+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

VERKLARING: AANSTELLING VAN ’N PERMANENTE NASIONALE DIREKTEUR VAN OPENBARE VERVOLGING

CASAC logoDie Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom en steun die beroep van die Raad vir die Bevordering van die Suid-­Afrikaanse Grondwet (CASAC) en andere om die aanstelling van ’n gekwalifiseerde en geskikte Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV). In hierdie verband neem ons kennis van ’n beslissing deur die Konstitusionele Hof teen CASAC se aansoek, waarin gevra is dat die aanstelling van ’n permanente NDOV dringend aangehoor moet word. Ons glo egter dat die Hof se beslissing geensins ’n weerspieëling is van die belangrikheid van die saak nie.

Read More »

ARTIKEL: JEUGDAG – ’N WEKROEP

schoolchildren mcsa Op die oggend van 16 Junie 1976, ná maande van toenemende frustrasie, het duisende swart skoolkinders van hul skole in Soweto na Orlando-­stadion gestap in protes teen onderrig in Afrikaans. Die daaropvolgende optrede deur die polisie het gelei tot 23 sterftes. Byna 700 mense, baie van hulle kinders, is dood gedurende die geweld wat vir weke daarna voortgeduur het. Alhoewel die kwessie van taal die dryfkrag agter die byeenkoms was, was dit byna sekerlik bloot ’n katalisator vir die ware rede agter daardie noodlotsdag: ongelykheid -­ in hierdie geval, ongelykheid wat verskans is in die eertydse stelsel van “Bantoe-­onderwys”.

Read More »

VERKLARINGSGR VERWELKOM EN STEUN HELEN SUZMAN­‐STIGTING SE REGSOPTREDE TEEN REGTERLIKE DIENSKOMMISSIE

helen suzmanDie Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom en steun die Helen Suzman-­stigting se beweerde regsoptrede teen die Regterlike Dienskommissie (RDK), wat ten doel het duidelikheid te verkry oor die prosedure en besluitnemingsproses ten opsigte van die nominasie van persone in regterlike ampte. Dis hoogtyd dat die uitleg van artikels 174(1), 174(2) en 174(6) van die Grondwet in ’n hof getoets word.

Read More »

Versoek ’n Spreker

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) kan sprekers verskaf om sy werk te bespreek, sowel as onderwerpe met betrekking tot grondwetlike regte en waardes.Hierdie diens

Read More »

Taalbeleid

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte poog om ­‐ sover as moontlik en met ons beperkte hulpbronne in ag geneem ­‐ om hierdie webtuiste beskikbaar te

Read More »

Terme en Voorwaardes

(Weens ons beperkte hulpbronne is nie alle dokumente in Afrikaans beskikbaar nie.  Hierdie dokument is tans slegs beskikbaar in Engels.)   Disclaimer and Terms or

Read More »