WES-KAAP SE OPROEP: WAAROM’N MAAND VERLENGING BELANGERIK IS VIR ONDERWYS
Die Nasionale Raad van Provinsies het op 6 Februarie 2024 vergader om te besluit of dit die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement se versoek om verlenging van die kommentaartydperk en openbare verhore wat verband hou met die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, sal toe staan.