+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

VERKLARING: FW DE KLERK-WELWILLENDHEIDSTOEKENNING VIR 2020

mbeki goodwill

Die Raad van Trustees van die FW de Klerk Stigting het die FW de Klerk-welwillendheidstoekenning vir 2020 aan mnr Moeletsi Mbeki toegeken. 

Die FW de Klerk-welwillendheidstoekenning is in 2010 gestig om erkenning te gee aan individue en organisasies wat buitengewone bydraes gelewer het tot die bevordering van welwillendheid tussen Suid-Afrikaners. Vorige wenners sluit in Pieter-Dirk Uys (2012), Studietrust (2013), Patrice Motsepe (2014), Afrika Tikkun (2015), Adv Thuli Madonsela en die Kantoor van die Openbare Beskermer (2016), die afrigter en atleet-span van mev Anna (Ans) Botha en mnr Wayde van Niekerk (2017), en Gift of the Givers (2018).

Die direksie van die FW de Klerk Stigting het besluit om die FW de Klerk-welwillendheidstoekenning in 2020 aan Moeletsi Mbeki toe te ken vir die wyse waarop hy die rasionele middelgrond in Suid-Afrika se nasionale debat deurgaans beklee het. Mnr Mbeki is ‘n sakeman, joernalis, skrywer en politieke en ekonomiese kommentator. Hy is ook die ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Sake.

Read More »

ARTIKEL: DIE WEG NA 2 FEBRUARIE 1990

Die weg na 2 Februarie 1990 kan teruggevoer word na die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910.

In 1909 het Brittanje besluit om ‘n unie van sy belangrikste kolonies in Suider-Afrika te stig, soortgelyk aan die suksesvolle federasies wat dit in Australië en Kanada tot stand gebring het. Die verskil was dat die wit bevolking in die ander dominiums die inheemse bevolkings grootliks oortref het – terwyl hulle in Suid-Afrika minder as 25% van die totale bevolking uitgemaak het.

Nietemin, in ooreenstemming met die koloniale benadering van die tyd, het Brittanje wit Suid-Afrikaners ‘n monopolie van mag in die nuutgestigte Unie gegee. Dit was ‘n reëling wat uiteindelik in ‘n vinnig veranderende wêreld onhoudbaar sou wees.

Read More »

ARTIKEL: DIT IS NOG TE VROEG OM TE SÊ DIS NEUSIE VERBY VIR PRESIDENT RAMAPHOSA

2020 opt

In ‘n onlangse artikel het ek geskryf oor vyf tendense wat 2020 sal kenmerk. Hierdie vyf is:

  • Groter sentralisering en staatsbeheer deur die ANC-regering oor die doen en late van Suid-Afrikaners;
  • Beter ondersoeke, aanklagte en vervolgings deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die Valke;
  • Die geleidelike maar besliste wegkalwe van regeringsinstansiesse vermoë om te regeer, te bestuur, onderhoud te doen en basiese dienste te lewer;
  • Die voortdurende binnegevegte in die ANC en sy alliansie-vennote (en gepaardgaandeaanvalle op President Ramaphosa); en
  • Die stagnante ekonomie (met die moontlikheid van ‘n afgradering wat loer).

In die afgelope week was die fokus van die media en landsburgers veral op die binnegevegte in die ANC (nr 4 hierbo), wat deur Eskom se probleme beïnvloed en selfs gedryf is (nr 3 hierbo). Die spesifieke saak wat baie aandag gekry het, was die posisie en magsbasis van president Ramaphosa en wat dit vir sy toekoms as President en ook die toekoms van Suid-Afrika inhou. 

Read More »

UITNODIGING: JAARLIKSE KONFERENSIE 2020

ct conf final

Die FW de Klerk Stigting bied jaarliks ‘n konferensie op 2 Februarie in Kaapstad aan (hierdie jaar se geleentheid neem plaas op 31 Januarie), om saam te val met die aankondiging in die Parlement in 1990 van Nelson Mandela en ander gevangenes se vrylating en die ontbanning van verskeie organisasies. Elke jaar pak die konferensie ‘n aktuele tema aan, met insette van ‘n wye verskeidenheid invloedryke sprekers. Vorige sprekers sluit in voormalige President Kgalema Motlanthe, Regter Albie Sachs, dr Mathews Phosa, me Rhoda Kadalie, prof Frans Viljoen, mnr Sipho Pityana, adv Jeremy Gauntlett, mnr Johann Rupert en voormalige President FW de Klerk. 

Read More »

VERKLARING: ANC 8 JANUARIE-VERKLARING: ‘N PAAR POSITIEWE PUNTE, ‘N PAAR BEKOMMERNISSE…

Die FW de Klerk Stigting neem kennis van die jaarlikse verklaring op 8 Januarie van die Nasionale Uitvoerende Komitee van die ANC, ter herdenking van die organisasie se 108ste verjaardag.

Ons verwelkom die feit dat dit blyk dat die regerende party, tydens die viering van sy verjaardag, tekens van introspeksie toon oor sy “eie foute die afgelope dekade”. Dit sluit in die uitdagings wat ondervind word, die sukkelende ekonomie, onenigheid en faksiegevegte in die organisasie, en ‘n gebrek aan kapasiteit in die staatsdiens en ondernemings in staatsbesit om die mense van Suid-Afrika te dien.

