+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

VERKLARING: 20STE HERDENKING VAN DIE TOEKENNING VAN DIE NOBELVREDESPRYS AAN FW DE KLERK EN NELSON MANDELA

1993 fwdeklerk-and-nelsonmandela-receiving-the-nobel-peace-prizeVandag is die 20ste herdenking van die toekenning van die Nobelvredesprys aan FW de Klerk en Nelson Mandela. Dit is veelseggend dat vandag ook die dag is waarop mnr Mandela se lewe in Johannesburg gevier word. Daarbenewens is dit ook Internasionale Menseregtedag.

Maar moontlik die noemenswaardigste aspek van die 20ste herdenking van die 1993-vredesprys is egter die vordering wat Suid-Afrika sedertdien gemaak het.

Read More »

PERSVERKLARING: FW DE KLERK OOR DIE AFSTERWE VAN NELSON MANDELA

1993 president-de-klerk-and-mr-mandela-in-sweden-decemberDit is met die grootste hartseer dat ek gehoor het van die dood van Nelson Mandela. My vrou Elita en ek wil ons innige meegevoel betuig met sy vrou, Graça Machel, die Mandela-­ familie en hul vriende, die ANC en inderdaad ook die hele Suid-­Afrika.

Suid-­Afrika het een van sy stigters en een van sy grootste seuns verloor.

Read More »

WANNEER RASSEVOOROORDEEL MET TAALREGTE VERWAR WORD

languageProf Jonathan Jansen – rektor van die Universiteit van die Vrystaat – se opmerkings tydens die Percy Baneshik-gedenklesing aan die Engelse Akademie van Suid-Afrika op 18 September, het ‘n opskudding veroorsaak in Afrikaanse kultuur en onderwys kringe. Die opmerkings is wyd geïnterpreteer as ‘n beroep om eksklusiewe Engelse onderrig en ‘n eis dat “eksklusief-Afrikaanse of selfs dominant-Afrikaanse wit skole en universiteite ‘n ernstige bedreiging vir rasseverhoudinge in Suid-Afrika inhou”.

Read More »

PRIVATE LEWENS EN OPENBARE VERANTWOORDELIKHEDE

privateEk het in my hele lewe nog nooit ’n sigaret gerook nie, of selfs ’n dampie gemaak nie. Goed, ek het 29 jaar gelede ’n sigaar gerook toe my seun gebore is – maar soos Bill Clinton het ek nie ingeasem nie. Alhoewel ek nie van rook hou nie, is ek redelik verdraagsaam teenoor diegene wat verslaaf is aan tabak (ek het nie juis ’n keuse nie, aangesien my vrou soms ’n sigaret geniet). Desnieteenstaande is ek bly dat mense nie meer op vliegtuie, in restaurante en ander openbare plekke mag rook nie. Ek glo ook dat die regering geloof moet word vir sy energieke anti-rook-veldtog – wat rokers oor die afgelope 20 jaar met 50% verminder het.

Read More »

DIE UITDAGING WAT DEMOKRASIE IN VERDEELDE SAMELEWINGS INHOU

voting Ons kan belangrike lesse uit die groeiende onrus in Egipte leer ten opsigte van die slaggate van demokrasieë wat die-wenner-vat-alles-benaderings in diep verdeelde samelewings navolg.

Demokrasie is in wese ’n konvensie in terme waarvan mededinging om politieke mag deur verkiesings opgelos word – eerder as deur geweld. Deelnemers kom ooreen dat die party of partye wat die verkiesing wen die regering kan vorm en die land vir ’n voorgeskrewe tydperk tot met die nuwe verkiesing kan regeer. Dit is egter net so ’n belangrike vereiste van demokrasie dat die seëvierende party die siviele en politieke regte van die verloorders moet respekteer en handhaaf – met inbegrip van hul reg om op vrye en regverdige wyse aan toekomstige verkiesings deel te neem.

Read More »

SUID-AFRIKAANSE LUGDIENS SE BESLUIT OM GEEN WIT MANS AS LEERLINGVLIEËNIERS AAN TE STEL NIE

saa plane In Augustus verlede jaar het die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) ’n verbod op alle aansoeke van wit mans vir sy leerlingvlieëniersontwikkelingsprogram opgehef. Toe die aangeleentheid oorspronklik aan die lig gekom het, het Kabelo Ledwaba – op daardie stadium die woordvoerder vir SAA – verklaar dat die leerlingprogram geadverteer is as ’n inisiatief om die demografie van SAL se vlieëniers in lyn met die demografie van Suid-Afrika te bring.

Read More »

WÊRELDDAG VIR KULTURELE DIVERSITEIT VIR DIALOOG EN ONTWIKKELING

diversity Vandag vier ons Wêrelddag vir Kulturele Diversiteit vir Dialoog en Ontwikkeling.

Die term “kulturele diversiteit” word gebruik om die verskeidenheid menslike samelewings of verskillende kulture in ‘n spesifieke streek, of die wêreld as ‘n geheel, te beskryf. Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het in 2002 erkenning verleen aan dié dag om wêreldwye bewustheid te skep oor die belangrikheid van interkulturele dialoog, diversiteit en insluiting.

Read More »