+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

TOESPRAAK: ONS TOEKOMS IS IN ONS EIE HANDE

fwdk podiumDit is ‘n groot eer vir my om hierdie belangrike vergadering van die Bondsraad by die Voortrekkermonument toe te spreek – hierdie nasionale gedenkwaardigheid wat so belangrik is vir die identiteit, die geskiedenis en die siel van ons mense.

Dit is ook ‘n gepaste tyd vir die Bondsraad om plaas te vind.

Read More »

TOESPRAAK: DIE NUWE SUID-AFRIKA OP 20 – DIE BEHOEFTE AAN WERKLIKE TRANSFORMASIE

fwdk-conference-31 janToe ons ’n geskikte titel vir die konferensie oorweeg het, het ons besluit om te fokus op “Die behoefte aan werklike transformasie”. Ons het hierdie titel gekies om die volgende redes:

  • Eerstens, omdat ons nuwe Grondwet ’n transformasiedokument is. Dit lê ons die plig op om Suid-Afrika te transformeer ten einde te verseker dat elkeen van ons die regte kan geniet wat daarin verskans word in ’n samelewing wat gegrond is op die waardes wat daarin vervat word.
  • Tweedens, omdat daar wyd uiteenlopende persepsies bestaan oor wat transformasie beteken en die soort samelewing wat daaruit moet spruit. Hierdie verskillende vertolkings van transformasie vorm die kern van ons nasionale debat en toenemende verdeeldheid in ons samelewing; en
  • Laastens, omdat Suid-Afrika se sukses in die toekoms afhang van ons vermoë om steeds belangrike areas te transformeer sodat alle Suid-Afrikaners voordeel trek uit ons nuwe grondwetlike bestel – nie net die huidige veelrassige middelklas en elite nie.
Read More »