Bly ingelig
Ons is verbind daartoe om gereelde kommunikasies op drukpunte te lewer asook deelname in die nasionale debat daaromtrent.
Die geskiedenis van die jaarlikse Wêreldberaad van Nobelpryswenners dateer terug na 1999, die jaar toe die eerste beraad wat in Rome gehou is op die inisiatief van die Gorbatsjof-stigting, ‘n internasionale NRO wat deur die voormalige leier van die USSR gestig is. Sedertdien geniet die beraad hoë agting as ‘n plek vir die uitruil van menings en as ‘n geleentheid wat internasionale vredesveldtogte en inisiatiewe bevorder, asook om met konkrete voorstelle vorendag te kom om die planeet se noodgevalle vir ‘n wêreld sonder geweld aan te pak.
Die beraad word elke jaar bygewoon deur Nobelpryswenners en prominente wêreldfigure wat aktief in die sosiale, wetenskaplike, politieke en kulturele arenas is.
Die viering van globale vrede
Die geskiedenis van die jaarlikse Wêreldberaad van Nobelpryswenners dateer terug na 1999, die jaar toe die eerste beraad wat in Rome gehou is op die inisiatief van die Gorbatsjof-stigting, ‘n internasionale NRO wat deur die voormalige leier van die USSR gestig is. Sedertdien geniet die beraad hoë agting as ‘n plek vir die uitruil van menings en as ‘n geleentheid wat internasionale vredesveldtogte en inisiatiewe bevorder, asook om met konkrete voorstelle vorendag te kom om die planeet se noodgevalle vir ‘n wêreld sonder geweld aan te pak.
Die beraad word elke jaar bygewoon deur Nobelpryswenners en prominente wêreldfigure, wat aktief is op sosiale, wetenskaplike, politieke en kulturele gebied. Voorbeelde van die onderwerpe wat tydens die beraad gedebatteer is, sluit in: uiterste armoede wat deur ‘n deel van die wêreldbevolking ervaar word, probleme met die bestuur van waterbronne, die rol van etiek in politiek en ekonomiese ondernemings, en die kruiskulturele integrasie van mense.
Elke jaar, gedurende die loop van die Beraad, vergader die Nobelpryswenners om saam te werk aan ‘n Finale Verklaring, wat aan die einde van die Beraad beskikbaar gestel word. Lees vorige Finale verklarings.
Suid-Afrika is die tuiste van vier Nobelpryswenners: hoofman Albert Luthuli (1960), aartsbiskop Desmond Tutu (1984), oudpresident Nelson Mandela (1993), en oudpresident FW de Klerk (1993).
Lees meer oor die Beraad en die Permanente Sekretariaat van die Wêreldberaad van Nobelpryswenners.
Ons is verbind daartoe om gereelde kommunikasies op drukpunte te lewer asook deelname in die nasionale debat daaromtrent.