ervaring. Weens die omslagtigheid betreffende die aanstellings- en afdankingspraktyke (138ste posisie uit 140), is maatskappye huiwerig om werksoekers wat die eerste keer begin werk, aan te stel, veral al di\u00e9 met geen ervaring op hul CVs nie. Dit laat ons jeug met min opsies as hulle ervaring nodig het om \u2018n werk te kry, maar niemand aan hulle die geleentheid wil gee om daardie werkservaring op te doen nie.<\/p>\n<p>Die vierde struikelblok is ons onvermo\u00eb om voldoende vlakke van ekonomiese groei in die afgelope paar jaar te verwesenlik. Die Tesourie stel \u2018n ekonomiese groei van 0.9% vir die jaar 2016\/2017 in die vooruitsig. Dit s\u00ea vir ons dat vir elke 30 jongmense wat werk soek, slegs 10 werk sal kry. Dit lei tot frustrasie, wat in twee scenarios kan manifesteer. Die eerste is die ontstaan van \u2018n apatiese generasie, wat geen punt daarin sien om teen die struikelblokke te baklei nie. Die tweede, wat blyk om aan die orde van die dag te wees, is die ontstaan van radikalisme wat ten doel het om die stelsel af te breek om die weg vir die gemarginaliseerde massas te baan. Die probleem is egter dat nadat die revolusie die stelsel afgebreek het, daar selfs minder plek vir jong mense ten opsigte van indiensneming sal wees. Dit sal lei tot die verdere marginalisering van die jeug, met al die gevare van rassisme, stamgebondenheid en xenophobia. Die vereiste is om te verseker dat daar genoeg plek sal wees wat indiensneming betref &#8211; maar dat dit nie verwesenlik kan word sonder volgehoue vlakke van ho\u00eb ekonomiese groei nie.<\/p>\n<p>Hierdie vier aangeleenthede vereis eerlike analise en \u2018n gesamentlike poging van die Regering, Besigheid en Arbeid ten einde \u2018n volhoubare benadering daar te stel wat onderwys, arbeidsverhoudinge, regulering van die arbeidsmark en ekonomiese groei betref. Ons het voorbeelde in ander lande &#8211; met inbegrip van ons mede-Afrika-nasies &#8211; wat geleer het dat samewerking tussen hierdie drie pilare van die ekonomie nodig is om ekonomiese groei en werkskepping te verseker. Ons kan leer uit hulle lesse sonder om dieselfde foute te maak. As \u2018n pionier-generasie van \u2018n ontwikkelende Suid-Afrika, moet ons ons eie bydrae maak tot die groei van die ekonomie ten einde te verseker dat toekomstige generasies beter vooruitsigte as ons sal h\u00ea. Ons is bereid om te werk &#8211; maar vir ons &#8211; en vir die land &#8211; sal ons werksgeleenthede nodig h\u00ea.<\/p>\n<p><em>Deur Patson Malisa: Intern, FW de Klerk Stigting<\/em><\/p>\n<p><strong>Hierdie artikel is geskryf deur \u2018n intern van die FW de Klerk Stigting en verteenwoordig die opinie van die skrywer. Dit verteenwoordig nie noodwendig die opinies van die FW de Klerk Stigting, sy personeel of sy Raadslede nie. Die FW de Klerk Stigting is egter verbind tot \u2018n bre\u00ebr openbare dialoog wat ten doel het om die waardes, regte en beginsels in die Grondwet te bevorder.\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><em><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/'>\u2018N PAAR GEDAGTES OP WERKERSDAG OOR WERKLOOSHEID ONDER DIE JEUG<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 71.21K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/?wpdmdl=4506&refresh=6a8a385363a231787443283\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-690\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg\" alt=\"students foter\" width=\"150\" height=\"90\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg 500w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter-300x180.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Werkersdag bied ons die geleentheid om oorweging te skenk aan die nasie se arbeidsverhoudinge en die mate waarin ons ekonomie sy verantwoordelikheid om werk aan al ons mense te bied, te verwesenlik. Ons word gekonfronteer deur die realiteit dat, volgens &lsquo;n verslag van Statistiek SA wat onlangs vrygestel is, getiteld <em>The Social Profile of the Youth, 2009-2014<\/em>, ongeveer driekwart (3.4 miljoen) van die meer as vyf miljoen werklose Suid-Afrikaners in 2014 jeugdiges (15 &#8211; 34 jaar) was. Hierdie kommerwekkende statistiek noodsaak eerlike introspeksie oor Suid-Afrika se huidige modus operandi op die gebied van arbeid, en doen &lsquo;n beroep op ons om die mislukkings die hoof te bied wat ons vermo&euml; kelder om &lsquo;n inklusiewe en voorspoedige Suid-Afrika te verwesenlik &#8211; veral vir ons jongmense. Daar is vier struikelblokke in die weg van oplossings vir die werkloosheidskrisis van die jeug.