FW de Klerk Foundation
129 Hatfield Street, Gardens, Cape Town, South Africa
+27 (0) 21 930 36 22
info@fwdeklerk.org
NPO number – 031-061
PBO number – 930004278
Legal Documents
Privacy Policy
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) het hierdie week in Johannesburg ‘n paneelbespreking aangebied oor ‘die ontluikende oppasser-staat, of sogenaamde ‘nanny state’, en die regering
Op Saterdag, 2 Februarie 2012, het die FW de Klerk Stigting sy jaarlikse konferensie aangebied in samewerking met die Konrad Adenauer-stigting. Daar was verskeie prominente
Ons woon in ‘n grondwetlike demokrasie waar mag ten alle tye deur die Grondwet ingeperk word, waar die regering onderhewig is aan die beginsels van verantwoordbaarheid, responsiewe ingesteldheid en deursigtigheid en waar elke burger die reg - en plig - het om deel te neem aan ons demokrasie. Ons woon in ‘n oop samelewing wat beskerm word deur ‘n Handves van Regte, met inbegrip van die reg op vryheid van uitdrukking en die reg om ‘n mening te handhaaf. Dit beteken dat dit elkeen vry staan om die regering te kritiseer - veral wanneer daardie verkose verteenwoordigers versuim om op ‘n deursigtige en verantwoordbare wyse te reageer op die vertroue wat deur die kiesers in hulle geplaas is.
Twee onlangse verwikkelinge in die Wes-Kaap het die noodsaaklikheid beklemtoon van samewerkende regering en tussenregeringsverhoudings ten opsigte van ons Grondwet - nie net in die algemeen nie, maar spesifiek met betrekking tot polisiëring.
Die eerste is die kommissie van ondersoek wat deur die Premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, ingestel is om bewerings van ondoeltreffendheid in die polisie in Khayelitsha te ondersoek, ná bewerings deur die burgerlike samelewing oor ‘n stelselmatige mislukking deur die SA Polisiediens om misdaad te voorkom, te bestry en ondersoek, verklarings te neem en misdadigers in hegtenis te neem in dié gebied.
Publiseer die media onvolledige regeringskommunikasie omdat die inligting daarin vervat onakkuraat of misleidend is, of omdat dit (die media) te subjektief in sy verslaggewing is?
Die regering het eerstens geen reg om onakkurate of verdraaide feite weer te gee deur middel van advertensies met die gebruik van belastingbetalers se geld nie. In hierdie geval is die media verpligting om eerlike en akkurate kommunikasie van die regering te publiseer, sonder selektiewe redigering. Dit sal verseker dat die regering geen verskoning het om belastingbetalers se geld te gebruik om advertensiespasie te koop om ‘n boodskap oor te dra wat deur middel van ‘n mediaverklaring oorgedra kon word nie.
FW de Klerk Foundation
129 Hatfield Street, Gardens, Cape Town, South Africa
+27 (0) 21 930 36 22
info@fwdeklerk.org
NPO number – 031-061
PBO number – 930004278
Legal Documents
Privacy Policy
FW de Klerk Foundation
129 Hatfield Street, Gardens, Cape Town, South Africa
+27 (0) 21 930 36 22
info@fwdeklerk.org
NPO number – 031-061
PBO number – 930004278
Legal Documents
Privacy Policy