+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

VERKLARING: EFF RASSISME EN INTIMIDASIE – DIE FW DE KLERK STIGTING DIEN KLAGTE IN BY SUID-AFRIKAANSE MENSEREGTEKOMMISSIE

fwdk logo no text

Die FW de Klerk Stigting veroordeel die rassistiese aanval en intimidasie van onskuldige omstanders deur EFF-lede by die N1 City-winkelsentrum op 9 September 2020.

In ‘n voorval gister, wat deur omstanders op video vasgelê is en daarna deur mediaberigte gestaaf is, het betogende lede van die EFF rassistiese uitlatings gemaak en wit omstanders uitgejou nadat hulle deur veiligheidspersoneel uit ‘n winkelsentrum naby Kaapstad uitgesit is. Toe hulle die winkelsentrum verlaat het, het die EFF-lede vir die omstanders geskreeu: ‘F*k wit mense’. Dit is gevolg deur talle verdere rasse-uitbarstings – onder andere dat die omstanders “wit rassiste” is en dat hulle moet “teruggaan na Europa, julle is hier om ons land te steel”.

Read More »

ARTIKEL: VERDEDIGING VAN DIE 1996-GRONDWET

2020 opt

In ses artikels wat onlangs op Politicsweb verskyn het, het prof Koos Malan ‘n kundige ontleding gegee van baie van die probleme waarmee die Grondwet te kampe het.

Hy is duidelik nie ‘n aanhanger van die 1996-Grondwet nie. Hy bevraagteken die wysheid van diegene wat hul vertroue in die vooruitsig gestel het dat dit ‘vrede, versoening en die beskerming van regte vir almal’ sou inlei en waarborg. ‘

 

Read More »

ARTIKEL: 75 JAAR NA DIE EINDE VAN DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG: DEEL I 1945 -1994

2020 opt

Die 75 jaar sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog in Europa was die merkwaardigste tydperk in die geskiedenis van die mens. Hulle het ondenkbare ekonomiese groei; ‘n ontploffing in tegnologie; en ‘n enorme uitbreiding van ons begrip van die heelal, van die lewe en van onsself ervaar. Die menslike toestand het vinniger verbeter as op enige tydstip in die geskiedenis – hetsy gemeet aan ekonomiese welstand, lang lewe, opvoeding of vryheid.

Dit het ook Suid-Afrika heeltemal verander.

 

Read More »

ARTIKEL: 75 JAAR NA DIE EINDE VAN DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG: DEEL II 1994 – 2020

2020 opt

In hierdie artikel sal gekyk word na die faktore wat die verloop van gebeure gedurende die afgelope 26 jaar van die ANC-bewind bepaal het. Dit sluit die stryd om posisie tussen die verskillende faksies in die Alliansie; die stryd tussen ideologie en pragmatisme; en die versoeking om politieke mag na persoonlike verryking te verdraai.

Die eerste twee jaar van ANC-bewind het die aanbreek van die nuwe era verteenwoordig. Suid-Afrika het die Rugby Wêreldbeker gewen; Nelson Mandela het sy enorme charisma gebruik om versoening en nasionale eenheid te bevorder. Die land is regeer deur ‘n regering van nasionale eenheid (RNE) wat 90% van die kiesers verteenwoordig het.

Read More »

ARTIKEL: DIE MAKANA-UITSPRAAK – ‘N SKRAAL NUWE DAERAAD VIR PLAASLIKE OWERHEDE?

2020 opt

Die skokkende toestand van plaaslike owerhede se finansies en dienslewering is welbekend. Die 2019-verslag van die Ouditeur-Generaal oor die stand van plaaslike owerhede se finansies het aangetoon dat meer as ‘n derde van die 257 munisipaliteite en 21 munisipale entiteite disfunksioneel is en dat slegs 8% ‘n skoon oudit ontvang het (teenoor 14% in 2016/17). As mens in die veral die noorde van die land in die platteland reis, is die verval van kleiner dorpe in terme van onderhoud van paaie, water en riool opsigtelik. Standerton (Lekwa) was laasjaar in die nuus toe die munisipaliteit, wat net ‘n paar kilometer van die Vaalrivier en die Grootdraai-dam is, nie in staat was om water aan die aanleg van Astral Foods kon voorsien nie.