Ons verwelkom ook die regerende party se voorneme om pogings te versterk om staatskaping, korrupsie en onetiese gedrag in eie geledere en in die breër samelewing te beveg; sowel as die belofte om “ons openbare instellings te herstel tot ‘n hoër standaard van aanspreeklikheid en diens”. Ons verwelkom die feit dat die regerende party daartoe verbind is om “toe te sien dat al die nodige ondersteuning aan ons wetstoepassingsagentskappe verleen word, sodat hulle deeglik ondersoek kan doen en effektief kan vervolg sonder vrees of begunstiging”.

Read More »

ARTIKEL: VYF TENDENSE OM 2020 TE VERSTAAN EN TE HANTEER

2020 opt

Aan die begin van ‘n nuwe jaar besin ons almal oor die jaar wat voorlê, wat ons wil doen, waaroor ons opgewonde is en waarvoor ons bang is.  Wat van die land – die politiek, die ekonomie en ons maatskaplike lewe? Dit is onmoontlik om voorspellings te maak, maar ‘n mens kan wel sekere tendense beskryf, wat gepaardgaan met sekere gebeurtenisse en hulle moontlike gevolge.

Daar is breedweg vyf tendense wat gedurende 2019 na vore gekom het, en wat die politieke en sosio-ekonomiese landskap in 2020 beduidend gaan beïnvloed – en wat mens kan help om die jaar te verstaan en te hanteer.

Die eerste is ‘n groeiende tendens van sentralisering en staatsbeheer (lees ANC-beheer) oor verskillende aspekte van die Suid-Afrikaanse samelewing. Daar bestaan tans vier stukke konsepwetgewing (waarvan die meeste op die nippertjie deur die ANC-beheerde Parlement voor die Desembervakansie deurgedruk is) wat een ding gemeen het: groter en/of absolute beheer oor belangrike landsake, wat nie noodwendig staatsbeheer nodig het of wat nie beheer behoort te word nie, omdat dit volgens grondwetlike voorskrifte in die private domein lê. 

Read More »

ARTIKEL: BEURTKRAG FASE 6 IS DIE LAAGTEPUNT VAN CYRIL SE JAAR

2019 spoed ten einde – en mens kan sonder vrees vir teenspraak sê dat Eskom Fase 6 President Ramaphosa se laagtepunt van die jaar was. Dit was ook duidelik toe hy sy verklaring gelewer het nadat hy met die Eskomraad en -bestuur vergader het. En praat van swak tydsberekening: op Maandag 9 Desember skryf hy in sy maandelikse nuusbrief aan die nasie oor die wonderwerk van Medupi en hoe groot en imposant dit is… Daarby onthou ons almal sy versekering aan die begin van die jaar dat beurtkrag by Eskom iets van die verlede is; ‘n belofte wat slegs ‘n paar maande gelede deur adjunk-president David Mabuza herhaal is. En natuurlik onthou baie ook dat toe President Ramaphosa nog adjunk-president was, hy in bevel was van die taakspan wat staatsbeheerde entiteite (SBEs) moes regruk. 

Read More »

VERKLARING: VOORGESTELDE WYSIGING VAN ARTIKEL 25 VAN DIE GRONDWET

SECTION25

Op 6 Desember 2019 het die ad hoc-komitee van die Parlement die Agtiende Wysigingswetsontwerp op die Grondwet (wysigingswetsontwerp) vir openbare kommentaar gepubliseer. Ingevolge die Kennisgewing van die Parlement het die publiek tot 31 Januarie 2020 om skriftelike voorleggings oor die voorgestelde wetsontwerp voor te lê.

Die ad hoc-komitee het die opdrag om die wysiging van artikel 25 van die Grondwet – die eiendomsklousule – op te stel om “eksplisiet dit wat implisiet in die Grondwet is, ten opsigte van onteiening van grond sonder vergoeding, as ‘n wettige opsie vir grondhervorming daar te stel”.

Die Stigting is bekommerd oor die feit dat so ‘n krities belangrike Wysigingswetsontwerp gedurende die feestyd vir openbare kommentaar gepubliseer word. Dit blyk dat hierdie kommer spesifiek tydens ‘n vergadering van die ad hoc-komitee op 3 Desember 2019 bespreek is, maar die regsdienste van die Parlement het die komitee ingelig dat ‘n soortgelyke proses in die verlede met wetsontwerpe gevolg is. Die wysigingswetsontwerp sal blykbaar in Desember aan die Huis van Tradisionele Leiers en provinsiale wetgewers gestuur word, en sal ook vroeg in Januarie 2020 weer in ‘n nasionale koerant gepubliseer word.

Read More »

VERKLARING: NGV-WETSONTWERP IS NIE ANTWOORD OM UNIVERSELE GESONDHEIDSDEKKING TE VERSEKER NIE

Op 29 November 2019 het die FW de Klerk Stigting (die Stigting) ‘n skriftelike voorlegging oor die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering [B11-2019] (NGV-wetsontwerp) aan die Portefeuljekomitee vir Gesondheid voorgelê. Die NGV-wetsontwerp beoog die instelling van die NGV-fonds – ‘n gesondheidsfinansieringstelsel wat dien as die “enkele koper en betaler van gesondheidsorgdienste” – om Universele Gesondheidsdekking (UGD) te verwesenlik en om uitvoering te gee aan die Staat se grondwetlike plig om toegang te verleen tot gesondheidsorgdienste.

Die Stigting ondersteun onomwonde die strewe na UGD – wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gekenmerk word as om alle mense toegang te verleen tot gesondheidsdienste van voldoende gehalte, sonder om finansieël swaar te kry. Die Stigting glo egter nie dat die voorgestelde NGV die enigste manier is om hierdie edele doelwit vir Suid-Afrika te bereik nie.

Read More »