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":690,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1087","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: \u2018N PAAR GEDAGTES OP WERKERSDAG OOR WERKLOOSHEID ONDER DIE JEUG - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: \u2018N PAAR GEDAGTES OP WERKERSDAG OOR WERKLOOSHEID ONDER DIE JEUG - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Werkersdag bied ons die geleentheid om oorweging te skenk aan die nasie se arbeidsverhoudinge en die mate waarin ons ekonomie sy verantwoordelikheid om werk aan al ons mense te bied, te verwesenlik. Ons word gekonfronteer deur die realiteit dat, volgens &lsquo;n verslag van Statistiek SA wat onlangs vrygestel is, getiteld The Social Profile of the Youth, 2009-2014, ongeveer driekwart (3.4 miljoen) van die meer as vyf miljoen werklose Suid-Afrikaners in 2014 jeugdiges (15 - 34 jaar) was. Hierdie kommerwekkende statistiek noodsaak eerlike introspeksie oor Suid-Afrika se huidige modus operandi op die gebied van arbeid, en doen &lsquo;n beroep op ons om die mislukkings die hoof te bied wat ons vermo&euml; kelder om &lsquo;n inklusiewe en voorspoedige Suid-Afrika te verwesenlik - veral vir ons jongmense. Daar is vier struikelblokke in die weg van oplossings vir die werkloosheidskrisis van die jeug.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-04-29T16:05:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:57:32+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"300\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: \u2018N PAAR GEDAGTES OP WERKERSDAG OOR WERKLOOSHEID ONDER DIE JEUG\",\"datePublished\":\"2016-04-29T16:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:57:32+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/\"},\"wordCount\":978,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/\",\"name\":\"ARTIKEL: \u2018N PAAR GEDAGTES OP WERKERSDAG OOR WERKLOOSHEID ONDER DIE JEUG - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg\",\"datePublished\":\"2016-04-29T16:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:57:32+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg\",\"width\":500,\"height\":300,\"caption\":\"students foter\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: \u2018N PAAR GEDAGTES OP WERKERSDAG OOR WERKLOOSHEID ONDER DIE JEUG\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: \u2018N PAAR GEDAGTES OP WERKERSDAG OOR WERKLOOSHEID ONDER DIE JEUG - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: \u2018N PAAR GEDAGTES OP WERKERSDAG OOR WERKLOOSHEID ONDER DIE JEUG - FW de Klerk Foundation","og_description":"Werkersdag bied ons die geleentheid om oorweging te skenk aan die nasie se arbeidsverhoudinge en die mate waarin ons ekonomie sy verantwoordelikheid om werk aan al ons mense te bied, te verwesenlik. Ons word gekonfronteer deur die realiteit dat, volgens &lsquo;n verslag van Statistiek SA wat onlangs vrygestel is, getiteld The Social Profile of the Youth, 2009-2014, ongeveer driekwart (3.4 miljoen) van die meer as vyf miljoen werklose Suid-Afrikaners in 2014 jeugdiges (15 - 34 jaar) was. Hierdie kommerwekkende statistiek noodsaak eerlike introspeksie oor Suid-Afrika se huidige modus operandi op die gebied van arbeid, en doen &lsquo;n beroep op ons om die mislukkings die hoof te bied wat ons vermo&euml; kelder om &lsquo;n inklusiewe en voorspoedige Suid-Afrika te verwesenlik - veral vir ons jongmense. Daar is vier struikelblokke in die weg van oplossings vir die werkloosheidskrisis van die jeug.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2016-04-29T16:05:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:57:32+00:00","og_image":[{"width":500,"height":300,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: \u2018N PAAR GEDAGTES OP WERKERSDAG OOR WERKLOOSHEID ONDER DIE JEUG","datePublished":"2016-04-29T16:05:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:57:32+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/"},"wordCount":978,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/","name":"ARTIKEL: \u2018N PAAR GEDAGTES OP WERKERSDAG OOR WERKLOOSHEID ONDER DIE JEUG - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg","datePublished":"2016-04-29T16:05:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:57:32+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/students-foter.jpg","width":500,"height":300,"caption":"students foter"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-paar-gedagtes-op-werkersdag-oor-werkloosheid-onder-die-jeug\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: \u2018N PAAR GEDAGTES OP WERKERSDAG OOR WERKLOOSHEID ONDER DIE JEUG"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1087","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1087"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1087\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8073,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1087\/revisions\/8073"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/690"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1087"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1087"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1087"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}