Mnr FW de Klerk

-methode-sundaytimes-prod-web-bin-ca844770-6e54-11e9-8b13-cb95e90c24a2

A Brief introduction to Us

Welkom by die FW de Klerk Stigting!

Frederik Willem (FW) de Klerk is op 18 Maart 1936 in Johannesburg gebore, die seun van senator Jan de Klerk, ’n senior kabinetsminister.

Hy het aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys studeer en in 1958 die grade BA- en LLB (cum laude) verwerf.

Op 6 Maart 1982 word hy verkies as die Leier van die Nasionale Party in die Transvaal. Die koukus van die Nasionale Party verkies hom op 2 Februarie 1989 tot die nasionale Leier van die Party. Op 15 Augustus 1989, ná die bedanking van President PW Botha, word mnr De Klerk die waarnemende Staatspresident, en na afloop van die algemene verkiesing op 6 September, is hy op 20 September ingehuldig as Staatspresident.

Mnr De Klerk het as Staatspresident gedien tot en met President Nelson Mandela se inhuldiging op 10 Mei 1994. Gedurende hierdie tydperk het hy die inklusiewe onderhandelings van stapel gestuur en bestuur, wat gelei het tot die beëindiging van apartheid en die aanvaarding van Suid-Afrika se eerste ware demokratiese grondwet in Desember 1993.

Nadat hy die Nasionale Party gelei het tot die tweede plek in Suid-Afrika se eerste ten volle verteenwoordigde algemene verkiesing op 27 April 1994, is mnr De Klerk ingehuldig as een van Suid-Afrika se twee Uitvoerende Adjunkpresidente – saam met Mnr Thabo Mbeki.

In Julie 1993, saam met mnr Nelson Mandela, ontvang mnr De Klerk die Philadelphia-vredesprys en op 10 Desember dieselfde jaar was hy die mede-ontvanger, ook saam met mnr Mandela, van die Nobel-vredesprys.

In Januarie 1999 is mnr De Klerk se outobiografie, “Die Laaste Trek – ’n Nuwe Begin” (MacMillan) uitgereik en hy het in dieselfde jaar die FW de Klerk Stigting gestig, wat ten doel het om vrede in multi-gemeenskaplike samelewings te bevorder, Mnr de Klerk se presidensiele nalatenskap te bewaar asook Suid-Afrika se grondwetlike transformasie van apartheid na ‘n nie-rassige grondwetlike demokrasie.

In 2004 het mnr De Klerk verskeie gerespekteerde voormalige nasionale leiers bymekaar gebring om by hom aan te sluit as stigterslede van die Global Leadership Foundation (GLF), ’n nie-winsgewende organisasie wat ten doel het om ’n konstruktiewe rol te speel in die bevordering van vrede, demokrasie en ontwikkeling in lande regoor die wêreld.

Mnr De Klerk het deurgaan verskeie toesprake regoor die wêreld gelewer en het as gerespekteerde voormalige staatsman aktief deelgeneem aan internasionale konferensies oor die bevordering van vreedsame verhoudings in multi-gemeenskaplike samelewings , die toekoms van Afrika en Suid-Afrika en die uitdagings wat die wêreld in die nuwe millennium die hoof moet bied.

In 2020 is FW de Klerk gediagnoseer met mesothelioom – ‘n kanker wat die weefsel van die longe aantas. Na ‘n dapper stryd teen die siekte het Mnr de Klerk beswyk op 11 November 2021.

Tot en met sy dood het Mnr de Klerk gewoon in Fresnaye, Kaapstad. Hy was altyd lief vir lees, die buitelewe en golf, sowel as om tyd te spandeer saam met sy familie.

My Way

My Biography

Stars

Former South African President and Nobel Peace Prize Laureate along with Nelson Mandela. FW De Klerk has a colourful biography helping shape the landscape of South African History as we know it.

Bly ingelig

Ons is verbind daartoe om gereelde kommunikasies op drukpunte te lewer asook deelname in die nasionale debat daaromtrent.