Read More »

ARTIKEL: LITIGASIE DEUR DIE HELEN SUZMAN STIGTING BETREFFENDE VERANTWOORDELIKHEID VIR DIE BESTUUR VAN DIE KOVID19-KRISIS

2020 opt

 

Die FW de Klerk Stigting verwelkom die aansoek van die Helen Suzman-stigting (HSF), direk by die Konstitusionele Hof, om te verklaar dat die parlement, die president en die kabinet versuim het om hul verpligtinge ingevolge die Grondwet na te kom om wetgewing voor te berei en te aanvaar om die staat se reaksie te reguleer met betrekking tot die bedreiging wat COVID19 inhou.

Read More »

VERKLARING DEUR FW DE KLERK

parliament sml

Ek het kennis geneem van die heftige reaksie op ons reaksie op die EFF se aanval op my tydens Donderdagaand se Staatsrede.

Ek stem saam met die Desmond en Leah Tutu-stigting dat dit nie die tyd is om te kibbel oor die grade van onaanvaarbaarheid van apartheid nie. Dit was totaal onaanvaarbaar.

Die FW de Klerk Stigting het gevolglik besluit om sy verklaring van 14 Februarie onvoorwaardelik terug te trek en om verskoning te vra vir die verwarring, woede en seer wat dit veroorsaak het.

Teen 27 April 1994, onder my leiding, is die hele wetgewende raamwerk van apartheid ontbind en is die weg gebaan vir die aanvaarding van ons huidige nie-rassige demokratiese Grondwet.

Die internasionale misdaad van apartheid het egter nie verdwyn met die ondergang van apartheid in Suid-Afrika nie. In 1998 is dit opgeneem in die Statuut van Rome, wat die Internasionale Strafhof daargestel het. Kragtens artikel 7(1) word ‘n ‘misdaad teen die mensdom’ omskryf as dade wat “… gepleeg word as deel van ‘n wydverspreide of stelselmatige aanval op enige burgerbevolking, met kennis van die aanval.”

Read More »

ARTIKEL: VIER MITES AAN DIE KAAK GESTEL

2020 opt

Die FW de Klerk Stigting is in 1999 gestig om die Grondwet en sy waardes te bevorder en te beskerm, en om die oorgang na demokrasie in die vroeë negentigs te gedenk. Die Stigting hou daarom jaarliks ‘n Konferensie rondom 2 Februarie om oud-president FW de Klerk se geskiedkundige toespraak op daardie dag in 1990 te gedenk – toe die oorgang formeel begin is met die aankondiging dat politieke partye ontban en politieke gevangenes (waarvan Nelson Mandela die mees prominente was) vrygelaat gaan word. Hierdie Konferensie is vanjaar op Vrydag 31 Januarie in Kaapstad gehou, 30 jaar nà hierdie dramatiese toespraak.

Read More »

VERKLARING: DERTIGSTE HERDENKING VAN DIE VRYLATING VAN NELSON MANDELA UIT DIE TRONK

Die vrylating van Nelson Mandela 30 jaar gelede uit die tronk was die eerste belangrike gevolg van die aankondigings wat President FW de Klerk nege dae tevore in die Parlement gemaak het. Soos mnr De Klerk in sy outobiografie opmerk: terwyl hy Nelson Mandela deur die poorte van die Victor Verster-gevangenis sien loop, is hy deur ‘n onontkombare waarheid getref: “…’n onomkeerbare proses is begin en niemand kon presies voorspel hoe dit sou eindig nie.”

Nou, 30 jaar later kan ons ‘n deel van die vraag beantwoord:

  • die konstitusionele demokrasie wat FW de Klerk en Nelson Mandela gedurende die daaropvolgende ses jaar die voortou geneem het om te beding, is nog steeds ongeskonde;
  • Suid-Afrikaners het weer by die internasionale gemeenskap aangesluit;
  • dit het van die albatros van minderheidsoorheersing ontslae geraak;
  • alle Suid-Afrikaners geniet nominale gelykheid;
  • die nuwe veelrassige middelklas het floreer.
Read More »