Gereelde Vrae

Oor die Stigting

Stars

Die webwerf is die beste bron van inligting oor die Stigting; jy kan ook ’n volledige PDF-afskrif van ons jongste jaarverslag aflaai. Indien jy ’n spesifieke vraag het nadat jy die webwerf deurgegaan het, stuur asb jou vraag aan ons by wyse van die kontakvorm.

Jy kan jou kontakinligting verander deur die FW de Klerk Stigting via die kontakvorm in kennis te stel.

Die Stigting bevorder en beskerm FW de Klerk se presidensiële nalatenskap deur dié dinge te steun waarvoor hy gedurende sy presidensie gewerk het. Lees meer oor ons missie en aktiwiteite.

Donasies en Skenkings

Stars

Ja. Skenkings aanlyn word deur PayFast bestuur. Lees meer oor hul sekuriteitsmaatreëls.

Ja. Jy sal ’n kwitansie in die pos ontvang vir elke bydrae wat jy aan die Stigting maak – hetsy ’n skenking wat deur die pos of aanlyn gemaak is. Hierdie kwitansie kan gebruik word wanneer jy jou belastingopgawes indien.

Ja. Erfporsies word verwelkom. Meer inligting oor hoe om ’n erfporsie te bemaak- en om ander soort skenkings te doen – kan op ons ‘skenkings’-blad verkry word. Alternatiewelik kan jy jou besonderhede vir ons stuur via die kontakvorm, en ons sal jou kontak.

Die FW de Klerk Stigting is nie ’n organisasie wat toelae toestaan nie, en ken nie toelae, beurse of fondse toe aan organisasies van buite of individue vir hul projekte nie. Ons kanaliseer wel van tyd tot tyd geld namens buitelandse skenkers. Lees meer oor die Internasionale Ondersteuningsprogram vir Skenkers.

Voormalige President FW de Klerk

Stars

Jy kan korrespondensie aan mnr De Klerk stuur deur ons kontakvorm, of jy kan ’n brief aan hom stuur na die volgende adres:

Voormalige President FW de Klerk
Posbus 15785
Panorama
Suid-Afrika
7506

Ons webwerf bied agtergrondinligting oor FW de Klerk, sowel as ’n argief van historiese foto’s. Indien jy verdere inligting benodig, stuur asb jou versoek aan ons via die kontakvorm.

Indien die geleentheid deur ’n ander organisasie aangebied is, sal jy daardie organisasie moet kontak. Indien die organisasie deur die Stigting aangebied is, stuur asb jou versoek aan ons deur die kontakvorm.