Stay informed
We’re committed to providing regular communications on topical issues and participating in the national debates
Adv Du Preez het studeer aan die Hoërskool Centurion en het ‘n LLB-graad aan die Universiteit van Pretoria en ‘n Meestersgraad (LLM) in Publiekreg aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. As deel van sy nagraadse studie het hy internasionale strafregopleiding by die Verenigde Nasies se Internasionale Straftribunaal vir Rwanda (ICTR) in Arusha, Tanzanië, voltooi.
Hy het van Junie 2007 tot Mei 2011 as advokaat en lid van die Kaapse Balie gepraktiseer – tot hy by die Stigting se Sentrum vir Grondwetlike Regte as Operasionele Beampte aangesluit het. Gedurende die daaropvolgende drie jaar het hy ‘n waardevolle bydrae tot die SGR se aktiwiteite gemaak – veral op die gebied van menseregtemonitering, verslagdoening en in die voorbereiding van voorleggings aan die Parlement en menseregteliggame oor konsepwetgewing en menseregteskendings.
Hy het sy praktyk as advokaat van die hooggeregshof tussen Junie 2014 en Mei 2018 hervat – waarna hy ’n aanstelling in Switserland opgeneem het as Regsopleidingsdirekteur by International Bridges to Justice – ’n internasionale NRO wat in Genève gesetel is. In hierdie hoedanigheid het hy internasionale strafreg, oppergesag van die reg, verhoorvoorspraak en menseregte-vaardigheidsopleidingsinisiatiewe en werkswinkels in konflik- en post-konfliklande gelei en gefasiliteer. In samewerking met verskeie belanghebbendes in die regsektor het Jacques regsbeamptes in Rwanda, Sri Lanka, Hong Kong, Sirië en die Filippyne opgelei.
Jacques is ‘n voormalige mentor by die Mandela Washington Fellowship for Young African Leaders, ‘n lid van die Association of Defence Counsel wat praktiseer voor die Internasionale Kriminele Tribunale in Den Haag, ‘n geaffilieerde deskundige by die International Nuremberg Principles Academy (Nuremberg) sowel as regsverteenwoordiger by die Verenigde Nasies se kantoor van die Ombudspersoon vir die ISIL (Da’esh) en Al’Kaïda-sanksiekomitee.
Jacques het Suid-Afrika ook internasionaal in Engeland en Frankryk verteenwoordig in Tweekamp (Union Internationale de Pentathlon Moderne).
We’re committed to providing regular communications on topical issues and participating in the national debates