OPMERKINGS DEUR FW DE KLERK TYDENS DIE OORHANDIGING VAN DIE 2017 FW DE KLERK-WELWILLDENHEIDSTOEKENNING
Dit is vir my ‘n groot plesier om julle almal vanaand hier te verwelkom – en veral ons eregaste en ontvangers van die FW de Klerk-welwillendheidstoekenning vir 2017, Wayde van Niekerk en Ans Botha.
Die Raad van Trustees van die FW de Klerk Stigting het die FW de Klerk-welwillendheidstoekenning in 2010 ingestel om erkenning te verleen aan individue en organisasies wat uitsonderlike bydraes gelewer het tot die bevordering van welwillendheid tussen Suid-Afrikaners. Vorige wenners sluit in dr Danny Jordaan (2011), Pieter-Dirk Uys (2012), Studietrust (2013), Patrice Motsepe (2014), Afrika Tikkun (2015) en adv Thuli Madonsela en die Kantoor van die Openbare Beskermer (2016).
Die Raad van die Trustees van die FW de Klerk Stigting het tydens sy laaste vergadering in 2016 besluit om die FW de Klerk-welwillendheistoekenning vir 2017 aan die afrigter-en-atleet-span van mev Anna (Ans) Botha en mnr Wayde van Niekerk toe te ken.